Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Ek was toe mos 2015 se gelukkige wenner van Robbie van Wildshoekie se geborgde jag prys. Ek deel graag my ondervinding met julle.
Die opwinding was groot toe ons Donderdag oggend 04h00 uit Pietersburg vertrek oppad Kalabaspan toe, so tussen Ellisras en Thabazimbi. Daar ontmoet ons vir Robbie en Hein Stander, en word ‘n koppie soet boetetroos in die hande gestop. Ons voel dadelik tuis en weet sommer dit gaan ‘n naweek wees om te onthou.
Ek voel sommer gerus toe die eerste saak op die agenda op ‘n jagplaas is om te kyk of die gewere ingeskiet is. My .375 H&H Mauser is in die kol, en die ander manne se 30-30 Marlin, 30-06 Howa en .375 Blaser doen ook hul werk.
Die veld lyk besonder ruig vir so ‘n droe reen seisoen, en selfs die gras is hoer as kniehoogte. Ek weet toe sommer ons gaan hard werk vir ons bokke. Dit is toe ook so, die eerste oggend lewer niks op nie, maar die veskeidenheid van Robbie se spesialiteit wildswors vir brunch was sommer ‘n hoogtepunt. Die wors was so lekker ek wou nie eers dat die broodrolletjies met die smaak inmeng nie.
Vroegmiddag is ons weer veld toe. Dit is oortrokke en so paar lawwe motreen druppels koel ‘n man effens af. Ek en die gids loop baie stadig en versigitg om so stil moontlik te wees. Dis doodstil in die veld en ek wonder waar al die spore vandaan kom, want vir die eerste uur of twee hoor of sien ons niks. So voor ‘n man iets onder skoot kry op ‘n vreemde plaas twyfel jy mos altyd in wat die plaas het om te offer, en of jou jagvernuf afgestomp is….
En toe teen 15h30 hoor ons die onmiskenbare “gho’ snork van blouwidebeeste. Op ons hurke en geruisloos soek ons hulle. Ek gewaar hulle so teen 50 deur die ruigtes en le aan on te sien of ‘n skoot gebied word. My gids Andries stel egter die skietstok na links op en “kielie” my in de ribbes. Ek is verbaas maar vertrou hom en beweeg effens om nuwe stelling in te neem. Wragtag is daar ‘n koei wat agterdogtig in ons rigting kyk, net so 30 meter van ons af. Ek kan die bors duidelik sien, effens reguiter as quartering towards. Omdat ek weet die veld loop moeilik wag ek nie vir ‘n plankdwars skoot nie, en laat loop die 300gr SwiftA-Frame in die enjinkamer in. Beide ek en die gids weet dit was ‘n goeie skoot, maar met arm man se buffel weet mens nooit… Ek maak gereed vir ‘n opvolg skoot, ek besef met die hoek wat ek geskiet het, is daar moontlik nie ‘n uitgangswond met baie bloed nie. Maar ‘n man se hard klop maar, wat as ‘n takkie getref is…. Sekondes later hoor ons ‘n geraas asof die blouwildebees vir ‘n buffel wil wys hoe takke gebreek kan word. Groot is die verligting toe ons haar net 20m verder is ‘n bos kry, glad nie nodig vir ‘n opvolg skoot nie.
Sy het die bos (jammer, ek is nie ‘n plantkenner nie) vlenters gehardloop en net daar laaste asem uitegblaas. (Ek het ‘n foto waar die koei in die bos le, maar kom ons se dit is nie ‘n vleinende foto nie.)
Die skoot was goed, en die A-Frame het sy werk gedoen. Die koeel het so 1m penetreer en ek kon die punt net voor die boud onder die vel sien. Ek kon dit sommer daar in die veld herwin, en heg die foto aan.
Die ander manne was nie so gelukkig soos ek nie, maar darem was daar al iets in die koelkamer.
Die volgende oggend tel ons ‘n ligte bloedspoor op. Ons volg die spoor terug en kom af op ‘n sandkol waar dit lyk of die rooibokramme mekaar uitgesort het. Daar was geen skote gevuur nie, en alhoewel dit die natuur se manier is, volg ons die spoor om te sien of ek maar die beseerde bok kan skiet. Na so 300m begin ons sukkel om die spoor te volg. Ek gewaar vlakvark ore en wys vir Andries om stokke op te stel. Die gras bedek die kop, maar ek gebruik die ore vir skootplasing. Andries is verlee to die vark net daar op die plek val, hy het gedink ek sien die rooibok. Ek is verlig dat die veld darem weer vir my iets aangebied het.
Die volgende oggend kry my swaer ook sy blouwildebees, en ek nog ‘n blouwidebees in die middag. Die skoot en A-Frame verrigting is byna ‘n kopie van die vorige een, alhoewel die punt harder moes werk en teen 45% deur die swaar deel van die bladbeen, hart-long area en onder die vel by die laaste ribbes.
Tussendeur die stapsessies lyk die kos wat ons saam gebring het maar vaal teen Robbie se koningskos. Ons eet lekker, en die plaaswerkers kry eerder van ons leftovers as van Robbie s’n.
En so kom alle goeie dinge ook tot ‘n einde. Sondag is dit oppak, groet en huiswaarts keer. Ek dink ons het vyf keer gegroet, nuwe vriende wat soos ou vriende groet.
Die verbyf en geriewe op Kalabaspan is eersteklas, baie dankie aan Hein Stander en sy personeel. Aan Robbie, vir sy gasvryheid, borg van die prys, geselligheid en lekker kuier, dankie ou maat! Nou sien ek uit na die lekker wors, Schnitzels, Gordon Bleu’s en gerookte vlakvark, ek weet sommer dit gaan eersteklas wees!
Dankie weereens aan Robbie, Jaco, Hein en al die ander borge wat soveel moeite vir die Loerie kinders gedoen het, en ek hoop Jaracal maak weer so! Almal wat die lootjies ondersteun het, mooi so, sterkte en ons doen dit weer.
Groete
Johan

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by J le Roux on Mon Apr 25, 2016 12:59 pm, edited 3 times in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Nog Foto's
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Pragtig vertel en baie geluk. Geluk ook aan Robbie met die borg van die prys!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Lekker jag ek nou saam met jou terwyl ek daar lees.
Dankie vir die deel Johan - baie geluk.
Dankie vir die deel Johan - baie geluk.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Dankie vir die lekker storie Johan. Weereens bewys jy ook dat daai Swift A-Frame puik koeëls is.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Johan het n glasie gelig omdat hy die eerste bloed vir die jag getrek het, en regs moes Le Roux n strafdoppie kry, omdat hy n totale mis skoot op n mooi rooibok gehad het!!
Die bosveld TV het ons ook lekker aan die kuier gehou, hier betaal n man darm nie vir hout nie!!
Kry ek nou al weer nie die foto gelaai nie, maar hy sal kom.
Die bosveld TV het ons ook lekker aan die kuier gehou, hier betaal n man darm nie vir hout nie!!
Kry ek nou al weer nie die foto gelaai nie, maar hy sal kom.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Robbie se Foto, ek en my ander maat met Robbie se kaneel gegeurde sopie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Ek sien ons stem saam oor die A-Frames Jean.
Hieronder nog een herwin uit 'n Koedebul van laasjaar
Hieronder nog een herwin uit 'n Koedebul van laasjaar
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Johan dit was n baie lekker naweek, baie dankie vir julle manne ook. Ek sal graag weer saam julle n trip meemaak!!
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Ek wil dit nie oordoen nie, maar weereens dankie se vir jou en almal betrokkie by die kompetisie en die naweek!
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Robbie het my op hoogte gehou met die vleisvewerking. Jammer as ek julle jaloers maak, maar kyk hieronder hoe voortreflik lyk sy werk!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Jaracal Kersfonds Jag saam met Robbie
Dankie vir deel.