Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by tripodmvr »

Julle manne het al vergeet dat Cobus namens 'n pel die vraag gevra het.

Ek het ook van 243 na 375 gevorder en toe baie meer met my 303 gejag. Die terugskop is iets wat jou bybly - veral as jy nuwe ladings vanaf die bank skiet
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
jdvisagie
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Mon Feb 15, 2016 3:51 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by jdvisagie »

Ek het 'n 3006 en hou baie van hom, maar as ek een kaliber nou moet kies is dit n 7x64. Kan alles doen wat n 3006 doen en meer..
.22LR Mauser, .222 Brno, 2 x 303 Lee Enfield, 30-30 Marlin Lever, 7.62 Israeli Mauser, 7x57 Musgrave K98 Light, 7x64 Musgrave k98 Custom, 7mm RM Sako Finnbear, SxS 12ga Suhl Haelgeweer, 12ga Beretta A300 Semi, G19.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by FHM »

jdvisagie wrote:Ek het 'n 3006 en hou baie van hom, maar as ek een kaliber nou moet kies is dit n 7x64. Kan alles doen wat n 3006 doen en meer..
Verduidelik vir ons onkundige manne wat jy hiermee bedoel asb JD
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Capt. Yoda »

jdvisagie wrote:Ek het 'n 3006 en hou baie van hom, maar as ek een kaliber nou moet kies is dit n 7x64. Kan alles doen wat n 3006 doen en meer..

Ja ne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by RUPERT »

FHM wrote:
jdvisagie wrote:Ek het 'n 3006 en hou baie van hom, maar as ek een kaliber nou moet kies is dit n 7x64. Kan alles doen wat n 3006 doen en meer..
Verduidelik vir ons onkundige manne wat jy hiermee bedoel asb JD
Ek sit op die punt van my stoel en wag vir die verduideliking.
jdvisagie
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Mon Feb 15, 2016 3:51 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by jdvisagie »

FHM wrote:
jdvisagie wrote:Ek het 'n 3006 en hou baie van hom, maar as ek een kaliber nou moet kies is dit n 7x64. Kan alles doen wat n 3006 doen en meer..
Verduidelik vir ons onkundige manne wat jy hiermee bedoel asb JD
Daar is ek nou in die moeilikheid! :-X

Nee manne, ek wil niks weg neem by die goeie ou staatmaker 3006 nie.. Alby kalibers kan goed werk in die bos en vlaktes.. Soos ek genoem het, besit en herlaai ek vir alby. Oor die algemeen, al wat die 7x64 vir my beter maak is die koëls se BC. 'n 7mm koël sal altyd n beter BC hê as 'n .308 koël met selfde gewig en spoed agv die deursnee digtheid (help my reg as ek dit verkeert het).

Ja, 'n 3006 kan swaarder koëls skiet, maar daar niks wat jy met n 220gr punt (+- 2400fps) uit n 3006 kan dood skiet en nie met 'n 175gr punt (+-2500fps) uit 'n 7x64 - ek praat van normale jag situasies en nie gevaarlike wild nie.

Op die vlaktes sal alby kalibers 130-150gr punte kan skiet teen 2800-3000fps - hier sal die 7mm koëls se hoër BCs vir jou 'n beter trajek gee, en sal ook minder beinvloed word deur wind. Die valktes is seker die area waar die 7x64 die meeste voordeel sal hê.

Net soos met die 3006, is daar baie koël ontwerpe en gewigte beskikbaar vir 7mm. My opinie is dat die deursnee digtheid van 'n 7mm punt (verskeie gewigte), die goue middeweg vir 'n algemene jag punt is. Groot genoeg om goed dood te maak, klein genoeg om goed deur die lug te vlieg.

Persoonlik op my gewere het die 7x64 ook bietjie minder terugslag as die 3006 ook, wat altyd 'n voordeel is. Ek weet nie of dit op alle gewere so sal wees nie.

Hierdie is rerig net my opinie, julle is welkom om my van meer inligting wys te maak. Ek sien myself nie as n groot kenner nie, net iemand wat soms my brein probeer gebruik ;D
.22LR Mauser, .222 Brno, 2 x 303 Lee Enfield, 30-30 Marlin Lever, 7.62 Israeli Mauser, 7x57 Musgrave K98 Light, 7x64 Musgrave k98 Custom, 7mm RM Sako Finnbear, SxS 12ga Suhl Haelgeweer, 12ga Beretta A300 Semi, G19.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by FHM »

CobusMeyer wrote:More Manne

Ek het n vriend, hy het reeds n 243 en wil n 2de geweer koop. Jag is beide bosveld en vlakte
Wat stel julle voor, 30.06?
Ek hoor graag

Groete

C
Kom ons gaan terug na Cobus se pel se vraag.
Ek stel voor jy gee die link deur vir hom om te lees Cobus en dat hy self besluit. ;) http://www.chuckhawks.com/all_around_cartridges.htm
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
jdvisagie
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Mon Feb 15, 2016 3:51 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by jdvisagie »

Wat ek dalk net wil bylas..

Die twee kalibers se nommers is baie dieselfde, rerig marginale verskille. Ek sou sê indien jy nie herlaai nie, dalk is die 3006 'n beter opsie. 7x64 ammunisie nie moeilik om te kry nie, maar daar sal meer skiet winkels in SA (Africa) wees wat 'n paar pakkies 3006 rontes op die rak. Indien jy herlaai, sal alby kalibers baie meer vir jou kan doen, en sal ek die 7x64 bo 'n 3006 vat vir 'n algemene jag kaliber.

Ek het bo genoem dat 'n 3006 kan 'n 220gr punt kan skiet, maar in werklikheid het ek al min manne ontmoet wat daai gewig koëls laai - nie almal se "twist rates" sal so swaar koël stabiliseer nie. Meeste ouens werk op:

1) 180gr (+-2500-2600 fps) vir bosveld
2) 168gr (+- 2600-2800fps) vir algemeen
3) 150gr (+- 2800-3000fps) vir vlaktes

Hierdie soort ladings sal 95% van jou jag spesies en situasies dek - dis tog wat 'n algemene jag kaliber moet kan doen. Dis in hierdie ladings (spoed en gewig) waar ek 7mm met .308 koëls vergelyk. En, dis hier waar ek die dom-dapper stelling maak dat 'n 7x64 alles kan die wat 'n 3006 kan doen, en meer.. Met dieselfde hoeveelheid kruit, spoed en gewig, sal 'n 7mm koël 'n bietjie beter vlieg, en net so goed dood maak.

Soos ek gesê het, ek hou baie van 'n 3006 (my tweede keuse vir algemene jag kaliber), hy werk en hy werk goed! Ek's nie een vir kaliber debatte nie. Ek's oop om geleer te word en wou net die 7x64 vir CobusMeyer (se vriend) noem as 'n goeie opsie om na te kyk terwyl hy nuwe algemene jag kaliber soek.
.22LR Mauser, .222 Brno, 2 x 303 Lee Enfield, 30-30 Marlin Lever, 7.62 Israeli Mauser, 7x57 Musgrave K98 Light, 7x64 Musgrave k98 Custom, 7mm RM Sako Finnbear, SxS 12ga Suhl Haelgeweer, 12ga Beretta A300 Semi, G19.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Diesel Dog »

Diesel Dog wrote:
CobusMeyer wrote:More Manne

Ek het n vriend, hy het reeds n 243 en wil n 2de geweer koop. Jag is beide bosveld en vlakte
Wat stel julle voor, 30.06?
Ek hoor graag

Groete

C
Ek het so 28jaar terug voor die selfde besluit gestaan,as jong man stap ek by n geweer winkel in en vra vir n geweer waarmee ek groot wild kan jag.Die eienaar van die plek hoor die gesprek en stap nader,hy is n grootman so 25jaar my senior, met die groetslag druk hy my hand pap, klap my op die skouer dat my tydelike stopsels los kom en se ek het net die regte geweer vir jou!

Die man haal n winchester pre64 met oop visiere uit die rak en gee dit vir my,ek gooi die geweer in die skouer ,hy pas lekker.Wat is die kaliber vra ek ,die man kyk my heel verbaas aan,3006 seg hy.Ek vra prys en sien toe hy is bo my vuurmaak plek en vra of hy nie iets anders het nie.Hy haal toe n Remington uit die rak,selde storie(te duur en kaliber 3006).So gaan ons deur die hele geweer rak,almal 3006.
Aan die uitdrukking op sy gesig kon ek sien hy is nou gatvol,ek vra toe het hy nie n ander kaliber nie.Dit moes ek nooit gesê het nie, maar jy het dan gevra vir n geweer om op die vlaktes en in die bos groot wild te jag,sy ammunisie kry jy by elke koöperasie ,as jy self laai kan jy hom oplaai en aflaai,met 110 gr koeëls skiet hy ongediertes en met 200gr koeëls skiet hy eland en elke jagter in Suid-Afrika het een,wat wil jy nou n ander kaliber voor he.
Ek het toe n blink Ruger met swart plastiese kolf in 3006 gekoop want ek was bang die man moer my!

Ek het so drie jaar met die geweer gejag en hy het alles wat die man gesê het goed gedoen.Toe kom en eendag op n groot dorp en stap daar by n geweer winkel in en sien daar is lewe na n 3006 en koop toe n 300winmag ,toe ek wil betaal vir die geweer vra die dame by die till of ek nie n fout gemaak het nie,want almal koop 3006 en nie 300 winmag nie, dis die punt se ek.

DD
Ek was gister weer by die geweer winkel waar ek my eerste 30.06 gekoop het .Die man wat my 28 jaar terug reg gehelp het toe ek na n jaggeweer gesoek het was nie daar nie(hy sterk by die huis aan na n groot operasie)so ek het nie n geweer gekoop nie.Die rak staan nog vol gewere,almal in 30.06

DD
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by tripodmvr »

Daar is min te kies tussen 30-06 en 7x64 as dit by algemene jag kom. Die grootste knelpunt is dat daar min fabrieksgewere is in 7x64 wat beskikbaar is in die RSA. Die "cheapies" soos Savage, Mossberg en Howa is daar nie en daarom is daar nie 'n oorvloed 7x64 eienaars nie.

PMP maak darem ammunisie en die 170gr Pro Amms presteer goed in die jagveld. Die GROM ammunisie uit Europa is ook 'n goeie roep. Vir herlaai is daar baie komponente beskikbaar.

Ek wou ook bietjie anders wees en het my 7x64 op 'n P14 aksie laat bou. Hy is 'n staatmaker en terugslag is minder as met die 30-06. Die reguit kolf help baie daarmee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Ashley »

FHM wrote: Kom ons gaan terug na Cobus se pel se vraag.
Ek stel voor jy gee die link deur vir hom om te lees Cobus en dat hy self besluit. ;) http://www.chuckhawks.com/all_around_cartridges.htm
Ek sien Chuck Hawks gee die .270 nogal baie krediet.. ::)

>:D >:D >:D
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Capt. Yoda »

Ashley wrote:
FHM wrote: Kom ons gaan terug na Cobus se pel se vraag.
Ek stel voor jy gee die link deur vir hom om te lees Cobus en dat hy self besluit. ;) http://www.chuckhawks.com/all_around_cartridges.htm
Ek sien Chuck Hawks gee die .270 nogal baie krediet.. ::)

>:D >:D >:D

Ou Chuck het baie van sy perd af geval
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by FHM »

Capt. Oblivious wrote:
Ashley wrote:
FHM wrote: Kom ons gaan terug na Cobus se pel se vraag.
Ek stel voor jy gee die link deur vir hom om te lees Cobus en dat hy self besluit. ;) http://www.chuckhawks.com/all_around_cartridges.htm
Ek sien Chuck Hawks gee die .270 nogal baie krediet.. ::)

>:D >:D >:D

Ou Chuck het baie van sy perd af geval
++>: ++>: ++>:
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
CobusMeyer
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by CobusMeyer »

Lekker gesels hierdie, ek self het n 243 en 3006, my eerste geweer was die 3006, en later n 2de hanse Musgrave 243 (nog met Lyttleton RSA aksie) by vried gekoop en mooi gemaak.
EK wonder net baie keer of die 3006 die beter opsie as die 7x64 was
Altwee gewere skiet baie lekker, ek geniet veral die 243, hy is baie akkuraat

Aan die ander kant, as daai ou die gewere uitpak oor die toonbank vat n ou maar die een wat mooi lyk, en jou daai warm gevoel gee:)

Groete
C
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Capt. Yoda »

Die 7x64 rak gewere kom oor die algemeen net met die verkeerde twist loop vir die moderne hoe BC koels, 30.06 kom gewoonlik ook met n 1/10 of 1/11 twist wat jou instaat stel om die lekker heel groot 30 koels te skiet.Met n 1/10 twist op daai 7x64 is n lang 168gr jou voorland maar vir algemene jag gaan dit jou nie regtig pla nie. Wanner jy die heel groot 200gr+ koels vinnig genoeg in n 30.06 begin skiet verander die prent wel so bq
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Supacow »

Chuck se ook 270 is die benchmark waar teen die nuwe kalibers gemeet word.
Chuck Norris skiet met n 270
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by joe rocket »

Ja Chuck Norris skiet met n 270, maar hy is so sterk hy "force" n. 30 kaliber koeel in die dop met sy oge, want diep in sy hart weet hy, hy wou nog altyd n 30 nul 6 besit.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Boersonderroer »

Capt. Oblivious wrote:Die 7x64 rak gewere kom oor die algemeen net met die verkeerde twist loop vir die moderne hoe BC koels,
Ek weet Sako en Tikka maak die 7x64 met die verkeerde twist (1-10) maar nie al die ander vervaardigers is so dom nie. Die meerderheid is tussen 1-8 en 1-9 twist.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Supacow »

Riaan Cruywagen skiet 3006
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13531
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Capt. Yoda »

Boersonderroer wrote:
Capt. Oblivious wrote:Die 7x64 rak gewere kom oor die algemeen net met die verkeerde twist loop vir die moderne hoe BC koels,
Ek weet Sako en Tikka maak die 7x64 met die verkeerde twist (1-10) maar nie al die ander vervaardigers is so dom nie. Die meerderheid is tussen 1-8 en 1-9 twist.

Ja die Euo ouens bou hom meeste in 1/10 twist, ongelukkig bou Sako hom in 1/10 want ek dink ek sal nogal n 7x64 geniet as hy n swaarder/langer koel kon skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Danie01 »

As jy praat van vlaktes sal ek 7x64 vat en bos seker die grootter kalibers met swaarder koele en stadiger spoed, maar n 7x64 gee jou ook daai opsie.

Ek skiet baie koedoes n jaar met my 7x64 in die Griekwastad distrik en die terrein verskil van beboste swarthak tot oop vlaktes. My 7x64 met 139gr sst of gewone interlocks skeep nerens af nie. Ek het n tikka t3 met 22 duim loop en skiet die 139gr teen so 2900 vps. My broer het n 7x64 musgrave met 24 duim loop en sal die 150gr koele teen amper 2900 vps kan skiet op node.

Van die rak af kan jy 150gr pmp koop en hulle groep mooi in my sowel as my broer se gewere en spoed is tussen 2800 en 2900 vps, weet daar is sako 120 en 150gr ook beskikbaar. Ek herlaai self en is maar die beste opsie met 7x64.

Indien hy nie self gaan herlaai nie sal ek dalk eerder die 3006 oorweeg omdat daar meer ammunisie oor die toonbank beskikbaar is.

My pa het n 3006 sako en die recoil voel minder as my 764 tikka sin, moet seker maar die gewig van die geweer wees wat dit veroorsaak.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Het 243 wil 30.06 koop - advies asb

Post by Hansieslim »

My situasie was andersom. Ek het eerste my 30-06 gekoop. Sal nooit spyt wees nie. Toevallig was my eerste jag met hom in die vlaktes en my eerste bok met hom 'n springbok. As ek daardie tyd meer geweet het van herlaai en twist, (en as my gat nie gejik het nie) sou ek stadiger die besluit gemaak het om 'n "ligter" kaliber te gekoop het nie. 30-06 = Jacques Kallis = Allrounder. Verder...Die man wat al sy mooi stories in die tydskrif afsluit met "Mooi Loop" doen ook baie van sy jagte met sy 30-06. Hy is n kenner en laai oor die hele spektrum van koeëls en gewigte.

Een stukkie advies wat ek ontvang het toe ek ligter kaliber wou koop, was die een van as jy op n jagplaas aankom en besef jyt jou patrone vergeet. Iemand in die jaggroep, of die plaas-eienaar of die buurman behoort vir jou n pakkie te hê van een van die meer bekende/algemene kalibers (bv .243, .270, .308, 30-06). Vir iemand wat dalk nie herlaai nie, behoort hierdie raad sin te maak. Nie dat ek daai raad gevolg het nie. Ek weet ook te min oor n Breneke om kommentaar oor sy algemeenheid te lewer.

Laaste opinie. Die man het reeds 'n .243 (6mm). As ek hy was, sou ek darem n redelike sprong gegee het in kalibergrootte. Snaaks dat niemand hierbo juis 'n .308 voorstel nie. Daai is tog ook n ou staatmaker boskaliber....nes die 30-06. As ek hy was, sou ek die 6.5, .270 en 7mm kalibers oorgeslaan het en ten minste 'n .30 kaliber aangeskaf het.

Alles net my eie opnies hierbo.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Post Reply