Hulp met teleskoop keuse
-
bakoor
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sun Jul 31, 2011 9:40 am
Hulp met teleskoop keuse
Hi, ek moet 'n keuse maak om 'n goeie nagjag teleskoop te koop. My vraag...wat koop ek? My begroting is +- R14 000. Ek gaan nie die geleentheid hê om enige scope op te tel en deur dit te kyk nie, want ek bly ver van enige sentrums.....gaan moet oor internet bestel.
Vortex viper 6.5 -20 x 50 (mil dot)
Rudolph 6 x 24 x 50
Hawke sidewinder 4-16 x 50 (10 x half mil dot)
Hawke 30 SF 5-30 x 50 (LR dot) of (TMX mil dot)
Enige ander voorstelle sal waardeer word, help my asseblief manne.
Vortex viper 6.5 -20 x 50 (mil dot)
Rudolph 6 x 24 x 50
Hawke sidewinder 4-16 x 50 (10 x half mil dot)
Hawke 30 SF 5-30 x 50 (LR dot) of (TMX mil dot)
Enige ander voorstelle sal waardeer word, help my asseblief manne.
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: Hulp met teleskoop keuse
Zeiss Duralyte(dink hy is nou Conquest) 3-12x50
Meopta 3-12x50
Groete
Dewitt
Meopta 3-12x50
Groete
Dewitt
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Hulp met teleskoop keuse
Bakoor, ek sal kyk na europese scopes. Hul spits hulle meer daarop om scopes te bou vir lae lig toestande, die meopta 3-12x56 is n bitter duidelike scope kyk ook na swarovski z3 , 4-12x50. Huntex pryse is onder R15000.Zeiss conquest 8x56, S&B klassik, of n Kalhles. Lekker shop.
-
bakoor
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sun Jul 31, 2011 9:40 am
Re: Hulp met teleskoop keuse
dankie, julle maak al klaar vir my 'n nuwe wêreld oop. Sien ek gaan eers baie huiswerk moet doen, want ek kan nie beskostig om 'n fout te maak nie.
Nogmaals dankie vir julle hulp sover.
Nogmaals dankie vir julle hulp sover.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hulp met teleskoop keuse
Ek het die Hawke Endurance SF 6-24 x 50 LR Dot. werk mooi in die nag vir my in elk geval
-
Boomstomp
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm
Re: Hulp met teleskoop keuse
Lamtjop gaan kyk na Kahles scopes, www.opticsinternational.co.za het 'n paar. Ek weet hulle bou 2 scopes wat presies gemaak word vir aanjag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hulp met teleskoop keuse
Boomstomp wrote:Lamtjop gaan kyk na Kahles scopes, http://www.opticsinternational.co.za het 'n paar. Ek weet hulle bou 2 scopes wat presies gemaak word vir aanjag.
Watse 6-24 Kahles verkoop hulle vir R14 000?
Bakoor hoekom soek jy n 24x scope om in die nag te skiet?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Boomstomp
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm
Re: Hulp met teleskoop keuse
Capt. Oblivious wrote:Boomstomp wrote:Lamtjop gaan kyk na Kahles scopes, http://www.opticsinternational.co.za het 'n paar. Ek weet hulle bou 2 scopes wat presies gemaak word vir aanjag.
Watse 6-24 Kahles verkoop hulle vir R14 000?
Bakoor hoekom soek jy n 24x scope om in die nag te skiet?
Ekt nie gesien 6-24 vergroting is vereiste nie.
Meeste Europese teleskope vir nagjag is meer 3-10 of 3-12 vergroting, met 50mm of 56mm objektiewe lense, en spesiale "coatings" op die lense. Sou geraai het dis meer waarna mens kyk.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hulp met teleskoop keuse
Ja ek stem saam n goeie12x sal leke werk in die aand
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
bakoor
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sun Jul 31, 2011 9:40 am
Re: Hulp met teleskoop keuse
6-24 is nie 'n vereiste nie, ek soek net 'n goeie, duidelike nag teleskoop. Baie dankie vir julle hulp sover. Dit wil vir my ook lyk of the 12 x 50 of 56 die beste opsie gaan wees.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Hulp met teleskoop keuse
Wildman het huntex special gehad op meopta, anders Humansdorp koop. Ek skiet met n Meopta 3-12 x 56. met 4b kruis. baie helder! En ek het hom nog net een keer ingestel, en ek ry baie met my geweer in die bakkie op grond paaie ens ens so die geweer skud maar van tyd tot tyd en hy het nog nooit uitgestel of iets nie. my tweede scope sal weer n Meopta wees. Kyk ook maar n scope met groter vergroting as 12 het paralax verstelling wat partykeer maar pla as men vinnig wil inzoom en ID. kry iets wat eenvoudig is en vir nagskiet 56 mm lens.
-
bakoor
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sun Jul 31, 2011 9:40 am
Re: Hulp met teleskoop keuse
Baie dankie vir al die hulp, ek het vir my 'n Meopta 3-12 x 56 gekry en hoop om hom more aand uit te toets.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Hulp met teleskoop keuse
Ek het hopeloos te min ondervinding met teleskope maar my Vortex Viper is indrukwekkend met die prys wat jy daarvoor betaal.
Groete
Henning
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim