Ek het n 9.3X62 ge-erf so paar jaar gelede en erens in sy duistere verlede het iemand met kort armpies hom geskiet, want die persoon het dit goed gedink om sommer net aan die agterkant van die kolf n stuk af te sny. Die korter kolf pla my nie baie nie maar die recoil pad is al 10 jaar gelede klaar en nou wil ek dit vervang.
Nou om die recoil pad te vervang is my probleem want die kolf se agterkant is nie meer n standaard grootte nie? Hoe nou gemaak? Kry mens Recoil pads wat mens kan trim tot die regte grootte of is hierdie maar n joppie vir n geweersmid?
Ek luister op die radio.
NS - n ligte 9.3 sonder skouer beskerming skiet is nie almal se idee van pret nie...
Geweer kolf probleem
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Geweer kolf probleem
Pachmayer Decelerator kom in 3 groottes. Kyk die een wat se mates die naaste is aan jou kolf se afmetings en werk hom af tot die regte grootte. Dit is 'n lekker dik kussing en sal jou kolf se lengte beter maak. Jy kan selfs 'n swart spasieerder tussen die kolf en die skopkussing insit om die kolf nog langer te maak sonder dat dit esteties sleg lyk. Werk dan die swart plastiek spasieerder saam met die kussing af.
Pasop net die skopkussing het 'n staalplaat binne-in, so moenie 'n oorgroot kussing probeer afwerk tot hy pas nie. Jy gaan hom weggooi en oorbegin met 'n nuwe kussing.
Pasop net die skopkussing het 'n staalplaat binne-in, so moenie 'n oorgroot kussing probeer afwerk tot hy pas nie. Jy gaan hom weggooi en oorbegin met 'n nuwe kussing.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 459
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Geweer kolf probleem
Dankie, sal bietjie gaan soek vir pachmayers want die ektra skopkussing (soveel mooier woord as recoil pad) wat ek tans het dink ek nie is gemaak om te kan kleiner sny nie.