Waarmee

Post Reply
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Waarmee

Post by Monrique (SJ) »

Naandse

Ek het my slot uitmekaar gehaal, want ek wou bietjie krap!! ;D  Dit is die 1ste keer wat hy uitmekaar is vandat ek die geweer 2hands gekoop het.

Nou wil ek graag weet waarmee kan ek hom mee mooi skoonmaak en weer olie of iets.

Gooi manne en dames, ek luister. :angel:

Waardeer

Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Waarmee

Post by Francois Marais »

SJ

Spuit hom mildelik met iets soos carberatur (spelling) cleaner, of spanjaard brake cleaner, laat hy mooi afdroog, olie effentjies, en jy's gewax.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Waarmee

Post by baboonstalker »

Stem saam met Francois, Ek gebruik Carb cleaner en spuit hom dan skoon met die kompressor.
In die weermag het ons die R4's met preen gespuit en hom dan gevat vir 'n warm stort. Jy moet net vinnig wees met die olie, anders IS daar m?re roes en dan tjop jy weer 6/0 af! :police:
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Waarmee

Post by baboonstalker »

SJ, ek weet nie of jy die truuk ken nie, maar maak jou RSA aksie se slot toe, sit nou die safety aan en maak hum oop. Die slagpen is nou ge lock in die gespande posisie en jy kan hum uithaal sonder om teen die spring te baklei. As jy klaar skoongemaak het sit jy hom weer terug, maak die slot toe en haal die safety af.
Easy as pie! ;)
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Waarmee

Post by FrancoisN »

Hallo SJ

Ek het al voorheen gehoor Wynns charge en olie wat jy 1:2 meng. As jy wil kan ek uitvind?

Groete
Francois
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Waarmee

Post by Monrique (SJ) »

Dankie aan al die manne wat al reply het, ek waardeer.

Katvis

Sal gaaf wees mater.

Groetnis
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Waarmee

Post by baboonstalker »

vtsktvs, ek meng 50/50 Wynns charge en automatiese ratkas olie om die bewegende dele mee te smeer. Dit werk wonderlik vir die doel, maar jy gaan nie veel skoonmaak daarmee nie.
BS
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Waarmee

Post by Monrique (SJ) »

BS

Vertel bietjie meer asb.

Groetnis
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Waarmee

Post by FrancoisN »

baboonstalker wrote: vtsktvs, ek meng 50/50 Wynns charge en automatiese ratkas olie om die bewegende dele mee te smeer. BS
BS en SJ

Dis hy daai- ATF en Wynns. Vriend van my meng hom 60%ATF en 40Wynns. Soos BS se vir smering na skoonmaak. Hy werk mooi.

Groetnis
Francois
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Waarmee

Post by Monrique (SJ) »

Katvis en ander.

Baie dankie ek waardeer die vinnige hulp en reaksie.  Ek het die ou sommer met Trisol se heavy duty degreaser gespuit en geolie.  Hy werk sommer weer spiekeries.

Groetnis
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Waarmee

Post by MJK »

baboonstalker wrote: SJ, ek weet nie of jy die truuk ken nie, maar maak jou RSA aksie se slot toe, sit nou die safety aan en maak hum oop. Die slagpen is nou ge lock in die gespande posisie en jy kan hum uithaal sonder om teen die spring te baklei. As jy klaar skoongemaak het sit jy hom weer terug, maak die slot toe en haal die safety af.
Easy as pie! ;)
BS

Ek het noudiedag ook uitgevind by Jacques Obermeyer. Man daai triek werk goed! Ek het gedoen met daai wa van my. Ek dink in die 30 jaar onder die vorige eienaar was daai slot nooit oopgemaak gewees nie. Ek kon teerpale behandel het :o! dis 'n wonder dat ek nog nooit misfire gehad het nie.

Weet iemand dalk hoe om Tikka se slot oop te maak?
Post Reply