9.3 x 62

User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Ek wag vir my nuutste toevoeging tot my vuurwapens se lisensie , behoort een van die dae darem te kry, 'n 9.3 x 62 , ek gaan moet begin lading toetse doen en wil graag van die manne wat weet en nou al die skoolgeld betaal het wat se toetse julle al gedoen het met die 250 gr punte en die 286 gr punte kruit gewig en snelhede en groeperings wat julle kry , dan ook vir die impak slag op verskillende wild soorte met die 2 verskillende gewigte punte , groete , Jurgen PS. ek weet nie 'n hel om die klomp gesiggies links op skerm weg te kry nie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Heinz Petersen »

Jurgen jy kan ook op die "Search" gaan druk en dan intik wat jy wil weet van die 9.3. Daar is heelwat manne wat met daai gewere skiet en hulle kennis deel.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3074
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Apie »

Vir n algemene jagpunt is die 235gr Spartan baie lekker, skiet hom teen omtrent 2600fps(geskatte snelheid) en dan groepeer my geweer baie mooi met 55gr S355 met 286gr Claw en Rhino punte.
Hulle verlaat die loop teen 2000fps. Die Rhino blom selfs teen daai stadige snelheid baie mooi!
Geniet jou geweer!
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 9.3 x 62

Post by Nickvn »

Hi Jurgen, welkom hier. Van waar is jy? Watter geweer het jy gekry? vertel bietjie meer. Sien ook ons 9,3 draad elders hier.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Dankie , ek gaan al die rate probeer sodra die lisensie kom
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Predator
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 354
Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Predator »

Ek het n CZ550 in die kaliber.

Voer hom S335 - 58gr met GS Custom HV 230gr. Kry 2650vt/sek - groeper mooi , skiet redelik plat en alles kom huistoe.
BERKELEY GEER
083-6423225

"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Ashley »

Jurgen

Baie lekker kaliber vir grootwild. Ek het laasjaar geleentheid gehad om 1 te skiet, en sodra my 9mm liksens nou deurkom is daai my volgende outjie.
Hom net op n manier verby mamma kry...
Geniet hom!
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Ja , baie lekker geweer daardie , ek het wragtag nog nie lisensie gekry nie en is al November 2015 ingehandig , tragiese setup die gewaggery vir lisensie , Ek het al paar keer gejag met 'n 9.3 by 'n oom in Merviville , absolute lekker geweer , ja en als kom huistoe en dit is ook nie stukkend geskiet nie , lekker in die ruig bosse ook as jy agter Koedoes of is dit Kudu aan is . Jy kan maar springbok ook skiet met hom , maak nie die vleis seer as jy bad skootplasing gehad het nie

Nou wag en wag en wag ek vir lisensie , stoorgeld begin al meer raak as wat ek vir die geweer betaal het

Groete
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Predator wrote:Ek het n CZ550 in die kaliber.

Voer hom S335 - 58gr met GS Custom HV 230gr. Kry 2650vt/sek - groeper mooi , skiet redelik plat en alles kom huistoe.
Dankie , ek gaan dit beslis probeer , ek wil graag in die 250gr omgewing bly , enige toetse wat jy al daarvoor gedoen het ?

Ashley wrote:Jurgen

Baie lekker kaliber vir grootwild. Ek het laasjaar geleentheid gehad om 1 te skiet, en sodra my 9mm liksens nou deurkom is daai my volgende outjie.
Hom net op n manier verby mamma kry...
Geniet hom!
Koop net vir mamma 'n juweelstuk of iets en dan koop jy jou 9.3 , gewerk met my , en o ja onthou om vir mamma te se jy het die bargain van jou lewe gekoop , hehehe
Groete
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Johnnie De Wet »

Jurgen, speel jy rugby vir die Kings?
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Johnnie ,lol , nee , baie mense dink dit is my seun , sy naam is ook jurgen
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Predator
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 354
Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Predator »

Jurgen Visser wrote:
Predator wrote:Ek het n CZ550 in die kaliber.

Voer hom S335 - 58gr met GS Custom HV 230gr. Kry 2650vt/sek - groeper mooi , skiet redelik plat en alles kom huistoe.
Dankie , ek gaan dit beslis probeer , ek wil graag in die 250gr omgewing bly , enige toetse wat jy al daarvoor gedoen het ?
Groete
Ek is al deur die spektrum van Impala se 200gr tot die Rhino 300gr. in die 250/260 klas het ek al die 250gr TTSX Barnes getoets asook die GSHV 260 gr. Kry nou om die dood nie daardie toets resultate nie. Wat ek wel kan onthou is dat die 250 greiner so om en by 150ct/sek stadiger was, maar ek glo geen bok wat jy gaan skiet met enigeen van die 2 sal die verskil afterkom nie.

Jy moet onthou dat elke kaliber sy eie kampvuur profete het wat glo soos in die evangelie aan sy eie dupa. Ek sal nooit se enigeen is verkeerd nie. So kry jy die puriste wat se die kaliber is n bosveld kaliber en jy skiet hom met n 285 greiener want in die bosveld skiet jy mos nie ver nie. En die beginsel het ek ook vir n ruk lank aangehang - self opgegaan na Rhino se 300 greiener. Tot die dag wat n BWB met met n tog wel goed geplaasde skoot bynaweggekom het nadat hy seker 120 meter gehardloop het en ons nogal moes soek na die karnallie.

Die keerpunt het gekom na n jagtog daar naby Tolwe. jag vir 3 dae soder om iets te kry. Hier en daar blaf n koedoe en hy hoor takke breek soos hy padgee,n rooibok snork,maar sien is min. Nou stel jou voor. Na 3 dae se stap is jy redelik gatvol en die geweer is al so swaar jy dra hom in enigemanier wat jy kan, Slenter net agter die gids aan. Son is aan die sak en die gids steek vas - so 300 meter verder is n troppie koedoes besig om die reguit pad oor te steek. Moed vlam op.begin bekruip,maar die gids se hulle het ons gewaar en dink ons moer die skoot van daar af probeer. Nou weet ek die 285 greiner is maar stadig en begin dink hoeveel meters ek bo die koedoe moet mik. Skoot klap, koedoes hardloop en die gids se dit was mis. Toe ons daar kom, kry ons wel bloed en die koedoe le seker so 30 meter verder. Koeel mooi deur die hart gepunch. Ingangswond en uitgangwond dieselfde grootte.Teen daardie lae spoed het hy nie eers oopgemaak nie.

Dit het my laat dink dat jy selfs in die bosveld soms daardie lang skote kry. En begin toe eksperimenteer op die laer gewigte met hogere spoed. My finale keuse was die 230gr GSHV, sy bene is net daardie bietjie langer, trajek net daardie bietjie platter en geen BWB het nog ooit weggekom nie. Vleisskade minimaal. Miskien ook maar te doen met my selfvertoue.

Maar gaan probeer gerus die 250gr Barnes ttsx - ek dink die veskil sal marginaal wees.

En stuur net vir my n ou lewertjie.

Mooi loop en fyn trap
Last edited by Predator on Wed Apr 13, 2016 6:44 am, edited 1 time in total.
BERKELEY GEER
083-6423225

"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Ashley »

;D mooi vertel Predator
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Hilux01 »

Jurgen

Daai was nou n goeie keuse van kaliber
Ek is maar n tradisionele ou en glo aan my 286gr op daai roer
Hulle werk ongelooflik goed en ek kon nog nooit een herwin nie

Geluk met die roer en geniet elke oomblik
Ek sal gou my data gaan trek maar ek reken my 22" se node is op 2240vps (lekker lag vir die bos) en ek kry dit met CCI250, Norma doppe, S341 lot 432 en n TPL van 82mm
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

Re: 9.3 x 62

Post by OomMatt »

Jurgen , hoop jy kry lisensie gou. Baie lekker kaliber en my gunsteling. Soos Predetor het ek ook deur die spectrum gegaan op koeels en amo van 286gr ProAm, 270gr Speer, 235 / 250 / 286gr Rhino (het ook Rhino gevra om vir my custom 270gr te maak wat ek skiet teen 2347vps en 500 gevat), 250gr / 286gr Swift-A Frame,250gr Noslel Accubond (2429vps) , 286gr Nosler Partition(2298vps) en nou besig met 250gr Barnes TSX.
Soos Driepoot vir my gese het met hulp op ladings met QL vir die 250gr TSX , "my geweer is stadig" , maar ou maat , skiet hy nou dam vir my lekker , en dood.
My gweer is gebou deur oorlede Martin van Tonder , en glo my die geweer is baie akuraat.
Uit al die wild geskiet met die geweer (2xKudu / 3xW/Bees / 6xRooibokke / 2xWaterbokke / 4xVarke / 1xSebra ens.) kon ek nog net 2xProAms , 1xSpeer en 1x 286gr Rhino herwin met Speer wat baie sleg perform het , Rhino uitstekend , maar die res soek ek nog.

Ladings uit ruil , glo ek glad nie in nie , elke geweer het sy eie draad en gyte , en elke ou het sy resep hoe om tjops te braai , soos bv. gebruik ek net S335 in my patrone , en weet S355 werk net so goed.
Driepoot het ook al genoem ek moet my groepering fotos hier pos , maar met my gestemde vermoee , sukkel ek , ek wens ek kon , want van hulle is besonder goed , al moet ek dit nou self se.

Die wat wil sien , of hulp nodig het , stuur PM
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Flip Nel »

Jurgen

Aangesien hier nou al paar mense gepost het sal ek ook myne noem.

Ek het begin met Fabrieks ammo, eerste lank voor PmP gelaai het RWS 285gr T mantel getry, hulle skiet alles stukkend, ek sal nie sommer weer van hulle gebruik nie, Daarna 232gr Vulkan was baie tevrede met hulle, mooi gewig behou, daarna 286gr Alaskan, ook baie goed gewerk maar die Vulcans het vir my beter gewerk, daarna 286gr Barnes X en RWS H- mantel 258gr, gelaai deur OPM, baie gelukkig met hulle het baie goed gewerk hele paar Kudus en Elande met hulle geskiet, daarna Sako 250gr Barnes X, baie goed gewerk beide Eland en Kudu, daarna PMP Pro-am 286gr getry, was nog altyd happy met hulle, al 1 of 2 herwin nognooit ontplof nie mooi gewig behou, daarna Lapua Mega 286gr getry, werk ook goed baie soos die Pro-am, daarna Highland 286 gr getry werk ook goed is net baie stadig in my geweer 2100 fps, kon Geco 250 gr T mantel kry, hulle het goed gewerk happy met hulle tot stock klaar was, toe Sako 285gr hammerhead getry, ook goed gewerk skote altyd dwarsdeur bok, laaste 293gr Tug geproebeer, goed gewerk skote altyd dwarsdeur bok. Dit was alles met fabrieks ammo.

Self gelaai die volgende

270gr Speer, sal dit nooit weer gebruik nie breek uitmekaar uit, 250gr Nosler Ballisctic Tip, baie goed gewerk maar word nie meer gemaak nie, 250gr Accubond werk baie goed great bullet, 250gr Barnes X baie goeie resultate, 250gr A -frame Swift baie goeie koeel, 286gr Barnes X goed gewerk skiet deur alles, 286gr Rhino Werk baie goed skiet ook deur alles.

Op die oomblik gebruik ek net herlaaide 286gr Pro-am en is baie gelukkig,

Laat weet as ek nog kan help.
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Predator wrote:
Jurgen Visser wrote:
Predator wrote:Ek het n CZ550 in die kaliber.

Voer hom S335 - 58gr met GS Custom HV 230gr. Kry 2650vt/sek - groeper mooi , skiet redelik plat en alles kom huistoe.
Dankie , ek gaan dit beslis probeer , ek wil graag in die 250gr omgewing bly , enige toetse wat jy al daarvoor gedoen het ?
Groete
Ek is al deur die spektrum van Impala se 200gr tot die Rhino 300gr. in die 250/260 klas het ek al die 250gr TTSX Barnes getoets asook die GSHV 260 gr. Kry nou om die dood nie daardie toets resultate nie. Wat ek wel kan onthou is dat die 250 greiner so om en by 150ct/sek stadiger was, maar ek glo geen bok wat jy gaan skiet met enigeen van die 2 sal die verskil afterkom nie.

Jy moet onthou dat elke kaliber sy eie kampvuur profete het wat glo soos in die evangelie aan sy eie dupa. Ek sal nooit se enigeen is verkeerd nie. So kry jy die puriste wat se die kaliber is n bosveld kaliber en jy skiet hom met n 285 greiener want in die bosveld skiet jy mos nie ver nie. En die beginsel het ek ook vir n ruk lank aangehang - self opgegaan na Rhino se 300 greiener. Tot die dag wat n BWB met met n tog wel goed geplaasde skoot bynaweggekom het nadat hy seker 120 meter gehardloop het en ons nogal moes soek na die karnallie.

Die keerpunt het gekom na n jagtog daar naby Tolwe. jag vir 3 dae soder om iets te kry. Hier en daar blaf n koedoe en hy hoor takke breek soos hy padgee,n rooibok snork,maar sien is min. Nou stel jou voor. Na 3 dae se stap is jy redelik gatvol en die geweer is al so swaar jy dra hom in enigemanier wat jy kan, Slenter net agter die gids aan. Son is aan die sak en die gids steek vas - so 300 meter verder is n troppie koedoes besig om die reguit pad oor te steek. Moed vlam op.begin bekruip,maar die gids se hulle het ons gewaar en dink ons moer die skoot van daar af probeer. Nou weet ek die 285 greiner is maar stadig en begin dink hoeveel meters ek bo die koedoe moet mik. Skoot klap, koedoes hardloop en die gids se dit was mis. Toe ons daar kom, kry ons wel bloed en die koedoe le seker so 30 meter verder. Koeel mooi deur die hart gepunch. Ingangswond en uitgangwond dieselfde grootte.Teen daardie lae spoed het hy nie eers oopgemaak nie.

Dit het my laat dink dat jy selfs in die bosveld soms daardie lang skote kry. En begin toe eksperimenteer op die laer gewigte met hogere spoed. My finale keuse was die 230gr GSHV, sy bene is net daardie bietjie langer, trajek net daardie bietjie platter en geen BWB het nog ooit weggekom nie. Vleisskade minimaal. Miskien ook maar te doen met my selfvertoue.

Maar gaan probeer gerus die 250gr Barnes ttsx - ek dink die veskil sal marginaal wees.

En stuur net vir my n ou lewertjie.

Mooi loop en fyn trap
Baie dankie dit gaan ek beslis doen , het wel nou drie boksies van die oorspronklikke Barnes x 250gr punte in die hande gekry , hulle sal ek ook nou toets

Groete

Jurgen
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

OomMatt wrote:Jurgen , hoop jy kry lisensie gou. Baie lekker kaliber en my gunsteling. Soos Predetor het ek ook deur die spectrum gegaan op koeels en amo van 286gr ProAm, 270gr Speer, 235 / 250 / 286gr Rhino (het ook Rhino gevra om vir my custom 270gr te maak wat ek skiet teen 2347vps en 500 gevat), 250gr / 286gr Swift-A Frame,250gr Noslel Accubond (2429vps) , 286gr Nosler Partition(2298vps) en nou besig met 250gr Barnes TSX.
Soos Driepoot vir my gese het met hulp op ladings met QL vir die 250gr TSX , "my geweer is stadig" , maar ou maat , skiet hy nou dam vir my lekker , en dood.
My gweer is gebou deur oorlede Martin van Tonder , en glo my die geweer is baie akuraat.
Uit al die wild geskiet met die geweer (2xKudu / 3xW/Bees / 6xRooibokke / 2xWaterbokke / 4xVarke / 1xSebra ens.) kon ek nog net 2xProAms , 1xSpeer en 1x 286gr Rhino herwin met Speer wat baie sleg perform het , Rhino uitstekend , maar die res soek ek nog.

Ladings uit ruil , glo ek glad nie in nie , elke geweer het sy eie draad en gyte , en elke ou het sy resep hoe om tjops te braai , soos bv. gebruik ek net S335 in my patrone , en weet S355 werk net so goed.
Driepoot het ook al genoem ek moet my groepering fotos hier pos , maar met my gestemde vermoee , sukkel ek , ek wens ek kon , want van hulle is besonder goed , al moet ek dit nou self se.

Die wat wil sien , of hulp nodig het , stuur PM
Baie dankie , ja ek wil nie ander manne se ladings gebruik nie wil dit net sien , dan weet ek in watter omgewing om my toetse te doen , dit is goeie inligting wat ek by julle ouens kry

Groete
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Hilux01 wrote:Jurgen

Daai was nou n goeie keuse van kaliber
Ek is maar n tradisionele ou en glo aan my 286gr op daai roer
Hulle werk ongelooflik goed en ek kon nog nooit een herwin nie

Geluk met die roer en geniet elke oomblik
Ek sal gou my data gaan trek maar ek reken my 22" se node is op 2240vps (lekker lag vir die bos) en ek kry dit met CCI250, Norma doppe, S341 lot 432 en n TPL van 82mm
Cool , dankie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Ashley »

Jurgen Visser wrote: Baie dankie , dit is goeie inligting wat ek by julle ouens kry
Groete
Ek dink die manne is jaloers op jou roer ++>: ++>:
Ek weet ek is....!

Geniet hom
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Predator
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 354
Joined: Wed Jan 30, 2013 5:41 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Predator »

Soos ek gese het - soveel profete wat volgens sy eie onderviding en belewenisse raad gee, en soos ek se, ek wil nie se iemand is verkeerd nie en respekteer elkeen se sieninge.

Net een voorbeeld.

Met een van my vele jagtogte in Namibia was n vriend saam met sy 9.3. Hy skiet PMP.

Een van die PMP koeels - standaard fabrieks rondtes -(links op foto) wat herwin is uit n gemsbok, kon ons slegs n deel van buitenste koper omhulsels opspoor - al die lood het gedisintegreer. Nie n slegte skoot nie, maar hy het nog ver gegaan voor ons sy handbriek met n opvolg skoot kon plat kry.

Op die regterkant is een van my GSHV 230gr 9.3 wat ek uit n BWB herwin het.

My beskeie mening is - hou maar by monolitiese koeels.
9.3.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BERKELEY GEER
083-6423225

"LIVE BY THE SWORD,DIE BY THE SWORD"
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Jurgen Visser »

Predator wrote:Soos ek gese het - soveel profete wat volgens sy eie onderviding en belewenisse raad gee, en soos ek se, ek wil nie se iemand is verkeerd nie en respekteer elkeen se sieninge.

Net een voorbeeld.

Met een van my vele jagtogte in Namibia was n vriend saam met sy 9.3. Hy skiet PMP.

Een van die PMP koeels - standaard fabrieks rondtes -(links op foto) wat herwin is uit n gemsbok, kon ons slegs n deel van buitenste koper omhulsels opspoor - al die lood het gedisintegreer. Nie n slegte skoot nie, maar hy het nog ver gegaan voor ons sy handbriek met n opvolg skoot kon plat kry.

Op die regterkant is een van my GSHV 230gr 9.3 wat ek uit n BWB herwin het.

My beskeie mening is - hou maar by monolitiese koeels.

Ja daai is tipies van 'n PMP punt , het dit ook al baie gesien , dankie , ek gaan jou raad volg op die geweer

Groete
9.3.jpg
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Flip Nel »

11947638_10153158119108568_2046703288155938841_n.jpg
Eland Bul 340 kg uitgeslag skout skuins tussen nek en blad in net vleis en ligte been getref
12039702_10153158146448568_3365056772007110159_n.jpg
286gr PMP Pro-am van voor af mooi geblom koeel geskiet teen 2425 fps 50 m na eland toe
11999069_10153158147558568_4628282884399925112_n.jpg
Sy aansig van koeel

Dit is selfherlaaide amm met koeels wat ek so 5 jaar terug gekoop het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: 9.3 x 62

Post by Ashley »

Baie netjiese bul daai Flip!

Jurgen,
FYI
Daar is ook n lekker lees gedeelte oor die 9.3 in Mei maand se uitgawe van Jagter/Hunter.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Post Reply