Blesbokke the jag

Post Reply
bokbal
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm

Blesbokke the jag

Post by bokbal »

Blesbokke the jag Ventersburg distrik
Kontak 0825744651 of louwshunting@gmail.com
Groete
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Blesbokke the jag

Post by Baasvark »

Pryse?

Sent from my SM-N920C using Tapatalk
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Blesbokke the jag

Post by win270 »

Verlede jaar was die vlg reels van toepassing: (Ek't nogal gewonder oor die feit dat alles in kontant betaal moet word)

Die jagtog en huis word gereël om dit vir alle jagters/kuiergaste so aangenaam as moontlik te maak en dat u slegs goeie herinneringe daarvan sal oorhou. Alle jagters en kuiergaste sal verplig wees om te alle tye aan die volgende reëls gebonde te wees:
• GEEN alkoholiese drank in enige vorm sal voor of gedurende ‘n jagtog toegelaat word nie.(Geen besope persoon in jag veld toegelaat nie).
• Alle geweerslotte sal oop wees terwyl dit op die voertuie of in die jaghuis/-kamp gehou word .
• GEEN nagjag sal toegelaat word nie.
• GEEN wild sal sonder toesig gejag word nie.
• Jag sal nie op Sondae toegelaat word nie.
• Voorsorg moet getref word om veldbrande te voorkom.
• Alle gekweste wild wat nie gevind word nie sal as geskiet deur jagter wat dit gekwes het beskou word, die jagter sal dan ook die volle bedrag vir die bok betaal.
• Indien ‘n jong bok geskiet word is die volle prys betaalbaar.
• GEEN meubels, matrasse of komberse(beddegoed) mag uit die Jaghuis verwyder word nie.
• Braaihout word voorsien en jagters/kuiergaste mag nie self bymekaar maak nie.
• Elke persoon is verantwoordelik vir die merk van sy eie bok.
• Alle persone moet ‘n vrywaringsvorm onderteken by die aankoms.
• Die inskiet van wapens is verpligtend voor enige jagtog sal plaasvind.
• Jagtogte sal plaasvind vanaf sonop to 16:00 (vieruur).
• Geen loop of ry op voertuig met gelaaide wapen toegelaat nie.
• U is ten alle tye onder direkte toesig van ‘n gids wat die reg voorbehou om ter enige tyd die jag af te las en of op te tree teen onveilige handelings en of toestande.
• Respekteer u mede jagter en eiendom van die eienaar.
• ALLE JAGTERS EN NIE JAGTERS IS VERANTWOORDELIK VIR HULLE EIE VEILIGHED EN NEEM AAN ALLE AKTIEWIETEITE DEEL OP EIE RISIKO.
• Alle rekeninge is KONTANT betaalbaar voor u vertrek(GEEN EFT’s, Tjeks of IOU,s toegelaat nie).
Kom en geniet n lekker jag saam met ons los asseblief die Rambo’s en Mc Gyvers by die huis hulle maak gewoonlik net ander mense kwaad.

Jagters Groete
Louw
bokbal
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm

Re: Blesbokke the jag

Post by bokbal »

Die antwoord is baie eenvoudig daar is "JAGTERS" wat met rubber tjeks betaal en EFTS wat net nooit deur kom nie. Almal betaal kontant en dan raak ons nie vir mekaar kwaad nie.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3613
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Blesbokke the jag

Post by Fanta300 »

Nou moet ons net uitvind wat kos 'n bok!!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Blesbokke the jag

Post by blaser »

nee wat n eft is veilig jy kan mos sien in jou bank rek of hy wys of nie
maar ek hou ook van kontant [belasting]
Haasdas
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Thu Apr 07, 2016 2:30 pm

Re: Blesbokke the jag

Post by Haasdas »

Kan jy dalk pryse en beskikbare datums hier post asb
Post Reply