Kruishaar vir Nagskiet

klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by klipspringer »

Dawie

Mens kan die kruishaarsterkte vooraf vir spesifieke ligtoestande stel, maar die hoeveelheid lig wat van die teiken teruggekaats word varieer natuurlik met afstand, atmosferiese toestande, teikenkleur ens. Ek kan dus sien dat jy soms die intensiteit van die kruishaar sal wil stel gedurende jag.

Wat die NP-2DD kruishaar betref het ek eenmaal saam met die F-klas ouens van 800 m af op 'n swart-op-wit 5-duim-deursnit teiken geskiet en dit het goed gewerk. Dit was wel gedurende die dag en daar is vir toestande en afstand gestel. Ek het dus nie afmikpunte nodig gehad nie.


Jan
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by klipspringer »

Ek sal graag kommentaar oor Swarovski se BRX kruishaar wil hoor as daar dalk iemand is wat ondervinding daarmee het.

Groete
Jan
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Francois Marais »

Jan

Hy lyk vir my n bietjie besig, maar het noggie deur n scope gekyk met hom in nie, net oppi net. Ek skiet met n ou Swarofski met n kruis wat net drie kruise ondertoe het, en hy werk baie mooi, dink dis n TDS of so iets........
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by klipspringer »

Hello Francois

Ek het die TDS-4 met 4 langerwordende kruise onder die middelkruis gesien. Dit het ook 'n kolletjie links en regs van die senter kruis. Lyk nogal prakties.

Groete
Jan
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Stefan764 »

Lyk maar omtrent soos die Leopold Varminter? Of hoe?
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Francois Marais »

Jan
TDS-4 met 4 langerwordende kruise onder die middelkruis gesien. Dit het ook 'n kolletjie links en regs van die senter kruis.
Dis presies hy waarvan ek praat, maar hulle is nie meer in die nuwe generasie scopes beskikbaar nie, wonner of Koos ook daar vir ons n woordjie kan doen...

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by klipspringer »

Hello Stefan

Ja die TDS-4 lyk amper soos die Leupold se Varmint kruishaar, maar met minder afmikpunte na links en regs op die verskillende hoogtes.

Groete
Jan
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Koos Barnard »

Dags?
Manne ja die TDS is nie meer in SA beskikbaar nie (ook nie oorsee nie) wat 'n jammerte is. Dit maak my hart seer om dit te moet s? maar ek dink Swarovski se BRX is te fyn vir nagskiet (beslis vir my o?). As ek my eie produk moet kritiseer dan is dit dat die Oostenrykers nie 'n lekker growwe kruishaar maak vir ouer o? nie. Die beste is hul Plex wat baie lekker werk asook sommige van die 4A reticles (daar is 'n dun en dikker een beskikbaar). Ek sal met die Oostenrykers karring, maar ons mark is so klein dat ek twyfel of hulle sal luister. Maar kom ons probeer.
Groetnis
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by henslin »

Ek gebruik maar 'n "ULTRA OPTIC" cheapie.  3-9 X40. Vir my doeleindes doen hy nie te sleg nie. Kruishaar op tweede vlak - daarmee bedoel ek die kruishaar bly dieselfde van hier tot doer. Gebruik hom met voorsit riostaat liggie sowel as met volmaan.

[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... _07131.jpg[/img]
Normaal vir in die dag


[img width=560 height=420]http://i1038.photobucket.com/albums/a46 ... _07141.jpg[/img]
Op maksimum verligting - kan met 11 verstellings afgstel word tot die kruishaar heeltemal verdwyn in die nag
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Francois Marais »

Koos

Kan jy dalk bietjie terugvoer geevan die TDS 4 kruishaar, of die manne sal kyk en of hulle ons sommer net afskiet.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Stefan764 »

Francois Marais wrote: Koos

Kan jy dalk bietjie terugvoer geevan die TDS 4 kruishaar, of die manne sal kyk en of hulle ons sommer net afskiet.

Mooi loop
Francois
Moet jy nie visvang nie ou graat man ??  :-\
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Koos Barnard »

Francois
Ek sien die naweek 'n ou van swarovski en sal die saak met hom opneem. Sal terugvoering gee as ek enige nuus ontvang.
Koos
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Freek »

Moet jy nie visvang nie ou graat man ?? 
Dink jy die fokus is gebreek daar langs die water Stef? Het al van tevore gehoor dat die gesoute manne die weer blameer as dinge nie vlot nie, of dit so is of nie ek sallie weet nie. My visvang kennis is nie op daai level nie...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Stefan764 »

Ou Freek ek het al dieselle ding gehoor. Golfers loop ook so hoor ek......  ;D

O ja en nog n ding,
Stefan764 wrote: ... ou graat man ??  :-\
Ek het gemeen GROOT man..... skies vir my spelling, maar toe nogal heel gepas by die visvangery  ;D ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Freek »

Fokus k?rels, fokus...  8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Piet Breedt »

Ek het my absoluut puik Z6 5 - 30 x 50 juis verkoop omdat sy kruishaar te din is vir my ou o?. As ek hom kan kry met die TDS 4 reticle in, ruil ek hom vir niks. Koos, hoor asb of hulle op bestelling so een kan bou, dan bestel ek sommer nou dadelik een.
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by klipspringer »

Ek het die ander dag met die Duitse "1 kruishaar 'n springbok gedurende die dag geskiet. Die haar is erg dik, maar die boonste helfte van die beeld is heeltemal skoon. Dis maklik om die teiken op te spoor en het vir my lekker gewerk.

Is daar van julle ouens wat hom gedurende die nag gebruik?

Groete
Jan
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by klipspringer »

Hello Manne

Dit wil voorkom asof Leupold se Varmint Hunter kruishaar een van die gewildste kruishare vir meeste vorms van jag is. Vir die nag is die dikte net reg en vir die afmik is daar menige opsies.

Wie se nog so....of dalk anders?

Groete
Jan
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Francois Marais »

JAN
Dit wil voorkom asof Leupold se Varmint Hunter kruishaar een van die gewildste kruishare vir meeste vorms van jag is. Vir die nag is die dikte net reg en vir die afmik is daar menige opsies.
Ek wil met jou 100% saamstem, maar.....ons mag dalk pakslae kry by n paar manne, maar maak nie saak nie, laasweek nog een aangeskaf.......8.5-2X50 LR met Varmint kruis.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Dawid »

Francois eks nou nie n Pro soos julle manne nie maar ekt na n laaaaang geselsie met n paar Yanks wat hier saam my werk n Barska scope gekoop en die manne se dis uitstekend veral vir die nagjag ook. Kyk bietjie daar by Barska se website.....ek sal nogals like om te weet wat julle manne se idees is rondom dit is. Die scope is die 4 - 16 x 50 IR Sniper scope. Hy is nou op my 243 en ek gaan hom toets sodra ek terug in SA is. Kyk die spreekwoord se mos.....jy kry waarvoor jy betaal, en die ding was darem wragtie goedkoop, sooooooo....... ons sal maar sien.
Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Louis102 »

Francois Marais wrote: ... Ek wil met jou 100% saamstem, maar.....ons mag dalk pakslae kry by n paar manne ...
Sweis, party manne ry petrol Cruisers omdat hulle kan en wil (hoe loop jou nuwe een?  ;D), ander moet maar tevrede wees met met 'n Datsun of Ford.  Ander het weer smaak vir 'n Landie, maar meestal kom almal darem vroe?r of later by die bestemming uit.  So is dit maar seker met scopes ook, solank jy tref waar jy moet, maak die kruishaar en scope se "brand" seker nie saak nie?

Jy moet lekker skiet met daai Leupold's, verstaan hulle word gemaak vir manne wat kan skiet.  Ek sal maar hou by die goed wat dit vir my makliker maak, siende dat ek nou nie so goeie skut is nie en my o? maar verdag begin raak, soos die jare aanloop.

Mooiskiet
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Stefan764 »

Oom Leeu/Groot Leeu/Ander jakkalsjagters

So van die nagskiet gepraat, ons het Schmidt & Bender scopes ingekry, die 8x56. Prys,  R8 000 VAT ingesluit, Posgeld uitgesluit. Hulle het vanmore geland, gedog ek lat weet die jakkalsmanne gou.

Daar is een in 30mm tube en een in 25mm.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Louis102 »

Stefan764 wrote: ... So van die nagskiet gepraat, ons het Schmidt & Bender scopes ingekry, die 8x56. Prys,  R8 000 VAT ingesluit,
Stefaans, ek hou nie meer by met al die "Leeus" hier op die forum nie, maar kan jou s? ek sou nogal graag deur een van daai wou kyk terwyl 'n jakkie omdop.  Gaan juis binne-kort 'n teleskoop kort wees, daar ietsie nuuts vir die kluis oppad.  Ek het so 'n 3-12 x 50 op my 25-06 wat nogal oraait is .... dink die 56 lens gaan 'n verskil maak, ongeag sekere opinies oor "ouer o?" & 56 lense op die  forum.  Minder goed wat kan verstel / uitstel (soos vergroting en paralaks) is 'n pluspunt in my opinie, as dit kom by jakjag.  Julle kan 'n Scmidt & Bender-badge op my jagbaadjie vaswerk (sal die Zeiss-badge seker dan moet afhaal?) as ek hom vir so jaar of wat kan leen  ;D

Het die scope 'n paralaks verstelling?  Indien nie, het julle hom al bietjie getoets vir paralaks sensitiwiteit?

Mooiverkoop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Geno »

Stefaans,
Daai klink soos 'n bitter lekker scope!
Ek sou net like van iets in die 2.5-12x klas, spesifiek vir daai jakkies wat 'n duik in die bakkie wil hardloop.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Kruishaar vir Nagskiet

Post by Stefan764 »

Louis102 wrote: Het die scope 'n paralaks verstelling?  Indien nie, het julle hom al bietjie getoets vir paralaks sensitiwiteit?
Oom Leeu

Die teleskoop het nie n paralaks verstelling nie nee. Ons het nog nie die scope op die baan loop toets vir paralaks sensitiwiteit nie, sal vir Geno opkommandeer lat ons gou een middag die scope Krokodilspruit toe vat en vir julle n verslaggie kom gee.

Ek hou baie van die "look" van hierdie scope. Plain. Geen fieterjasies wat kan stamp of kap nie en sy stelknoppe is klein en nie in die pad nie.

Groetnis
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply