Beste Pad na Koes Namibie
- Boerboel
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm
Beste Pad na Koes Namibie
Soos genoem in my ander post het ons plek gekry en gaan ons vir week jag en vir week hengel.
Ons gaan jag naby Koes en hengel in Henties.
Ons sal graag die beste pad wil uitvind en ook watter tye die grens poste gaan oop wees.
Sien daar is twee paaie, een waar ons by Kuruman afdraai na Rietfontein of ander een deur Upington na Ariamsvlei.
Eerstens watter pad is die beste om te ry, dan ons wil 3 Junie (Saterdag) die oggend vroeg ry sal altwee grensposte oop wees, ken iemand die tye of waar kan ek gaan kyk.
Ons wil dan terug kom die 17de Junie Saterdag

IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Upington , Ariamsvlei en dan na Karasburg(dink nie vleis kan oor Rietfontein vervoer word nie) maar mag al verander het .Neem dan Afdraai na Koes c11....gewoonlik nie te sleg nie..
Na Henties toe kan julle die pad c17 van daar deur die Karasberge neem wat by Keetmanshoop op die Hoofpad uitkom.Partykeer kan die pad maar sleg wees.Die ander pad c15 oor Gochas is ook 'n opsie langer grondpad maar korter pad wat naby Mariental weer op die hoofpad na Henties uitkom...

Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Karasburg na Koës is 'n redelike rowwe pad en nie vinniger as om teerpad om te ry nie. So as julle moet Ariamsvlei om ry eerder teerpad tot in Keetmanshoop.
Rietfontein vat vleis en gewere sekere jare, maak net seker. Dit is grondpad vanaf Rietfontein tot by Koes, maar gewoonlik is die pad mooi.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Boerboel
My voorstel sal wees om tot op Upington te gaan, vandaar teerpad tot by die grens op Rietfontein, dan 60km tot op Aroab en vandaar omtrent 140km dan is jy op Koës. Daar is twee paaie Koës toe, glo nie enige een sal jou teleur stel nie.
Met die uitgaan sal jy moet Keetmanshoop toe en daar die teer vat via Grunau en Karasburg, jy mag met gewere inkom by Rietfontein maar as die vleis uitgaan moet dit Ariamsvlei uitgaan, Rietfontein het nie die departement wat vleis kan hanteer nie.
Henties toe vanaf Koës is daar hele paar paaie wat jy kan ry, maar die kortste is vanaf Koës oor die kalke soos ons sê by Witbooisvlei verby tot op Mariental waar jy dan die teer vat en noorde toe.
Ek het nie pad nommers bygesit nie, slaan so bietjie die padnommers en bekyk die kaarte.
Ek neem aan julle moet met die terugkom die vleis kom laai op Koës?
Koës en Keetmanshoop is net 140km uitmekaar, so van die teer af gou daar inglip en weer terug sal nie so lank neem nie. Die grondpaaie suid oos van Koës en Aroab via Karasburg na Ariamsvlei is maar redelik sleg en jy gaan stadig ry met risikos van papwiele ook, daarom my voorstel om van Keetmanshoop die vleis op Koës te laai en weer terug te gaan teerpad toe.
Hoop dit help.
Johan

Baie dankie almal.
Ons sal dan ry soos jy voor gestel het Johan, dink dit gaan die beste wees
Ons gaan die vleis los op die jagplaas, gaan hengel en dan alles optel as ons terug kom.
Dan watse dokumente gaan ons alles benodig,
Weet die gewone soos paspoorte, voertuig dokumente, Bestuurs lisensies.
Dan ons moet hier tydelike invoer uitvoer permit kry vir die gewere. Moet ons by Namibia ook kry
Moet ons hier enige permitte kry vir die vleis of die vis
As ons daar kom moet ons Jag en hengel permitte kry, kan ons dit die Sondag kry of moet ons wag tot Maandag.
Dan as ek reg is moet ons, uitvoer permitte vir die vleis en vis ook kry, waar moet ons dit kry.
Is daar enige ander dokumentasie wat ons nodig het en enige tips
Ons sal dan ry soos jy voor gestel het Johan, dink dit gaan die beste wees
Ons gaan die vleis los op die jagplaas, gaan hengel en dan alles optel as ons terug kom.
Dan watse dokumente gaan ons alles benodig,
Weet die gewone soos paspoorte, voertuig dokumente, Bestuurs lisensies.
Dan ons moet hier tydelike invoer uitvoer permit kry vir die gewere. Moet ons by Namibia ook kry
Moet ons hier enige permitte kry vir die vleis of die vis
As ons daar kom moet ons Jag en hengel permitte kry, kan ons dit die Sondag kry of moet ons wag tot Maandag.
Dan as ek reg is moet ons, uitvoer permitte vir die vleis en vis ook kry, waar moet ons dit kry.
Is daar enige ander dokumentasie wat ons nodig het en enige tips
IF GUNS WERE OUTLAWED ONLY OUTLAWS WILL HAVE GUNS
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
Mauser 22LR
Musgrave 7x57
Howa 6.5 PRC
Zastava 375HH
Jacques van der Merwe
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Plesier BB
Ek gaan bietjie kyk of ek nie vir jou hier 'n skakel op die forum kry met al die inligting nie, dit is al redelik breedvoerig bespreek.
Dan weet ek iewers in een van SA Jagters tydskrifte het Koos Barnard op 'n stadium alle detail rondom Nam jag gepubliseer, net nie seker watter uitgawe dit was nie.
Die vis lisensie en permitte vir uitvoer is nie op hoogte van nie, maar ek glo hier sal iemand kan antwoord oor dit. Ek weet jy moet permit by die kus uitneem vir die tyd wat jy hengel, maar die res weet ek nie.
Ek is net bang ek laat nou iets uit wat julle nodig gaan hê.

-
Sterkgrond
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Tue Apr 04, 2017 4:20 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Naand se,
In die nuutste uitgawe April 2017 van Jagter -Hunter, is daar n artikel oor jag in Namibiee op bladsy 42.
Hoop dit help
Groetnis,
Eugene

BB http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=48156
Hier is nog een, ek dink jy behoort nou reg te kom.
Geniet die beplanning.
Skuus daai link het nou sommer op sy eie plek ingespring

Dankie Eugene.Sterkgrond wrote:Naand se,
In die nuutste uitgawe April 2017 van Jagter -Hunter, is daar n artikel oor jag in Namibiee op bladsy 42.
Hoop dit help
Groetnis,
Eugene
-
Sterkgrond
- Newbie

- Posts: 11
- Joined: Tue Apr 04, 2017 4:20 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Regso, voorspoed met die jag.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Enige pad na Koës is die beste
! Ai dis lekker wêreld daardie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Boerboel
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Mon Apr 20, 2015 7:51 pm
Re: Beste Pad na Koes Namibie
Dankie almal,
Dankie vir die links Johan,
Dankie Eugene, ek het gisteraand die tydskrif behoorlik gaan lees en op alles af gekom.
Dankie Carl, yip
dis eintlik droom trip Jag op die duine en hengel in Henties, alles in een.