S385 VS S321 VS Barrel burning?

Post Reply
Chrisjan

S385 VS S321 VS Barrel burning?

Post by Chrisjan »

Hello,

Ek het sopas iets raak gelees, en dit is dat stadiger kruit soos S385 'n barrel gouer brand as vinnige kruit soos S321. Wat is julle meening hier oor?

Ek hou meer van staaf as bal kruit. Is daar iemand wat S335 in hulle .243 gebruik het. Dit is nou agter ligte punte.

Groete
Chrisjan
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: S385 VS S321 VS Barrel burning?

Post by Wouter Roets »

Hallo Chrisjan

Ja dit is waar wat jy se dat stadiger brandende poeier groter slytasie op die eerste gedeelte van die loop tot gevolg he as vinniger vebrandende poeier. n Mens moet die hele ding ook net in konteks aanskou. Om n kaliber te kry wat met S321 en S385 kan werk is selde of nooit.
Elke kaliber het maar sy brandspoed poeiers waarmee hy optimaal funksioneer en in die 243 wat maar bietjie overbore is is die spektrum maar aan die slow-meduim kategoerie. Ek het nog nie met S335 in die 243 gespeel nie maar op QL wys dit dat die poeier nie gepas is nie en S355 sal die aangewese poeier wees vir ligter koeels.
Om nou n paar skote meer uit jou loop te kry deur na n vinniger poeier te gaan en dan spoed en akkuraadheid in te boet om dit te vermag maak nie regtig sin nie. Sekere kalibers(overbore) moet daar maar net n prys betaal word vir die groeter werkverrigting wat verlang word.
Daar is bv koeels soos GS Custum wat van vinniger poeiers gebruik maak vanwee die eienskappe van die koeel en dit bring langer looplewe en minder recoil na vore. Die negetief daarvan is die hoer prys van die koeels(premuim) teenoor standaard konvensionele koeels.

Grotnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Thu Apr 28, 2011 11:38 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Chrisjan

Re: S385 VS S321 VS Barrel burning?

Post by Chrisjan »

Dankie, ek wardeer die terugvoering. Met die kennis kan mens mos net voorentoe gaan.

Groete
Chrisjan
Post Reply