Jandré voorstelling

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Jandré Stap
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Tue May 10, 2016 9:05 pm

Jandré voorstelling

Post by Jandré Stap »

Goeienaand Manne,

Ek stel myself graag voor op hierdie fantastiese groep. My naam is Jandré du Toit en ek is n boorling van Hopefield daar in die Sandveld

Ek sien baie uit om deel te neem aan al die verskillende gesprekke wat hier beskikbaar is en om te kan leer vannaf al die kenners.

Ek is passievol oor jag, glo n 270 is koning (n staanrib is kort op sy hakke) en wil graag my kennis ten opsigte van herlaai verbeter.

Lekker aand vir almal,
Groete
Groete,

Jandré Stap
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by Toyrsi »

Welkom Jandre
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 380
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by MichielC »

Welkom Jandre,

Jy is hier op die regte plek , vra gerus , hier is manne wat ken van
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by Heinz Petersen »

Welkom Jandre.
Wat is n "staanrib". Julle mense van daai wereld het mos n sêding vir alles.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Jandré voorstelling

Post by Pappabeer »

Heinz Petersen wrote:Welkom Jandre.
Wat is n "staanrib". Julle mense van daai wereld het mos n sêding vir alles.
Nee man uncle Heinz! Alle kapenaars - veral n skaapboer ken n staanrib of reggop ribbetjie. Daai vet skaaprib wat jy 3" diamante oor sny, invryf met growwe sout, winddroog, en reggop braai langs die vuur - Karoohout. Nie Port Jackson, Wingerdstompies of enige ander goed nie. Ek gaan nie eers die C woord noem nie.

Welkom Jandré. Geniet jou rib.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by Heinz Petersen »

Dewald, ek verstaan van n staanrib langs die vuur wat die vet so afloop. Ek het net gedink Jandre praat van n skietding. Jy moet partymaal mooi luister wat daai manne praat. Hulle maak hulle eie name vir enige ding. >:D
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Jandré Stap
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Tue May 10, 2016 9:05 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by Jandré Stap »

:laugh: Heinz, gelukkig het daardie lekkerte darm nog sy eie naam soos hy van sy ma af kom.

Dankie vir al die verwelkomings.
Groete,

Jandré Stap
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by OomMatt »

Baie welkom Jandre

Self gee ek nie om of die rib le of staan nie , daar is net niks lekkerder as so ou skaap rib met n lekker vetjie op kole is nie
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Jandré voorstelling

Post by Boesman10 »

Welkom Jandre
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by jamalley »

Welkom Janre
User avatar
JPL
Full Member
Full Member
Posts: 187
Joined: Thu Feb 04, 2016 4:04 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by JPL »

Welkom Jandre',

Geniet hom, hier gaan jy gou slim raak as jy nie klaar is nie. As jy reeds slim is, deel met ons... die staan rib. ;D

P.S. Ek is self is oorspronklik van Vredenburg.

Groete,
JP
My kinders:

.308Win Howa Varminter
6.5mm Creedmoor Howa
.270Win Musgrave Lyttelton RSA
.22LR Brno Mod2
.38SPL-.357Mag Rossi Lever Action
9mm CZ75 P07 Duty
.38 Special S&W CTG
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jandré voorstelling

Post by win270 »

Welkom, Jandré. Wees bedag daarop dat jy dalk bietjie slae kan kry oor jou liefde vir die .270 - jy is egter steeds in goeie geselskap met vele ander .270 aanhangers ingesluit. ;D

Wat jag jy alles en dui sommer ook op jou profiel aan in watter distrik jy woon.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Jandré voorstelling

Post by THOMAST »

Welkom Jandré.
Die lekkerste staanrib wat ek ooit ge-eet het was in die kalahari. Het sommer die rooster se handvatsel so in die sand gedruk langs die vuur.
Hoe sê die engelsmanne- Location, location, location!
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by Baasvark »

Welkom Jandré,
Jy gaan dit nog geniet hier!
Daardie staanrib is koning!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Jandré voorstelling

Post by Jacquesb »

Welkom Jandé
Ek like jou sommer klaar vir die staanrib. En ek skat vir jou wereld is n .270 seker die regte medisyne.

Geniet die forum.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Jandré voorstelling

Post by Boersonderroer »

Heinz Petersen wrote:Dewald, ek verstaan van n staanrib langs die vuur wat die vet so afloop. Ek het net gedink Jandre praat van n skietding. Jy moet partymaal mooi luister wat daai manne praat. Hulle maak hulle eie name vir enige ding. >:D
Ek het gedog hy praat van 'n vrou. Die skonere geslag kom mos van Adam se rib af :-?

From a Experia far away
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Post Reply