Skoolgeld betaal op koedoejag

User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Spanner »

Dis met ‘n swaar en hartseer hart dat ek my storie met julle deel, hopelik kan iemand uit my stupid fout leer en jouself baie geld en leed spaar.

Ek het onlangs gaan jag tussen Commondale en Piet Retief, op ‘n erg bergagtige plaas in die Pongolavallei. Die Polgolarivier vloei deur die plaas. Die plaas beslaan 3500 ha en het baie klowe met digte rivierbos, waar ons gehoop het om die koedoes te vind.
http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC08391_zpsfs6f1syk.jpg


Op die tweede dag van bloedsweet deur klowe af en teen steil hange weer op kruip , het ons besluit om ‘n blesbok of rooibok in die oper dele van die plaas te gaan soek. My bo-bene en kuite was al lam en het gebrand. Oppad na die plato bo-op die berg, merk ek koedoes in ‘n lappie bos op, die klein lappie bome was op die rand van ‘n “jong berg”, met oop grasvlakte reg rondom dit. Gelukkig was die gras lank en dig, maar die area was baie klipperig en besaai met rotse. Veertig minute later, na bloederige knieë en nerf-af elmboeë van leopardcrawl oor en om klippe, kon ek ‘n skoot neem op ‘n koedoekoei, quatering towards. Sy het omgedraai en teen die rand agter haar af verdwyn. Ons het haar so 15 min gegee om te besluit of sy wil vrêk en begin soek. Ek het haar gekry so 50m van waar sy gestaan het, halfpad teen die steil hang af. Rotse het haar val teen die helling af gekeer.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC08392_zps8m7xcylf.jpg
En dis hier waar my oordeel my in die steek gelaat het.
Ek wou dadelik die pens trek, want ek het vermoed dat die koeël dalk die pens kon getref het op pad uit, maar die gids het my oortuig dat dit beter is om nie die karkas daar oop te maak nie, want ons gaan die karkas ongeveer 350m teen die hang af moet sleep na die naaste pad. Om my gerus te stel, het hy sy vinger in die uitgangswond gedruk en daaraan geruik. Geen pensmis nie. Die hang is baie steil en plek-plek het die koei sommer self teen die hang af gegly/gerol, menige male sommer gat-oor-kop gerol tot die karkas weer deur rotse gekeer is. Dit het ons ongeveer 40 minute geneem om die karkas tot by die pad te kry en toe nog 45 minute langer gewag vir die Cruiser om op te daag, as wat belowe was. Die rit terug het ‘n addisionele 45min geneem deur al die klowe en bergpasse. Teen die tyd dat ons by die slagpale gekom het, was daai pens al rond geswel...en jy kon pensmis duidelik ruik !
Toe daai karkas oopgemaak word, kon ek my oë nie glo nie ! Ongelooflike bloedskade en pensmis was orals. Pensmis was letterlik orals ! Uiteindelik moes ons altwee die ribbes en blaaie weg gooi. Die 6.5mm Rhino 140gr teen 2730 v/sek het ‘n rib getref in en weer een uit, en die ribbes het lelik gebreek met skerp punte. Gedurende die sleep-rol oor die klippe teen die hang af, het daai skerp punte die pens stukkend gesteek en versnipper. Die koeël het ook die regter bladbeen gebreek en die sleep en rollery het gemaak dat die rib en bladbene die karkas verder versnipper en opgesny het. ... en al daai gemors in die karkas en koeelgate ingedruk.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC08399_zpsqyrpjrue.jpg

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC08402_zps38gehl30.jpg

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC08405_zpstikuui1w.jpg

So hier is my raad : Trek die pens uit so gou jy kan. Ek sal nooit weer daai fout maak nie. Ek het ‘n vreeslike klomp vleis gemors. Dis baie makliker om stof, grond en gras uit ‘n karkas te was, as wat dit is om pensmis uit te was...want jy kan nie daai reuk en smaak uitwas nie, jy sny dit uit en gooi dit weg !
Agterna vertel die boer vir my, dis eintlik ‘n ou truuk van daai spesifieke gids – hy eet die pens, en daarom wil hy nie hê dat die pens in die veld getrek moet word nie, want dan bly hy agter in die veld ! So daai slinkse gids het die pens gekry , en sommer twee blaaie en 'n klomp ribvleis op die koop toe !

Ek het nou die skoolgeld betaal, sodat julle nie hoef nie.

Derik
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by toelie »

Sjoe Derik dit is nie n lekker gevoel as daai vel af kom en jou vleis lyk so nie, ai maar nou ja so leer n mens elke dag iets nuut
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by FHM »

Ai ou spanner dis jammer vir die skade man, hel dis nie lekker nie!
Ja nee maat - dankie vir die klas-geld op jou! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by win270 »

Jammer om van die slegte ondervinding te hoor. Die penstrek gewoonte word op baie plase verwaarloos d.w.s. dit word nie dadelik in die veld gedoen nie. Ek dink jagters behoort vooraf op die gebruik aan te dring en ooreenkom met die boer / gids sodat bogenoemde teleurstelling nie die uiteinde is nie.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Spanner »

Ja. Ek is so kwaad vir myself dat ek my laat ompraat het. Ek moet dit dadelik net doen en klaar.
Ek kan nog met die bloederigheid en kneusing van die vleis agv die sleep oor klippe 'n plan maak, maar as ek daai pensmis ruik, wil ek buitentoe-sluk !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by TOKELOS »

Dankie Spanner!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by PWV »

Spanner, waar skiet 'n mens 'n koedoe?

Naby die pad!!! of waar 'n bakkie kan ry.

(nog 'n lessie)
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Spanner »

Dis baie waar Oom ! Maar op daai stadium was ek doodmoeg en gedaan, ek was bang die koei gaan my roggel-asem oor die 150m bult-af hoor ! Daar was ook nie meer kans om nader te kom nie, ek het op my maag gelê toe ek skiet, met my elmboeë op klippe, sonder 'n rus. Sy moes net ander kant toe gehardloop het na die skoot, ...waar dit plat en die pad baie naby was ! Maar as dit maklik en moeiteloos was, het ek dit nie so waardeer en geniet nie. Ek bly steeds kwaad vir myself !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by sako 30-06 »

As die bokke nie dadelik gelaai word nie moet die pens uitkom.

Ek voel net so sterk daaroor dat die keel dadelik gesny moet word.

Ek dink as jagter moet n mens dit voor die tyd met die eienaar bespreek want die gidse is
maar lekker lui. Op die ou einde betaal ek vir die vleis en niemand anders nie.

Dis groot skade daai, jammer spanner.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by vriell »

Weet hoe jy voel. Selle ding oorgekom so paar jaar terug.Eers hartseer dan kwaad dan mislik omdat ek my so laat vang het...
Gemsbok ... net so baie vleis verloor deur te luister na die gids.Nie weer nie !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Trompie »

Dis baie sleg Spanner. Ek moet byse dis baie mooi koedoekoei daai!
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Frederik »

As jy bloed trek is daardie dier joune volgens meeste van die plase waarop ons jag se reels. Dan kan jy moes doen wat jy wil met jou karkas. Het so paar jaar terug selfde ondervind op 'n plaas gids was bang hy gaan pak slae kry as hy pens in veld uithaal. Toe begin ek self sny en sien hy gaan nie wen nie en sny toe verder. Ek het toe vir die eienaar gese die vleis is vir my belangrik en as dit meer as halfuur gaan vat voor ons slag haal ek liewers self pens uit. Dit is nie 'n lekker gevoel om vleis so weg te gooi nie, dit was mooi groot koei.
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Henna308 »

Jammer om te hoor, dit is baie sleg. EK en 'n vriend van my het laasjaar gaan help elande uitskiet op my oom se plaas by Pearston. Lang storie kort, die goed was baie wild en moes hulle in die berge skiet. Ons het 3 koeie geskiet en het net na 12 uur die oggend begin laai. Ons het 5 uur die laaste bok in die slaghuis gehang, of ten minste die kwarte van die bok. Ons het als maar net daar in die veld in boude en blaaie gesny en bakkies toe gedra. Al die fillets was heel eerste uitgensy en soos goud bewaar. Dit was onsettend baie moeite maar elke keer as ek 'n vleisie of worsie eet besef ek dis maar die roete om te gaan as jy 'n moeilike tyd gaan he om by die goed uit te kom en op te laai.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Jake1 »

Ek sal glo jys baie kwaad vir daai gids as dit opsetlik sy plan was, ek sou sommer met hom geraas het as ek jy was....of so iets
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by ruaanb »

Never mind die pens.....die bok laat rol.....hy sal n statistiek word.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Spanner »

Dankie manne. Dis maar 'n bitter pil om te sluk, om te erken ek het so droog gemaak, ten spyte van die feit dat ek "beter geweet" het. Dis loshande die grootste koei wat ek nog gejag het.
Maar ek het my laaste pens-fout gemaak... volgende keer sal dit goed gaan. As ek in die geval wel die pens raakgesiet het, en hom daar dadelik verwyder het, sou die pensmis skade baie minder gewees het. Ek dink selfs die bloed/kneus-skade sou minder gewees het want die hele karkas sou minder geweeg het en makliker gesleep het. Ten minste sou ons meer beheer oor die karkas gehad het teen die helling af...
Dis die feit dat ek geweet het wat die regte ding is om te doen, en toegelaat het dat dit nie gebeur nie, wat my so bed0nnerd maak !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by alecjohnson »

Dankie, ek haal nog altyd die pens in veld uit, ek is eenmaal lelik deur die broer uit ge 11-1-11 oor dit, volgens hom lok dit net jakke na sy plaas. dit na ek die ergste derms saamgerdra het en maag ook, na ek pensmis uitgeskud het.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Viking »

Spanner,
Ons betaal almal een of ander tyd "skoolgeld"
Myne was n springbokjag in Sutherland.

Vleis koud hou in daai deel van die land is geen probleem nie! Die korrekte hantering was wel n probleem.

Ons groep van 12 jagters het 63 springbokke geskiet oor n naweek en die ophang plek in die skuur was te min.

Die boer se raad was om net die bokke pens uit op die koue sementvloer te laat le - so half lepel lê...

Toe ons die vleis begin laai teen Sondag oggend was daar al twyfel, maar elkeen is uiteindelik huis toe met sy bokke.

Agterna het die manne begin klagtes uitruil...as jy 1 of selfs 2 bokke uit 5 kon red of vir die honde gee was jy in ekstase!

Die bloed wat in die karkas versamel nadat die binnegoed al uitgehaal is is die grootste vyand. Dis n teelaarde vir bakterieë.

Ons vleis het van binne begin verrot!!

Deesdae dring ek aan dat n bok gehang word nadat die ingewande uitgehaal is. As die boer nie n koelkamer het nie soek ek n ander jagplek!!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Cobus(Cobb) »

Viking..ons het presies dieselfde gedoen so 3 jaar terug...in Prieska.
Bokke het lekker lepel gelê..so 20+ van hulle as ek reg onthou....ons het geen skade gehad nie en dit het mooi vir ons gewerk
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Springkudu »

Jammer om te hoor en verseker iets wat ons hier kan leer, dankie dat jy gedeel het. Oom PW raak ook 'n goeie punt aan, maar ek het ook al geleer as jy 'n Kudu agter 'n bossie sien uitloop dink mens nie meer reguit nie!!! Jammer oor die skade, dit is nie lekker om so baie vleis te verloor, veral teen vandag se pryse!!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by PWV »

Ek wil dit ook beklemtoon wat Sako hierbo genoem het: Laat die bok so veel as moontlik bloei - sny die nekslagare of die buikslagaar. Hoe minder bloed in die karkas, hoe beter.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by DWB »

Het julle vêrder darem lekker gejag by my naamgenoot?

Jammer oor jou skade.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Pvdw »

Spanner ek het meeste gelees maar nie als nie. Weet nie of iemand dit al genoem het nie maar die feit dat die boet jou nie van die gids se truuks vertel het nie laat maar 'n wrang smaak in die mond.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Spanner »

Deon, ons het baie lekker gejag. Uitdagend en ongenaakbare terrein, maar heerlike harde jag gehad. Die swaarkry teen klowe af en vloek en sweet teen bulte op, maak die ervaring en sukses soveel soeter. Ek het daai koei gejag. Sy het nie sommer in my skoot geval nie. Dis hoe ek wil hê koedoejag moet wees ! Ek sukkel nou nog dat die laaste dorings uit my hande en elmboë moet uitsweer en genees. Maar dis vreeslik aangenaam om 'n uitdagende en vermoeiende jag te beleef, en as jy gelukkig is om suksesvol te wees na die tyd, dan is jy geseën. Glo my, daai koedoebiltonge word nie uitgedeel nie. Daar is te min daarvan en ek is te suinig met my herinneringe ...ek wil elke keer as ek 'n stukkie in die kies druk, weer terug dink aan die droë smaak van stof en grassade in my rasperkeel, hoe my oë gebrand het van die sweet wat in riviertkies, in hulle geloop het, die brandpyn van rugspasmas en die ongenadige e dorings en klippe wat my hande en knieë verniel het. En dan gaan ek glimlag, volkome tevrede en dankie sê vir my Heer dat ek dit kom beleef het.
As jy by kom kuier en jy is lus vir 'n stukkie biltong, moet jy net vra. Ek sal vir jou gaan koop. Maar daai koedoe, is myne.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skoolgeld betaal op koedoejag

Post by Spanner »

Peet, ek glo nie die boer was moedswillig om inligting van my te weerhou nie. Ek dink hy het eers na die geval, tot die besef gekom waarmee die gids besig was en wat sy modus operandi nou eintlik is. Dis jammer dit het nou so uitgewerk, maar ek het self van beter geweet en toegelaat dat ek in die tande geskop word.
Dis my eie skuld gewees.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Post Reply