Aksies: Howa 1500 of Rem 700
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Ek sal geen oomblik huiwer om die Howa aan te beveel nie.....
Weet Remington het op n stadium n probleem gehad met hul bolt handles wat maklik afgekom het, die goete is blykbaar net vas ge-silver solder, en as jy bietjie krag maak staan jy met die handle in jou hand.......
Soos jy se, die prys op n Howa kan amper die helfte wees van n Remington...
Mooi loop
Francois

- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Eks baie bly oor jou vraag! Ek het ook daai artikel al gelees en nog 'n hele paar ander en nerens het die manne die Howa sleg gese nie behalwe dat die sneller partykeer lastig is, maar oom Piet Breedt het alweer 'n oplossing vir dit ook!
Ek is self besig om vir my 'n 243AI aanmekaar te laat sit na my geweersmit vir my ook die Howa aanbeveel het! Glo BAIE goeie waarde vir geld!
Willem
Eks baie bly oor jou vraag! Ek het ook daai artikel al gelees en nog 'n hele paar ander en nerens het die manne die Howa sleg gese nie behalwe dat die sneller partykeer lastig is, maar oom Piet Breedt het alweer 'n oplossing vir dit ook!
Ek is self besig om vir my 'n 243AI aanmekaar te laat sit na my geweersmit vir my ook die Howa aanbeveel het! Glo BAIE goeie waarde vir geld!
Willem
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Manne
Julle moet ophou, my Howa aan Taffie gemous, sommer lus en koop hom terug......
Mooi loop
Francois
Julle moet ophou, my Howa aan Taffie gemous, sommer lus en koop hom terug......
Mooi loop
Francois
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Vir die 338 edge spesifiek sou ek die Rem 700 aksie vat, die rede hiervoor is lengte. Die rem 700 lang aksie is lank en sal maklik die buffel van 'n rondte kan vat in 'n magnum magesyn kas. Die Howa gaan sukkel hiermee.
Ek het self 'n Howa en stem dat hulle goeie waarde vir geld is maar ek dink vir hierdie doel gaan hy nie so lekker werk nie ...
Ek het self 'n Howa en stem dat hulle goeie waarde vir geld is maar ek dink vir hierdie doel gaan hy nie so lekker werk nie ...
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Arnold
Hoor wat jy se, maar lees nu net op n US site dat n gunsmith daar n 338 Lapua op n Howe aksie gebou het, so waar daar n wil is, is daar gewoonlik n weg, kon so vinnig nie specs kry op die magasynkaste van die twee aksies nie, kan jy dalk las......

-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
S385 kan dalk werk. Kan ladings vir 338LM in die hande kry
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
338LM is net te duur.
250gr SMK ~ 2950 fps met so 86.5gr S385. Ek weet die ouens gebruik B12.7 wat nog stadiger is as S385, hierdie is glo beskikbaar op bestelling.
Ek sou ook eerder die 338 Edge roete gaan, doppe gaan baie goedkoper wees. Vir 'n enkel skoot behoort die Howa aksie maklik te werk.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Hallo Ludwig
Hoekom gaan jou vriend nie vir die 338 Remington Ultra Magnum nie? Die dopkapasiteit is feitlik dieselfde en die beskikbaarheid van doppe gaan dalk so bietjie makliker wees. Die 338 Rem is maar net so bietjie korter as die Edge. As jy oor grense gaan maak dit die hele storie in elk geval makliker.
Groete
Wout

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Ek sien in SA Jagter Weatherby het die 338WinMag vir R10 500.... Dis by Webbs in PE... Nie sleg prys nie.... Ek lus hom self daai 338....het neti geld vir n pasmaak nie, so sal mar vir so ietsie soos die moet gaan...
Net vir interessantheid, wat gan jou vriend se projek hom uit die sak jaag skat hy?
Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Dit is altyd bitter interessant. Ons lees van hierdie eksotiese kalibers wat perfek sal werk vir ons drome en doeleiendes net om die ontnugtering deur te gaan dat wanneer ons die gegewens by ons wil dupliseer dit geensins haalbaar is nie. Ek het gou die Edge teenoor die Rem op QL gehardloop en met S385 gee hy die volgende. Edge 85,8gr n spoed van 2890ft/sek en vir die Rem met 84,6gr n spoed van 2845ft/sek, dit is met n 28 duim loop en Sierra MatchKing HPBT 250gr koeel. Die Edge se dopkapasiteit is 113gr teenoordie Rem sin van 110gr. Die Edge se doplengte is 72,39mm teenoor die Rem sin van 70,10mm. Met B12,7 wat vrylik beslikbaar is, dit moet net so bestel word deur die handelaar, gaan die die verskil dalk in die orde wees van 70ft/sek maar ek kan nie sien dat dit enigsins veel meer kan raak nie. Ek kan nie sien waar daar die verskil inkom wat die persoon kry nie. Dalk kom dit in met die fabrieks amunusie, want Remington laai hom redelik ver onder sy vemoee. Wat is die grade op die Edge se skouer? In my oe is die kool nie die sous werd in die geval nie en ek sou by die Rem vassteek. Maar dit is mos die lekkerte van die game almaal kan mos maak soos hy wil. Weet jy of die SABS n toetsronte(proofload) het en indien nie wat dan? Ek weet wel hulle het vir die Rem.
Groete
Wout
Dit is altyd bitter interessant. Ons lees van hierdie eksotiese kalibers wat perfek sal werk vir ons drome en doeleiendes net om die ontnugtering deur te gaan dat wanneer ons die gegewens by ons wil dupliseer dit geensins haalbaar is nie. Ek het gou die Edge teenoor die Rem op QL gehardloop en met S385 gee hy die volgende. Edge 85,8gr n spoed van 2890ft/sek en vir die Rem met 84,6gr n spoed van 2845ft/sek, dit is met n 28 duim loop en Sierra MatchKing HPBT 250gr koeel. Die Edge se dopkapasiteit is 113gr teenoordie Rem sin van 110gr. Die Edge se doplengte is 72,39mm teenoor die Rem sin van 70,10mm. Met B12,7 wat vrylik beslikbaar is, dit moet net so bestel word deur die handelaar, gaan die die verskil dalk in die orde wees van 70ft/sek maar ek kan nie sien dat dit enigsins veel meer kan raak nie. Ek kan nie sien waar daar die verskil inkom wat die persoon kry nie. Dalk kom dit in met die fabrieks amunusie, want Remington laai hom redelik ver onder sy vemoee. Wat is die grade op die Edge se skouer? In my oe is die kool nie die sous werd in die geval nie en ek sou by die Rem vassteek. Maar dit is mos die lekkerte van die game almaal kan mos maak soos hy wil. Weet jy of die SABS n toetsronte(proofload) het en indien nie wat dan? Ek weet wel hulle het vir die Rem.
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Indien die SABS nie proef rondtes het nie moet jy dit verskaf, ek weet want ek moes nou saamstuur toe my geweer soontoe is. (hopelik ontplof niks)
Een "standaard" lading en dan twee wat 5% meer dryfmiddel per gewig het. Ek sal maar wat kom terug :o
Ludwig, onthou daai is uit 30" lope verkry.
Een "standaard" lading en dan twee wat 5% meer dryfmiddel per gewig het. Ek sal maar wat kom terug :o
Ludwig, onthou daai is uit 30" lope verkry.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Daai inligting gee ongelukkig nie die skouergrade aan nie. Onthou Rem het die 338 naastenby 2mm korter gemaak as die 300 en die idiee daaragter was dan sou die krimping groef op die koeel nie hoef te verander het nie(vorentoe geskyf moes word) om nog steeds in hulle aksie (700) wat n maksimum magesyn lengte het van 92mm in te pas nie. Ek onthou daai tyd was die skietpubliek in Amerika ontevrede daaroor en dit is seker die rede vir die Edge, ek het ook gedink dit is simpel. Ek sien die informasie oor die dopkapasiteit verskil so bietjie en neem aan dit is nie Rem doppe wat maar oor die algemeen aan die klein kant is sin nie. n Mens kan dan die dopkapasiet van die 338 Rem ook diensooreenkomstig vergroot want al verskil is net dat hy basies 2mm korter is. Daar gaan maar nog steeds nie veel meer as 3gr verskil wees nie. Met 300 greiners en S385 lyk die beste so in die orde van 2650ft/sek te wees in die Edge en so 2615ft/sek met die Rem met 30 duim lope. Met B12.7 behoort jy darem redelik beter te doen met so in die orde van 50-70ft/sek meer met albei.
Groete
Wout
PS klink n na n bitter lekker projek!
Daai inligting gee ongelukkig nie die skouergrade aan nie. Onthou Rem het die 338 naastenby 2mm korter gemaak as die 300 en die idiee daaragter was dan sou die krimping groef op die koeel nie hoef te verander het nie(vorentoe geskyf moes word) om nog steeds in hulle aksie (700) wat n maksimum magesyn lengte het van 92mm in te pas nie. Ek onthou daai tyd was die skietpubliek in Amerika ontevrede daaroor en dit is seker die rede vir die Edge, ek het ook gedink dit is simpel. Ek sien die informasie oor die dopkapasiteit verskil so bietjie en neem aan dit is nie Rem doppe wat maar oor die algemeen aan die klein kant is sin nie. n Mens kan dan die dopkapasiet van die 338 Rem ook diensooreenkomstig vergroot want al verskil is net dat hy basies 2mm korter is. Daar gaan maar nog steeds nie veel meer as 3gr verskil wees nie. Met 300 greiners en S385 lyk die beste so in die orde van 2650ft/sek te wees in die Edge en so 2615ft/sek met die Rem met 30 duim lope. Met B12.7 behoort jy darem redelik beter te doen met so in die orde van 50-70ft/sek meer met albei.
Groete
Wout
PS klink n na n bitter lekker projek!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Jy som en verstaan die hele ding baie goed. Net so terloops het jy al gehoor van die 338 wat Sabi Arms in Nelspruit gemaak het wat gebasseer is op die 505 Gibs dop? Ek kan vir die lewe van my nie die kaliber se naam nou onthou nie! Maar die syfers was baie indrukwekkend! Ek sou graag op die Edge en 338 RUM ten minste n 35 grade skouer wou sien en n 40 grade enetjie sou my nou bitter opgewonde gemaak het! Onthou as ek opgewonde raak is mamma ook bly!
Seker die rede hoekom daar verskeie 40 grade kalibers in die kluis staan! Gelukkig vir mamma het hulle nie almal op een slag aan gekom nie!
Ek onthou nou daar was wel die een keer waar ek twee op een slag ontvang het! Seer maar tevrede is al wat ek gaan se! 
Hel as julle eksoties gaan, gaan dan groot! Nou onthou ek dit was iets soos 338Foskor of so iets. Wat gaan julle gebruik vir reciolmanagement? Nogal n faktor op die windbuksie wat julle beplan!
Groete
Wout
Jy som en verstaan die hele ding baie goed. Net so terloops het jy al gehoor van die 338 wat Sabi Arms in Nelspruit gemaak het wat gebasseer is op die 505 Gibs dop? Ek kan vir die lewe van my nie die kaliber se naam nou onthou nie! Maar die syfers was baie indrukwekkend! Ek sou graag op die Edge en 338 RUM ten minste n 35 grade skouer wou sien en n 40 grade enetjie sou my nou bitter opgewonde gemaak het! Onthou as ek opgewonde raak is mamma ook bly!
Hel as julle eksoties gaan, gaan dan groot! Nou onthou ek dit was iets soos 338Foskor of so iets. Wat gaan julle gebruik vir reciolmanagement? Nogal n faktor op die windbuksie wat julle beplan!
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Jeagermeister
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
.338 Voschol...
Kan onthou hy was voorop so 'n swart agtergrond voorop 'n Magnum tydskrif...
Noem hom SA se eie Boontjieland geweer...
JM

.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Jy is reg dit is n 500 Jeffrey dop wat hulle gebruik en as ek nou die keer reg kan onthou is hy vernoem na die persoon wat hulle die eerste geweer voor gebou het. Ek het al baie artikels gelees oor wat beskou die mense as die beste grade skouers en dit wissel maar baie. Elke persoon se donkie is maar n resiesperd! Uit n pure koste perspektief is die RUm en Edge seker die beste opsie. Gaan net nou gou weer n draai by die krieket maak ons het nou weer gaan staan en twee paaltjies verloor!
Groete
Wout
Jy is reg dit is n 500 Jeffrey dop wat hulle gebruik en as ek nou die keer reg kan onthou is hy vernoem na die persoon wat hulle die eerste geweer voor gebou het. Ek het al baie artikels gelees oor wat beskou die mense as die beste grade skouers en dit wissel maar baie. Elke persoon se donkie is maar n resiesperd! Uit n pure koste perspektief is die RUm en Edge seker die beste opsie. Gaan net nou gou weer n draai by die krieket maak ons het nou weer gaan staan en twee paaltjies verloor!
Groete
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Op Longrange Hunting se forum het ek in 2009 met 'n geweersmit (ek dink sy forumnaam was "fiftydriver", regte naam Kirby Allen) gesels oor die warm 338Allen Mag. "Parent case" was 'n 408 . Hy het blykbaar die eerste paar gewere gebou. (Gelyk soos 'n howitzer sonder wiele) Die ou het "prairy dogs" op oor 2000jaarts met die ding geskiet..
Ek het hom gevra hoe lank daai loop sal akkuraat bly . Sy antwoord was "About 250 rounds" !! Soos jy een loop opsit, bestel maar solank jou tweede en derde een!
Ek het hom gevra hoe lank daai loop sal akkuraat bly . Sy antwoord was "About 250 rounds" !! Soos jy een loop opsit, bestel maar solank jou tweede en derde een!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Dan moet jy seker maar die loop inbreek los want daarna gaan hy regtig gebreek wees 
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig, ja dis waar, maar dink net hoe hy vir jakols gaan versap!
Jy skiet sommer van jou vvorstoep af, maak dan sommer die huis ook skoon!
Jy skiet sommer van jou vvorstoep af, maak dan sommer die huis ook skoon!
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig,
Net ter interesanthied, het jy al met Chris van Niekerk gesels oor sy 338 Mfezi? Dis geskoei op 'n 8x68 dop met 'n skerper skouer. Hy staan niks terug vir die 338lapua nie. Hy het natuurlik nie 'n band/"belt" nie.
Net ter interesanthied, het jy al met Chris van Niekerk gesels oor sy 338 Mfezi? Dis geskoei op 'n 8x68 dop met 'n skerper skouer. Hy staan niks terug vir die 338lapua nie. Hy het natuurlik nie 'n band/"belt" nie.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig
Ek het dit die kal se naam is 338 Umfezi, en ek reken jy kan hom op enige magnum (Lang) aksie bou, ek weet net oom Chris is redelik suinig vir sy reamers, en dat jy heel moontlik die barreled action deur hom sal moet aanmekaar laat sit, maar ek kan dalk die pot heel missit.....
Mooi loop
Francois
Ek het dit die kal se naam is 338 Umfezi, en ek reken jy kan hom op enige magnum (Lang) aksie bou, ek weet net oom Chris is redelik suinig vir sy reamers, en dat jy heel moontlik die barreled action deur hom sal moet aanmekaar laat sit, maar ek kan dalk die pot heel missit.....
Mooi loop
Francois
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Waar kry julle die? Ek sal bittergraag 'n A5 adjustable wil h? ....Ludwig wrote: 'n McMillan Stock wat ons so R5000 kos
-
bruno
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Nouja daar is n spreuk wat seg the road to hell is paved with good intentions, maar ek meen die onderwerp is van sodanige aard dat ek n bydrae moet maak.
Deur dure ondervinding glo ek dat:
1.ekstreme werkverrigting verg uiters goeie gehalte onderdele
2.uitstekende geweer word deur besonderse smid gebou met komponente soos in 1. hierbo verwys.
Toepassing:
Indien mens nou n Ford vat en hom oorspuit in rooi en n Ferrari enjin installeer....het jy nogsteeds n Ford met n merske enjin...Ja mens sal kan ry, jy sal kan jaag ook tot op n punt...
So wat is my punt: Die data wat ek lees oor die Howa is dat dit n lekker en goeie geweer is en hulle het al die standaard kalibers daarin beskikbaar(natuurlik meerendeels die amerikaanse kalibers maar nouja...) Die Howa gewere is jaggewere. Right dis nog heel lekker.
Maar die .338 Edge is NIE n standaard kaliber NIE. Die drukvlakke hardloop geweldig hoog om mee te begin...koppel daarmee dat jy nou n standaard tipe aksie wil gebruik vir n ekstreme werkverrigting kaliber gegewe ook dat die Howa volgens aanduiding wat ek kon kry n sogenaamde "investment cast" is en nie gesny word uit soliede staal nie...en hak daaraan nog n lekker vet en laaaannnng loop...Op daardie Longranghunting forum is daar n foto van n Howa aksie wat gebruik is om n 338Lapua te huisves.
Dit het opgeblaas. Die omstandighede is nie duidelik nie- toegegee...Vraag is of die kool die sous(ernstige besering of selfs erger) hier werd is...?
Ek het vandag hieroor gaan praat met mnr Harrington onder City Guns en hy stem saam oor die konsep van die gebruik van n "custom" aksie in geval van ekstreme kaliber soos wat die .338 Edge is. Sulke aksies het meer staal en is langer gedraad sodat hulle meer steun kan bied aan daardie langer en swaarder lope. So dit is dan my 2c bydrae..

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ludwig.
Jy weet nie miskien wat kos daai gwaza aksies nie?

Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Aksies: Howa 1500 of Rem 700
Ek sal self laaik om te weet.Armand Steenkamp wrote: Ludwig.
Jy weet nie miskien wat kos daai gwaza aksies nie?
Dan moet jy ook net seker maak oor die 7mm WSM, dit lyk na 'n goeie roep maar toe ek nou laas met 'n f-klas skut gesels s? hy die ouens kry net so 650 goeie skote uit die 7mm WSM en dit is een rede hoekom hulle 284 Win skiet waaruit hulle darem so 2000 skote kry voor hulle die loop vervang. {hoeveel lewe die loop dan nog eintlik oor het weet ek nie, maar 'n v-bul is 5" op 900m en dit is die tipe akkuraatheid wat hulle soek} Hoeveel waarheid in die presiese getalle is weet ek nie maar ek kan glo dat hulle minder skote uit die magnum kry.