Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by sako 30-06 »

Ek sien Safari het nog nie hulle lisensie nie.

EAST RAND GRAND OPENING UPDATE!
Unfortunately we are still awaiting our firearm dealers license for the new store, thus we will not be allowed to sell any licensed products in Boksburg...YET. But please note that all other promotions, specials and festivities will proceed as promised and we're holding thumbs to get the licence before the weekend is over!

Dit is pateties. So nou hou hulle n GRAND OPENING maar jy mag niks koop nie.

Weet iemand meer oor die?
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by JohanvB »

Dit geld seker net vir wapens, kruit en ammunisie of hoe?
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by ANDRIES »

Ek kan onthou met Pretoria was dit dieselfde.Ons wonderlike polisiediens kon nie die lisensie uitgereik kry nie.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by sako 30-06 »

JohanvB wrote:Dit geld seker net vir wapens, kruit en ammunisie of hoe?
Dis tog hoekom n mens gaan?

Ek kan Cape Union Mart toe gaan as ek tente en skoene wil koop. ;D
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by Carl »

ANDRIES wrote:Ons wonderlike polisiediens kon nie die lisensie uitgereik kry nie.
Daar is die probleem :police:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by Gawie(13mm) »

Carl wrote:
ANDRIES wrote:Ons wonderlike polisiediens kon nie die lisensie uitgereik kry nie.
Daar is die probleem :police:
Charl, is dit werklik die probleem of het S&O by die tyd nog nie geleer om vroegtydig hul eendjies in 'n ry te kry nie. Ek gaan my nek uitsteek en sê dat dit nie die Polisie se skuld alleen is nie.
Wanneer jy so 'n projek aanpak wil jy die winkel in so 'n kort tydperk as moontlik bou en inrig. Jy betaal immers huur van die oomblik wat jy die sleutels ontvang. Die kluis en al die ander dinge moet dan in plek val. Bou inspekteur en brandweer is net twee van die instansies wat gelukkig gehou moet word. Dan is daar ingenieurs verslae en 'n magdom ander dinge wat in plek moet wees voordat daar 'n okkupasie sertifikaat uitgeryk kan word. Eers wanneer die winkel ingerig is sal die Polisie hul finale inspeksie kom hou en dan sal die lisensie uitgereik word.
Om dus 3 maande se werk in een maand in te druk en dan te verwag dat alles klop disselboom gaan is bitter moeilik. Ek praat uit eie ondervinding van 22 jaar in die bou bedryf.
Die maklikste is om die Polisie die skuld te gee. :'(
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by Carl »

Ware woorde Gaafster. Wie gaan die meeste baat by die uitreik van die lisensie en vir wie maak dit nie 'n blou duit saak of dit in plek is of nie ;) Maar ja die dametjie wat al die foon boodskappe neem by Pretoria tak het dalk die aansoek hanteer :laugh: :laugh:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by Frederik »

Manne as dit by handelaar lisensies kom is jou op die genade die SAP en behalwe as jou van Gupta of Zuma is moet jy maar rustig en wag. Al belowe hulle jou wat totdat daardie lisensie in jou hand is beteken hulle woord niks.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by Hein22 »

Gawie, duidelik is jy nog nie genoeg rond gef@k deur jou DFO of CFR nie!
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by JPS »

Gawie(13mm) wrote:
Carl wrote:
ANDRIES wrote:Ons wonderlike polisiediens kon nie die lisensie uitgereik kry nie.
Daar is die probleem :police:
Charl, is dit werklik die probleem of het S&O by die tyd nog nie geleer om vroegtydig hul eendjies in 'n ry te kry nie. Ek gaan my nek uitsteek en sê dat dit nie die Polisie se skuld alleen is nie.
Wanneer jy so 'n projek aanpak wil jy die winkel in so 'n kort tydperk as moontlik bou en inrig. Jy betaal immers huur van die oomblik wat jy die sleutels ontvang. Die kluis en al die ander dinge moet dan in plek val. Bou inspekteur en brandweer is net twee van die instansies wat gelukkig gehou moet word. Dan is daar ingenieurs verslae en 'n magdom ander dinge wat in plek moet wees voordat daar 'n okkupasie sertifikaat uitgeryk kan word. Eers wanneer die winkel ingerig is sal die Polisie hul finale inspeksie kom hou en dan sal die lisensie uitgereik word.
Om dus 3 maande se werk in een maand in te druk en dan te verwag dat alles klop disselboom gaan is bitter moeilik. Ek praat uit eie ondervinding van 22 jaar in die bou bedryf.
Die maklikste is om die Polisie die skuld te gee. :'(
Dawie,

Dit is waar wat jy sê maar ook nie heeltemal so maklik nie.

Soos jy noem moet jy klaar gebou wees en jou kluise en jou sekeriteid, en bokse vol verslae en sertifikate etc. moet eers in plek wees en dan moet die DFO die einspeksie kom doen, afteken as hy happy is en dan eers kan jou aansoek ingaan.

Die uitreikng gebeur nie na die finale inspeksie nie, as dit so was het hulle hulle lisensie al die 4de
Januarie gehad. Soos met ons loop vervangings moet dit nog steeds CFR toe en moet dit nog steeds daar uitgereik word. En soos ons almal weet is dit maar 'n lucky packet. Jy werk ook op beloftes wat aan jou gemaak word en werk so bietjie tyd in vir ingeval jy nie gedrop word nie en dan is dit nog steeds 'n lucky packet....

Onthou, jy gaan nie sommer net enorme koste aan om 'n bemarkers veldtog te doen as jy nie redelik seker is jy kan trade nie....

Maar maak nie se wat ons kwytraak nie, sonder die lisensie gaan hulle nie gewere, kruit ens. Verkoop nie.

Groete
Jan
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Safari & Outdoor Boksburg WTF!

Post by Hein M. »

Hein22 wrote:Gawie, duidelik is jy nog nie genoeg rond gef@k deur jou DFO of CFR nie!
In die Kaap is die poelieste heel olraait ;)
Post Reply