168gr Hornady A-Max

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

168gr Hornady A-Max

Post by sako 30-06 »

My pa wil dalk die A-Max skiet met sy .308.

Is die koeël voldoende vir algemene jag of is die koeël bietjie sag?
Hoe erg sal vleisskade wees?

Moet asb nie se ek moet die barnes TSX eerder gebruik nie. 8)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 168gr Hornady A-Max

Post by ruaanb »

nader as 300m moet jy die groot bene mis skiet.....
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 168gr Hornady A-Max

Post by Capt. Yoda »

sako 30-06 wrote:My pa wil dalk die A-Max skiet met sy .308.

Is die koeël voldoende vir algemene jag of is die koeël bietjie sag?
Hoe erg sal vleisskade wees?

Moet asb nie se ek moet die barnes TSX eerder gebruik nie. 8)

Vat die 208gr Amax of ELD vir daai 308!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: 168gr Hornady A-Max

Post by Jean Marais »

Die probleem is wat maak jy as die bok naby is, en jy het net A-max gelaaide patrone. A-max presteer baie goed op lang afstand jag, maar op korter afstande is jou vleisskade nogal noemenswaardig, behalwe as jy koppe skiet.

Mens weet nie altyd wat op jou wag in die jagveld nie, so ek sou baie eerder 'n goeie gebonde koeël aanbeveel as jy wil loodkern gaan, anders enige van die mono's op die mark. Barnes, GMX, Spartan, Kriek, Peregrine.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: 168gr Hornady A-Max

Post by RabieL »

As jy Hornady wil skiet sal ek eerder die 165 SST gebruik. Ek weet van 3 x .308 manne wat hulle gebruik vir alle jag. Ja daar is bietjie meer vleis skade as wat met bv n Barnes geskiet word, maar dis nie 2 tot 3 kg vleis wat verlore is nie. Ek was by waar n Kudu koei op 60 Meter vol op die blad getref is en die punt regdeur is tot onder die vel aan die ander kant. Die pypwerk was aan flared binnekant, maar die skade aan vleis was regtig nie erg nie.

n .308 is nie n magnum nie, en indien hierdie patrone in n doodgewone jag geweer geskiet gaan word is dit dalk die regte ding om te doen, die skade aan lewensvatbare organe is beter as met n bonded punt wat die dier vinniger dood maak en met die effe groter wonde is bloed verlies van so aard dat tracking makliker is. Die effe sagter punt (let wel nie te sag nie) raak ook van meer energie ontslae binne in die bok.

Wat A-max betref, dit is n match punt met dun jacket wat net n rooi puntjie op het vir BC. Jagter moet hulle nie blindstaar teen BC nie, want dit is glad nie n indicator van akkuraatheid nie. Dit is net vermoe om deur die lug te beweeg, en om die stelling te bewys kan mens maar gaan kyk na n Maatskappy soos Sierra, hulle Matchkings is uiters akkuraat maar in vergelyke met ander is BC maar laag.

BC is vir manne wat ver wil skiet, om nie te veel spoed te verloor na baie lang afstande toe nie, maar vir praktiese jag afstande het dit nie n noemenswaardige bydrae nie. Jy moet werklik jou storie ken en die boer moet ook weet jy ken jou storie voor hy jou gaan toelaat om op bokke anderkant 400 meter los te brand.

Dus is my seining gaan vir n bietjie beter punt wat konstruksie betref maar maak ook seker jou doodmaak vermoe is genoeg vir dit wat jy wil skiet.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 168gr Hornady A-Max

Post by Capt. Yoda »

Ons het die jaar van valkavark, blesbok, Rhb, zebra, koedoe tot jakals met amax geskiet van 105gr tot 208gr in magnums van 100m tot 400m. Een skoot dood net daar met meeste koels wat dwars deur penetreer het, die 105gr koels het beter bymekaar gehou as meeste ander "jag" koels wat ek gesien het. Pinkes en nog n man wat saam hom werk het seker in die laaste 2 jaar by die 100varke met 168gr amax (06) en 208gr Amaxe geskiet op afstande van 75m tot 700m en nie een vark het verder as 20m gagaan nie en nie een het erger vleisskade gehad as met n sierra gameking nie. Snaaks genoeg die 140gr amax in 6.5 maak taamlik skade maar die 168gr Amax uit n 308 gaan nie n bok uit mrkaar skiet nie, as hy naby staan skiet hom in sy kop of laag agter die blad soos met n boog
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply