JAGKLUB

LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

JAGKLUB

Post by LMB »

Wat is die rede dat jagklubs vir probleemdiere gestop is.
As mens weer so iets wil begin tussen `n groep boere, is daar wetlike vereistes daaromtrent?

Groete
Lukas
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: JAGKLUB

Post by Caller »

Lukas

Ek weet nie in watter Provinsie jy is nie, maar in die Vrystaat is hierdie klubs nog nooit gestop nie. Of verwys jy na organisasies soos Oranjejag. Hulle was nie klubs nie, maar Artikel 21 Organisasies of jag organisasies. Die jakkalsklubs wat deur boere gestig is, kom en gaan maar soos dit nodig is.

In die Vrystaat bestaan daar nie wetgewing wat die tipe klubs beheer nie, buiten dat Natuurbewaring dit monitor. Die gewone wetgewing soos vir indevidue, geld vir elke lid van die jakkalsklub.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Caller
Ek is nie seker wat die regte benaming is nie.
Ek is in die Weskaap waar jag natuurlik verbode is, maar dit geld mos net as jy gevang word.

Die idee is sommer om te begin  met `n groep boere in `n omgewing wat gesamentlik bydra om probleemdiere in die gebied te probeer beheer. Dit sal dan seker `n tipe van jakkalsklub wees. Weet net nie of die naam by die Groener tyd moet aangepas wees.
Ek soek sommer raad in die algemeen om so iets te begin. Ek neem aan daar behoort `n grondwet te wees.

Groete
Lukas
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: JAGKLUB

Post by Dawie »

Hallo Lukas

Die ongedierte jagklub op Laingsburg is as ek reg kan onthou in die middel 90's tot niet gemaak (vra Oom Martiens).  Ek was op die vergaderings destyds.  Die rede...GELD.  Boere het volgens groote van eiendomme betaal en hulle wou nie mekaar "sponsor" nie.  Daar is toe besluit elke ou doen maar sy eie ding. 

Cheers
Dawie
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: JAGKLUB

Post by WillJak »

LMB, soek maar so bietjie hier op die forum rond - daar is 'n paar goeie idees oor hoe om so klub te bedryf - en ook heelwat slag gate wat uitgewys word. Die klubs werk en kan werk, maar mens moet samewerking kry en nie na 'n tyd een of twee manne wat dit uitbyt nie. Een van die groot probleme wat ek gesien het is dat daar altyd iemand op die punt is - wat grens teen iemand wat nie deel is of wil wees van so klub nie en die ou trek swaarder as die ander as dit kom by beheer - en nou voel die ander manne hulle "sponsor" hom. 'n Ander een is dat van dit manne dit misbruik, as die stelsel dit toelaat - hulle voer velle/sterte ens in van ander van hulle plase af, waar daar nie so klub is nie, en eis dit van die klub. Maar as julle dit reg doen, kan dit werk.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Hallo Willjak / Dawie / LMB

Weet julle van formele groepe wat nog aan die gang is? As klubs of wat hulle hulself ook noem.
Indien daar nog is moet mens by hulle kers opsteek waarom dinge nog werk.

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Dawie, WillJak,

Dit was op die selfde beginsel wat die klub op Laingsburg gewerk het. Ek was ook lid daarvan kort voordat dit be?indig is.
My idee is dat mens die boere weer laat saamwerk en saam bydra, maar daar word dan van opgeleide en goedgekeurde jagters asook `n span honde gebruik, as dit moontlik is, wat dan die beheer in die gebied moet uitoefen. Elke boer doen dus nie sy eie ding met  onopgeleide mense nie, maar die beheer word deur mense toegapas wat weet hoe om dit te doen.
Ek is van mening dat ons baie minder slim probleemdiere so gaan h? en die beheer behoort baie meer effektief te wees.
Boer "Sponsor" mekaar dus nie, maar wel die jagter wat toestemming het om op al die plase betrokke te kan jag.
Daar kan seker altyd `n skelmstreek wees, en baie pyne, maar dit behoort nie meer te wees as wat ons nou het nie. Met `n bietjie kopkrap kan mens dalk die probleem oplos ipv tou opgooi.
Die probleem is om alle die boere betrokke te kry, waarvoor die "Gemene Reg" gebruik kan word.

Ambessa, ek is nie bewus van iewers waar so-iets nog aan die gang is nie. Ek sal ook graag daarvan wil hoor. Mens moet kan leer uit vorige ondervinding en foute. In die verlede is die aksies natuurlik deur die SDR of Afdelingsrade ondersteun wat die makliker gemaak het.

Groete
Lukas
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Hallo LMB

Dankie vir die terugvoer. Ja, die gladde en effektiewe werking van sulke groeperings (klubs) moet weer geskep en gevestig word. Daar word beweer dat so 'n klub eintlik nie 'n te groot area moet probeer dek nie - anders raak die reaksietyd om predasie op te volg te lank. Daar moet letterlik op 'n "warm spoor" gewerk kan word. Uiteraard ken die spesialis jagter ook die terrein beter en die kans op suksesook beter.

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Ek sien Basjan is betrokke by so `n klub. Sal graag van hom wil hoor.
Hy praat van 25c/ ha bydraes en dan betaal hulle ook vir die velle. Ek ly dus af dat elke boer sy eie beheer doen. Ek wil probeer werk na die punt waar die beheer deur meer ervare jagters gedoen word, om verskeie redes.
Groete
Lukas 
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: JAGKLUB

Post by WillJak »

LMB, ek dink daar's 'n paar baie goeie idees in jou denke. Hier is nog 'n klip in die bos - wat van as mens vergeet van 'n bedrag per hektaar en eerder kyk na die voordele daarvan om een of twee profesionele jagters te gebruik vir die voordele wat dit vir almal inhou - soos bv: die ou/ouens leer die plase ken, weet redelik gou waar die jakkalse hou, merk hulle met die GPS, watter roepe daar werk, wat die vang patrone is, waar die neste gereeld voorkom, is profesioneel genoeg om nie die jakkals skelm te maak nie (het inderdaad 'n belang daarby dat die jakkalse nie skelm gemaak word nie) ens.
Dan kry mens 'n groep boere bymekaar en "koop" 'n seker hoeveelheid tyd by so of sulke jagters. Wat ek bedoel kan mens seker aan die hand van 'n voorbeeld beter illustreer.

Kom ons veronderstel jy't 10 boere wat 50 000 Ha verteenwoordig. Jy't so 20 tot 25 aande nodig om dit effektief en BEHOORLIK te jag. Kom ons vat 30 aande om toe te laat vir slegte weer ens. Nou "koop" die boere die tyd by die jagter/s aan teen R750 per nag - dit werk uit op so R2250 per boer (of so 45c per hektaar as die gemiddelde plaas 5000 Ha is). Nou kan mens dit so werk - die jagter weet hy skiet vir 30 dae per jaar daar, sy fooie word betaal soos bo, en die fooi sluit dan in vir die eerste 2 jakkalse op elke boer se plaas. Daarna betaal elke boer die normale fooi per jakkals - vir enige iets meer as 2 op sy grond geskiet. Dan vermy mens die ding dat ouens voel hulle "sponsor" mekaar, die boer weet hy het klaar 'n jagter geboek, elke ou betaal vir sy eie jakkalse en die boere het die voordeel dat die jagter/s die grond leer ken en meer effektief kan jag. As daar manne is wat meer jagtyd op hulle plase nodig het reel hulle dit self met die jagter/s.

Daar is seker nog baie skaafwerk aan die idee, maar dit is maar 'n gedagte in 'n ander rigting. Wat dink julle?
Last edited by WillJak on Wed May 20, 2009 2:16 pm, edited 1 time in total.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: JAGKLUB

Post by Jaco Bezuidenhout »

Wiljak

Baie goeie plan 8)

Groete

Kkat
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Wiljak

Jou idee kan werk, die jagter sal net moet "produce". Al probleem met jou voorstel is dat daar manne by ons is wat nie wil betaal nie. So as jy hom sover kry dat hy wel bydra,  sal hy nie nog ekstra betaal . Dit is natuurlik meestal die plase by wie die "meer as 2" geskiet sal word.
Ek glo daar sal altyd `n mate van "sponsor" wees omdat sekere plase meer blootgestel is. Die plase moet gehelp word, ons het darem seker nou gesien dat op ons eie werk dit nie so lekker nie.

Ek is ook nie ten gunste van `n te regiede idee, soos dat daar op elke plaas sekere hoeveelheid keer gejag moet word nie. Vir my gaan dit daaroor dat die probleem aangespreek moet word, waar hy is, met alles wat beskikbaar is.
Ek het nie baie kennis van die jaghonde nie, maar dit wat ek gehoor, en gelees het, klink dit vir my na `n moet vir so `n klub. Elke boer kan nie `n span honde h? nie, maar `n span honde, of twee in `n distrik, dink ek kan dalk `n groot verskil maak.

Lukas
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Hallo LMB
LMB wrote:... hom wil hoor. Hy praat van 25c/ ha bydraes en dan betaal hulle ook vir die velle. Ek ly dus af dat elke boer sy eie beheer doen. Ek wil probeer werk na die punt waar die beheer deur meer ervare jagters gedoen word, om verskeie redes.
Hoe kan ons by 'n maatstaf uitkom waar die vermindering in predasie op vee die maatstaf vir 'n insentief kan/behoort te wees?

Ambessa
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Hallo Willjak / LMB

...kyk my vraag oor hoe ons die insentief kan bereken op die vermindering in predasie (oftewel die impak wat verminder)...

Ambessa
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: JAGKLUB

Post by WillJak »

Ambessa, dis 'n interesante benadering, laat ek nog so bietjie dink daaroor....ek sal terugkom met kommentaar en gedagtes.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Hallo Willjak

Laat gaan die gedgtes, ek hoor graag verder. Wonder wat dink die ander ouens..

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Iewers is daar `n kinkel in my vodacom lyn, want my antwoorde kom nie by die forum uit nie.

Wat is die rede dat jy die berekening op die manier wil doen?
As boer kyk ek altyd na minimum koste met maksimum opbrengs, ek wil liewer vergeet van die verlies.

Lukas
Ambessa

Re: JAGKLUB

Post by Ambessa »

Hallo LMB

My sien raak ook soms bef... dan moet ek die hele teks oor tik. Nogal sleg.

Indien ons die impak op vee verminder moet die afname in verliese uiteraard in balans wees met die bestuursinsette tov roofdiere.

Ambessa
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Dit is reg.
Ek hoop ons kom weer op die punt waar ons geen insette het tov roofdiere en weer ons tyd aan ander werk kan spandeer.
Die berekeninge op `n boerdery word meestal na ha of per kleinvee eenheid bereken. So sal die boer dan ook normaalweg die koste per ha wil bereken. Die koste behoort met verloop van tyd af te kom, soos predasie verminder.
Om die koste van die verliese te bereken kan wel ook as maatstaf gebruik word. Die verlies mag afkom, maar die koste gaan aanvanklik nie afkom, maar sal later volg.

Lukas
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: JAGKLUB

Post by WillJak »

Ambessa, miskien moet ek nog so bietjie dink, maar dit lyk my die benadering gaan neuk, want as ek dit tot die logiese voleinding vat, dan gaan die boer my meer moet betaal as ek nie jakkalse skiet nie.....dis nou te se in die geval waar ek nie meer jakkalse skiet nie, want daar is nie meer jakkalse oor om te skiet nie. Dis dan nou die punt waar die probleem opgelos is, al is dit net tydelik, en waar die boer bitter swaar gaan betaal vir 'n probleem wat nie meer bestaan nie.....

Miskien is die antwoord in 'n kombinasie van ons voorstelle.....

Laat ek nog so bietjie dink......
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: JAGKLUB

Post by WillJak »

Ambessa, dit lyk vir my die ding gaan te bekonkel raak. Miskien bly die antwoord maar KISS (Keep it simple and stupid) en dat die jagter/s maar hulle eie minimum fooi en hulle fooi per jakkals moet bepaal en dat die klubs of boere maar met hulle moet onderhandel as hulle gesamentlike optrede beplan. Uit die aard van die saak kan hulle dan onderhandel oor dae, tariewe ensovoorts - dis tog net logies dat ek vir so groep manne 'n beter prys en toewydig gaan en kan gee as om hier en daar en orals vir individue te jag. Daar is geen twyfel daaroor dat gesamentlike, doelgerigte, beplande en gereelde optrede meer effektief is as lukrake optredes nie. Tafjak het so klient - ek het ook al saam met hom by die man gejag - sy drade is pragtig, sy paaie goed, sy staf gemotiveer, hy skiet elke 6 tot 8 weke - en sy speenpersentasie hardloop so tussen 98.5 en 99.5%... Die man is so ernstig daaroor dat as 'n buurman nie wil inval nie reel hy eenvoudig vir toegang en as die jakkals langsaan antwoord dan betaal hy vir hom - en sorteer dit met die buurman uit - of nie. Hy reken dit kos hom minder en betaal vir die jakkals/e as die verlies aan lammers. Nou dis 'n man met 'n plan.


LMB, oor die honde...... hulle het 'n plek, maar as hulle nie bitter, bitter goed, profesioneel en oordeelkundig aangewend word nie is daar niks wat 'n jakkals so kan ver-etter as honde nie.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: JAGKLUB

Post by WillJak »

Lukas, ek het nou weer na van jou gedagtes gekyk, en jy's reg - daar is altyd ouens wat nie wil betaal nie - en veral nie ekstra nie. En aan die einde van die dag "sponsor" jy hulle ook maar in 'n mate - jy ken die storie van "my koedoes en sy/jou jakkalse" - jy skiet op die ou einde sy jakkalse maar op die buurplase, want hulle loop ver om te vang - een ou hier by ons se probleem is opgelos nadat ons 'n plaas 13km vandaar skoon geskiet het. Spore van sy plaas gevolg tot op die ander plaas, gereel om daar te skiet en toe stop die vangery..

Ongeag van hoe mens die betaling bereken en benader, die groot probleem bly maar die samewerking.

Ambessa, in beginsel maak jou voorstel sin - om die hele ding te benader rondom vermindering in vee verliese, maar ek dink dit gaan neuk, veral agv die goete hierbo en elders genoem. As ek my werk regtig goed gedoen het, het die boer die resultaat maar nie meer die insentief om my te betaal nie. En dan, hoe bereken mens dit - as persentasie van vangste, in rand en sent ens? En watter rand en sent - as die Angora lam daar le is die direkte skade seker so tussen R500 en R700 maar as jy vat inset koste, instandhouding, toekomstige produksie ens dan is dit seker nader aan R3000 se skade. Dis bloot menslik, en nie net eie aan die boere nie, dat mens die meeste resultate vir die minste geld wil verkry, so die berekening gaan opsigself 'n stryery of ongelukkigheid afgee.

Dit lyk my dis maar elke ou vir homself en die duiwel kry die agterste enetjie......

Of miskien is die antwoord om die goed maar op 'n individuele basis te benader - 'n omgewing se boere moet besluit wat hulle wil doen, hoe hulle betaling onder mekaar gaan uitsorteer en dan onderhandel met die jagters. Daar is baie benaderings - om een of twee ouens gereeld te kry, of om die manne te vra om 'n span van 4 of 5 karre in die veld te sit en die area goed om te roer, om enige van die te kombineer met ysters en selfs honde.

Ek is self nou lekker deurmekaar...... Ai, die saamwerkery.....of eintlik seker meer die gebrek daaraan.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
projag

Re: JAGKLUB

Post by projag »

Ons moet tog net nie nou ook weer probeer om die wiel uit te vind nie. Mooi en slim idees werk net nie by 'n jakkalsklub nie. Meeste van die gedagtes is al jare terug geprobeer by die klubs.
Daar is net te veel faktore soos: 1.Boere wat nie jakkalse het nie? 2. Inhaligheid 3. Anderman se jakkalse. 4.Gebrek aan samewerking 5. Traakmynieagtigheid 6. Vergroening 7. Verparking. 8 gebrek aan verantwoordelikheidsin ----  ens. ens.
LMG is reg ---- Kom ons steek kers op by die paar Ongedierteklubs wat nog bestaan -- want as hulle nou nog bestaan en funksioneer dan werk hulle

Kontak vir Hennie Visagie Dassiestraat Calvinia tel.0273412289. Ek verneem Hy is die suksesvolle sekretaris van so 'n Klub wat gewerk het en steeds WERK en dus nog deur sy lede aan die lewe gehou word sonder staatshulp.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: JAGKLUB

Post by Yalair »

Manne
Julle is nou besig met die ou boere nasie wat net saamstaan as daar rerig oorlog is. Het al na boere in my omgewing gegaan en gevra dat hulle net my koste dek + biekie ekstra. So maak ons die helle area skoon en almal baat. Toe dit by betaal kom het helfte van die manne moeilikheid om te betaal. Wat nou gebeur ek skiet een plaas skip een en skiet dan weer een langsaan, sal nooit die jakkie so wen nie  :P
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: JAGKLUB

Post by LMB »

Dankie vir die inligting van Hennie. Ek het diet gisteraand ook gekry, sal hom kontak. As hulle nog bestaan moet hulle iets reg doen.
Dit is juis my probleem, die skiet en plaas, los `n ander, ek sien nie meer kans daarvoor.
Ek wil maar kyk of ek nie met die "gemene reg", die samewerking kan kry sonder duur hofsake.  Ek hoop dat as die bure saamstaan kan die enkel plase dalk samewerking gee.

Lukas
Post Reply