Dagse manne, ek het hierdie storie laas naweek gehoor.
Die manne het glo een aand om 'n vuur gestaan en praat oor kalibers wat goeie penetrasie het en nog allerande tegniese goed, toe 'n oom skielik se dat 'n 9,3X62 die beste penetrasie het volgens hom. Toe die manne hom vra hoekom hy so se, vertel hy dat hy een dag met sy F250 om sy lande gery het, die 9,3 natuurlik links voor. Toe daar skielik 'n Vark voor hom oor die pad hardloop gryp hy die geweer en die skoot gaan toe voor in die bakkie af. Nou die F250 het glo so 'n groot reguit 6 enjin in gehad, en die oom se toe hy het penetrasie tot by die no1 piston gekry het en hy weet nie of daar 'n kaliber is wat dit sal klop nie!
Lekker naweek vir almal.
C.J.
Beste penetrasie
- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Beste penetrasie
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Beste penetrasie
Dit was seker 'n Rhino Solid... Daai in die bakkie skoot sou die oom se gehoor aangetas het...
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Beste penetrasie
Het self al so glips gekry in my jonger willer dae, en glo vir my as daai skoot kla geklap het binne die bakkie behalwe vir jou eie hart belowe ek julle slaat dit ook 10jaar se witpad stof dat dit hang soos miswolke tussen die berge.
Blok
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: Beste penetrasie
Ek het self al in my jonger dae 'n SSG deur 'n "manufold" gejaag. Toe rev daai bakkie lekker...
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Beste penetrasie
Moet nooit vir 'n Kalahari boer 'n 9mm pistool(met 'n vol magasyn) gee as daar 'n jakkals in die pad voor die bakkie draf nie....
Moes die manifold, radiator, fan, bestuurder se kantste hooflig, enjinkap, grill en ook 'n klompie bedrading vervang voor die Nissan weer kon ry!!!
Moes die manifold, radiator, fan, bestuurder se kantste hooflig, enjinkap, grill en ook 'n klompie bedrading vervang voor die Nissan weer kon ry!!!
Dont tell me, show me......
- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: Beste penetrasie
Dit moes iets gewees het om te sien!!
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Beste penetrasie
Waarvoor die jakkals nie net in 'n reguit lyk kon hardloop nie sal net hy weet - die skieter het sy bes probeer on die jakkals skiet terwyl die drywer net so hard kompiteer het om die jakkals vrek te ry!!!
Hoe daai Eppie vir sy pa verduidelik het hoe sy bakkie so vol gate geraak het wonder ek nou nog. Maar almal van ons weet mos maar 'n eppie is 'n vervuiling en as hy brandewyn in sy lyf het is dit 10 keer erger.
Soms, net soms mis ek nogal my eppie dae - hoe ek dit oorleef het is nou nog 'n wonder!
Hoe daai Eppie vir sy pa verduidelik het hoe sy bakkie so vol gate geraak het wonder ek nou nog. Maar almal van ons weet mos maar 'n eppie is 'n vervuiling en as hy brandewyn in sy lyf het is dit 10 keer erger.
Soms, net soms mis ek nogal my eppie dae - hoe ek dit oorleef het is nou nog 'n wonder!
Dont tell me, show me......
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
