Dagroep hierdie tyd van die jaar

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by iceman1982 »

Manne,
As n mens voltyds jag dan mis n mens so bietjie uit op wat aangaan in die jakkals wereld en wat watter tyd van die jaar gebeur, so wil gou hoor of julle my kan help. Het verlede week n teef saam met n klient geskiet op n dagroep. Dit het haar seker 40min gevat om in te kom. Ek het n jakkals gesien daar hardloop in die pad met iets in sy mond in die oggend. Een van n paartjie wat ons seker 6/10 keer sal sien wanneer ons daai area jag. Ek het begin met Enkel jakkals, stil gebly vir 20min. Elsneus, en stil vir so 15min, toe, ek dink dit was Tafjak 1, of 3, wat n enkel jakkals behels. Verder net stil gesit. Sy het stil ingekom, niks geantwoord nie. Die klient het haar geklop op so 15m.
Ek het hom nog laat sit, en jakkals baklei en jakkals distress, net so vinnig gespeel, om te hoop ek kan die maat inkry. Na so 8 minute, het ons opgestaan en spoorsnyer geroep om bakkie te bring. Onmiddelik toe skreu die maat reg oorkant die kloof, wat vir my redelik aggresief geklink het. Die lig het ons gevang, so kon nie langer sit nie. Die kans is goed dat hy/sy naby was toe ons die ander een geskiet het of oppad was na die jakkals baklei.
Hoe sou julle te vore gaan om die ander een in te kry. Ek het die volgende middag weer gaan sit, en net n enkel Whaa whaa geroep, maar dit was doodstil.

Ek het nou hierdie week tyd om tenmenste 3 tot 4 middae om te gaan roep oor so 3000Ha aangesien my PH jag, en ek werk met die bulldozer. Watter kwalitiete behoort ek nou hierdie tyd van die jaar te probeer prikkel van die jakkalse. Wat gaan die grootes bring, en die jonges weg hou, en wat behoort die jonges weer te bring? Ons is seker bietjie vroeg vir paartyd, of hoe? Gaan ons aggressief in, of hou maar by standaard metode, begin met kos?
Ek skiet n jong jakkals. Hulle word ook groot.

Hoor graag van julle.

Mooiloop,
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by iceman1982 »

Enige iemand?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by Geno »

Marius.
Wat vir ons werk hierdie tyd van die jaar is enkel jakkalsroepe gevolg deur 'n reaksie.
Daarna kos vir 'n ruk, dan bakleie/vreet klanke.

Dagroep sequences is maar dieselfde as nagroep sequences.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by NicoSmit »

Ek sal sê kos iets soos 'n hasie met 'n fury decoy behoort hulle aandag te trek en natuurlik jouself so goed wegsteek dat jy jouself naderhand moet soek
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by iceman1982 »

Thanks Geno en Nico,
Ek waardeur opreg.
Ek het nou nie soveel kans gehad soos wat ek gedink het nie. Werk het my bietjie onder gekry, maar gaan vanmiddag gou probeer. Gaan in n our diesel tenk toring sit op n krans.
Nounet n donderstorm gehad so hoopelik gaan hulle loop later vanmiddag.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by iceman1982 »

Ek het gister middag gou n dagroep ingewerk. Skuif toe na die area van waar die jakkals my altyd uit antwoord. Het so 100m van af die roeper bo op n krans gesit.
Begin met Tafjak 1. Jakkals antwoord my onmiddelik seker so 300m max weg. Bly toe stil. Sien die ou jakkals inkom op so 200m teen die bos. Wind kom reguit van hom af na my toe, en ek kyk vir hom deur die teleskoop. Het egter die sneller begin druk, maar besluit toe om te wag dat hy nader kom. Hy is mos oppad. Hy het daar vas gesteek, en omgedraai en weg geraak. Hy het nie eens na my kant toe gekyk nie.
Het toe stil gesit vir so 15min, en gedink hy gaan probeer die wind werk en my weer n kans gee, maar hy het nooit weer gesig gewys nie.
Het na 15min, vining Ore2 gespeel met jakkals baklei. Niks. Lig het sleg geword, en ek het in amper donker, roeper gaan optel en uitgeloop.

My vraag, hoe nader ek hom nou. Hoe lank moet hom gee, en probeer ek hom volgende keer oortuig met n ander enkel jakkalsklank of dieselfde? Kon hy op die einde van sy area gewees het? Aangesien ek vir hom gekyk het, weet ek dat hy my nie gesien het nie, en ook nie geruik het nie.

Hoor graag van julle.

Het n kans om weer soontoe vanmiddag te gaan as julle it aanbeveel.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by Dawie Malan »

Ek sou sê die jakkals het het jou gesien.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by iceman1982 »

Ek het hom heeltyd dopgehou in die teleskoop. Ek sit ook met n volle Ghillie Suit aan, en is nie n ou wat vroetel nie. Hy het glad nie my kant toe gekyk nie, maar het heeltmal ander rigting gekyk.
Sou graag wil weet hoe lank ek hierdie perd moet gee, en of dit n fout sal wees om hom weer vandag te probeer?
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by NicoSmit »

As jy gaan probeer 'n ander roep en sit die roeper ook op 'n ander plek
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by iceman1982 »

Dankie Nico. Het hom self so gedink.
jak101
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Sat Aug 21, 2010 12:29 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by jak101 »

Hallo Iceman

Hy kon nie moontlik oor jou spoor gestap het nie?

Groete
Angus
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by musgrave270 »

As hy jou weer kans gee op 200m, dan moet jy skiet. As hy ingedraf kom is die kanse goed dat hy hasstig is en sterk oppad is maar as hy stap en stop is hy baie versigtig en moet jy hom dan nie kans gee om van plan te verander nie... maar ek glo jy weet dit nou ;D
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Dagroep hierdie tyd van die jaar

Post by iceman1982 »

Hi Angus,
Nee, hy het heeltmal van die ander kant af gekom.

Ek was gister skoon siek oor dat ek nie die kans gevat het nie, maar wil nie dit moeilik vir myself maak deur hom te mis nie. Ek hou daarvan om seker te maak en hom plat te skiet.

Ek het vanmiddag gaan roep. Die stel het my presies uit dieselfde plek af geantwoord, maar het nie gesig gewys nie. Ek sal hulle nou kans gee, en hulle op die regte tyd probeer van kant maak later in die jaar.
Post Reply