Fout met scope se oplyning?
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Fout met scope se oplyning?
Kan julle my help? Ek was 2 weke terug op 'n windstil dag op die skietbaan. Het 3 skote op 100 meter geskiet met my 243 - skote het gesny en was op die vertikale senterlyn, so 2 duim bo die horisontale senterlyn.
Toe skuif ek 200 meter toe. Ek skiet toe so 'n duim groepering op 200 meter - middelkol tussen die 3 op die horisontale senterlyn, MAAR 3 en 'n half duim na die linkerkant van die vertikale senterlyn!!! Dis nie vir my reg nie. Sou ek nou die kruis daai 7 klieks regs stel op 200 meter, gaan ek op 100 meter uit wees. My wapensmid het die scope opgesit. Iets klink nie vir my reg nie. Sit my scope skeef? Iets se vir my ek sal iets aan die scope se mounting verstellings moet doen. Dalk die klieks horisontaal en vertikaal in die middel stel en my scope mount en oplyn met daai ding wat jy voor in die loop indruk wat vir jou die blokkies gee? My mountings is van die soort wat die twee grub skroefies op elke mounting het, so ek kan voor en agter onafhanklik van mekaar links en regs skuif.
Dankie manne.

" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
'n 243 val maar 4cm vanaf 100m na 200m en om 3 1/2 duim links te skuif vanaf jou zero op 100m, kan nie alleen aan 'n skeef gemonteerde scope toegeskryf word nie.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Fout met scope se oplyning?
Was jou geweer en teleskoop waterpas gewees? Het jy 'n anti-canting level op?
Aim small, miss small
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Ek glo nie dat as jy die geweer kantel jy 'n fout so groot soos 3 1/2 duim sou he nie. Selfs al was die teiken ook nie waterpas nie sal hy darem waaragtig skeef moet hang...
Last edited by Hein22 on Mon Mar 27, 2017 4:19 pm, edited 1 time in total.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Johan, dit klink vir my of jou waarneming reg is. My vermoede is ook dat die scope skeef sit.
Ek dink hy gaan nog skewer skiet op 300.
Ek dink hy gaan nog skewer skiet op 300.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
My oom, dis wat ek ook dink! Op 200 meter moet ek hom nou 7 klieks regs skuif en op 300 meter sal ek nog moet kom - hoe lyk dit nie dan op 100 meter nie? Deur bv. net die scope se agterent effe links en regs te skuif (en dan elke keer te zero op 100 meter) - sal daar niks voor gebeur nie? Sal 'n scope wat nie presies bo die loop gemonteer is, jou nie rondneuk nie? Ek bedoel nou die middellyn van jou scope en die middellyn van jou loop lyn nie op nie. Dat jou scope effens links (of regs) van jou loop se middellyn gemonteer is. Nou in hierdie geval is jou geweer mos "gekantel" as jy hom waterpas hou. Kan dit nie 'n uitwerking he nie. Op 100 meter dalk soveel en op 200 nog meer en op 300 meter nog meer. 'n Klein stemmetjie se vir my die goed moet blerrie goed met mekaar opgelyn wees!PWV wrote:Johan, dit klink vir my of jou waarneming reg is. My vermoede is ook dat die scope skeef sit.
Ek dink hy gaan nog skewer skiet op 300.
Ek is onkundig in die goed - so gee raad.
Ek het 'n pel wat weet van scope opsit. Sal dat hy hom nagaan, maar dit is altyd interressant om die goed uit te redeneer, want sodoende leer ons wat met die scope en die geweer gebeur. Kom ons kyk wat ons kry en dan wat my pel kry as hy hom nagaan. Kom ons praat daaroor.
Daar was nie wind nie.
Last edited by Johan7 on Mon Mar 27, 2017 3:20 pm, edited 1 time in total.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Jammer jy is ver. Heinz (Kuilsrivier) hier op die forum het 'n gadget wat dit toets. My teleskoop opgesit en dit werk 100%
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Dalk kan ek by hom 'n draai maak as ek hier op 'n dag Kaap toe ry...
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Trek n streep op n A4 papier en plak dit vertikaal waterpas teen n muur so 20m weg. Stel nou jou geweer ook waterpas op op n tafel en kyk hoe vergelyk die teleskoop se vertikaal teenoor die papierlyn. As dit die oorsaak is sal jy sommer sien dit sit skeef.
Groete, Willie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Sit jou geweer in 'n klamp en met 'n waterpas op 'n plat deel bo kry jy die geweer reg dat sy vlak bo horisontaal is. Hang nou 'n skietlood sodat hy sigbaar is in die teleskoop en so naby as moontlik aan die kruis. Jy behoort duidelik te kan sien as die vertikale deel van die kruis gedraai is. Stel dit dan reg deur die ringe los te maak en die teleskoop te draai. Maak weer vas en toets weer. Nou kan jy jou geweer weer instel.
Kry jy nou 2 antwoorde.
Kry jy nou 2 antwoorde.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Die scope is presies regop gemount, daar het ek nie 'n probleem nie. My probleem is die scope wat effe links of regs van die vertikale middellyn deur my loop gemonteer is. Ek sit 'n foto by - dit is nou gekyk van reg bo op die scope en geweer af. Die geweer is 100% horisontaal gemonteer. Die scope sit baie links, maar dit is net om die punt te maak. Wat se julle?Williel wrote:Trek n streep op n A4 papier en plak dit vertikaal waterpas teen n muur so 20m weg. Stel nou jou geweer ook waterpas op op n tafel en kyk hoe vergelyk die teleskoop se vertikaal teenoor die papierlyn. As dit die oorsaak is sal jy sommer sien dit sit skeef.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Johan - watse basisse en ringe het jy op?
Ek ken ook daai tool van Heinz en hy behoort baie gou te wys as die belyning nie reg is nie.
Ek ken ook daai tool van Heinz en hy behoort baie gou te wys as die belyning nie reg is nie.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Johan, dit is wat ek bedoel met "skeef gemonteer" - die blou "teleskoop".
Dit is nou baie oordryf, maar as hy net effens skeef is, sal jy met die stelskroef hom kan stel dat hy goed skiet op 100 m, maar sodra jy verder wil skiet, is hy weer uit.
Dit is maar 'n moontlikheid waaraan ek dink.
Dit is nou baie oordryf, maar as hy net effens skeef is, sal jy met die stelskroef hom kan stel dat hy goed skiet op 100 m, maar sodra jy verder wil skiet, is hy weer uit.
Dit is maar 'n moontlikheid waaraan ek dink.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Die teleskoop wat effens langs die geweer se middellyn gemonteer is kan jou trefpunt affekteer, maar nie naastenby so erg nie. As jou teleskoop bv. 10mm van senter af sou sit en op 100m in middel skiet, dan kan hy hoogstens 10mm van senter af wees op 200m. 1000m is 'n ander saak...
Volgens my waarneming op die skietbaan is daar 2 faktore wat so 'n groot skuif van senter af kan veroorsaak: Kantel van geweer en wind. In die geval kan dit dalk albei saam wees.
Daar kan ook ander faktore wees, soos bv. jou skietposisie. Verskillende skiethoudings en stutte onder die geweer kan die trefpunt verskuif. Ek het dit al 'n paar keer ervaar.
Belê in 'n "anti-cant device" ook bekend as 'n waterpas. Dit maak 'n groot verskil, veral op bane waar die agtergrond geneig is om jou te mislei.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Voeg daarby, 'n parralaks verstelling wat foutief is en jy het jou 4 duim. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Fout met scope se oplyning?
Johan, ek is nie doodseker watse ringe jy gebruik nie, maar mens kan dit hieronder met meeste ringe doen. Ek het so relatief goedkoop "bore laser" megafter gekoop, wat mens voor in jou loop inskuif en wat dan 'n laser kolletjie op 100m gooi op 'n wit teiken. Stel jou geweer lekker stewig op en maak seker dis waterpas. Sorg dan dat jou scope se "windage turret" presies in die middel van sy verstelling is en "manipileer" die ringe se vastrek skroefies op die basis of rail, so dat jou kruishaar presies (of so naby a moontlik) op die laser kolletjie is. Dan weet jy jou teleskoop is reguit met jou loop en het jy eweveel spelling op windage na beide kante toe. Maak dan seker dat jy wanneer jy skiet, jou geweer weer waterpas het. As jou gate of rail egter erg skeef is, gaan hierdie nie werk nie....
Aim small, miss small
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Eugene, wat jy se maak baie sin - ek en hierdie pel van my wat weet van scope mount doen dit altyd: ons tel die klieks van die vertikale verstelling en draai hom tot in die middel. Dan weer die horisontale - nou is die scope mos ge-"zero". Dan sit hy so 'n ding voorin die loop en lyn die scope op. In hierdie stadium is alle grub skroefies baie liggies vasgedraai - self die skroewe wat die scope houvas. Dan stel hy die scope se links en regs met die onderste grub skroefies en heel laaste trek hy die boudjies heeltemal vas wat die scope houvas. Dit veroorsaak dat daar nie stress op jou scope is nie. Hierdie goed weet ons, my ding is ek probeeer uitredeneer wat sal die geweer op 100 meter (op 'n windstildag) 100% in die middel laat skiet, maar op 200 meter is ek amper 4 duim uit! Van 300 meter praat ek nie eens van nie! Daai maat van my ken nogal. Hy sal iewers met my praat en sal iets vir my verduidelik se hy. Ek sal deurgee wat hy se.
Last edited by Johan7 on Tue Mar 28, 2017 8:39 am, edited 1 time in total.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Soos Eugene beskryf werk lekker, ek doen basies dieselfde net met die geweer waterpas vas geklamp in n geweer stand en gebruik dan n dik lyn met n gewig aan wat hang op 50m en sigbaar is. Haal dan die slot uit en kyk deur die loop tot die lyn mooi in die middel van die loop hang. Ek stel dan die ringe op met die teleskoop los in die ringe en sorg dat die kruishaar op die lyn is en steeds in die middel van die loop is.Gebruik sommer dan die lyn om my kruishaar ook loodreg met die lyn op te stel.Eugene wrote:Johan, ek is nie doodseker watse ringe jy gebruik nie, maar mens kan dit hieronder met meeste ringe doen. Ek het so relatief goedkoop "bore laser" megafter gekoop, wat mens voor in jou loop inskuif en wat dan 'n laser kolletjie op 100m gooi op 'n wit teiken. Stel jou geweer lekker stewig op en maak seker dis waterpas. Sorg dan dat jou scope se "windage turret" presies in die middel van sy verstelling is en "manipileer" die ringe se vastrek skroefies op die basis of rail, so dat jou kruishaar presies op die laser kolletjie is. Dan weet jy jou teleskoop is reguit met jou loop en het jy eweveel spelling op windage na beide kante toe. Maak dan seker dat jy wanneer jy skiet, jou geweer weer waterpas het. As jou gate of rail egter erg skeef is, gaan hierdie nie werk nie....
Soos Gawie noem moet jou parralaks ook reg gestel wees op 50m(die lyn) sodat jy weet dit nie n invloed op jou opstel het nie. Na ek dit gedoen het kyk ek dan of daar nie spanning op die teleskoop is wat deur die stel van die ringe/basese in geglip het nie en as ek tevrede is kan die ringe dan gelap word as jy wil of net vasgetrek word op die teleskoop.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Oom is nog die naaste aan die probleem dink ek.PWV wrote:Johan, dit is wat ek bedoel met "skeef gemonteer" - die blou "teleskoop".
Dit is nou baie oordryf, maar as hy net effens skeef is, sal jy met die stelskroef hom kan stel dat hy goed skiet op 100 m, maar sodra jy verder wil skiet, is hy weer uit.
Dit is maar 'n moontlikheid waaraan ek dink.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Jammer Johan sien ons het saam geplaas. Dit sal seker nie skade doen om die toets met die lyn te doen en te kyk of alles reg opgestel is nie ek het al n teleskoop laat op sit by n geweer winkel met n Collimator boresighter ( as ek reg verstaan dink ek dit is wat julle gebruik het om die teleskoop mee op te stel) en toe ek by die huis toets op my metode soos bo genoem was die teleskoop nie reg opgelyn nie.
Moes jy baie links of regs gestel het toe jy op papier die eerste keer gaan skiet het na die teleskoop op gesit is van sy zero setting af?
Moes jy baie links of regs gestel het toe jy op papier die eerste keer gaan skiet het na die teleskoop op gesit is van sy zero setting af?
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Dis die ding se naam Hein!
Ja, ons moes baie stel. Maar of die wapensmit die klieks ge-"zero" het en wat hy gedoen het, weet ek nie. Ek het uiteindelik deur die loop moes kyk en dan die scope stel om op die A4 papier te kom.
Ja, ons moes baie stel. Maar of die wapensmit die klieks ge-"zero" het en wat hy gedoen het, weet ek nie. Ek het uiteindelik deur die loop moes kyk en dan die scope stel om op die A4 papier te kom.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Ek sal my geld op sit dat die teleskoop se interne verstelling nie in die middel was toe hy met die Collimator opgestel was nie en dat die teleskoop nou skeef op die geweer sit soos oom PWV se skets aandui, as ek jy was sou ek die teleskoop af gehaal het en dan die teleskoop se verstelling in die middel kry en dan hom monteer soos per Eugene of my metode. In die verlede was my windage verstelling met die metode soos bo genoem baie min gewees. Ek laat my seun gewoonlik n blokkie tape op die lyn plak sodra die teleskoop vas gemaak is wat deur die loop sigbaar is ,ek bring dan my kruis af/op tot op die blokkie tape wat dan sorg dat my vertikale verstelling ook nie baie uit is nie.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Fout met scope se oplyning?
Hein, ek stem met jou saam. Ek dink ook die omie het net gemount.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Fout met scope se oplyning?
[quote="Hein (Haan)"Dit sal seker nie skade doen om die toets met die lyn te doen en te kyk of alles reg opgestel is nie ek het al n teleskoop laat op sit by n geweer winkel met n Collimator boresighter ( as ek reg verstaan dink ek dit is wat julle gebruik het om die teleskoop mee op te stel) en toe ek by die huis toets op my metode soos bo genoem was die teleskoop nie reg opgelyn nie.
[/quote]
Met my ook al baie gebeur.... Beste is maar om dit self te doen en seker te maak.
[/quote]
Met my ook al baie gebeur.... Beste is maar om dit self te doen en seker te maak.
Aim small, miss small