223 80gr data asb
-
Engel
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Tue Jun 23, 2015 9:22 pm
223 80gr data asb
Ek het n klompie 80gr nosler custom competition punte wat Ek vir n 18" 1:8 wil laai. Ek verwag om en by 22gr. Kan iemand asb bevestig of n ander load voorstel ?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 223 80gr data asb
Met die klein doppe sal ek voorstel dat jy verseker dat die sprong van die koeël na die lande 1mm of meer is. Ek sal ook liefs met 20gr begin.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Engel
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Tue Jun 23, 2015 9:22 pm
Re: 223 80gr data asb
Dankie. Ek maak so. Ek jaag nie spoed nie. En dit Klink goedtripodmvr wrote:Met die klein doppe sal ek voorstel dat jy verseker dat die sprong van die koeël na die lande 1mm of meer is. Ek sal ook liefs met 20gr begin.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 223 80gr data asb
Ek en jy maak 'n groot fout. Ek hoop ons altwee verwys na S321. Dit is waarmee ek my QL berekeninge gedoen het.
Net 'n vraag, wat wil jy met die swaar projektiele skiet?
Net 'n vraag, wat wil jy met die swaar projektiele skiet?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: 223 80gr data asb
Oom Tripod hoekom die voorstel vir die lang sprong, is dit om hoë druk te voorkom?tripodmvr wrote:Met die klein doppe sal ek voorstel dat jy verseker dat die sprong van die koeël na die lande 1mm of meer is. Ek sal ook liefs met 20gr begin.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 223 80gr data asb
Enige TPL nader as 1mm aan die lande begin snaakse drukpieke maak. (Andrew Leigh) het dit eksperimenteel getoets) Tensy jy baie akkuraat dieselfde lengte TPL laai kan dit baie spoed variasie veroorsaak. Vir jag of ondier skiet is dit dus beter om weg te bly van die lande. Jy wil betroubare voer verseker asook probleem druk vermy. Die meeste gewere skiet akkuraat met selfs meer as 1mm weg. Vir mono koeëls is 2mm my aanbeveling - werk vir my met Barnes, Spartan ens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Engel
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Tue Jun 23, 2015 9:22 pm
Re: 223 80gr data asb
Ek verwys na S321. Dis stadiger as 335.
So ek sal begin op 20Gr en hom stadig opwerk.
Ek het n paar duisend van die punte gekry net vir papierpons en val plate skiet.Moet bietjie oefen voor volgende kompetisie. Ek jag nie sommer met n 223 nie. Gebruik net vir jakkals en bobjaanjies wat skade aanrig en moet hulle in beweeg skiet. Anners klop ek hulle van 1000m af.
Ek is heel happy om 1mm van die lande af te bly, Dit is vir a selflaai Geweertjie en ons skiet redelik vinnig. Ek skiet gereeld 77gr en die goed werk mooi op 300m plate en die wind pla minder. Jy moet net mooi kyk na bullet drop.
My 338 spring omtrent 1.5mm en is nogal akkuraat. So die "jump" en spoed pla my lankal nie meer nie.
Dankie vir die info. Ek sal so .2gr opgaan in batches om die mooi lading te kry. My laaste ballistic tips [55gr] was baie mooi, maar raak duur en is goedkoper om pmp te koop.

Dankie vir die breedvoerige antwoord oom Tripod, ek het vir baie lank gedink n mens moet so naby aan die lande laai as moontlik, maar dit maak sin.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 223 80gr data asb
Ek weet die wanbegrip is daar dat die koeël gaan skeefdraai na dit uit die nek beweeg en die mite van naby aan die lande word voortgedra. Ons kan nog nie daardie bewegings in die kamer dophou nie, maar baie gewere skiet met 4 na 8mm sprong nog sub MOA groepe.
Dit is seker so dat in die lande die koeël moontlik meer konsentries hou. Ek het gelees van 'n "bench rest" skut wat tydens die kompetisie sy dop uit 'n bak dryfmiddel volgeskep het, die koeël dan met die hand in die nek plaas en die patroon dan in die kamer indruk en skiet. TPL is dan byna presies vir elke skoot en die "regte" dryfmiddel verseker dan dat die druk veilig is met die verhoogde graveringsdruk. Hierdie metode werk vir sy spesiale toepassing en toerusting.
Vir 'n jaggeweer moet die patroon veilig kan kamer (elke keer), druk elke keer dieselfde wees en nie pieke veroorsaak en doppe maklik uittrek. Die patroon moet bestand wees teen val en stampe soos dit gekamer word. Die nekgreep moet dus ten minste 0,8 x die kaliber wees om die koeël mooi vas te hou. Met die sprong van ten minste 1mm word die kriteria bevredig en nou moet jy 'n veilige lading verkry wat ook akkuraat is.
Dit is seker so dat in die lande die koeël moontlik meer konsentries hou. Ek het gelees van 'n "bench rest" skut wat tydens die kompetisie sy dop uit 'n bak dryfmiddel volgeskep het, die koeël dan met die hand in die nek plaas en die patroon dan in die kamer indruk en skiet. TPL is dan byna presies vir elke skoot en die "regte" dryfmiddel verseker dan dat die druk veilig is met die verhoogde graveringsdruk. Hierdie metode werk vir sy spesiale toepassing en toerusting.
Vir 'n jaggeweer moet die patroon veilig kan kamer (elke keer), druk elke keer dieselfde wees en nie pieke veroorsaak en doppe maklik uittrek. Die patroon moet bestand wees teen val en stampe soos dit gekamer word. Die nekgreep moet dus ten minste 0,8 x die kaliber wees om die koeël mooi vas te hou. Met die sprong van ten minste 1mm word die kriteria bevredig en nou moet jy 'n veilige lading verkry wat ook akkuraat is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Engel
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Tue Jun 23, 2015 9:22 pm
Re: 223 80gr data asb
Ek het toe n klompie rondtes gaan laai.
20gr, 20.5 gr en 21gr
op 21 gr het die groepering drasties gekrimp na onder n duim toe op 100m met n 4x vergroting scope. Die kruishaar kol op my trijicon scope was groter as die groepering. Die aksie laai mooi en geen druk tekens nie. So ek dink nie eers ek gaan die groepering kleiner probeer kry nie want die scope laat dit nie toe nie en skiet 300mm plate op 300m met kompetisies. Baie in my noppies,alhoewel ek graag 69gr volgende gaan probeer.
20gr, 20.5 gr en 21gr
op 21 gr het die groepering drasties gekrimp na onder n duim toe op 100m met n 4x vergroting scope. Die kruishaar kol op my trijicon scope was groter as die groepering. Die aksie laai mooi en geen druk tekens nie. So ek dink nie eers ek gaan die groepering kleiner probeer kry nie want die scope laat dit nie toe nie en skiet 300mm plate op 300m met kompetisies. Baie in my noppies,alhoewel ek graag 69gr volgende gaan probeer.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 223 80gr data asb
Bly jy het so gou reggekom en dit klink na 'n mak lading wat doppe en geweer spaar. Jy moet nou net jou val op 300m reg kry en Bob's your uncle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Werner Prinsloo
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Nov 17, 2014 10:03 am
Re: 223 80gr data asb
"Ek verwys na S321. Dis stadiger as 335."
Is die stelling nie anders om nie? Of waar gaan ek verkeerd.

Groete
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 223 80gr data asb
Jy glo vir Somchem. Per gewig het ek minder S335 nodig in my 223 as S321 om 'n sekere spoed te kry. Op 'n "burn rate chart" wat ek het, word dit ook so aangewys dat S321 stadiger is. Kyk na die 308 se laaidata in Somchem se inligting.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Werner Prinsloo
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Nov 17, 2014 10:03 am
Re: 223 80gr data asb
Baie dankie, die per gewig verduideliking is absuluut so en ek sien die 308 data.
My ondervinding met my 223 semi, waar ek NCC 69gr gebruik, is dat ek beter resultate kry met S335 as S321. Beter dopvulling en die ES is baie beter.
My ondervinding met my 223 semi, waar ek NCC 69gr gebruik, is dat ek beter resultate kry met S335 as S321. Beter dopvulling en die ES is baie beter.
Groete
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: 223 80gr data asb
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."