'n Baie goeie week

Post Reply
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

'n Baie goeie week

Post by Boersonderroer »

Ek het laas week ‘n baie goeie week ervaar. Dit het eintlik al die vorige week begin. Ek het vrydag die 14de na ‘n klient van my se melkstal gegaan om sy rekenaar reg te maak. Terwyl ek daar is, stap my vriend Henk in en sê dat hy voer begin uitsit vir bosvarke. Ek kan die eerste een kom skiet. Hy gaan ‘n trailcam opsit en my laat weet wanneer daar aktiwiteit is. Woensdag oggend die 19de kry ek ‘n whatsapp foto van hom af met ‘n beer en ‘n sog. Hulle was 19:30 op die voerplek. Hy sê ek moet reg wees vir die naweek.
trailcam19102016.jpg
Ek begin dink, sal ek die 130gr GS Custom saam vat of die 168gr Berger VLD Hunting. Aangesien dit in die aand gaan wees en ek heel moontlik ‘n kopskoot gaan vat en daar dalk ‘n paar varke naby mekaar staan besluit ek op die Berger. Ek het onlangs 160gr Nosler Accubonds gekry maar het nog nie kans gehad om behoorlike ladings te ontwikkel nie. Ek dink in elk geval die doodmaak vermoë van die Bergers is heel indrukwekkend.
Ons vier Donderdag die 20ste my ma se 80ste verjaardag en ek stuur my ouers op Sibuya se boot vir ‘n “game cruise”. Ek gaan skryf my Visual Programming eksamen en voel ‘n onderskeiding is my beskore. Toe ek uit die eksamen lokaal stap en my foon aansit is daar ‘n sms van SAPS wat my inlig dat my 204Ruger se lisensie goed gekeur is.
Vrydag kry ek ‘n boodskap van Henk dat ek 6 uur die aand by sy plaas moet wees. Daar aangekom laai ons sy jakkals-stoel agter op sy bakkie. Kom by die voerplek aan en parkeer die bakkie op ‘n wal wat afkyk. Charles, Henk se handlanger maak die wit bakkie toe met ‘n seil. Ons rig my 7x64 met ‘n rooilig op die stoel op. Henk wys my hoe die lig werk en ek speel bietjie rond met die lig.
Dis net voor sewe en alles is in gerig. Ek kyk in ‘n suidelike rigting na die voerplek wat 50m verder lê. Nog so 50m agter die voer lê digte bos en dit is waar die varke vanaf gaan kom. Nou begin die wag. Ek sit in die stoel soos ‘n koning op sy troon. Die stoel is hopeloos te gemaklik en ek begin dink “van Staden moet nou net nie aan die slaap raak nie, dan word jy nooit weer genooi nie”. Henk se ek moet so elke 5 minute ‘n oog met die lig op die voerplek gooi. Ek kon aan die begin nog mooi deur my Meopta in die maanlig die voerplek sien sonder die lig se hulp. Maar die weste wind begin opkom en stadig die nag met wolke bedek. Ek is bekommerd dat die wind ons mensreuk te naby die voerplek gaan vat. Ek verbeel ek sien beweging, sit die lig aan en beweeg hom stadig links na die voerplek. “Dammit” ek sukkel om op die spot te kom. Die bakkie staan teen ‘n effense afdraende en die stoel hel te veel oor na links. Ek skop vas en kry uiteindelik die lig op die voerplek; ek merk hom met ‘n groot boom ver in die agtergrond dat ek nie weer die fout maak nie.
Henk raak onrustig, ek sien hy stap weg vir ‘n rokie. Die minute skiet verby. Ek dink ek sien iets. Ek sit die lig aan en waggel oor na die pellets. Twee rooi oë staar terug na my. Kan dit wees? Die ding wat na my kyk lyk verskriklik klein. Dit vat my oë ‘n klein rukkie om aan te pas. Ek zoom in en verloor die vark. “Jou poepol , hou op droog maak” dink ek. Ek zoom weer af na x4 en vind die beer. Ek druk die CZ se okkerneut kolf styf teen my skouer vas en druk die slot saggies toe en fluister “Henk”. Hy sê “Gooi hom”. Hy staan effens skuins na voor. Ek sit die kruisdraad net regs van sy linkeroog en voel hoe my vinger op sy eie op die sneller begin druk. Ek het nie eers tyd om ‘n gebedjie op te stuur na God nie. Die skoot klap en my roer se loop spoeg ‘n rooi vlam uit. Na die terugskop gaan lê my CZ stil in die skietstoel se staander en ek sien die swart gedaante lê en sy rooi ogies het verdwyn. Ek sit die lig af en sit terug in die stoel en vat diep asem. As dit 15 jaar gelede was het ek nou ‘n Benson & Hedges aan gesteek.
21102016bosvark2.jpg
Ons neem ‘n paar foto’s en gaan kyk na die trailcam se foto’s. Hy neem elke 45 sekondes ‘n foto. 19:45 staan die beer en eet. 19:46 lê hy op sy sy. Ek tel saterdag oggend gou die afgeslagte bosvark op by Charles en laai hom by die dorp se slaghuis af. Die slagter se skaal sê hy weeg 39.28kg. Ek en my dogter ry PE toe om haar nuwe Diamond Infinite Edge Pro op te tel.
Sy is vandag 14 jaar oud.
Ek voel verskriklik geseënd deur God vir ‘n fantastiese week.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: 'n Baie goeie week

Post by Jaco B »

Well done. Bly jy het so goeie week agter die rug.
Mooi vark daai.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: 'n Baie goeie week

Post by Plaashaas »

Lekker man. Baie geluk
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: 'n Baie goeie week

Post by toelie »

Ja nee lekker as n week so loop, geluk met die ottie
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: 'n Baie goeie week

Post by sako 30-06 »

Baie geluk, dis n mooi vark en verseker n lekker week.

Die lewe is n lied.
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: 'n Baie goeie week

Post by Konrad308 »

baie geluk. mooi vark daai!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: 'n Baie goeie week

Post by alecjohnson »

Mooi vertel! Baie lekker lees stuk
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: 'n Baie goeie week

Post by Dirkonius »

Lekker om te lees. Ons is saam met jou bly vir jou fantastiese week!
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
Post Reply