So het die datum aangebreek en ek het besluit dit is n goeie geleentheid om my seun, Zach saam te vat.
Ons het Maandag die 11de daar arriveer waarby ek die nodige vrywaring geteken het en sommer n jagles by oom Piet gekry het
Ek het n skoot gaan skiet om net seker te maak dat my 30-06 reguit skiet en toe is ons veld toe.
Nou die wat nog nie te voet saam met n 5 jarige gejag het nie weet nie water uitdaging dit was nie.
Ons gids Stemmet het gou agtergekom dit gaan baie geduld kos. Ons het rooibokke gekry en hulle bekruip maar die bosse het nie n skoot toegelaat nie al was ons 50m weg.
Ons het bietjie gaan rus by die lodge waarna ons die middag weer uit is.
Na ons n paar varke bekruip het het ons eers "picnic" gehou aangesien Zach bietjie moeg was.
Ons het weer begin stap waarna ek hierdie sog kon skiet. Die bakkie het die vark kom laai en ek en Stemmet het alleen verder gestap. Ons het nie te lank geloop nie toe ons n paar bwb'e kry. Die bul het alleen gele in die oopte, ek het met my skietstok agter die bos uitgeskuif op my boude. Die bul het die beweging gesien en opgestaan en reguit na my gekyk waarna ek hom van vooraf net bo die kuiltje geskiet het. Ek kon egter nie my "gratis" rooibok geskiet kry nie maar dis maar hoe dit gaan.
Ons het die jag baie geniet!!
