Naand manne,
Ek het gelukkig (met Swede se hulp) die laaste 3 pakkies (in die land?) Gamekings in die hande gekry.
.308 kaliber 180gr.
Ons worry nie nou oor lang afstand skiet nie, so BC ens is nie die issue nie. (Party mense beweer dat 'n flat bassed patroon op nader afstande meer akkuraat is as boat tails?)
So lank en die kort, ek is uitgesort vir die seisoen.
My vraag egter:
Wat is die beste tot op 350m - die gameking of die prohunter?
Wat is die verskil wat betref punt "samestelling/bou/penetrasie vermoë/ens....)
Dalk stupid vraag, maar verduidelik maar vir my asb.
Groete,
Leon.
Sierra Gameking vs Prohunter
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Sierra Gameking vs Prohunter
Hier is maar wat ons vriend Chuck Hawkes oor die 2 te sê het;
Hoop dit help bietjie
Hoop dit help bietjie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Sierra Gameking vs Prohunter
Vir ons gewone jagters wat die geweer instel op 200m behoort daar geen verskil te wees nie. My gewere verkies net-net die Pro Hunters, of ek het net 'n af dag gehad toe ek die Gamekings probeer het. Albei se groeperings was goed.
Teen die tyd dat die beter ballistiese koëffisiënt van die Gamekings werklik relevant raak, speel die jagters gewoonlik al in 'n veel hoër liga. Dan is net die voorste koeëls goed genoeg.
Soos ek dit sien, teen die tyd dat jy werklik die Gamekings nodig het, het jy hulle al ontgroei.

Melckman
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Mon Jun 03, 2013 3:23 pm
Re: Sierra Gameking vs Prohunter
Naand Leon
Ek sou die GameKings aanbeveel as jy tot op 350m gaan skiet. Die bootsert en hoër BC van die GK sal beter akkuraatheid verseker as die platbasis Pro Hunter. In terme van terminale werksverrigting, sal daar nie 'n groot verskil wees op langer afstande nie.
Die artikel wat Ashley geplaas het som dit mooi op.

- Adriaan Louw
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Thu Jul 24, 2014 3:39 pm
Re: Sierra Gameking vs Prohunter
Sierra het werklik 'n uitstekende produk met beide hierdie punte. Ek het baie goeie resultate op my 30-06 met die 165 Gamekings en skiet hulle al vir ongeveer 4 jaar. 2 jaar gelede word ek genooi om in Okahandja te gaan jag, en die boer laat minimum 180 grein punte toe. Inderhaas probeer ek Gamekings kry, maar net ProHunter op die rak. Daar was nie tyd vir toets nie, en met die grootse geluk was my lading akkuraat genoeg bevind na 'n paar skote op die boer se skietbaan. Die volgende dag 2 Gemsbokke omgedop - ge"range" op 313 m en 294 m onderskeidelik. Beide bladskote maar as ek sou kla oor die Pro Hunter se werkverrigting sou ek oneerlik wees. Miskien is ek gelukkig, maar van Eland, Gemsbok, Koedoe, Wildebeeste, Bosbokke, Rooibokke Vlakvarke, Hartebeeste, Springbokke het ek nog nooit 'n Sierra punt die skuld kon gee vir swak prestasie in my 30-06 nie. Die "pilot" het al 'n paar keer mis geskiet, maar dit kan ek darem nou nie voor die patroon se deur lê nie.