Minox vs Meopta
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Minox vs Meopta
Goeie middag almal
Ek wil bietjie opinnies hoor rakende die 2 bogenoemde teleskope, spesifiek die 2-10x50 modelle. EK het nou 'n nuwe roer gekoop en kyk nou na hierdie 2 teleskope. Vir die toepassing waarvoor ek dit wil gebruik mag ons nie met groter as 10x skiet nie so wil die beste teleskoop koop wat my budget toelaat. Ek het nog nie die Minox ZX5 onder oë gehad nie, hoor goeie goed van hulle, maar ek het wel deur van die Meopta teleskope gekyk tydens Huntex (kan nou nie onthou watse modelle spesifiek nie) en ek was baie beindruk met wat ek gesien het.
Is daar mense wat ondervinding met beide teleskope het? As mens 13k het om op hierdie grootte teleskoop te spandeer wat sal julle koop?
Groete
Henna

Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Minox vs Meopta
Koop die meoota 3-10*50
Baie meer interne verstelling as minox
die meopta het 70 MOA ek dink minox net 38MOA. Dit is totale vetstelling
Baie meer interne verstelling as minox
die meopta het 70 MOA ek dink minox net 38MOA. Dit is totale vetstelling
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 992
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Minox vs Meopta
Wat van iets soos Leupold VX3L 3.5x10x56. Dink dit is self n lekker scope.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Minox vs Meopta
Fanie hoe sal jy sê vergelyk hulle opties? Ek is nie te bekommerd oor verstelling nie aangesien ek nie oor lang afstande gaan skiet met hom nie maar sal dit wel in oorweging bring.
-
Johannes Schoeman
- Jr. Member

- Posts: 72
- Joined: Wed Oct 31, 2012 12:14 pm
Re: Minox vs Meopta
Henna van waar is jy. Kan vir jou reel om Minox te toets.
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Minox vs Meopta
Hello henna
Oor die minox se glase kan ek nie praat nie want self nog nie een getoets nie. Sal self nogal daarvan hou om een van die minox teleskope te bekyk veral die ZE en ZX reeks. Ek is self ook opsoek na nog n teleskoop.
Ek het 4 meopta teleskope en is baie tevrede. Meopta het baie goeie glas
Groete
Oor die minox se glase kan ek nie praat nie want self nog nie een getoets nie. Sal self nogal daarvan hou om een van die minox teleskope te bekyk veral die ZE en ZX reeks. Ek is self ook opsoek na nog n teleskoop.
Ek het 4 meopta teleskope en is baie tevrede. Meopta het baie goeie glas
Groete
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Minox vs Meopta
Johannes ek is in die ooste van Pretoria, dit sal lekker wees as ek een kan toets.
Fanie ek het nou al op 'n hele paar plekke gesien die mense skryf goeie goed oor die Meopta's. Persoonlik dink ek Leupold is te duur vir wat jy kry, dink daar is baie teleskope teen 2/3 van die prys wat opties beter presteer as hulle maar dis net my 2c.
Groete
Fanie ek het nou al op 'n hele paar plekke gesien die mense skryf goeie goed oor die Meopta's. Persoonlik dink ek Leupold is te duur vir wat jy kry, dink daar is baie teleskope teen 2/3 van die prys wat opties beter presteer as hulle maar dis net my 2c.
Groete
-
Johannes Schoeman
- Jr. Member

- Posts: 72
- Joined: Wed Oct 31, 2012 12:14 pm
Re: Minox vs Meopta
Bel my gou, dan reel ek vir jou n scope om te toets. 082 56494dubbel drie
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Minox vs Meopta
Ek wil nou nie die post high jack nie, mar hier is ook dalk iets om na te kyk-
Sightron S3 3.5-10x44
30mm tube
120 MOA se travel
http://info.sightron.com/Riflescopes/SI ... 10x44LRMD/
Prys - R 13600 (non illuminated)
Sightron S3 3.5-10x44
30mm tube
120 MOA se travel
http://info.sightron.com/Riflescopes/SI ... 10x44LRMD/
Prys - R 13600 (non illuminated)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Minox vs Meopta
More Ian
Nee jy hijack glad nie, ek is oop vir enige voorstelle. Hoe vergelyk 'n Sightron met Leupold? Dit is ook 'n Amerikaanse produk as ek dit nie mis het nie?
Groete
Nee jy hijack glad nie, ek is oop vir enige voorstelle. Hoe vergelyk 'n Sightron met Leupold? Dit is ook 'n Amerikaanse produk as ek dit nie mis het nie?
Groete
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Minox vs Meopta
Sightron S3 EN S5 word in Japan vervaardig. As ek dit nie mis het nie was die "ou" Leupolds ook in Japan vervaardig en later oorgeskuif "Made in the USA" toe.
Daai S3 met sy 30mm buis is een bul van n scope! Daar is ook die Illuminated opsie mar is vrek duur. Ek weet nie hoe belangrik die illuminated funksie vir jou is nie.
Daai S3 met sy 30mm buis is een bul van n scope! Daar is ook die Illuminated opsie mar is vrek duur. Ek weet nie hoe belangrik die illuminated funksie vir jou is nie.
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Minox vs Meopta
As dit kruis nie te dun is nie dan hoef hy nie 'n verligde kruishaar te he nie. Hoe kan ek maak as ek na 'n Sightron wil kyk? Is daar winkels in PTA wat hulle op die rakke het?
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Minox vs Meopta
Ek kan jou ontmoet. PM gestuur
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Minox vs Meopta
Hello henna
Jy toe n minox gekry om te toets. Sa. Graag wil hoor wat se jy as jy een toets
Groete
Jy toe n minox gekry om te toets. Sa. Graag wil hoor wat se jy as jy een toets
Groete
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Minox vs Meopta
Hi Fanie
Nee nog nie, ek gaan later in die week na L&O toe om te kyk na hulle
Groete
Nee nog nie, ek gaan later in die week na L&O toe om te kyk na hulle
Groete
- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Re: Minox vs Meopta
Meopta sal my keuse wees in hierdie geval. As jy OK is met n SFP scope kyk ook na die Burris Fulfield 2 (3,5-10x50). Die ding het het lekker helder glas en bied goeie waarde vir die prys!
"the more I practice, the luckier I get'
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Minox vs Meopta
Dankie Steppenwolf sal na hulle gaan loer.
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Minox vs Meopta
Meopta my keuse ook die meostar R1 3-10*50 is baie lekker scope. Het self een
groete
groete
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 400
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Minox vs Meopta
Fanie wat het jy vir hom betaal?
Ek het Vrydag by Mark gaan kuier by L&O, ek het nie lank na scopes gekyk nie, ek en Mark was seker vir 45 minute in hulle kluis om na gewere te kyk en te praat, te moes ek rerig begin terug ry werk toe.... Baie gawe ou Mark. Wat ek gesien het is dat as mens die 5-25 ZX5 afdraai tot by 10X is die beeld myle beter as wat die 2-10 model s'n is. En teen ongeveer 16k dink ek dit is 'n baie goeie teleskoop vir die geld (die 5-25 nou), al wat my bietjie afsit van hom is dat hy in 1/8 MOA stel en dat een omwenteling stel 9.25 MOA stel of so iets, wat bietjie einaardig is.
Ek het Vrydag by Mark gaan kuier by L&O, ek het nie lank na scopes gekyk nie, ek en Mark was seker vir 45 minute in hulle kluis om na gewere te kyk en te praat, te moes ek rerig begin terug ry werk toe.... Baie gawe ou Mark. Wat ek gesien het is dat as mens die 5-25 ZX5 afdraai tot by 10X is die beeld myle beter as wat die 2-10 model s'n is. En teen ongeveer 16k dink ek dit is 'n baie goeie teleskoop vir die geld (die 5-25 nou), al wat my bietjie afsit van hom is dat hy in 1/8 MOA stel en dat een omwenteling stel 9.25 MOA stel of so iets, wat bietjie einaardig is.
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Minox vs Meopta
Hello henna ek het my meoptas gekoop toe meopta nog goedkoop was. Het vir die 3-10*50 meopta R6000 betaal
-
Fanie Nel
- Hero Member

- Posts: 502
- Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Re: Minox vs Meopta
Hello henna ek het my meoptas gekoop toe meopta nog goedkoop was. Het vir die 3-10*50 meopta R6000 betaal