Drie draai koedoe

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Drie draai koedoe

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Vir die van julle wat Gregor Woods se artikels oor koedoes in die Magnum onthou het hy gese hy is opsoek na n drie draai koedoe. Die naaste wat hy daaraan kon kom as ek reg kan onthou was een in n museum in Namibie wat net kort daarvan was.

Nou-ja ek dink ek het hom gekry! Die foto kom van n vriend van my uit Namibie in die Stumeb distrik op hulle plaas Damara Dik Dik Safaris. Sy naam is Julio Lopes en hulle het so vier duisend hektaar wat aan twee kante omhein is. Agter is die plaas na die berge se kant toe oop. Hulle is bitter erg deur die hondsdolheid die jaar geslaan en die koedoe getalle het maar erg deurgeloop.
Image
Image

As dit nie drie draaie is nie dan weet ek nie! En moet nou asb nie kom oor gedokterde foto's nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Geno »

Baas Wout,

Daarsy nou! Die "Holy Grail" van koedoes, 3 DRAAIE!
Mooi man, mooi!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by baboonstalker »

Wout,

Daai is die skeefste koedoe wat ek nog gesien het, is jy seker jy naam is nie dalk Elton john nie??
Die horings waarna jy verwys hang in die Meuseum op Swakop as ek reg onthou.

P
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Drie draai koedoe

Post by Frederik »

Hy sal eintlik mooi meet ook  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Wouter Roets »

Pieta

Daai bul is so skeef soos Jurie Els!

Freek daai draaie is maar vlak maar hy sal nog steeds lengte he.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by erx »

Daai koedu se "Jurie Els horing" is definitief vol drie draaie. ;D ;D

Groete
erx
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Robert »

Daai kudu kan wyn bottels oopmaak met daai horings van hom.
Jammer van die plat le horing. :'(

Praat maar as ek hom moet kom skiet. sal julle niks kos nie ;D

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by DawieKotze »

Wouter

Enige idee hoekom net die een plat horing so lank is? Sou dit dalk wees dat by die seerkry kleintyd (altans dis wat ek aanneem moes gebeur het), die skewe horing se "groeikliere" (by gebrek aan die regte benaming) oorgestimuleer is? Die plat horing se draaie is ook baie korter.

Ek weet van 'n paar manne wat baie geld sal betaal om hom te skiet!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Wouter Roets »

Madako

Moeilik om te se maar my opinie is dat met die seer kry het dit veroorsaak dat die draaie vlak geword het maar die groeiproses het normaal aangegaan en sodoende het dit die meer draaie veroorsaak as die normale horing. Twyfel oor daar n groot verskil in lengte tussen die horings gaan wees.

So by-the-way wat skat julle die lengte?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Geno »

Baas Wout,
Daai bul gaan sukkel om by 51" uit te kom........
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by DawieKotze »

Wouter - ek dink tog die plat horing gaan langer meet (tensy die optiese illusie van die vlakker draaie my heeltemal uitgooi).

Ek skat maar baie sleg, maar sal 'n skoot skiet op 50" ?? Dis nou die plat horing. Die ander een lyk my so 47"?? Help maar reg julle manne met die ondervinding.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Wouter Roets »

Madako

Onthou lengte le maar grotendeels in die diepte van die draai. Daai plat horing is bitter vlak en ek dink n 10mm rod gaan sukkel om daardeur te kom!

Groetnis
Wout

Babaleeu. Dalk so bietjie pesimisties?
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Wouter Roets »

Koos

Wat se Gregor of is die paramedisie nog besig met hom?

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Drie draai koedoe

Post by PITSMIT »

k?rels dis n trofee daardie net oor sy uniekheid .  ek skiet al van 1998 af in die karoo en het nog nooit so n kudu gesien eers nie :o.  ek sal so n trofee enige dag vat. :)
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Christo Els »

Nou wil ek net weet hoe tel jy 'n koedoe horing se draaie
Ek vat hom van dat hy uit sy kop kom tot hy een sirkul voltooi is een draai
dieselde met die twee draai moet 'n volle sirkel maak.

Julle kan nou maar se of ek reg is
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Wouter Roets »

Christo

n Mens werk op die rif. Hy begin soos jy weet voor op die horing en as hy n volle 360 grade draai gemaak het dan tel dit as een draai. Basies wat jy se maar die rif is die bepalende faktor.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by baboonstalker »

Wouter,
Die rif is tog net teenwoordig op die onderste deel van die horing en nie op die punt nie, los jy maar op die stadium die rif en tel net die draai?
Ek het altyd geglo jy kyk hom van voor. Uit en weer in is dan een draai, uit-in-uit-in en die punt wys buitentoe en jy het 'n 2.5 draai bul. Ek sal bietjie die stel horings in my laaikamer gaan bekyk, dalk is dit maar dieselfde ding.
bs
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Wouter Roets »

Pieta

Daar is mos maar baie maniere van draaie bepaal en ek is seker daar is al n paar blou oe in kroee gewees agv meningsverskille oor meetmetodes! ;D
Die manier hoe ek dit gebruik pas maar in met Rawland se meetmetode en het dalk die minste onsekerheid in. Gewoonlik is jou rif teenwoordig tot amper aan die einde van die horing, kyk maar net mooi. Hy hou maar gewoonlik so 4-6 duim van die punt af op. Om in n mens se geestesoog dan daai spiraal te sien is nie te moeilik nie. Net vir interessantheid met die meeting van die horing gebruik jy die spiraal(rif) totdat hy nie meer waarneembaar is nie en vat dan n reguitlyn na die punt.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Drie draai koedoe

Post by Monrique (SJ) »

@ Wouter
Net vir interessantheid met die meeting van die horing gebruik jy die spiraal(rif) totdat hy nie meer waarneembaar is nie en vat dan n reguitlyn na die punt.
Ek het hom ook so!! ;)

Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by Geno »

So Krugerpark bulletjie. Damn naby aan 3 draaie!

https://fbcdn-sphotos-e-a.akamaihd.net/hphotos-ak-frc3/1381716_10151766349634051_554541906_n.jpg

https://fbcdn-sphotos-c-a.akamaihd.net/hphotos-ak-frc3/988317_10151766349724051_1898506684_n.jpg
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Drie draai koedoe

Post by Eugene »

Baie mooi!!!
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Drie draai koedoe

Post by tau »

Vir sulke groot horings is hy nogals in die lyf ook in goeie kondisie. Baie keer is daai groot horing bulle se lywe maar swakker.

Baie mooi bul.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Drie draai koedoe

Post by 375fanatic »

nou wag ek net vir daai 7 draai bulle waarvan somige kroeg jagters praat :laugh: >:(

Geno mooi foto net jammer hy gaan vrek van ouderdom of leeukos word
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Drie draai koedoe

Post by mariusr »

L >:( :): laai bietjie daai drie draai koedoes paar van ons kan nie daar oopmaak nie?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Drie draai koedoe

Post by Eugene »

http://i1116.photobucket.com/albums/k574/WouterRoets/DSC01654.jpg

http://i1116.photobucket.com/albums/k574/WouterRoets/DSC01657.jpg
Aim small, miss small
Post Reply