Teleskoop ranglys

Post Reply
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Teleskoop ranglys

Post by Vaalboer »

Hi

Met al die teleskope op die mark - bestaan daar enigsins 'n ranglys gemeet aan 'n paar standaard "kwalifikasies"? (Of klas mens volgens prys!! :laugh: )

Ek dink so 'n ranglys is veral handig wanneer dit by die verskillende reekse / modelle ook kom bv. VX3 vs VX6 ens.. Sal ook help om nuwe intreders tot die mark te klas - soos die Rudolphs ens..

Julle mening hieroor?

Groete

Vaalboer
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Jaco v Zyl »

So tipe ranglys is maar baie keer subjektief,en persoonlike smaak speel n groot rol,hou dit maar net ingedagte .
Dat daar wel n ranglys is is sekerlik so!
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Vaalboer »

Hier is Precision Rifle Blog se 2014 oorsig van "Best Tactical Scopes":

1. Bushnell Elite Tactical DMR 3.5-21×50
2. Bushnell Elite Tactical XRS 4.5-30×50
3. Hensoldt ZF 3.5-26×56
4. Kahles K 6-24×56
5. Leupold Mark 6 3-18×44
6. Leupold Mark 8 3.5-25×56
7. March Tactical 3-24×42 FFP
8. Nightforce NXS 5.5-22×50
9. Nightforce ATACR 5-25×56
10. Nightforce BEAST 5-25×56
11. Schmidt and Bender PMII 5-25×56
12. Schmidt and Bender PMII 3-27×56
13. Steiner Military 5-25×56
14. US Optics ER25 5-25×58
15. Valdada IOR 3.5-18×50
16. Valdada IOR RECON Tactical 4-28×50
17. Vortex Razor HD 5-20×50
18. Zeiss Victory FL Diavari 6–24×56

Hulle het gekyk na:

Optical Performance: resolution, contrast, field of view, zoom ratio
Mechanical performance: Precisely calibrated clicks, internal adjustment range
Ergonomics: weight, size, turret ease of use
Advanced Features: recticle options, locking turret, zero stop, ill recticle, tactile clicks
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by PWV »

Smaak my hulle het nog nie van 'n Swarra gehoor nie.
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Vaalboer »

Stem!

My ranglys lyk maar:

1) Nightforce
2) Swarovski
3) Leupold
4) Bushnell
5) Nikon
6) Lynx

Ken nie die ander..
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by joe rocket »

March, Niceforce Beast, Swarofski, Smidt and Bender Kalhes, Valdada en al die top scopes in geen spesifieke volgorde nie, is almal baie goeie scopes, maar dis die 6duim agter die scope wat op die top vlak saak maak. :o Ek koes so lank.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by 6.5/284Norma »

Hier is die Prescision Rifle Blog se resultate van die toets en die ranglys.
tactical-scope-reviews-ratings1.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by Eugene »

Jaco v Zyl wrote:So tipe ranglys is maar baie keer subjektief,en persoonlike smaak speel n groot rol,hou dit maar net ingedagte .
Dat daar wel n ranglys is is sekerlik so!
Baie waar! Die ou wat op afstande tot 200m gaan skiet, soek iets anders as die ou wat "tag bokke" op 1000m wil uitken. Dan is meeste "Tactical" teleskope ontwerp vir die tipe kompetisies waar skuts op afstande van 25m tot 500m op 'n hindernisbaan teen tyd deelneem. 'n Mens moet dus appels met appels vergelyk en nie elke internet kenner doen dit nie....
Aim small, miss small
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Diesel Dog »

Vaalboer wrote:Hier is Precision Rifle Blog se 2014 oorsig van "Best Tactical Scopes":

1. Bushnell Elite Tactical DMR 3.5-21×50
2. Bushnell Elite Tactical XRS 4.5-30×50
3. Hensoldt ZF 3.5-26×56
4. Kahles K 6-24×56
5. Leupold Mark 6 3-18×44
6. Leupold Mark 8 3.5-25×56
7. March Tactical 3-24×42 FFP
8. Nightforce NXS 5.5-22×50
9. Nightforce ATACR 5-25×56
10. Nightforce BEAST 5-25×56
11. Schmidt and Bender PMII 5-25×56
12. Schmidt and Bender PMII 3-27×56
13. Steiner Military 5-25×56
14. US Optics ER25 5-25×58
15. Valdada IOR 3.5-18×50
16. Valdada IOR RECON Tactical 4-28×50
17. Vortex Razor HD 5-20×50
18. Zeiss Victory FL Diavari 6–24×56

Hulle het gekyk na:

Optical Performance: resolution, contrast, field of view, zoom ratio
Mechanical performance: Precisely calibrated clicks, internal adjustment range
Ergonomics: weight, size, turret ease of use
Advanced Features: recticle options, locking turret, zero stop, ill recticle, tactile clicks

Dit was net die lys van scopes wat getoets is !

DD
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 477
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Sean3006 »

Someone should add a price indication next to each scope for consideration...
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Jaco v Zyl »

Soos ek in vorige post gese het is daar ma baie persoonlike smaak betrokke, en soos Eugene ook gese het is die applikasie van die teleskoop ook n groot faktor.
Ek was bevooreg om laaste ruk of wat met n hele paar top teleskope te speel en te beproef. Applikasie was meer en deels op langafstand.
Die teleskoop wat my die meeste beindruk het was die Scmidt en Bender PM2.Hy sal bo in my ranglys staan.Dis jammer dat hul skaars is deesdae,alhoewel jy hul nog in hande kan kry.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by ZKK »

Ek moet ook net ietsie van my skouers af kry.
Om n scope se "tracking" op 100m te toets, met n rak geweer van jou bakkie se bonnet af is nou nie regtig n akkurate manier om teleskope se performance te toets nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by Eugene »

ZKK wrote:Ek moet ook net ietsie van my skouers af kry.
Om n scope se "tracking" op 100m te toets, met n rak geweer van jou bakkie se bonnet af is nou nie regtig n akkurate manier om teleskope se performance te toets nie.
Die "Tall Target Test" is die ideal en beste manier om jou teleskoop se "tracking" te toets en na te gaan. Baie min teleskope stel werklik presies, al lyk dit of jy elke keer net 'n moa stel. Gaan toets en maak seker. Soos Wouter altyd sê: Om te meet is om te weet.....

En as jou teleskoop nie presies stel nie, is dit nie die einde van die wereld nie. Dit kan op jou ballistiese app ingelees word. Jou teleskoop moet net elke keer konstant stel.
Aim small, miss small
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by Smitstertjies »

Net om vir die March op te kom. Die ou wat daardie toets gedoen het op die tracking van die March scope het die verkeerde waarde van Mills gebruik op die scope. March was uniek in die sin dat hulle die Amerikaanse weermag se mill waardes gebruik het, nl 6400millrad in n sirkel, alhoewel die werklike wiskundige syfer 6283 millrad is. Ander taktiese scopes gebruik die 6283 mill waarde. Daarom was die March effens uit op die tracking en het min gescore op daardie toets.

Die nuwe March scopes gebruik egter die standaard mill waarde, en ek kan getuig dat hulle tracking 100% is.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by Sangoma (IAN) »

Ongelukkig sal so lys nie werk nie. Daar is te veel slim manne daar buite.

Die een man se trots is die volgende ou se junk. Wat 100% werk vir die een persoon is rubbish vir die volgende.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by joe rocket »

Soos n Howa. ++>:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by Sangoma (IAN) »

Soos n Howa met n Sightron op..... :o :o ++>:
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Gawie(13mm) »

Dit is soos die motor van die jaar.
As jy net een van die kriteria verander, lyk die lys heel anders.
Wat wel my neushare laat jeuk, is al die ridders van die sleutelbord wat hul eie opinies het en nog nooit deur enige van die teleskope, wat hul so hoog aanslaan gekyk het nie. Wat nog van hanteer of selfs gebruik.
Ja ek weet ons het almal ons drome, maar dit mag dalk iemand anders se nagmerrie wees.

FIY, 'n HOWA met 'n Sightron klink vir my eerder na 'n wenner.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by win270 »

Sangoma (IAN) wrote:Ongelukkig sal so lys nie werk nie. Daar is te veel slim manne daar buite.

Die een man se trots is die volgende ou se junk. Wat 100% werk vir die een persoon is rubbish vir die volgende.

Laat my nou aan die Ford Kuga dink... Een ou bring die vleis en die ander sy Kuga... dan kan hulle braai.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by joe rocket »

Sangoma (IAN) wrote:Soos n Howa met n Sightron op..... :o :o ++>:
Sightron S3 ffp is volgens my subjektiewe opinie die beste waarde vir geld van al die ffp scopes in sy klas. 100moa interne verstelling, goeie glas en goed geprys wat meer het n man nodig.
Netso Gaafsters.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Teleskoop ranglys

Post by Eugene »

Ek sal graag, vir my aanwending, 'n toets wil sien waar teleskope gebruik word om in Upington se wereld tussen 11h00 en 15h00 'n "tag" in 'n springbok se oor op 1000m te identifiseer. So toets sal vir my interessant en insiggewend wees, want 'n foutjie daar is maklik die verskil tussen 'n Sightron en 'n March.....

Gepraat van die March, ek verstaan hy kan dit doen. So ook sekere NF modelle.
Aim small, miss small
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by Supacow »

;D sal net die scopes eers SPF 80 moet smeer
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Teleskoop ranglys

Post by joe rocket »

En so Schmidt and Bender en ander top scopes ook, maar dan moet daar n tag in albei ore wees. :laugh:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Post Reply