Jakkie vs Helikopter
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
Vasvat en ander
Ek het almal se insette nou aandagtig gelees! Weet nie of julle gesien het op die forum nie, maar ek het 'n nuwe topic geplaas waar ek die sukses van die chopper in ons distrik weer gegee het. Die chopper is nou al twee weke in die distrik en 41 jakkalse is tot op hede gedood en 59 fetusse uit die tewe gehaal. Ek kan ongelukkig nog nie se hoe groot die area is wat gedek is nie, maar meer as 75% van die jakkalse wat gedood is, is die sklem jakkalse, want in die Rietbron distrik is doen bykans almal hulle deel om die jakkalse te dood en daar is geen plase wat nie geboer word of slegs wild op het nie. Almal is veeboere en almal laat jag.
Groete

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
tafjak
Re: Jakkie vs Helikopter
Vasvat
Watter tyd van die jaar sou jy reken die voordeligste vir die kli?nt sal wees om "chopper wat weet hoe" te kry om sy jakkalse te skiet?
Watter terrein verkies die "chopper wat weet hoe"?
Die koste van een dooie jakkals is tog onberekenbaar en gaan nie nou oor die kostes van jakkalse redekawel nie. Ek gaan ook nie die chopper teen die roep-en-skieter of honde of ysters afspeel nie. Jy het 20jakkalse in 1 uur geskiet teen omtrent R14 000 se rekening, ek ken jagter wat 20 skiet vir R2500 rekening( hy het 117 in 7dae geskiet teen R10 500 se rekening) en dit is geen rede om die roep-en-skieter beter te maak as jy en jou chopper nie. Elke metode het sy plek en aanwending. Ek gaan ook nie my dae/nagte wat ek niks kon skiet teen jou dae wat jy niks kon skiet vergelyk nie en ook nie wie skiet die slimstes/oudstes nie. Daar is plekke op die aardbol waar geen roeper hondhaaraf gaan maak nie, so is daar vir die chopper ook areas waar hy nie hondhaaraf gaan maak nie en dieselfde geld vir honde en nog ander metodes. Jakkalse het nie 'n prys nie, maar die probleem het 'n prys en die kli?nt besluit self watter metode hy gaan gebruik.
Hierdie site se motto is "Saamstaan"!

Mooivlieg

.. die roep-manne skiet met 243"s.Dis vir my baie interesant wat elkeen se mening is rondom die skiet met die chopper,
...appels! ek dink ek kan jou so ietsie of 2 vertel.dan maak die chopper 'n verskil!!!Die is die skelms wat geen jagter meer doodkry nie, dink net wat kos daai reun van 13-14 nie.
...jy hoef nie hier te adverteer nie, registreer jou by Probleemdierjagters en die kind se naam is Witwillem(wonder hoekom klink dit so bekend). Jou naam en resultate loop glo voortuit in sulke gevalle.Kostes: Ons vra R3500/uur + R500/ondier + btw, baie mag se dis ongelooflik duur, ons resultate spreek egter vir hulself.
Mooivlieg
-
tafjak
Re: Jakkie vs Helikopter
Manne
Sien Vasvat is nie lus om te reageer nie.
Ek het op sy post gereageer omdat daar so ondertoon van "dit is beter as dit en dat die een meer skelms skiet en dan die minderwaardige jagter kan baljaar onder die dommes" gehad het. Miskien het ek my hand oorspeel, maar nie maklik nie.
Alle metodes is nodig om die probleemdiere te beheer, elkeen het sy gebied/terrein en die een metode sal noodwendig meer effektief wees in sekere gebiede as ander, maar nie te s? dat die een meerwaardig is teenoor ander metode nie. Kom ons doen die ding saam en sal nie graag wil h? dat daar 'n stryery/bakleiery onder die aanwenders van verskillende metodes moet/sal wees nie. Dink nou net daaraan dat as die choppermanne die roepers kan help in die koue winternagte sal dit nogal 'n verligting wees. Miskien sal die roepers se loopbane so bietjie gerek word. Die koue vreet maar aan 'n man se bene.
Daar sal gebiede wees waar die chopper my/kli?nt baie sal help en ook andersom. Skyfire het so paar blink jakkalse doodgemaak in die Middelburg omgewing hierdie jaar. Moeilike plekke vir roepers om by te kom. Saam sal ek net meer gemaklik wees, soos om inligting uit te ruil en sekere jakkalse te soek om dit meer effektief te doen. Die roeper het die voordeel dat hy kern-gebiede maklik opspoor en ook hou-plekke van tertoriale jakkalse. Chopper het weer die voordeel dat hy onbegaanbare terrein maklik kan besoek.
Wonder net ook of die manne uit die lug die katte so maklik kan sien. Sal graag wil hoor by Skyfire wat sy ondervinding hiermee is. Vasvat klink na meester in die lug en sommer sy ondervindinge ook.
Kort no so paar jagters wat die yster-ding goed kan doen en dink dadelik aan iemand soos Mac, Scholla ens. Die honde-manne soos Foxhound en nog 'n paar wat ek ken.
Lyk dan of ons die oorloggie lekker kan saam baklei. Gaan sommer vir Skyfire vra of hy my stoel en uitrusting bo-op die Suurberge kan drop. Klink goed n?.
Mooivlieg, mooiry en mooiskiet.

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Jakkie vs Helikopter
TAFFIE
KAN ALLEN NIE N STOEL BOU VIR DIE CHOPPERS OOK NIE.
Die grootste waarheid in taffie se redenasies en gatkrap argumente mle in die feit dat almal hulle plek het.
Moet nie laat die een die ander teen mekaar afspeel nie. As die chopper daar jag waar jy as jagter gejag het, gaan lees so bietjie in die geskiedenis.
Jou oproepe sal minder word MAAR LAAT EK JOU BELOOF

Shoot straight and tell the truth!
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Jakkie vs Helikopter
sORRY DA val ek myself in die rede..
laat ek jou beloof daai boere gaan jou as jagter weer bel...(pas ma die pryse aan) En dan klop jy weer jakkalse .
En die chopper skiet net so lekker die jong jakkalse soos die jagters en die jagters skiet net so lekekr die slim manne as die chopper...
Moenie lat iemand jou bulshit nie . Ek kan dit bewys...
So lees mooi wat SIR skryf en nie wat jy dink hy skryf nie..
En VASVAT

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
....Weet egter nie of die SIR altyd alles skryf wat hy dink nie , ou Jakes....JACQUES BOTHA wrote: ....So lees mooi wat SIR skryf en nie wat jy dink hy skryf nie....
Praat vandag met 'n bekende (of is dit berugte?) stoetvee afslaer. Hy reken toe ook dat die helikopters baie suksesvol jakkalse jag waar die roep en skiet manne die jakkalse te slim gejag het. Beveel dit toe sommer ook vir my aan! Gelukkig het ek myself bedink......
Baie hartseer as dit waar is, want dit is juis wat die metodes en tegnieke wat Jaracal verkondig, wil verhoed. Maar ek kan sien hoe dit moontlik kan wees, veral waar van beproefde metodes en tegnieke afgewyk word.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
Maat van my waar ek die meeste van my jagwerk doen het self twee Choppers en wat Taffie hier bo ges? het is presies wat ons doen.tafjak wrote: en sekere jakkalse te soek om dit meer effektief te doen. Die roeper het die voordeel dat hy kern-gebiede maklik opspoor en ook hou-plekke van tertoriale jakkalse. Chopper het weer die voordeel dat hy onbegaanbare terrein maklik kan besoek.
Wonder net ook of die manne uit die lug die katte so maklik kan sien.
Die chopper is selfs vir hom ook duur as ons oor die hele plaas moet soek. So verdien ek darem ietsie en hy spaar op die chopper koste en ons weet presies waar om met die chopper te gaan soek waar ek nie kon bykom nie of waar ek hulle net gehoor het.(groot gedeeltes is maar erg onbegaanbaar)
Die ondervinding wat ek van rooikatte het is dat jy hulle of vroeg oggend by sy vangs kry of hy spring hier reg onder die chopper uit as jy baie laag oor hom gaan. Ek vermoed as jy n bietjie ver van hom verbyvlieg gaan jy hom mis.
-
Vasvat
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
Jammer ouens dat ek nou eers reageer op vrae en antwoorde, was bietjie besig en dam nou weer by die huis. Taffie ek/my doel was nie om te se dat een beter is as ander nie, ek het wel 'n paar punte gestel wat moontlik verkeerd opgevat kon word, die beste resultate verkry op 'n sekere plaas was dat toe die chopper klaar daar geskiet het die boer wat self jag in die volgende week nog 4 jonges en 1 kat uitgehaal het, daarna was sy plaas lank stil volgens hom. Waarop ek probeer sinspeel het en ek lees dit in 'n latere gesprek van julle is dat saamwerk ongelooflik goedwerk. My doel was nie om iemand kwaad te maak en chopperskiet as alfa en omega te gee nie, ek skiet self in die nag vir so paar jaar en weet van julle ongelooflike suksesse. Julle moet my stukkie lees as 'n deel van die groot saak waarmee ons besig is, neem dit wat jy kan gebruik uit myne en sit dit by joune en siedaar, die prentjie raak bietjie beter vir 'n oplossing. As een van ons glo hy is die "mynkonyn" glo ek ons het reeds die stryd verloor. Ons vlieg hoeveel ure sonder om een jakkals/steenbok/haas ens te sien en dit kos geld en vertroue by boere/kliente. My doel is egter om met dit wat ons sover bereik het te kan se: dis die impak wat ons gemaak het om boer X se voortbestaan te verseker. Ek boer ook self en weet hoe dit voel om jou lammers en ooie te verloor en nie die ?$%%$? te kry nie. Rondom rooikatte, ons het vir die jaar bietjie meer as 300 al geskiet, baie in leegte veld en dan natuurlik koppies. Gereeld die hele famlilie in radius van 100meter! Interesant sekere areas 4 katte vir elke jakkals! Ponkie dis goed volgens my om te sien wat in jou area aangaan met hoever die tewe dragtig is en dat 'n mens die werklike resultate sien van jou impak, dit maak ook 'n mens se hart bly as jy sien hoe 'n boer se gesig verhelder as hy die impak sien. Vir interesantheid: ons het in een gebied die aand voordat ons met die chopper geskiet het gegaan en die jakkalse met die gps "gemerk" in 'n gebied, die volgende oggend het ons rondom die merke gaan vlieg en Foila 3 pare en 2 jonges gekry en vir bonus 2 katte. Is dit nie 'n sukses verhaal nie!! As ek op tone getrap het vra ek omverskoning, ek wou egter 'n paar onduidelikhede regstel wat daar geheers het en my bietjie kennis met julle deel, sien dit in die lig asb! Vasvat
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
Manne
Cobus Crous nou die afgelope tyd by ons gejag in die distrik. 29 reuns, 23 tewe, 90 fetusse uit die tewe en 7 rooikatte. Dink dit is 'n aardige bedraggie vir die boere maar die resultate sal gesien word in die lammer-oes!
Groete
Ponkie
Cobus Crous nou die afgelope tyd by ons gejag in die distrik. 29 reuns, 23 tewe, 90 fetusse uit die tewe en 7 rooikatte. Dink dit is 'n aardige bedraggie vir die boere maar die resultate sal gesien word in die lammer-oes!
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Jakkie vs Helikopter
Vasvat en ander vleiers
Ek glo dat dit vir ons kleinte baie meer gaan beteken as alle beheer metodes saam gebruik kan word.
Choppers nagroep en slagysterjagters.
My ondervinding is net daai eerste week na chopper sukkel ek maar in die aand dan gaan dit egter weer lekker.
En glo my na die chopper skiet ons ook oues.
Die ou wat daar by my plasie se omgewing geskiet het het ongelukkig met se lewe geboet.
Sy werkverrigting was baie goed 55000ha gevlieg 31 jakkies voor die ongeluk
Baie stadig gevlieg maar met resultate.

Knou die gediertes AF.
-
tafjak
Re: Jakkie vs Helikopter
Ponkie
Ek was by van die 8ste tot die 19de Aug toe 40jakkalse en katte geskiet is vanaf stoel, maar die inkomstetjie was maar skraal in vergelyking met die chopper s'n. Hoe kan ek nou maak?

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Jakkie vs Helikopter
Taffie, sit n moerse groot radiator fan op jou bakkie, dan vra jy meer per jakkals.tafjak wrote: Ponkie
Ek was by van die 8ste tot die 19de Aug toe 40jakkalse en katte geskiet is vanaf stoel, maar die inkomstetjie was maar skraal in vergelyking met die chopper s'n. Hoe kan ek nou maak?![]()
-
skyfire
Re: Jakkie vs Helikopter
Naand manne!
Ek vertrou dat al die redinasies en opinies nou al gespreek is en dat dit nie te veel oproering veroorsaak het nie. Hier is wel my ondervinding asook andwoord op Taffie se vraag oor die katte!
Ek het nou al by baie boere gevlieg en baie jakkalse geskiet. Dit is wel waar dat ons hulle reg oor die plaas area gewaar en dan dood maar is daar wertlik 'n teorie wat se wanner ons moet vlieg met die hopper en wanner nie? Sal ons wag vir die mis om af te brand en dan te vlieg as die son uit is of is dit beter om te vlieg na n warm bewolkte aand?
Uit my ondervinding vind ek dat die meeste boere slegs 'n halfuur of 'n uur wil spandeer op vliegkostes en dan ook vereis dat die vliegtyd optimaal gebruik moet word sodat die meeste jakkalse in daardie gegewe tydsduur geskiet sal word. Alles is te verstaande, maar vrae nou die vraag: "As ons geweet het wanner om te vlieg en die jakkalse gedood het om elke hoek en draai, sou dit nie sin gemaak het om die spreekwoord, so skelm soos 'n jakkals, te gebruik?" Ons kan wel besluite maak op ondervinding ja, wat dus die kanse kan verbeter.
Om weer terug te kom na 'n boer wat slegs n halfuur of n uur wil vlieg op sy plaas...daar sal automaties vinniger gevlieg word as wat moet en 'n groter area word gedek wat na 'n illusie lei dat daar meer waarde vir geld verkry word en dat die plas "gedek" word maar dit is egter nie die geval nie. n Area moet deeglik gedek word...stadig vlieg en mooi kyk.
Kyk mooi vir die jakkalse asook die rooikatte (Taffie), hulle spring voor jou uit gewoonlik in 2s of 3s en dan word hopelik soveel as moontlik gedood, maar ja hulle word gesien en is moeilik om te skiet!
Ek stel voor dat die persoon wat die skietwerk doen van uit die helikopter moet ook profesioneel in die nag kan roep en skiet soo bv Taffie. Sodoende kan die jakkalse wat nie in die aand geskiet word nie in die dag met die helikopter geskiet word, manne dit werk!!!!
Laastens dink ek dit is die boer se besluit of hy moet die chopper moet in kry of nie. Begroot daar voor en betrek die hele distrik se boere, moenie dit man alleen probeer aan pak nie, want die jakkalse bly nie net op jou plaas nie, maar wel op die hele distrik. Bygese is dit ook nie net die boer se verantwoordlikheid om die jakkalse te beheer nie, maar die hele distrik sin!!!!!
###Ek is besig om weer n skiet te reel vir middelbug so as daar iemand belang stel moet julle asb my kontak of stuur vir my n email. Ek is ook nog opsoek na n skut so voorstelle is baie welkom###
Roedolf

Daar is 2 ervare chopper-skuts beskikbaar. Sal die name PM.
Dankie vir die antwoord en ek dink met jou houdig(chopper gewys) gaan jy nog groot duike in die jakkalsbevolking maak. Het die afgelope 2dae van die dik naalde van jakkalsjag en kennis ontmoet(ten einde laaste) en hul name is: Niel Viljoen(klomp op Tarkastad sal hom ook nou ontmoet) en Oom Peter Scneekluth. Watter ervaring was dit vir my nie.
Sal ook self die petalje in Middelburg wil aanskou.
Mooiloop
Daar is 2 ervare chopper-skuts beskikbaar. Sal die name PM.
Dankie vir die antwoord en ek dink met jou houdig(chopper gewys) gaan jy nog groot duike in die jakkalsbevolking maak. Het die afgelope 2dae van die dik naalde van jakkalsjag en kennis ontmoet(ten einde laaste) en hul name is: Niel Viljoen(klomp op Tarkastad sal hom ook nou ontmoet) en Oom Peter Scneekluth. Watter ervaring was dit vir my nie.
Sal ook self die petalje in Middelburg wil aanskou.
Mooiloop
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
Oom Taf
Gaan daar in julle omgewing gejag word met die chopper?
Wat van Antoinne Hayward? Of sy seun Willie is ok goed daarmee as ek reg onthou, maar Oom Antoinne kan met daai Beretta van hom uit die lug uit gooi!
Ns. Dalk moet Oom self in die groot voel klim...

Groete
Ponkie
Gaan daar in julle omgewing gejag word met die chopper?
Wat van Antoinne Hayward? Of sy seun Willie is ok goed daarmee as ek reg onthou, maar Oom Antoinne kan met daai Beretta van hom uit die lug uit gooi!
Ns. Dalk moet Oom self in die groot voel klim...
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
wannaby
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Fri Jul 30, 2010 9:45 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
hello manne
ek is nuut op die forum en weet nog nie so baie soos al jul slim manne nie maar ek het al reeds baie hier geleer
ek sal egter seker nog jare vat om al die agterstallige posts te lees
ons het ook nou so 2 maande terug met die heili laat jag en niks gesien uitdop nie ook by buurman is niks gevind nie tenspyte van die feit dat die vorige aand 2 lammers gevang is later die dag is egter nog ses jakkies gedrop die hellie tel die dooies wel op en is dit vreugdevol as jy hulle so sien hang
die een was 'n baie ou reun met net gums bo een slagtand heel weg en die ander een net so half die een teef ook dragtig met 5 kleintjies binne (die helli het goeie sukses in die tyd as tewe dragtig is ,dood baie met relatief min skote)
ek dink ook dat almal moet saamwerk om sukses te bereik ek wonder maar net hoe vinnig die jakkies wat wel die hellie oorleef het nie ook "helliesku" sal word nie hul sal ten to one ook nou gevorderde kursusse begin aanbied
groete wannaby

"winning starts with beginning"
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
My nuwe jakkalsjagter 

- CHRIS
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
stuur bietjie foto as die besigheid aanmekaar is.
lyk lekker man

man jaloers is ek nou
lyk lekker man
man jaloers is ek nou
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Jakkie vs Helikopter
Ben. Ek weet dam nie so mooi nie.... 

Vertel bietjie meer van die dingetjie? Hoeveel kg's vat hy? Hoe vinng val hy? Hoe vinnag vlie hy? Hoe lank vlie hy voor jy hoef vol te maak en hoeveel kos die apparaat?
Ek moet bieg, eks nie bang vir vlieg nie, glad nie, maar dai apparaat van jou se aandryfmeganisme laat my wonder of ek sal klim... Dalk as ek die eerste Jak laat val met n AAA sal die lekker die skrikkerigheid oorval!!
Ek volunteer anyway om te kom help, as 125kg nie te swaar is vir die passasiesitplek nie.
Groete
Stef

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
Hierdie is nou lekker vlieg manne

Performance:
?VNE: 120 MPH
?Cruise speed: up to 105 MPH
?Min speed: 0 - 45 MPH
?Take off distance: 10 - 100 m
?Landing distance: 0 - 25 m
?Rate of climb: up to 1 500 fpm
?Fuel capacity: 73 l
?Endurance: up to 5 h
?Fuel octain: Standard 95 unleaded and/or AVGas
?Fuel burn 1 uP - 2 uP: 14 - 18 l/H
?MTow: 550 kg
?Empty weight: 250 kg
?Payload: 300 kg.

Performance:
?VNE: 120 MPH
?Cruise speed: up to 105 MPH
?Min speed: 0 - 45 MPH
?Take off distance: 10 - 100 m
?Landing distance: 0 - 25 m
?Rate of climb: up to 1 500 fpm
?Fuel capacity: 73 l
?Endurance: up to 5 h
?Fuel octain: Standard 95 unleaded and/or AVGas
?Fuel burn 1 uP - 2 uP: 14 - 18 l/H
?MTow: 550 kg
?Empty weight: 250 kg
?Payload: 300 kg.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Jakkie vs Helikopter
Dai min speed gan net lekker werk vir jakkals!!
Die man wat agter sit moet net nie die kopter se spieeltjie afskiet nie

Geniet hom Ben!! En veilig vlieg!
Die man wat agter sit moet net nie die kopter se spieeltjie afskiet nie
Geniet hom Ben!! En veilig vlieg!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Jakkie vs Helikopter
Benna
Jong, darie ding gaan die jeckols lekker dreun. Lyk my jy moet ou Tomma so bietjie vir 'n flip vat(sommer haelroer saam).
Laat weet tog hoe dit gaan. Seker maar altyd eers so bietjie leerwerk soos dit met enige nuwe ding is.

- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 866
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Jakkie vs Helikopter
Benna
Ek kom kuier een van die dae.
Ek's in vir 'n flip , maar ons vlieg net oor die rivier - dan kan ek duik as ek nie daarvan hou nie.
Cheers

Geroer-nie geskud nie
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Jakkie vs Helikopter
Manne
Kan julle aanbevelings doen van Chopper-jakkalsjagters wie julle ken en wat al 'n tipe van track record het?
Ek ken ongelukkig te min van die manne. Ken egter vir Cobus Crous en nog so een of 2. Weet van Meyburgh Theron, Skyfire en nog so een of 2. Ek weet van Vasvat en sy besigheid en hy kan seker ook so naam of 2 h?.
Sit vandag met bek vol tanne toe ander man my vra vir verwysing en kan toe regtig nie uit my hart verseker een gee nie. Laat weet asb, dinge word nou warm met die ongure gras en nat w?reld van ons. Reken ook dat ou primus sy ding/kleim kan afsteek hier in sulke toestande.

Mooiloop en Geseende Kersfees!