Naand manne.
Ek is seker dit is al iewers op die forum genoem, maar sal graag in detail wil verstaan hoe die lugdruk jakkalse beinvloed. Wat is goeie en slegte omstandighede. Bewolkte aande het ek ondervind om meer sukses te hê onder rooikatte. Jak se kop verstaan ek nognie wat dit aanbetref nie.
Sal dit baie waardeer.
Groete
Willem
Lugdruk invloed op ongediertes
-
visser
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Thu Feb 26, 2015 7:12 pm
Re: Lugdruk invloed op ongediertes
Naand
Ek weet dat ongediertes baie swak reageer tydens donderweer.MAAR,dan het ek al self baie sukses gehad direk na so n donder-storm waneer dit ooptrek.n Mens kan amper nie glo hoe die veld dan lewe kry nie.
Weet nie presies hoe dit werk nie,maar het dit al baie gesien.
Groete
Ek weet dat ongediertes baie swak reageer tydens donderweer.MAAR,dan het ek al self baie sukses gehad direk na so n donder-storm waneer dit ooptrek.n Mens kan amper nie glo hoe die veld dan lewe kry nie.
Weet nie presies hoe dit werk nie,maar het dit al baie gesien.
Groete
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Lugdruk invloed op ongediertes
Weet dit is al bespreek maar ek kry dit nie nou nie, maar daar is verseker n verwantskap. Het dit Vrydag aand net weer gesien, op 5 staan plekke van 7 tot 2 en nie n oog nie.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
- Wolram
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Jul 16, 2015 9:31 pm
Re: Lugdruk invloed op ongediertes
Ek ook al moeg gesoek op forum. Na dit maar begin google vir handheld barometer. Meeste ouens wat ek ken wat jagters is dink nie veel van dit nie. Jakkals moet eet en honger pyne voel n veer vir weersomstandighede. Dis hoekom ek hier aanklop vir raad voordat ek die stukkie toerusting aanskaf en hy gaan iewers beland en stof opgaar.
