Perregrine !!!

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Perregrine !!!

Post by vossie1 »

Middag Meneere,ek wil graag die volgende met julle deel, laasweek maandag toe bel ek vir Alliwyn/Adriaan van peregrine gesamentlik se ek toe vir hulle ek soek n punt wat ek mee kan jag en teiken skiet vir veldskiet en so bietjie verder skote, hule het my meegedeel dat hulle besig was met n nuwe ontwerp en sal vir my iets uitwerk, daai selde aand nog laatweet hulle my dat ek kan maar bestel die 6.5 se is klaar en sal gemaak word sodra ek die ok gee. daai Vrydag was als by my met n lading om te toets want dit sou die eerste van die projektiele wees wat getoets sou word. Ek het gelaai en was baan toe!! Ek kan eerlik waar se ek is in my noppies.
VLR 5 = TEIKEN 122gr
VLR 4 = JAG. 118gr ek het gelaai S355 lot 9/10
39gr ave spoed 4 skote 2997ft/s ES 56 ft/sVLR 5 Teiken
39.5gr ave spoed 4 skote 3025 ft/s ES 19ft/s VLR 5 teiken
40gr ave spoed 3031ft/s Vlr ES 23ft/s 5 teiken
40gr ave spoed 3031 ft/s ES 0ft/s 3 skote VLR4 Jag 118gr Soos belowe deur Alliwyn het die VLR4 EN 5 Presies op dieselfde plek geskiet en boonop dieselfde spoed behaal al is daar n 4gr gewigs verskil.
TPL MAX VLR 5 71.74mm
58.45mm ogive
TPL MAX VLR 4 71.55MM
58.45mm ogive
TPL TEST 57.45mm 1mm jump vlr 4/5
Die vlr is gabseer op die vrg reeks met heel ander druk bande. Ek het die spoed met my nuwe Superchrono getoets alhoewel ek die spoed moet bevestig met my Ced M2 want ek het gelees dat as die superchrono nie reg opgestel word nie dan kan hy hoe en lae lesings gee. Ek is baie opgewonde oor die resultaat en as die spoed reg is is ek in die sewende hemel. Ek gaan die naweek die lading fine tune met 39.7gr en kyk wat hy maak.Ek plaas nog n foto onder aan.
Wapen 6.5 creed Howa 24" Barrel
norma doppe getrim to 1.916"
cci 200 primers
S355 lott 9/10
Temp 26 C
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by vossie1 on Wed Feb 08, 2017 12:16 pm, edited 4 times in total.
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: Perregrine !!!

Post by Philip J »

Spoggerig! Watse kaliber?
Groetnis
Philip
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Perregrine !!!

Post by vossie1 »

VLR 4 40gr presies op dieselfde plek as die 40 gr Vlr 5
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Perregrine !!!

Post by vossie1 »

6.5 Creedmoore Geen druk tekens nie kan nog opgaan in lading wil net eers spoed bevestig.
User avatar
Fred85
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Wed Feb 01, 2017 10:30 am

Re: Perregrine !!!

Post by Fred85 »

Baie goeie gropeerings daai. Ek sit juis vandag en wonder watse punte ek volgende kan probeer. As ek n jag en teiken punt kan kry wat op dieselfde plek skiet sal ek ook baie bly wees. Myne verskul gewoonlik 4" of meer.
Ruger 44 mag - CZ 243 win - FN Browning 308 win - Voere 300 win mag - CZ 9mmP - BRNO .22lr - Interarms 270 win. - Ruger 308 win. - FN Browning 30-06 spr. - Interarms 375 H&H - FN Browning 458 win mag - BRNO 12 boor
User avatar
vbd
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Wed Mar 06, 2013 9:16 am

Re: Perregrine !!!

Post by vbd »

Kan ons sien hoe lyk hulle?
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Peregrine !!!

Post by vossie1 »

Hierdie is die Vlr 4 die Vlr 5 is net solied
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Martin82
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Fri Nov 02, 2012 1:10 pm

Re: Perregrine !!!

Post by Martin82 »

I just got my Creedmoor and i am also looking for a versatile bullet ie.hunt and target.
Will keep my eye on this thread.
Dankie
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Perregrine !!!

Post by Giepie »

Sien die "dryfbande" is verander, nie meer so skerp nie. Sal nogal wil weet wat se verskil dit sal maak.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Perregrine !!!

Post by Andre308 »

Giepie wrote:Sien die "dryfbande" is verander, nie meer so skerp nie. Sal nogal wil weet wat se verskil dit sal maak.
Lyk my die manne het iets geleer by Warner Tool Comp. met hulle Flat Line Bullets reeks.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Perregrine !!!

Post by vossie1 »

Giepie wrote:Sien die "dryfbande" is verander, nie meer so skerp nie. Sal nogal wil weet wat se verskil dit sal maak.
Dis hoekom ek my spoed wil bevestig want dit lyk beslis of dit voordelig is vir meer spoed, maar soos gese gaan ek eers my spoed moet bevestig. Ek hoop maar my eerste lesings was reg ;D
User avatar
Mukiwa
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Fri Jun 05, 2015 8:18 am

Re: Perregrine !!!

Post by Mukiwa »

Vossa,

Jy moet die spoed voor die takke meet ne!!!
Stephen
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Perregrine !!!

Post by Wouter Roets »

Hallo Vossie

Ek is baie huiwerig om die skrywe te plaas, maar my posisie hier op Jaracal noodsaak my wel om iets te se.

Eerstens sal ek probeer seker maak van my spoed lesing om seker te maak dat dit nie foutief is nie.

Indien dit wel reg is gaan ek jou vermaan om mooi te besin oor moontlike drukgevare waarin jy jou wel kan bevind sonder dat dit manivesteer in normale druk tekens. Ek sal nie weer die fout maak om QL in te bring nie, maar jou eerder wys op die volgende laai data wat deur Hornady verskaf word.

Met hulle 108gr ELD Match koeel koeel en IMR4350(brandspoed basies tussen S355 en S365) is hulle maksimum snelheid 2950ft/sek uit n 24 duim loop. Nou ek het al voorheen vir jou genoem dat daar nie sommer iets is soos n free lunch in interne balistiek is nie en hier gaan ek jou weer verwys na die gesegte.

Nou ek het juis die ligter koeel gewig geneem en n poeier wat so bietjie stadiger brand basies om n best case senario te skep teenoor jou huidige komponente net om te wys waar jy moontlik in die drukspekrtum verkeer. Nou hieruit kan n mens net een aflyding maak en dit is dat jy heel moontlik oor maksimum drukvlakke verkeer aangesien jy nommer een n swaarder koeel gebruik en tweedens jy met n vinniger poeier werk.

Ek weet geensins of daar fisiese druktoetse al met hierdie spesifieke koeels gedoen is nie, maar om aan die veilige kant te wees sal ek nie ver verby die 2900ft/sek merk gaan kuier nie. Met S365 kan jy 3000ft/sek as jou maksimum spoed beskou.

Laat weet asb jou bevindinge van die komende naweek.

Groetnis
Wout
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Perregrine !!!

Post by vossie1 »

Thanks Wouter ek sal die naweek daai twee chrony's teen mekaar opweeg en laatweet.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Perregrine !!!

Post by vossie1 »

More Meneere ek het die naweek die spoed geverifieer en dit is beslis nie naby aan 3000ft/s soos aangedui in my eerste post. Die spoed is 2778ft/s met 39,7gr S355 wat meer realisties is in alle opsigte. So nou moet ek kyk of ek die lading bietjie nader aan die 2920ft/s kan kry en kyk of dit my 139gr Scenars kan troef. Darr is beslis nog scope vir die VLR maar ek sal eers deeglikke toetse moet doen op verskillende afstande om appels met appels te vergelyk.
Post Reply