Iemand skiet "my" bok......

Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Iemand skiet "my" bok......

Post by Sarel »

Die volgende het met my gebeur....

Ek gaan jag saam met vriende op uitnodiging. Verblyf, kos, vervoer alles betaal word oorbetaal.. Ek wil 'n kudu skiet, bul of koei.

Die eerste dag van die jag, die oggend vroeg, gaan ons uit. Loop en "walk en stalk". Ek trap in 'n gat, en breek my enkel. "Shit happins sometimes...."

Die spoorsnuiter roep die "roep" en ek buite aksie. Ons wag geduldig tot ons opgetel word. En in my gedagtes sien ek geen biltong die jaar nie......

Ek word opgetel, saam met ander jagters op die voertuig. Oppad kamp toe, kry ons kudu's langs die pad. Ek sit links voor, met my gebreekte enkel, en vra een van die jagters om vir my een kudu te skiet maak nie saak hoe groot of klein, ek soek vleis, aangesien ek nie verder sou kon jag nie. Een jagter (wat net rooibokke wou skiet) se se dis reg. Hy skiet, die bok val. Ek is te bly, want ek het biltong.

Kom by die bok, en dis 'n moerse kudu bul. Ek is bly, en gee nie om vir die prys nie, want ek het so gese, en ek het baie vleis.

Laai die bok op, en gaan huis toe. Oppad soontoe is almal baie gelukkig.


Toe die bok afgelaai en opgehang word, stap die skut nader en vra: Kan hy nie maar die die Kudu "oorneem" nie?????

Wat sou jy doen?
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Heinz Petersen »

Nee, en klaar. Dis my bok wat hy vir my geskiet.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by JohanvB »

Nope, is jou bok.
User avatar
Willeboer
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Willeboer »

Jou bok, maar jy kan hom seker een stukkie biltong gee.
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by DWB »

Ñ goeie begin is seker om jou enkel te laat verbind... ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by ruaanb »

staan wydsbeen oor die kudu met n rondte in die kamer

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by DawieKotze »

Gee hom die horings - jy wou mos net 'n biltong vleisie gehad het.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Flip Nel »

DawieKotze wrote:Gee hom die horings - jy wou mos net 'n biltong vleisie gehad het.

Stem, as hy trofee wil he die vel ook,hy kan hom dan opstop jy het mos vleis gesoek almal is happy, ek sal elkgeval nie die horings gebruik as dit nie 'n bul is wat ek geskiet het nie.
FransP
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Sun Oct 18, 2015 8:07 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by FransP »

Gentlemans agreement, hy het mos gesê dis reg as hy vir jou die bok skiet so dan is dit mos joune.

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Jurgen Visser »

Dit is jou bok en klaar , staan daarby , maar ek wil nooit weer vir hom saam my op jag trip he nie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Flip Nel »

Verkoop die bok aan hom, koop nog 'n jong bul of koei, pocket die change
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Ashley »

Ek ken nou nie die presiese details nie, maar ek sou se jyt n paar opsies...afhangende van wat jy soek.

As jy voel n halwe kudu bul is genoeg vir jou kan julle 50/50 ingaan op die bul.
As jy lus is vir kudu en Rooibok kan julle seker bietjie Impala ruil vir Kudu.
Indien jy glad nie omgee of jy Kudu of Impala eet nie kan jy die Impalas vat en hy die Kudu....

Maar net die Kudu weg te wee, NEE. Dit bly jou bok
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Springkudu »

Hang maar af van persoon tot persoon en jou verhouding met die vriend
Last edited by Springkudu on Fri May 12, 2017 7:45 am, edited 1 time in total.
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Carl »

DawieKotze wrote:Gee hom die horings - jy wou mos net 'n biltong vleisie gehad het.
Stem, en jy het nie die bok gejag/skiet nie ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by matewis »

Hsng maar af van jul vriendskap. Is 'n stuk vleis aan 'n haak die moeite werd om 'n issue te word? Jy kan weer vleis kry, maar goeie pelle is skaars in vandag se tyd.
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Philip_R »

Daar is nog n paar dae se jag oor gewees soos ek verstaan? Dan kan hy as hy koedoe vleis soek mos nog een skiet wat volgens my n bonus is vir hom, hy kry die kans om dan 2 koedoes te jag waar hy eintlik net rooibokke wou jag.
Stem saam dat ek ook vir hom die horings sou gee omdat hy die bok geskiet het. Behalwe as jy n ander gebruik as trofee beplan het vir die horings.

Julle kan nadat hy nog een geskiet het natuurlik weer gesels en besluit wie vat watter een en elkeen betaal dan vir die een wat hy huistoe vat.


Sent from my iPad using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by finch »

Kan ek 2de opsie kry?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by FCLoretz »

fotos of dit het nie gebeur nie!
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by gillie »

Wat sou gebeur het as die persoon die bok gekwes het? Sou hy of jy moes betaal? .... Just a thought.... use it, dont use it....
johannvdg
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by johannvdg »

Ek sou die bok vir hom gee en by Robbie se Wildshoekie stop op pad huistoe en 'n paar uitsoeksnitte, kies en dit huis toe vat, en aanhou teruggaan, totdat die bul se geld opgeëet is, of totdat jou enkel weer aangegroei is en jy jou eie bok kan gaan jag.
Rolf
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Rolf »

Nou Sarel wat het jy toe nou gedoen op die einde van die dag ?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Wouter Roets »

Sarel

Lyk my dit gaan maar bitter treurig daar in jou wereld so tussen die gebreekte enkels en vriende vol draadwerk. Meskien moet jy maar verhuis na die ooste van die stad, dalk gaan dit beter en as dit nie beter gaan nie ten minste is daar darem beter hospitale.
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Springkudu »

Ek wil ook net byvoeg dat jy een van die sterkste manne is wat ek al van gehoor het Sarel, as ek my enkel gebreek het sou ek nie eers meer omgegee het om te jag of 'n bok te soek ::) ::) Die feit dat jy vir die manne sê hulle moet stop om vir jou 'n bok te skiet terwyl jy daar sit met 'n gebreekte enkel en dan nog by die slagkamer ook gaan draai om te gaan kyk na die bokke verstom my, jy is defenitief sterker as ek (Ek het al my ligamente in my enkel al 2 keer geskeer en dit was MOER seer!!!! Dink nie eers ek sal met af ligamente verder jag) :confused: :): ;)
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Meteor »

Is hierdie een van daai "unwritten rules" tipe goed?
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Iemand skiet "my" bok......

Post by Hansieslim »

Elke bok het sy prys. 'n Bok wat reeds hang, kan mos n nuwe prys kry.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Post Reply