Teleskoop keuse

Post Reply
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Teleskoop keuse

Post by DeonvTonder »

Dag menere hoop dit gaan goed? Ek het 'n nuwe roer aangeskaf en sy papiere is oppad CFR toe. In die tussen tyd kyk ek solank na teleskope en doen so bietjie huis werk. Ek is opsoek na iets wat nie my sak gaan skeer nie maar wat voldoende is vir waarvoor ek dit wil gebruik. Behalwe vir jag gaan die geweer ook in veldskiete gebruik word en dan vir die fun wil ek ook sy bene rek na so ongeveer 800m, verder indien moontlik. Ek het gekyk na die rudolph tactical grotendeels oor sy prys. Sien wel op youtube daar is probleme met die turrets wat nie heeltemal oplyn nie so jy is nooit seker op watter click jy is nie. Is dit wel die geval met die scopes? Hoe is die scope oor die algemeen?
Is daar iets anders wat ek kan oorweeg wat in daardie prysklas val. Sal graag Vortex HS-T op my gun wil sit maar hy dalk so bietjie buite my prysklas. Die scope gaan diens doen op 'n 243.

Ek hoor graag wat die slim manne te sê het.

Groete
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Teleskoop keuse

Post by Capt. Yoda »

Daai youtube video was nog met hul demo model die nuwes maak nie so nie maar kyk ook na die Sightron 6-24
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Teleskoop keuse

Post by alecjohnson »

Spaar eerder bitjie meer en koop die vortex! Ek sal nie vir my iets anders koop nie. Die wat ek graag wil he (NXS) is onbekostigbaar vir my. Vortex is werklik goed volgens my!

Sent from my Titan6575-SA using Tapatalk
karoo.vellies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 76
Joined: Sat Jul 11, 2015 5:43 pm

Re: Teleskoop keuse

Post by karoo.vellies »

Lynx se scopes is ook baie goed, sal jou 'n leeftyd hou, goeie kwaliteit en goeie waarde vir geld.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Teleskoop keuse

Post by Capt. Yoda »

Deon jy gaan so baie antwoorde kry, elke man gaan vir jou die scope aan beveel wat hy van hou.

Jou heel betse is om te besluit wat jou budget is (dit het jy nou)
Besluit wat jy met die socpe wil doen (dit het jy)
Besluit wat die scope moet kan doen...hoeveel interne verstelling, watse kruis, watse turretse, moet hy zero stop he en hoe die turrets moet stel
Probeer dan deur een van die scopes op n baan te kyk en aan sy turrets te stel en kyk watse een lyk en voel vir jou die beste.

Anders spaar en koop n NXS
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Re: Teleskoop keuse

Post by DeonvTonder »

Capt. Oblivious wrote:Deon jy gaan so baie antwoorde kry, elke man gaan vir jou die scope aan beveel wat hy van hou.

Jou heel betse is om te besluit wat jou budget is (dit het jy nou)
Besluit wat jy met die socpe wil doen (dit het jy)
Besluit wat die scope moet kan doen...hoeveel interne verstelling, watse kruis, watse turretse, moet hy zero stop he en hoe die turrets moet stel
Probeer dan deur een van die scopes op n baan te kyk en aan sy turrets te stel en kyk watse een lyk en voel vir jou die beste.

Anders spaar en koop n NXS
Kaptein ek sal bitter graag 'n NXS op die roer wil sit maar doen ek dit kry mamma 'n hartaanval. Die vortex is my eerste keuse maar so paar onverwagse dinge kniehalter my huidiglik daarom oorweeg ek dalk vir eers die rudolph. Wat is jou opinie rondom hulle. Ek hoor goeie en minder goeie dinge van hulle maar wie glo mens nou? Beste sal seker wees om een in die hande te probeer kry en dan te toets bestuur maar dis nie altyd moontlik nie
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1219
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Teleskoop keuse

Post by Pinkes »

DeonvTonder wrote:[
Kaptein ek sal bitter graag 'n NXS op die roer wil sit maar doen ek dit kry mamma 'n hartaanval. daarom oorweeg ek dalk vir eers die rudolph. Wat is jou opinie rondom hulle. Ek hoor goeie en minder goeie dinge van hulle maar wie glo mens nou? Beste sal seker wees om een in die hande te probeer kry en dan te toets bestuur maar dis nie altyd moontlik nie

Cappie hier is jou kans om nog n man te swaai.... ;D
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Teleskoop keuse

Post by Capt. Yoda »

Deon soos my Skerpskietermaat hier bo van praat ek het Rudolphs op al my gewere behalwe my 375 en soos hy ook weet is die enigste scopes wat ek daai Rudolphs sal af haal voor n NXS (en nie omdat sy glas so veel beter is nie), March of iets in daai hoer klas.

EK en Pinkes het al met klomp scopes geskiet en alhoewel ons nie altyd saam stem oor watse een die beste is nie is ons al twee se gevoel rondom Vortex nogal dieselfde, hy is uit en uit maar n Remi en NXS man so hy is ook maar set in his ways

Ons skiet baie saam en jy kan hom self vra hoe die Rudolphs track en stel, die glas is verseker nie die beste op die mark nie maar vir R10 000 kan jy seker ook nou nie atacr turrets en March glas verwag nie maar die T1 se turrets is regtig baie lekker en die stel positief, vir 1000m gonge is daar niks fout met die scopes nie en die T3 ret van Rudolph is vir my een van die beste kruise op die mark.

Rudolph se diens is ook bitter goed, ons het so rukkie terug in die reen geskiet en so paar weke later het daar n "merkie" binne in die agterste lens gekom waar daar erens vog moes in gekom het, ek het n mail vir Rudolph die Maandag gestuur en Dolf het my Dinsadag deur die dag gebel en gese ek moet die scope vir hulle stuur hulle sal hom diens of vervang as nodig, die scope was een van die eerste V1 6-24's in die land so hy is al n paar jaar oud en hulle het nie n saak gehaad hoe oud hy was of waar hy gekoop was nie. Ek is nog besig met lading ontwikkeling met die scope op n roer so ek sal seker eendag as ek tyd het die scope vir hulle stuur.

Vir R10 000 sal ek nie eers na n ander scope kyk nie, ja jy kan n scope met n probleem kry maar so kan jy ook n March van R60 000 koop en ook n probleem op tel, die goed word deur mense gebou en daar is altyd n kans vir n foutjie maar hulle sal hom vir jou vervang of reg maak sou daar iets gebeur.

As jy bq meer geld wou spnadeer sou ek ook na die Sightron S3 6-24 gekyk het, regtig n baie lekker scope
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1219
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Teleskoop keuse

Post by Pinkes »

+1..!!!
User avatar
DeonvTonder
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Sun May 31, 2015 11:12 am

Re: Teleskoop keuse

Post by DeonvTonder »

Kaptein dankie vir die raad. Ek het ook al gekyk na die sightrons. Soos ek sê is ek op baie beperkte budget so wanneer die geweertjie kom sal ek maar moet kyk wat ek kan bekostig. Sal julle op hoogte hou van wat gebeur
Glock 19 Gen 3
Howa 308
Howa 6mm Creedmoor
Voere 22LR
Baikal 12GA SS
Lee Enfield 303
Rossi .38 SPL
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Teleskoop keuse

Post by Konrad308 »

Jy sal verbaas wees om te sien hoe goed die nuwe Lynx 5-30 is. Baie goeie waarde vir geld.
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Teleskoop keuse

Post by Steppenwolf »

Spaar so bietjie en koop vir jou n middelklas FFP scope. FFP rocks!
"the more I practice, the luckier I get'
Post Reply