Verkoop van wapen met vervalde lisensie
- HunterB
- Sr. Member

- Posts: 342
- Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm
Verkoop van wapen met vervalde lisensie
My oupa vra vandag vir my om te kyk na sy lisensies. Sien toe dat sy revolver en my ouma se pistool in 2015 verval het. Hulle soek nir meer die wapens nie en wil nie dit net sommer by polisie gaan inhandig nie... Hy het wel nog die ou groen lisensies vir albei die wapens
So my vraag is of kan ons die wapens probeer verkoop en sal die nuwe eienaar kan aansoek doen vir die wapens?
So my vraag is of kan ons die wapens probeer verkoop en sal die nuwe eienaar kan aansoek doen vir die wapens?
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Wag tot na die hofsake wat volgende week plaasvind. Dan sal sake meer duidelik wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Stem saam met Driepoot
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
HunterB. Tans sal hy hulle nie die wapens mag verkoop nie, hulle is tans in besit van onwettige vuurwapens.
Wag maar vir die hofsaak wat SA Jagters aanhandig gemaak het deurloop en besluit na afloop van die uitspraak wat julle tedoen staan
Wag maar vir die hofsaak wat SA Jagters aanhandig gemaak het deurloop en besluit na afloop van die uitspraak wat julle tedoen staan
-
Otto
- Jr. Member

- Posts: 93
- Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
as hulle nog die groen lisensies het is dit nog geldig. Gaan kyk op NHSA se web werf waar daar n skrywe was.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Die polisie redeneer dat jy vrywilliglik 'n aansoek gedoen het en so 'n nuwe lisensie bekom het. As hy nou verval het kan jy volgens hulle nie terugval op jou groen lisensie se geldigheid nie. Jy het afstand van daardie reg gedoen.Otto wrote:as hulle nog die groen lisensies het is dit nog geldig. Gaan kyk op NHSA se web werf waar daar n skrywe was.
Wag liewers vir die hofsaak om duidelikheid te gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Die hof se uitpraak was dat die groen lisensie bly geldig tot die staat appeleer. Dit het nogsteeds nie gebeur dus se die wet tans dat die groene bly wettig tot jy verkoop of die emmer skop.
As jy n groen lisensie het en aansoek doen vir n witte kan jy maar die groene en witte verloor en weer aansoek doen vir die groene se herdruk.
Die groene bly geldig...met geen nawoord (no strings attached).
Sover ek weet handel die hofsaak wat bespreek is oor vervalde wit lisensies waar geen groen lisensie teenwoordig is of was.

Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Dit wat tans gebeur is dat SAPS hul eie interpretasie het van wat moet gebeur. Vermy dus konfrontasie met hulle. Die hofsaak is volgende week.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Ek is nie honderd persent seker asof die waar is wat ek gese het. Kan iemand my asb korrekteer.Meteor wrote:
Sover ek weet handel die hofsaak wat bespreek is oor vervalde wit lisensies waar geen groen lisensie teenwoordig is of was.
Uwe
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Tripod is reg. Twee verskillende DFOs het my twee weergawes gegee. Die een reken die groen lisensies is geldig ongeag of jy 'n witte bekom het. Die ander DFO reken toe jy die witte bekom het het jy 'n hernuwings datum gekry en dit geld. Ek sou eerder wag en sien wat gebeur. Ek sou ook nie daai wapens nou dra nie.tripodmvr wrote:Dit wat tans gebeur is dat SAPS hul eie interpretasie het van wat moet gebeur. Vermy dus konfrontasie met hulle. Die hofsaak is volgende week.
Maak 'n verskil
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Die hofuitspraak oor die groen lisensies, is nie 100% duidelik oor die geval waar iemand "oorgeskakel" het na die nuwe sisteem toe nie. Dit is maar 'n geval van interpretasie, waar ons as wapeneienaars dit op een manier interpreteer en die SAPD dit presies andersom interpreteer. Die saak word hopelik more aangehoor en dan sal daar waarskynlik uitsluitsel wees.Ratel wrote:Tripod is reg. Twee verskillende DFOs het my twee weergawes gegee. Die een reken die groen lisensies is geldig ongeag of jy 'n witte bekom het. Die ander DFO reken toe jy die witte bekom het het jy 'n hernuwings datum gekry en dit geld. Ek sou eerder wag en sien wat gebeur. Ek sou ook nie daai wapens nou dra nie.tripodmvr wrote:Dit wat tans gebeur is dat SAPS hul eie interpretasie het van wat moet gebeur. Vermy dus konfrontasie met hulle. Die hofsaak is volgende week.
Aim small, miss small
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
n Groen lisensie is slegs geldig(onderhewig aan die hofuitspraak) as n persoon nog nie aansoek gedoen het vir hernuwing onder die nuwe vuurwapen(act 60 van 2000)wet nie.Sou jy aansoek gedoen het vir hernuwing van n groen lisensie onder die nuwe wet(Wit kaartjie) het jy jouself onderhewig aan sy regulasies. daarom sal n Vervalde wit lisensie nie wettig wees omrede jy n groen lisensie het ook vir die wapen nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Dit is die SAPD se opinie ja, maar daar is verskeie ander regsopinies van bekende en ervare advokate wat die teendeel argumenteer en waarmee ek moet saamstem. Juis uit hoofde van die gemelde hofuitspraak, bly die ou lisensies geldig en by implikasie is die gedeelte van ou wet rakende die groenlisensies steeds van krag. Vat byvoorbeeld iemand wat 4 vuurwapens besit het, almal met groen lisensies. Indien hy vir 2 daarvan aansoek gedoen het in terme van die nuwe wet, is hy dan in onwettige besit van die ander 2 wat net groen kaartjies het? Dit gesê, wil ek nie graag die aangeleentheid op 'n Vrydagaand met die SAPD redeneer nie, so wees maar eerder veilig as astrant....junglejulian wrote:n Groen lisensie is slegs geldig(onderhewig aan die hofuitspraak) as n persoon nog nie aansoek gedoen het vir hernuwing onder die nuwe vuurwapen(act 60 van 2000)wet nie.Sou jy aansoek gedoen het vir hernuwing van n groen lisensie onder die nuwe wet(Wit kaartjie) het jy jouself onderhewig aan sy regulasies. daarom sal n Vervalde wit lisensie nie wettig wees omrede jy n groen lisensie het ook vir die wapen nie.
Aim small, miss small
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Was die saak nou al in die hof of nog nie?
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Verkoop van wapen met vervalde lisensie
Sal ook wil weet
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."