Dag manne
Moet my asb nie kruisig nie, ek wil by julle manne hoor wat nou weet van die dinge af, as ek vir 9mm asook .357 Mag herlaai, kan mens vir altwee 9mm koeëls laai of sal jy moet apart .357 koeëls koop vir hom?
Omdat ek vra, ek en 'n vriend het nou die dag daaroor gesit en redeneer.
.357 * 25.4 = 9.0678mm?
Dit lewer 'n verskil van 0.0678mm of 0.002669".
Sal die "kleiner" koeël die loop van die .357 beskadig of iets aandoen? Dalk swak groeperings lewer?
Ek luister graag?
Groete
9mm vs .357 koeëls?
-
Striker.
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm
9mm vs .357 koeëls?
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 9mm vs .357 koeëls?
Die groewe in die wapen se loop is verantwoordelik vir die spoed - en akkuraatheid - waarteen die koeël oor 'n afstand gelanseer word. Dit is moontlik om die kleiner koeël te skiet, maar jy sal akkuraatheid en spoed inboet - deurdat dit nie doeltreffend deur die groewe spiraal word en die nodige toldraai (spin) kry nie. Skiet dus maar die koeël wat vir die wapen bedoel is...
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: 9mm vs .357 koeëls?
Wat ek wel weet en dit is dat 9mm se koeels is .355 tot.356" dia en 38/357 is .357 tot .358 en as dit loodkoeels is kan die loodkoeels van die 38/357 gesize word om in die 9mm te skiet.
Om jou vraag te antwoord as dit loodkoeels is kan jy baie leading in die 357 kry as jy die kleiner 9mm skiet maar9mm mj koeels sal nie akkuraat wees in 357 handwapen nie maar dis nie gevaarlik om dit te doen nie.So sal dit gevaarlik wees as 357 mj koeels geskiet word in 9mm handwapen.
Dis my opinie .....en nie noodwendig reg sal wees nie....

Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: 9mm vs .357 koeëls?
Ek giet 'n 150 gr RN koeël vir .357 en 9 mm. Hy kom so .360 uit die mold uit, en dan size ek hom .358 vir die Rossi en Rollie, en .356 vir die 9 mm.
As jy "cast" koeëls koop wat .358 is, akn jy 'n Lee "push through sizer" in .356 koop en hulle self daardeer druk vir die 9 mm. Dis nou as die koeëls ontwerp sal voer en werk in jou 9 mm.

Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 9mm vs .357 koeëls?
Dit sal raadsaam wees om eers al 2 wapens se lope te meet. Dit word gedoen deur 'n sagte loodkoeël, wat effens te groot is, deur te slaan en dan met 'n mikrometer te meet. Die Ingelse praat van "slugging a barrel".
Dit raak moeilik as die wapen 'n 5-groef loop het, soos bv. by S&W rewolwers. Jy moet dan die koeël tussen 2 paralelle plate (presiesie items) plaas om te kan meet.
9mm pistole se lope is veronderstel om 0.355" te meet, +/- 0.001". Ek het egter al lope gemeet wat tot 0.359" groefdiameters het. Die selfde geld vir .38Spl en .357Mag rewolwers. Hulle kan maklik van 0.354" tot 0.359" varieer. (Die ou 38S&W se groefdiameters is gewoonlik van 0.359" tot 0.363".)
As jy gegote loodkoeëls wil skiet, is dit wenslik dat hulle ten minste op groefdiameter is, maar tot so 0.002" groter is heeltemal aanvaarbaar. Op rewolwers, is dit wenslik om ook die silinder se keeldiameters te meet. Jy "slug" al 6 kamers. Baie rewolwers se silinder-keeldiameter is tot so 0.004" groter as die loop se groefdiameter. Gewoonlik gee hulle die beste akkuraatheid met koeëls wat styf in die keel pas.
Dieselfde geld natuurlik nie vir gemantelde koeëls nie. Die dik kopermantel vervorm nie so maklik soos lood nie, dus moet hulle liefs nie groter wees nie. En omdat die koper nie veel verweer weens vlamerosie (a.g.v. 'n gaslek) nie, is dit nie 'n probleem as hulle effens kleiner is nie. Hulle moet net genoeg in die groewe graveer om te kan "spin".
Hoop dit help?