Vortex HST vs Sightron SIII
-
Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
Vortex HST vs Sightron SIII
Jis
Kort bietjie raad. Watse een van die twee sal die beste doen vir long range papier skiet?
Dankie
Kort bietjie raad. Watse een van die twee sal die beste doen vir long range papier skiet?
Dankie
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
-
Maanboef
- Jr. Member

- Posts: 64
- Joined: Thu Feb 27, 2014 4:59 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek volg ook die een!
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek sal my nek uitsteek Siii ,tensy die Vortexe wat ek beetgehad het verpakkings material oor hulle lense gehad het is daar geen vegelyking.Maanboef wrote:Ek volg ook die een!
DD
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
My keuse sou die Siii wees. Ek het lank met een geskiet en sal weer een koop as ek die geleentheid/geld het.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
-
Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Hoe vergelyk die lynx LX 3 met die sightron? Veral as ons na hulle pryse ook kyk
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek sou graag 'n LX3 5-30x56 wou hê. Het hom al lankal dopgehou en ek sien hier is een te koop in ons dorp. R21 000.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Diesel Dog wrote:Ek sal my nek uitsteek Siii ,tensy die Vortexe wat ek beetgehad het verpakkings material oor hulle lense gehad het is daar geen vegelyking.Maanboef wrote:Ek volg ook die een!
DD
Haha net so
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Jaco V
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
SIII heeldag elke dag
Groete
Jaco
CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Jaco
CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek is besig om 'n 8-32x SIII te toets en is maar 'n bietjie teleurgesteld met die optiese kwaliteit. Baie melkerig teen die hoë vergrotings en die beelddiepte (depth of field) is baie klein op 32x.
Mooi loop
Mooi loop
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Koos, nou moet jy koes!!Koos Barnard wrote:Ek is besig om 'n 8-32x SIII te toets en is maar 'n bietjie teleurgesteld met die optiese kwaliteit. Baie melkerig teen die hoë vergrotings en die beelddiepte (depth of field) is baie klein op 32x.
Mooi loop
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ja wel, dit was my ondervinding. Ek hoor die hele tyd hoe die manne rave oor die Sightrons en ek het hoë verwagtings gehad, maar die optiee kwaliteit was nie wat ek verwag het nie. Ek hou wel baie van die 2MOA-kruishaar wat die scope het en dit het akkuraat gestel. Behalwe vir die optiese kwaliteit kan ek niks negatiefs van die scope sê nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek moet byvoeg dat die Vortex HST ook nie my keuse sou wees nie. Trouens, ek sou nie een van die twee kies nie. Eerder Vortex PST.
Mooi loop
Mooi loop
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek self is baie teverede met my PST. Die beeld is lekker helder alhoewel ek ook kan se dat hy op 24x vergroting nie so mooi helder is soos op 20x vergroting nie (ek skiet met 'n sunshade op so dit kan dalk die lig op hoe vergroting beinvloed???). Dit is steeds baie duidelik op 24x vergroting maar dit is asof die kontras tussen kleure van voorwerpe vir my beter is op 20x vergroting. Ek kan daarme saamleef want die scope is meganies baie goed, clicks is duidelik en herhaalbaar.
Ek het so ruk terug ook deur 'n Sightron S111 gekyk en was ook nie beindruk met die glase nie. Ek het hom sommer so in die winkel gebruik om by die deur uit te kyk so my opinie is dalk nie van die beste nie.
Ek het so ruk terug ook deur 'n Sightron S111 gekyk en was ook nie beindruk met die glase nie. Ek het hom sommer so in die winkel gebruik om by die deur uit te kyk so my opinie is dalk nie van die beste nie.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Elke man se oe kyk maar anders deur n scope
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Jis Koos
As ek mag vra, met watter scope het jy gedink moet die Glass van die sightron vergelyk? Met ander woorde , wat was jou verwagting van die glas? Jy is dood reg, daar is baie scopes se glas wat beter gaan wees, maar teen 'n prys. Soos die Engelse man sê, "you get water you pay for" Ek sou graag nog 'n NF of 'n S&B of so iets wil kook, maar dan gaan my vrou my los
Groete
As ek mag vra, met watter scope het jy gedink moet die Glass van die sightron vergelyk? Met ander woorde , wat was jou verwagting van die glas? Jy is dood reg, daar is baie scopes se glas wat beter gaan wees, maar teen 'n prys. Soos die Engelse man sê, "you get water you pay for" Ek sou graag nog 'n NF of 'n S&B of so iets wil kook, maar dan gaan my vrou my los
Groete
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
-
gbvl
- Sr. Member

- Posts: 267
- Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Interesant. Nie geweet daar is is n verskil in glas tussen die HST en PST. Gedink dis net n verligte kruishaar. Leer elke dag iets nuut
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Murray
Ek het geen verwagting gehad oor met watter scope die Sightron moes kon kompeteer nie. Maar hier op Jaracal het die mense die helderheid van die Sightron so opgehemel dat ek veel meer van die scope verwag het.
GBVL
Dit gaan nie soseer net oor die glas nie. Die meeste teleskope se glas is meer as helder genoeg vir die toestande waaronder ons hier in SA jag. As ek na die totale prentjie kyk verkies ek maar net die PST.
Mooi loop
Ek het geen verwagting gehad oor met watter scope die Sightron moes kon kompeteer nie. Maar hier op Jaracal het die mense die helderheid van die Sightron so opgehemel dat ek veel meer van die scope verwag het.
GBVL
Dit gaan nie soseer net oor die glas nie. Die meeste teleskope se glas is meer as helder genoeg vir die toestande waaronder ons hier in SA jag. As ek na die totale prentjie kyk verkies ek maar net die PST.
Mooi loop
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek het ook al hier gelees van ouens wat sê die SIII 8-32x56 se beeld is beter as 'n kompeterende NXS. Dit was nog nie my ondervinding nie.
Ongelukkig kon ek nie op dieselfde tyd deur 'n PST, XTRII, SIII en NXS kyk nie. Die PST en XTR II se glas lyk vir my baie dieselfde en swakker as die NXS (op dieselfde dag getoets buitekant die winkel). Uit my ondervinding was die NXS ook beter as die SIII (my eie teleskope). [Die HST het blykbaar nie dieselfde glas as die PST nie]
So as mens kyk na prysklas sou jy seker die PST, XTR II en die SIII kon vergelyk. Al wil mens die NXS vergelyk is dit bietjie onregverdig as mens na die prys kyk.
Nou is daar die Lynx LX3 wat lyk my ook in dieselfde prysklas val, so mens het 'n hele paar keuses. Daar is ook somigges wat beweer die Rudolph staan nie terug nie maar hy val nou weer in 'n ander prysklas en persoonlik sukkel ek om te glo dat die scope op dieselfde standaard is (ek is natuurlik oop om anders oortuig te word).
As jy kan, kyk self deur die scopes en besluit dan.
Ongelukkig kon ek nie op dieselfde tyd deur 'n PST, XTRII, SIII en NXS kyk nie. Die PST en XTR II se glas lyk vir my baie dieselfde en swakker as die NXS (op dieselfde dag getoets buitekant die winkel). Uit my ondervinding was die NXS ook beter as die SIII (my eie teleskope). [Die HST het blykbaar nie dieselfde glas as die PST nie]
So as mens kyk na prysklas sou jy seker die PST, XTR II en die SIII kon vergelyk. Al wil mens die NXS vergelyk is dit bietjie onregverdig as mens na die prys kyk.
Nou is daar die Lynx LX3 wat lyk my ook in dieselfde prysklas val, so mens het 'n hele paar keuses. Daar is ook somigges wat beweer die Rudolph staan nie terug nie maar hy val nou weer in 'n ander prysklas en persoonlik sukkel ek om te glo dat die scope op dieselfde standaard is (ek is natuurlik oop om anders oortuig te word).
As jy kan, kyk self deur die scopes en besluit dan.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Ek moet nog die Sightron in swak lig met 'n paar scopes vergelyk. Dit sal wees met 'n PST, 2x Nightforce SHV's, Swarovski Z5 en Z6, Lynx se nuwe 5-30x LX3 (ek het een ontvang vir toetse en dit lyk na 'n baie lekker scope) en Minox ZX5.
Sal verslag kom lewer as ek klaar is.
Mooi loop
Sal verslag kom lewer as ek klaar is.
Mooi loop
-
Murray
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Wat prys daai nuwe LX3 scopes?
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Koos Barnard wrote:Ek is besig om 'n 8-32x SIII te toets en is maar 'n bietjie teleurgesteld met die optiese kwaliteit. Baie melkerig teen die hoë vergrotings en die beelddiepte (depth of field) is baie klein op 32x.
Mooi loop
My kommentaar is gegrond op my ondervinding met SIII 6x24 ffp milhash, ek kan my indink dat 32x optimisties is vir die prys klass
Die evaluering van optiese gehalte is (subjective) en ek het al agter gekom dat party scopes wit helder is met n skerp beeld meeste met lense van Japan,ander is weer donkerder amper groen met baie better kontras normal weg Europese lense.
As ek my huidige teleskope in n rang lys moet sit (almal op 20x vergrooting en gefokus op n voorwerp op 400m) dan sal dit volgens my oe so lyk
1 IOR4-28x50
2 S&B PM II 5-25X56
3 NF SHV 5-20X56
4 SIII 6-24FFP MILHASH
5 NSX 5-22X 56 MOAR
6 LX3 5-30X 56 20MOA
Dit is net gegrond op optiese gehalte as jy na die totale pakket kyk dan sal die lys anders daaruit sien
DD
Last edited by Diesel Dog on Mon Aug 01, 2016 9:44 pm, edited 1 time in total.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
LX3 = R21 000 in Pietersburg
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Baie dankie hiervoor, altyd goed om sulke goed te lees.Diesel Dog wrote:Koos Barnard wrote:Ek is besig om 'n 8-32x SIII te toets en is maar 'n bietjie teleurgesteld met die optiese kwaliteit. Baie melkerig teen die hoë vergrotings en die beelddiepte (depth of field) is baie klein op 32x.
Mooi loop
My kommentaar is gegrond op my ondervinding met SIII 6x24 ffp milhash, ek kan my indink dat 32x optimisties is vir die prys klass
Die evaluering van optiese gehalte is (subjective) en ek het al agter gekom dat party scopes wit helder is met n skerp beeld meeste met lense van Japan,ander is weer donkerder amper groen met baie better kontras normal weg Europese lense.
As ek my huidige teleskope in n rang lys moet sit (almal op 20x vergrooting en gefokus op n voorwerp op 400m) dan sal dit volgens my oe so lyk
1 IOR4-28x50
2 S&B PM II 5-25X56
3 NF SHV 5-20X56
4 SIII 6-24FFP MILHASH
5 NSX 5-22X 56 MOAR
6 LX3 5-30X 56 20MOA
Dit is net gegrond op optiese gehalte as jy na die totale pakket kyk dan sal die lys anders daaruit sien
DD
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Vortex HST vs Sightron SIII
Daai 6-24 Sightron kyk vir my ook beter as die 8-32, dink ek gaan al my scopes verander vir die 6-24x50 met die LRMOA ret
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.