Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Met al die teleskope op die mark - bestaan daar enigsins 'n ranglys gemeet aan 'n paar standaard "kwalifikasies"? (Of klas mens volgens prys!! )
Ek dink so 'n ranglys is veral handig wanneer dit by die verskillende reekse / modelle ook kom bv. VX3 vs VX6 ens.. Sal ook help om nuwe intreders tot die mark te klas - soos die Rudolphs ens..
So tipe ranglys is maar baie keer subjektief,en persoonlike smaak speel n groot rol,hou dit maar net ingedagte .
Dat daar wel n ranglys is is sekerlik so!
March, Niceforce Beast, Swarofski, Smidt and Bender Kalhes, Valdada en al die top scopes in geen spesifieke volgorde nie, is almal baie goeie scopes, maar dis die 6duim agter die scope wat op die top vlak saak maak. Ek koes so lank.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Jaco v Zyl wrote:So tipe ranglys is maar baie keer subjektief,en persoonlike smaak speel n groot rol,hou dit maar net ingedagte .
Dat daar wel n ranglys is is sekerlik so!
Baie waar! Die ou wat op afstande tot 200m gaan skiet, soek iets anders as die ou wat "tag bokke" op 1000m wil uitken. Dan is meeste "Tactical" teleskope ontwerp vir die tipe kompetisies waar skuts op afstande van 25m tot 500m op 'n hindernisbaan teen tyd deelneem. 'n Mens moet dus appels met appels vergelyk en nie elke internet kenner doen dit nie....
Soos ek in vorige post gese het is daar ma baie persoonlike smaak betrokke, en soos Eugene ook gese het is die applikasie van die teleskoop ook n groot faktor.
Ek was bevooreg om laaste ruk of wat met n hele paar top teleskope te speel en te beproef. Applikasie was meer en deels op langafstand.
Die teleskoop wat my die meeste beindruk het was die Scmidt en Bender PM2.Hy sal bo in my ranglys staan.Dis jammer dat hul skaars is deesdae,alhoewel jy hul nog in hande kan kry.
Ek moet ook net ietsie van my skouers af kry.
Om n scope se "tracking" op 100m te toets, met n rak geweer van jou bakkie se bonnet af is nou nie regtig n akkurate manier om teleskope se performance te toets nie.
ZKK wrote:Ek moet ook net ietsie van my skouers af kry.
Om n scope se "tracking" op 100m te toets, met n rak geweer van jou bakkie se bonnet af is nou nie regtig n akkurate manier om teleskope se performance te toets nie.
Die "Tall Target Test" is die ideal en beste manier om jou teleskoop se "tracking" te toets en na te gaan. Baie min teleskope stel werklik presies, al lyk dit of jy elke keer net 'n moa stel. Gaan toets en maak seker. Soos Wouter altyd sê: Om te meet is om te weet.....
En as jou teleskoop nie presies stel nie, is dit nie die einde van die wereld nie. Dit kan op jou ballistiese app ingelees word. Jou teleskoop moet net elke keer konstant stel.
Net om vir die March op te kom. Die ou wat daardie toets gedoen het op die tracking van die March scope het die verkeerde waarde van Mills gebruik op die scope. March was uniek in die sin dat hulle die Amerikaanse weermag se mill waardes gebruik het, nl 6400millrad in n sirkel, alhoewel die werklike wiskundige syfer 6283 millrad is. Ander taktiese scopes gebruik die 6283 mill waarde. Daarom was die March effens uit op die tracking en het min gescore op daardie toets.
Die nuwe March scopes gebruik egter die standaard mill waarde, en ek kan getuig dat hulle tracking 100% is.
Dit is soos die motor van die jaar.
As jy net een van die kriteria verander, lyk die lys heel anders.
Wat wel my neushare laat jeuk, is al die ridders van die sleutelbord wat hul eie opinies het en nog nooit deur enige van die teleskope, wat hul so hoog aanslaan gekyk het nie. Wat nog van hanteer of selfs gebruik.
Ja ek weet ons het almal ons drome, maar dit mag dalk iemand anders se nagmerrie wees.
FIY, 'n HOWA met 'n Sightron klink vir my eerder na 'n wenner.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Sangoma (IAN) wrote:Soos n Howa met n Sightron op.....
Sightron S3 ffp is volgens my subjektiewe opinie die beste waarde vir geld van al die ffp scopes in sy klas. 100moa interne verstelling, goeie glas en goed geprys wat meer het n man nodig.
Netso Gaafsters.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Ek sal graag, vir my aanwending, 'n toets wil sien waar teleskope gebruik word om in Upington se wereld tussen 11h00 en 15h00 'n "tag" in 'n springbok se oor op 1000m te identifiseer. So toets sal vir my interessant en insiggewend wees, want 'n foutjie daar is maklik die verskil tussen 'n Sightron en 'n March.....
Gepraat van die March, ek verstaan hy kan dit doen. So ook sekere NF modelle.