My 9.3x62 trek sy eerste bloed
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Die afgelope naweek is ek en vroulief deur Merweville toe vir ons jaarlikse kuiertjie op Sambokkraal , donderdag daar aangekom en eers my tweede pa gehelp met die stukkende goedjies herstel , -40 glykol vrieskas verstopping gehad , nuwe refrigeration filter in gesilwer solder , vacuum getrek en hervul met gas , ligte em plugs reggemaak , en so deur die vrydag ook gewerk daar met al my liefde aan die Oom wat ek baie lief het , nou ja vrydag middag so 4 uur is vroulief nou regtig gatvol om so in die huis te sit , ons moet draai gaan ry in die veld NOU!! se sy , ons daar weg , ek vat sommer net die 7x64 saam , sy bestuur ek sit net rustig langs haar , so ry ons eerste kamp in en sommer in klomp blesbokke vas , Maar ek nooit met die oom gepraat oor blesbokke nie , so los maar se ek vir haar , ent verder , Gemsbokke , ek is haastig uit die bakkie , maar die knaldemper hak in die dak vas en geweer belt om die rathefboom , nou ja , te laat en weg is hulle , nou begin reeds skemer raak , en ek se sy moet maar huis se kant toe beweeg , op die volgende rant gewaar ek so paar springbokke , uit is ek met geweer en verkyker , sien hulle agte 'n volgende randjie staan , net die horings steek uit , so bekruip ek hulle met die wind lekker sterk in my gesig , skiet toe daar een , en terug bakkie toe en laai op , by die huis aangekom eet ons lekker koedoe pastei wat vroulief vir ons gemaak het , saterdag is nou die los dag wat ek en sy ( die oom gaan nie meer saam veld toe nie , hy is nou al 80 ) het om te gaan jag , dit is so koud daai aand en ons le sommer lekker laat saterdag oggend ( ons weet mos nou waar die bokke is !! ) , ons is so tienuur veld toe en sy bestuur weer , ek het darem die 9.3 agter in die bakkie en sit maar weer voor met die 7x64 , so ry ons en ry ons en ry ons , elke kort kort klim ek uit met geweer en verkyker en stap hoogte toe en tuur met die verkyker , maar niks , dit is bitter koud , so die wild kruip weg in die laagtes dit is later 3 uur en ek begin al moed opgee , ons kom weer so langs die rivier afgery en skielik 30 tree van my af staan daar koedoes , ek spring uit die bakkie , en als wat kan vashaak hak vas , op die ou end is ek uit en die bosse in , nodeloos om te se , hulle is weg , ry maar weer , kom weer voor 'n rantjie en ek klim uit met die verkyker , los sommer die slag die lomp geweer in die bakkie en stap ent die veld in , tuur en tuur niks ! so draai ek om om terug bakkie toe te loop en wragtag 7 Gemsbokke staan 30 tree van die bakkie af en kyk vir my met net die verkyker in die hand , sy sien hulle en begin solank die geweer so kry dat ek hom net kan aanvat , toe ek begin stap , to move hulle , ek kry die 7mm en is agter hulle aan 2 , 3 rante verder , maar die wind is nie in my guns nie , nou ja so is dit nou half 5 en dit raak al weer skemer , ons is honger , het nie ontbyt gevat nie , want dit sou sommer gou wees , haha , so is ek nou keel vol en sit die 7mm agter in die bakkie en vat die lekker gemaklikke 9.3 , sonder beldt en silenser en klim voor in die bakkie en se sy moet maar huis se kant toe ry , die huis is al in sig toe sy gemsbok horings sien uitsteek agter 'n randtjie , ek is uit en daai kantoe , so 200 meter staan die gemsbokke , wind waai en son sak al ek weet ek het gezero op 200m , so as ek daar vat sal hy daar wees , le aan op die nek , skoot klap (10voor5) en daai gemsbok val soos 'n lap , baie opgewonde is ons albei , gaan haal die bakkie en laai op , ek lekker winch agter in op rollbaar en ek en vroulief laai sommer self op , ek kan nie fotos gelaai kry nie , as iemand dalk wil laai vir my asb , Joe Rocket kom in dan laai jy fotos vir my asb
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
<a href="http://s1036.photobucket.com/user/Jurge ... j.jpg.html" target="_blank"><img src="http://i1036.photobucket.com/albums/a44 ... d7q5ij.jpg" border="0" alt="Merweville 1 photo pappa foon 2 463_zpsncd7q5ij.jpg"/></a>
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Nee wat , ek nou probeer om foto te laai , maar nou lyk dit soos hierbo , lol
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Baie Geluk, die staatmaker bly maar 'n wenner, Nice Gemsbok, weet jy wat hy uitgeslag het.
http://i1036.photobucket.com/albums/a441/Jurgenbkvisser/pappa%20foon%202%20463_zpsncd7q5ij.jpg
http://i1036.photobucket.com/albums/a441/Jurgenbkvisser/pappa%20foon%202%20463_zpsncd7q5ij.jpg
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Sal saterdag weeg as ek vleis werk
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Dankie vir die op sit van foto flip
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Daai is nie die 9.3 in my hand nie , sy die 7x64 aangegee vir die foto , lol
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
Dirkonius
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Netjies Jurgen, baie geluk met jou eerste bok wat jy met jou 9,3x62 geoes het.
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Dankie my vriendjoe rocket wrote:
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Plesier man mooi bok wat jy geskiet het met daai roundbar koele. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Ek en Heinz sal jou bietjie onder hande moet neem. Met 'n paar klappe en skoppe, sal jy dalk 'n jagter word!
Grappie
Baie mooi, Jurgen!
Grappie
Baie mooi, Jurgen!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Smaak my almal op Jaracal is kwaad vir die gemsbokke, want hul vat lelik pak.
Mooi man!
Mooi man!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3074
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Mooi gegooi!
Is dit n Vektor 9.3?
Sent from my D5803 using Tapatalk
Is dit n Vektor 9.3?
Sent from my D5803 using Tapatalk
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Jip dit is 'n Vektor 9.3 , moet se hy skiet baie lekker , sag op die skouerApie wrote:Mooi gegooi!
Is dit n Vektor 9.3?
Sent from my D5803 using Tapatalk
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3074
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Goeies!Jurgen Visser wrote:Jip dit is 'n Vektor 9.3 , moet se hy skiet baie lekker , sag op die skouerApie wrote:Mooi gegooi!
Is dit n Vektor 9.3?
Sent from my D5803 using Tapatalk
Myne lyk net so!
Sent from my D5803 using Tapatalk
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Dankie oom , dis nie net sommer vir kom klap en skop nie hoor , ek sit my maklik tee , lolPWV wrote:Ek en Heinz sal jou bietjie onder hande moet neem. Met 'n paar klappe en skoppe, sal jy dalk 'n jagter word!![]()
Grappie
Baie mooi, Jurgen!
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Jurgen,
Baie geluk met jou mooi Gemsbok!
Baie geluk met jou mooi Gemsbok!
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13532
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Netjies Jurgen, geluk dis n mooi bok daai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Met my gemsie jag die afgelope naweek kon ek nie help om aan so paar Jaracal "gesprekke" te dink nie...
9.3 of 375.....
Deur takke skiet of nie.....
Gemsbok of kudu.....
En toe die 4x4 Ranger nie by my bok kon uitkom om op te laai nie.... Hilux of Ranger
En nou koes ek
9.3 of 375.....
Deur takke skiet of nie.....
Gemsbok of kudu.....
En toe die 4x4 Ranger nie by my bok kon uitkom om op te laai nie.... Hilux of Ranger
En nou koes ek
Gooi lood!!!!
-
JDKey
- Sr. Member

- Posts: 318
- Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Pitkos vir die veld...Askari wrote:Met my gemsie jag die afgelope naweek kon ek nie help om aan so paar Jaracal "gesprekke" te dink nie...![]()
9.3 of 375.....
Deur takke skiet of nie.....
Gemsbok of kudu.....
En toe die 4x4 Ranger nie by my bok kon uitkom om op te laai nie.... Hilux of Ranger
En nou koes ek
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
More
Baie geluk met die mooi Gemsbok. Ek dink net ek moet noem en ek het dit ook raakgelees op Askari se post waar hy ook Gemsbok geskiet het. Albei baie goeie skote sonder drama maar Gemsbok nekskoot is 'n risiko wat baie maklik op 'n hartseer gesoek kan uitloop. As jy nie presies weet wat jy doen nie is dit 'n skoot wat liefs nie gevat moet word nie.
Nogtans geluk aan albei van julle met hierdie lekker skote.
Baie geluk met die mooi Gemsbok. Ek dink net ek moet noem en ek het dit ook raakgelees op Askari se post waar hy ook Gemsbok geskiet het. Albei baie goeie skote sonder drama maar Gemsbok nekskoot is 'n risiko wat baie maklik op 'n hartseer gesoek kan uitloop. As jy nie presies weet wat jy doen nie is dit 'n skoot wat liefs nie gevat moet word nie.
Nogtans geluk aan albei van julle met hierdie lekker skote.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
More Jakkalsegat. Ek neem kennis van jou "kommer" oor die nekskoot en ek stem 200% saam. Met 'n gemsie se werwels wat laer as ander bokke sit kan 'n nekskoot, veral vd kant, in 'n baie onaangename ervaring uitdraai. So bietjie meer inligting..... ek het al baie gemsies geskiet met my 308, hart/long en kopskote sonder enige probleme. Die afgelope naweek was egter die eerste keer met die 9.3. Weens hoe die bok gestaan het en weens die feit dat ek vertroud is met sy anatomie was ek egter baie gemaklik met 'n "quartering to" nekskoot. My hoofrede waarom ek nie vir 'n skoot langs die kuiltjie (en dus die hart/long) gegaan het nie was juis oor ek bang was vir oor penetrasie na die bulk.Jakkalsgat wrote:More
Baie geluk met die mooi Gemsbok. Ek dink net ek moet noem en ek het dit ook raakgelees op Askari se post waar hy ook Gemsbok geskiet het. Albei baie goeie skote sonder drama maar Gemsbok nekskoot is 'n risiko wat baie maklik op 'n hartseer gesoek kan uitloop. As jy nie presies weet wat jy doen nie is dit 'n skoot wat liefs nie gevat moet word nie.
Nogtans geluk aan albei van julle met hierdie lekker skote.
Dit is goed dat jy die onderwerp opgebring het. Baie manne lees Jaracal en kan maklik die verkeerde idee kry, soos bv dat 'n Hilux beter as 'n Isuzu is
Ek het fotos vd die in en uitgangswonde op my gemsie asook die skade aan die werwels. Ek sal dit post sodra ek kans kry. Nogmaals dankie vir jou post!
Danie
Gooi lood!!!!
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: My 9.3x62 trek sy eerste bloed
Dankie manne , ja ek stem saam die nekskoot is 'n risiko , maar soos my storie lees was die dag al of liewers jag al verby , ek het vinnig die drie gemsies in die scope deurgegaan vir die mooiste een , en toe begin 2 al hardloop , ek moes vinnig gooi ,anders was my kans weg , en ek het , en is bly dat dit uitgewerk het vir my , ek sou ook liewers as ek die tyd gehad het gegaan het vir die hart long , maar gelukkig het ek geweet waar die geweer skiet op daai afstand
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
