6MM se handbriek opgetrek

Post Reply
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

6MM se handbriek opgetrek

Post by baboonstalker »

Ek het die week my 6mm se loop afgedraai na "light palma" en sommer sy handbriek ook bietjie opgetrek deur vir hom 'n tromprem te maak.
Die ligter profiel het 871 gram van die loop afgegooi en die geweer voel nou sommer baie meer hanteerbaar.
[img width=560 height=420]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... 9-2024.jpg[/img]
Last edited by baboonstalker on Sat Apr 09, 2011 8:59 pm, edited 1 time in total.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Gerrit Visser »

Pieter dit lyk mooi. Vorm die gate ringe na binne? Hoe dik is jou pyp nou voor by die kroon?
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Witpietskiet »

Mag ek kliphard black-sam s?????
Dit is nou baie mooi/goed gedoen.
Hoe raas hy nou baie meer?

Groete
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Arnold »

Daai lyk sommer bakgat!
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by baboonstalker »

Gert, ja hy maak ringe aan die binnekant waar die gate mekaar sny.
[img width=560 height=376]http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... mbrake.jpg[/img]
Piet, sy geraas pla mos nie die man agter die geweer nie, ek het immers my "ore" op. wat ek wel kan s? is dat hy nou BAIE makker is om te skiet.
As ek weer een maak sal ek egter die gate bo en onder die mb weglaat sodat hy minder stof opskop as jy l? en skiet.

My groepe is nie na wense na die "chirurgie" en ek sal nou weer moet gaan kyk na my ladings om te bepaal of die profiel van die loop 'n uitwerking op die akuraatheid van die geweer gehad het.
Met en sonder die mb het ek maar in die orde van 1" op 100m gekry met my ou lading en dit maak my nie besonder opgewonde nie. Ek wil egter eers alles noukeurig deurgaan voor ek enige gevolgtrekkings maak.

Arnold,
Hoe sal die veranderinge die akuraatheids node van die geweer verander? Ek het die lading van 49gr S365 ook probeer en hy gee ook maar dieselfde 1" groep as my gewone lading van 51gr
My loop is tans 28", is daar sin daarin om met die looplengte te speel om 'n ander/ beter node te verkry?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Gerhard »

Lyk mooi.

Hy gaan lekke blaf hoor.

Spesifieke rede vir die tromprem?

Die 6mm skop mos nie so hard nie...

Wat jag jy met die geweer.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Arnold »

Pieter, omdat jou loop lengte nie verander het nie behoort die geweer steeds dieslefde te skiet as voorheen.

Die dikker loop sou natuurlik kleiner groepe gegee het omdat hy stywer was. Speel weer bietjie met die ladings, dalk was jou lading nie heeltemal optimaal nie?
Jy sal net weet as jy dit toets.

Kan jy jou dop kapasiteit asb vir my meet. Dan speel ek bietjie in QL. Sal jou email stuur.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Wouter Roets »

Pieter

Dis n simpel ding maar kom my gereeld oor nadat ek aan n geweer laat werk het. Maak seker daai skroewe is goed vasgedraai. Die ouens by die gunshops is baie geneig om dit nie behoorlik te doen nie. Stem met Arnold dat daar nie n verskil behoort te wees as die lengte dieselfde gebly het nie. Gaan maak dalk net seker dat jou spoed nie dalk verander het vanwee die brake nie en indien pas net aan na jou oorspronklike spoed toe.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Gerrit Visser »

Pieter speel met jou tpl en omthou om jou spoed te toets veral as jy oorgaan na nuwe lot [061??]
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Monrique (SJ) »

Daai is nou vir jou netjies.  Sal hom moet kom kyk van nader!

Groetnis
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by baboonstalker »

Gerhard,
Absoluut geen rede hoekom hy 'n brake nodig het nie, sommer net gedink ek rem hom so bietjie nadat ek hom ligter gemaak het, en as jy dit self kan maak, hoekom dan nou nie?
Die geweer se eintlike doel is maar kompetiesie skiet, maar ek sal hom moeilik by die huis los as daar springbok gejag word.

Ek het die loop 'n fraksie korter gemaak toe ek die kroon gesny het, maar ek dink nie dit is genoeg om 'n baie groot verskil in die akuraatheid te maak nie. Ek is meer bekommerd dat die tromp kant van die loop dalk kon "ontspan" en dalk nou groter is voor as agter. (dit is 'n brougton button rifled loop) en as die loop nie behoorlik "stress relieved" was nie kan dit gebeur.
Loop is steeds 19.08mm voor (hy was 20.8mm), so dit behoort darrem nie te erg te wees nie.
Skroefdraad was M20x1 en is nou M18x1

Gert, Ek is nog op my ou lot kruit en TPL kan ook mos net korter, tensy ek begin enkelskoot skiet..
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Gerrit Visser »

Pieter as jy jou kroon gesny het kan dit maklik 20 skote neem om hom skoon te skiet. Gaan skiet eers nog min 3x5 skoot groepe rustig met jou ou lading.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Gerhard »

baboonstalker wrote: Gerhard,
Absoluut geen rede hoekom hy 'n brake nodig het nie, sommer net gedink ek rem hom so bietjie nadat ek hom ligter gemaak het, en as jy dit self kan maak, hoekom dan nou nie?
Die geweer se eintlike doel is maar kompetiesie skiet, maar ek sal hom moeilik by die huis los as daar springbok gejag word.

Ek het die loop 'n fraksie korter gemaak toe ek die kroon gesny het, maar ek dink nie dit is genoeg om 'n baie groot verskil in die akuraatheid te maak nie. Ek is meer bekommerd dat die tromp kant van die loop dalk kon "ontspan" en dalk nou groter is voor as agter. (dit is 'n brougton button rifled loop) en as die loop nie behoorlik "stress relieved" was nie kan dit gebeur.
Loop is steeds 19.08mm voor (hy was 20.8mm), so dit behoort darrem nie te erg te wees nie.
Skroefdraad was M20x1 en is nou M18x1

Gert, Ek is nog op my ou lot kruit en TPL kan ook mos net korter, tensy ek begin enkelskoot skiet..
Baie netjiese werk.

Dink jy gaan hom nog lekke skiet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Skiet-Kop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Fri Mar 25, 2011 6:51 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Skiet-Kop »

Dit lyk nou heel bakgat.
Spandeer net so veel tyd op die skietbaan,as in die herlaai kamer.

.308 Win
.300 Norma Magnum
.22 Trico
9mm Browning
9mm CZ P10 C
12G Berreta
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by Freek »

Bobbejaan - bekruiper, dit is netjiese werk daai. Hoop jy kry die groepering reg. Baie mooi gedoen!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by FrancoisN »

Dags? BS

Vertel my bietjie meer van jou 6mm watse aksie en twist loop en skiet jy 87 of 88gr bergers.Hoe was die recoil in verhouding met n 243 en watse spoed kry jy met hom. Hel daai gong op 350 sal soos n gedagte se BAA met n 6mm.

Dankie
Francois
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 6MM se handbriek opgetrek

Post by baboonstalker »

Katvis,

Dit is die 6mm Rem AI, Die loop is 'n 1/10 twist Brougton en ek beplan om eers gou my 88gr bergers op te skiet voor ek na die 95gr'ers se kant toe begin kyk.
Die aksie is 'n ou Sako L579 (forester) en die kolf is een van Richard microfit se thumbhole target kolwe.
Aanvanklik was die loop die Safari profiel van Safari & Outdoor, maar ek het hom afgesny na 28" Light palma. Die geweer het baie min recoil gehad met die swaar loop en die 70gr Noslers (veral as ek hom met die ligte Steyr-Manlicher 243vergelyk), maar ek hou van ekperimenteer en toe ek die loop ligter maak en na die swaarder koe?ls toe gaan het maar sommer by voorbaat sy briek bietjie aangedraai.

Ja die gonge s? lekker BAA, maar die baas moet nog altyd sy deel doen!
P
Post Reply