Goeie dag Almal
Ek het so pas gehoor dat my Remington M700 SPS Varmint in 308 se liksensie goekgekeur is. Ek gaan nou die kolf vervang met 'n Bell & Carlson Medalist A5 en 'n Picantinny spoor opsit. My doel met die geweer is om dit as 'n skyfskiet geweer te gebruik en miskien 'n bietjie jag. Ek is 'n aktiewe lid van SA Jag en sal ook die geweer gebruik in die Springbok en Jakkalstabelle. Maar nou is die vraag watter teleskoop? Ek het vir my self die doel gestel om so op 500m met gemak te kan skiet na valplate voor ek verder uitbeweeg. Ek het 'n Zeiss 6x42 op my Tikka 7x64 so ek het baie vertroue in die maak, maar ek wil ook nou nie 'n onnodige R25000 spandeer as ek met 'n ander teleskoop dieselfde resultate kan kry nie.
Enige aanbevelings sal waardeer word
Groete uit die Kongo!
Hulp met keuse van Teleskoop
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Kyk gerus na Nicon hulle het van die skoonste lense wat ek nog gesien het,met n 30 jaar waarborg.Ek het op 6 van my gewere Nicons en is baie tevrede
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Goeiedag Steiner,
Wat maak jy in die Kongo? Stel jouself gou voor?
Welkom hier!
Wat maak jy in die Kongo? Stel jouself gou voor?
Welkom hier!
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
-
Steiner
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Dag Penkop
Dit is n lang storie, eintlik 'n boer uit die Noord Kaap probeer net gou 'n paar dollars maak vir 'n paar bonsmara's. Werk in Kolwezi, DRK by een van die grootste Kopermyne in die wereld. Mal oor skiet en jag, my battery bestaan uit .22 Mosberg, .22 Hornet BSA, 7x64 Bren Tikka, 303 No 4 Mk1, 308 Remington en dan die wereld se beste pistool die 1911 Colt 45 Series 80 Mk 4
. Behoort aan SA jag het toegewyde sportmans status deel van Steenboktak op Lime Acres. Kort nog 'n paar wapens nl 357 Magnum Smit & Willemse, 12 Boor dubbel loop Berretta en dan as die rand nou heel sy gat sien 'n Mauser M98 in 9.3x64 Bren. Gelukkig nie getroud nie want dan sal daar seker al moeilikheid gewees het oor die nuutste projek
Groete
Dit is n lang storie, eintlik 'n boer uit die Noord Kaap probeer net gou 'n paar dollars maak vir 'n paar bonsmara's. Werk in Kolwezi, DRK by een van die grootste Kopermyne in die wereld. Mal oor skiet en jag, my battery bestaan uit .22 Mosberg, .22 Hornet BSA, 7x64 Bren Tikka, 303 No 4 Mk1, 308 Remington en dan die wereld se beste pistool die 1911 Colt 45 Series 80 Mk 4
Groete
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Mooi versameling!
Jy skiet seker net as jy in SA is, of kan jy jou roere oorvat DRK toe?
Sterkte in Donker Afrika!
Jy skiet seker net as jy in SA is, of kan jy jou roere oorvat DRK toe?
Sterkte in Donker Afrika!
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
-
Steiner
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Nee glad nie mag nie eers 'n knipmes hieraan bring nie.
- erx
- Sr. Member

- Posts: 419
- Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Steiner? Nou hoe nou ou mater?
Welkom hier, geluk met daai lisensie!
Gedink jy sal darem laat weet as jy daar in donker Afrika aankom.
Groete
erx
Welkom hier, geluk met daai lisensie!
Gedink jy sal darem laat weet as jy daar in donker Afrika aankom.
Groete
erx
- erx
- Sr. Member

- Posts: 419
- Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Selfde ou mater!
Stoor daai 1911 nog so?

Groete
erx
Stoor daai 1911 nog so?
Groete
erx
-
Rfourie
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm
Re: Hulp met keuse van Teleskoop
Koop vir jou n nikon monarch x tactical of n nightforce nxs.