Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Stefan764 »

Manne

Ek stir nie aspris nie en dis op niemand spesifiek gemik nie, maar ek sal graag wil weet wat julle siening is oor die etiese aspek van voorsit by n watergat/drinkplek vir diere in die jagveld. Hierdie verskynsel kom veral by boogjag voor. In sekere gevalle sit ouens seker met gewere ook by watergate, maar ek dink dis in die minderheid.

Ek luister graag.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Arnold »

Hoekom is dit ok vir boogjag en nie vir geweerjag nie?

Hoekom s? baie boogjagters dat geweerjagters dit maklik het en oor 200m kan skiet maar dan gaan sit hulle in 'n "hide" by 'n watergat? As jy kies om met 'n boog te skiet oor dit 'n groter uitdaging is hoort jy mos nie langs 'n watergat nie ....


Hierdie onderwerp pis my nogal af. Ek het niks teen boogjag nie en laaik boogskiet (sal nog eendag my eie koop en ek laaik daai Bowtech Destroyers kwaai) maar moenie neerkyk op iets(geweerjag) wat jy kies om nie te doen nie en dan self iets baie soortgelyk doen deur te sit en wag by die drinkplek tot daai bok inkom ....


Verskoon my nou gou, ek kry gou popcorn  ;)
grumpy

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by grumpy »

Hoekom met die bakkie jaag en dan skiet? Jaag hom dan tot hy dood neerval! Dis die verskil tussen JAG en JAAG!

Ons moet ook ons bokke bekruip om so na as moontlik aan hulle te kom. As die boog jagter met boog wil jag moet hy meer ervaring he en beter bekruip as ons want hy wil n uitdaging he en adrenilien pomp.

Ek is miskien verkeerd maar met geweer as die skootplasing reg is dan is die bok plat en dood. As jy kwes met n pyl, eish, daar is leiding en nie so baie bloed om te volg nie. Ek sal miskien nog met boog skiet maar nie jag nie. Jag is vir my om die dier so vinnig as moontlik te dood met die minste leiding. Met die geweer is daar meer slaankrag.

Persoonlik dink ek party ouens met die boog vat kanse net om nie die dier te verloor nie dan vat hulle die skoot. Elke jagter moet die besluit neem of die skoot sal dood maak of nie. As daar twyfel is dan is die antwoord klaar NEE, MOET NIE DIE SKOOT VAT NIE!

Ek het baie respek vir die ouens met die boog wat werklik kan skiet maar soos met ons is daar ook ouens wat hulle naam tottie maak.

Net my persoonlike opinie en niks teen niemand.
bullseye

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by bullseye »

MORE MANNE

HIERDIE IS N TOPIC WAT MY SOMS WARM ONDER DIE KRAAG MAAK. ETIEK IS IETS WAT JY IN JOU EIE HART MEE MOET SAAMLEEF.DIT IS NIE IETS WAT JY OP IEMAND ANDERS KAN AFDWING NIE, OF FORSEER NIE.EK PERSOONLIK DINK NIE DIE BOK OF WAT OOK AL GEE OM OF JY JOU ELEMBOE DEURKRUIP NIE, EN OF JY DIE BOK AGTER VANAF N BAKKIE SKIET NIE, PUNT IS DIE BOK GAAN VREK. SO WAT DAN VIR MY SAAK MAAK IS OM DIE BOK SO GOU MOONTLIK MET DIE BESTE GEREEDSKAP TE DOOD MET MINSTE LYDING.
ETIEK BETEKEN IETS ANDERS VIR ELKE PERSOON. VIR N BOESMAN MET SY BOOG,VIR N MASAI WAT N LEEU AANVAT MET N SPIES,EK WAT NET LEKKER BILTONG EN DROEWORS WIL H?,DIE LUIPERD WAT SY BOK INWAG BY WATERGAT,DIE MAN WAT DIE BOK WIL UITOORL?,DEUR CAMMOS EN BEKRUIP, VIR ELKEEN IS DAAR PLEK.

GROETNIS
BEN.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Christo »

Boog of geweer of handwapen of wat ook al. As jy jag moet jy dit eties doen.

Die bok moet vry kan beweeg, kans kan h? om weg te kom, nie verteur word by watergate nie, ens ens.

Jag is net as jy beter is as jou "prooi". Jy moet hom uitoorl?. Kyk maar wat staan in Kaapjag se re?ls oor etiek. Die tipe wapen wat jy gebruik maak nie saak, dit is jy wat saak maak.

Ek het ook al van 'n bakkie af geskiet en Springbokke voorgesit wat aangejaag word, so preek kan ek nie. En ek dink ook nie dat jy in die Suide van Namibia te voet kan jag as jy so sleg en onfiks is as ek nie, ook sal die Springbokke se getalle mal word as ek agter hulle moet aanloop.

Maar watergate is "sacred" plekke. Bokke sal vrek voor hulle weer daar water drink as hulle agterkom hulle word gejag daar.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek stem met wat Arnold gese het. Dit is ook my persoonlike gevoel. Met boogjag het ek geen probleem nie en weet dat n boog oor meer as genoeg doodmaakvermoe besit om enige van ons wild te jag.
Ek het net die grootste respek vir die walk and stalk manne met die boog. Hulle veldkennis en geduld is werklik iets besonders!
Met die steur van die diere by die watergat kan ek ook net die volgende byvoeg. Indien ek my .22 of enige van my ander kalibers vat en dit n subsoniese lading gee en met n knaldemper skiet gaan ek minder lawaai as n boog maak! Nou vra ek is dit dan nog steeds eties?

Die probleem met boogjag is dat dit oor die algemeen opgeneem word agv die persoon wat wag of nie bereid is om te wag vir n geweerlesensie nie. Hiedie baie keer onervare jagter besit nie oor die nodige kennis om boog te jag op die voet nie en maak dan gebruik van hides waar daar dan n lokkingsmeduim geplaas word. Hetsy water, wildsblok of sout ens.
Ek besef daar is plase wat geen ander alternatief het as om dit te doen nie vanwee plantegroei ens en moet dan toe gee dat dit maar so gedoen kan word, maar indien dit nie n beperkende faktor is nie sal ek nie graag blinds by water wil sien nie!

Ek vir een laat dit glad nie op my plaas toe nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Jagtersdok »

Toe ons latte was en rokkies gejag het waar het ons die skonere geslag gaan voorl?, by die water gate is dit nie? Hahahahahaa ;D

Manne Etiek is nie 'n exacte wetenskap nie. daar is soveel dinge om na te kyk. As my pel in 'n rolstoel is en hy kan nie loop nie, het nie geld vir 'n fansie bos self aangedrewe doodstil 4x4 stoel nie, maar jag is in sy bloed, hoekom sou dit verkeerd wees om by watergat te sit?

As oom Phlip eendag vrot van die arthiritis wees in die knee en kannie kilometrers agter koedoe aan loop nie, maar sy gees is die van jagter hoekom sou dit verkeerd wees om te ry en hom tot by die 3 draai te bring sodat hy daardie drang en begeerte in hom kan antwoord?

As jy vir drie maande of 6 'n sekere koedoe bul se daglikse bewegings gevolg het en hom bestudeer het en jy weet hy gaan more daar by die watergat wees en jy gaan l? hom voor is dit dan verkeerd?

Nee manne etiek is elke ou se eie persepsie. Ek dink oor die algemeen sou mens s? nee mens moet nie. Ek persoonlik kan nie so sit en wag nie ek raak letterlik aan die slaap. Ek dink dit is nie goed vir die wild om te lawaierig te raak met skiet nie, want dit maak hulle bang en interfere met die drink gewoontes.

Ek sou nie sit en wag by watergat nie, maar ek het al in spesifiek omstandighede. As dit is hoe jy dit wil dit is dit elke ou se eie keuse wat ook al sy rede.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Wouter Roets »

Hallo Dok

Die voorbeelde wat jy genoem het spreek vir hulle self en ek sien geensins n probleem met enige van hulle nie. Die probleem met boogjag by water kom grotendeels in dat daar geen juns aan verbonde is nie. Net skietvernuf. Die dier se gewoontis word nie in ag geneem soos met jou voorbeeld van die koedoe nie. jy het mos allermins die huiswerk gedoen om hom uit te oorle!

Ben

Ek dink met jou stelling kan mens jou woorde aan die deur van die verskil tussen JAG en SKIET le. Daar IS n groot verskil.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Jagtersdok »

Baas Wout

Jy sien dit is presies wat ek s?. Jy weet mos ekt jou daai naweek ges? eks bly daar is nie hides by jou watergate nie, maar in sekere omstandighede sou ek dit ook toegelaat het. Ander manne sal weer s? nee nooit nie en ander sal s? Hulle laat dit sommer altyd toe. Ek persoonlik voel tussen boog en geweer moet daar geen onderskeid getref word nie en ek het paar voorbeelde genoem van waar ek dit sou toelaat. Ook sal ek daar sit en wag as bok gekwes is want hulle kom soek water, veral as die kakebene af geskiet word, anders as dit moet watergate nie versteur word nie, die bokke onthou, net soos hulle onthou as jy van die bakkie af skiet
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Gerhard »

Boys,

Hoeveel van julle wat nou al reeds hier gepraat het het al boog geskiet en boog gejag?

Ek jag nou al so amper 6 jaar met die boog en is met die geweer nou al so 30 jaar aan die gang.

Dit is vir my n groter kuns om n bok te skiet met die boog as om hom op 200 meter van n bakkie af te skiet. (let wel ek s? skiet)

Wanneer ons jag praat praat ons iets anders.

Ek geniet jag uit elevated hides of tree stands, pop up hides en dan bekruip met die boog en verkies dit om dit by plek te doen waar daar net sout lek is. Die wild is oor die algemeen baie rustiger as wanneer hulle by water is.

Gaan bestudeer bietjie die gedrag van bokke soos rooibok en blou wildebeeste

Wanneer skiet jy en wanneer skiet jy nie agv die gedrag van die bok wat 20 tree van jou af is.

En  moet asb nie praat van n geweer wat n bok vinniger dood as met n boog nie...

Met n dubbel long skoot val jou bok oor die algemeen vinniger as met n geweer. (Onthou ek skiet n broad head wat n tonnel soos n 12 ga slug skiet deur die vitale organe)

Ek het wildebeeste gehaad wat se hart vlenters met n 7 x 57 geskiet is wat verder hardloop as waar ek dubbel long bo oor die hart skoot geskiet het.

Gaan praat met wilds plaas bestuurders en vind uit met wat se wapen het hulle oor n jag seisoen die meeste kwes skote... (90% van die tyd is dit manne wat geweer jag)

Etiek kan n baie teer saak raak...

Wat vir my n harde jag is en wat vir jou n harde jag is dalk nie die selfde nie...

Vir my n geblikte leeu jag uit soos heel dag more maar die volgende jagter het geen probleem daarmee nie...

So voor julle boog jag en die maniere van hoe jagters met die boog jag veroordeel gaan doen dit eers self...  ;)
Last edited by Gerhard on Sun Mar 27, 2011 6:34 pm, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by spekieries »

Naand manne

Ek moet s? ek steun Wouter se denke. Maar ek dink ook soos Dokkie dat etiek is een van daai  filosofiese  idees waaroor lank gedabatteer kan word, maar waaroor elkeen in sy eie gewete moet krap.

Groete
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Christo »

Gerhard

2 jaar terug kry ek die gellentheid om 'n Zebra te jag met my boog. Ek het ure/dae geoefen met die boog en goed gevoel oor my vermo?ns op 'n teiken en die afstand skat akkuraat oor so ver soos 50m. Ek het alles opgelees en nopgeswot wat die Zebra betref. Ek wou baie graag 'n Zebra met die boog jag, size en geslag het nie saak gemaak. Ek het ook geweet dat dit uit 'n "Hide" sou wees by 'n "voerplek".

Toe ek klaar was met my geweerjag, Walk and Stalk, het ek 'n draai gaan maak by die goeie vriend van my waar ek die Zebra sou mag "jag" uit die hide uit. Ek het geweet dat ek nie fiks genoeg en die vermo? het om so bok te bekruip nie. Daar aangekom was daar 'n groot span "boog en swartkruit jagters" wat besig was en vir die volgende dag ook nog sou jag. Daar skiet ek toe ook die eerste keer met 'n swartkruit geweer ( camo en all) op 'n blik. Die vriend van my was toe juis by die lapa en laai die manne op vir hulle middag sessie in die "hides". Hier spat my droom in skerwe. Glas in die hand en boog in die ander hand en coolbox word ook gelaai. Toe ek vra ??? word net geskerts dat die coolbox lekker sitplek is en die dop maar kan saamgaan want hulle sit mos in 'n skuiling ( dit is die jagters wat hier praat ). Ek was "disgusted" om die minste te s?. Afgespreek sal ek die volgende dag kom jag.

Die volgende oggend is ek so net na 6uur daar en die vriend vra verskoning hulle soek eers na 2 kwesbokke van die vorige middag se boogjag. Ek was behoorlik afgehaal en s? toe maar dat ek dink ek is nog nie so seker van my vernuf nie en gaan pass die keer. Ek sal weer terug kom volgende jaar. Tot nou nie tyd of kans gehad daarvooor nie. Die vriend van my se seun is 'n baie goeie boogjagter en sy pa het hom toe hy begin het nie toegelaat om iets te skiet met sy boog voordat hy van 'n hele paar bokke foto's kon neem van minder as 10-20m af nadat hy hulle bekruip het nie.

Ek dink dat boogjagters meer etiek toepas as die meeste geweerjagters en dat hulle meer besef wat hulle vermo? is as ons geweerjagters. Die spannetjie was net 'n tipiese swak beeld vir alle vasette van jag. Maar op my is daar 'n blywende letsel gelaat. Geld en geld maak mense dink hulle het ander regte as ons ander.

Ek gaan nog 'n Zebra jag al is dit uit 'n "hide" maar dit is my droom om te jag met die boog. Wanneer en waar sal maar met tyd moet kom. Dalk sal my ou vriend nie so span op sy plaas he as ek weer daar is nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Gerhard »

Christo,

Dit laat n slegte smaak n mens se mond...

Om jou idee te gee hoe ek jag met die boog

Ek het laas jaar n rooibok ram van so 26 duim (onthou ek het vir lank ge PH en kan redlik goed skat) so vir seker 30 minute binne 30 yards van my af gehaad waar hy besig was om te wei van waar ek in n tamboti boom sit...

Net toe ek begin dink ek gaan n skoot op my droom bok kry kom daar sweterjoel blou ape onder di boom deur. Ek knip nie eers n oog nie maar een van die ape sien my en begin met sy koggel...

Lang storie kort ek sit toe met ape reg rondom my in die tambotie bome di rooibok ram wat staan en rond kyk waaroor hulle so aan gaan op 24 yards...

Ek het nie eers die kaans gekry om n foto van daai bok te neem nie. Wat nog van n skoot kry, ek droom nou nog van daai ram.

Ek het n groot probleem met mense wat drank met jag en wapens (enige wapen) mix...

Daar is n plek en tyd vir alles en ja n rum en coke of is dit nou choke... Vanaand langs die sekelbos vuur is baie lekke maar dis waar dit bly.

Ek het skuts wat drank (bier) met n SABA skiet komp mix gedurende die komp weg gejaag deur hulle vriendelik te versoek om hulle boe weg te pak en dan verder bier te sit en drink.

Vir interesantheid.

Kyk bietjie daai Zebra hings kom altyd eerste in as hy water toe gaan saam met die trop.

Ek het ure en dae se genot al gehaad om langs die water te sit en fotos neem en net sit en kyk wat maak dit diere...

My vraag is nou...

As jy so in die hide sit en daar kom in jakkals in water toe.

Gaan jy hom skiet met die boog of nie???


of

Is dit eties om jakkalse met kos klanke in die nag in te roep en dan met skiet lig te verblind en dan te skiet???
Last edited by Gerhard on Sun Mar 27, 2011 8:00 pm, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Christo »

Gerhard wrote: My vraag is nou...

As jy so in die hide sit en daar kom in jakkals in water toe.

Gaan jy hom skiet met die boog of nie???


of

Is dit eties om jakkalse met kos klanke in die nag in te roep en dan met skiet lig te verblind en dan te skiet???
Ek dink, onthou dit is ek, dat jakkals inroep en lig groot kuns en kundigheid is. As ek dit vir 'n lewe sou doen sou ek baie baie dunner gewees het. Ek het gisteraand een se boud geklits en daar is vanoggend net bloed en stukkies vel en hare orals maar hy is weg. Dit na 3 verskillende opstellings. Al oefen ek ook hoe, daar is manne wat die kuns kundig verstaan.

By 'n watergat in 'n consevancy is hy beskerm tot die mate waarin die wildbestuurder s? hy is. Daar is 'n waarde aan sy skiet. Jy betaal en gewoonlik nie andersom nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Gerhard »

So jy s? met ander woorde dat daar nie n kuns of kundigheid is om n akkurate skoot met die boog te kan skiet op n bok???

Sien op die einde van die dag gebeur dit maklik dat ons as jagters onder mekaar sit en baklei en mekaar probeer af skiet in pleks van waar ons saam een beeld moet uit drae buite toe.

Hier sal julle n idee kry van hoe ek boog jag.

http://www.youtube.com/user/gerharddelport?feature=mhum

Hierdie is uit hides af geneem omdat dit bietjie moeilik is om uit n tree stand of met bekruip op die voete die jag alleen af te neem...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Christo »

Gerhard, oor kuns, kundigheid het ek bloot jou vraag oor jakkalsjagtery met roep en lig geantwoord. Moet dit asb nie 'n ander koteks as dit sien nie.

Ek het so jaar terug jou video's gekyk wat toe gelaai was. Dit is en bly indrukwekkend. Miskien een van die motiverings waarom ek 'n boog het.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Rooies »

Christo

Jy toe jou jakkie gekry vanmiddag?
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Christo »

Rooies wrote: Christo

Jy toe jou jakkie gekry vanmiddag?
nee, sal hom maar merk as M I A
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Gerhard »

Christo wrote: Gerhard, oor kuns, kundigheid het ek bloot jou vraag oor jakkalsjagtery met roep en lig geantwoord. Moet dit asb nie 'n ander koteks as dit sien nie.

Ek het so jaar terug jou video's gekyk wat toe gelaai was. Dit is en bly indrukwekkend. Miskien een van die motiverings waarom ek 'n boog het.
Christo,

Ek roep en skiet al jakkalse ook vir die laast 6 of 7 jaar.

Om die regte staan plek te kies, die regte klanke te gebruik, die dimmer op die lig reg te gebruik, die jakkals op die regte plek te stop en dan n akkurate skoot te skiet om die jakkals om te dop is en bly n kuns veral as jy dit keer op keer doen en reg kry.

Daarmee stry ek glad nie...

Maar so is dit ook n kuns om met n boog te kan jag en n akkurate skoot te kan skiet waneer en waar dit saak maak.

Hier is klompie fotos van waar ek "broad head tuning doen" en ook klompie diere wat ek die voorreg gehaad het om te jag met die boog...

http://www.facebook.com/album.php?id=53 ... aid=285342

As ek moet terug dink aan die tyd en oefening wat in gegaan het die laaste 5 jaar op boog skiet in voor bereiding om te jag met die boog vs die roep en skiet van jakkals...

Dan wen die boog baie ver omdat dit n kuns is om met die boog elke keer alles die selfde te doen en akkuraat daai pyl op teiken te kry.

My ondervinding in die boog bedryf is dat die gemidelde boog jagter n geweer jagter is wat reeds ruk lank jag en nou n ander uitdaging in die veld wil he...

Ja mens kry die manne wat wil gaan jag met die boog en dan nie weet wat die verskil is tussen n Impala Ram en Rooibok ram nie maar dit bly die grond eienaar se besluit of hy n jagter se skiet vernuf wil toets voor hy hom gaan laat jag...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Spanner »

Etiek - en reg of verkeerd, is 'n vreeslike subjektiewe ding !  Wat vir my eties en reg is, mag dalk vir jou afgryslik wees !  Nou die dag word ek deur 'n boer amper ged@nner omdat ek wil wag todat die duiwe opvlieg van sy sonneblomme, alvorens ek 'n skoot waag - en toe skiet ek nog altwee skote mis ook !  Hy het net nie verstaan dat ek dit so wil doen nie, vir hom het my etiese oortuigings inbraak gemaak op sy wins.  My REGTE manier was vir hom ONAANVAARBAAR !  

Ek self skiet nie boog nie.  Maar ek respekteer die manne wat dit wel doen.  Ek het ruk terug die oningeligde siening tussen kollegas aangevat en verkeerd bewys dat "boogjag slegs doodmaak is - dis nie jag of eties nie ..."  Party ouens skiet bokke wat dors is by watergate, ander ouens skiet slegs die grootste en mooiste teelram uit die trop, ander ouens wag tot die duiwe vet gevreet is en skiet hulle oppad slaapplek toe uit die sonneblomlande ...  Aan die einde van die dag, moet ons elkeen besluit : wat maak vir my saak.  Wat beskou ek as eties en moreel aanvaarbaar, korrek en andersins.
My vrou het met afgryse gekyk na die trofeejagters wat 'n soenie jag, (teen R9000 'n bokkie) - hy is  bloot eenvoudig vir haar net te mooi om te jag !  Maar sy het geen probleem om 'n rooibok of bosbok te skiet nie.  Hoe maak daai siening sin ?  Persoonlike oortuigings kan soms jou oordeel beinvloed.   Ons spandeer te veel tyd om die ander ou aan te val oor wat hy kwansuis "verkeerd" doen, in plaas daarvan om die sport van jag in totaliteit te bevorder.  Ek het my vrou se denkwyse na 'n lang gesprek reg gedraai deur te verduidelik watter voordeel die trofeejagter bied en waar die soenie sal op eindig as ons hulle nie aktief bewaar en volhoubaar benut nie.  Reg en verkeerd is 'n baie moeilike en gevaarlike onderwerp.  
Party ouens s? aartappel - ander s? ?rtappel - wie is reg ?  Daai , moet jy self oor herkou.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Cobus(Cobb) »

Ek sien dit so:

In die oerdae moes 'n man kos kry, gryp jou klipmes, bekruip die bok en sny keel-af...jou buurman wat slimmer as jy is, ontwerp toe 'n spies en gooi bokke dood op 15 tree..(moerse oneties gesien uit die mes steker se oogpunt)..volgende ou ontwerp pyl en boog en het meer sukses..(hys amper gestenig agv sy onetiese jag metodes), van daar die geweer, swartkruit,,,(nee black-sam, die dier het nie 'n kans nie)....to 'n scope....nee manne, te oneties.....

So kan ons aangaan en onder mekaar stry oor dinge wat die GROENES(wwf ens) oor die jagters s?...hulle dink dat jag oneties is omdat die arme dier/e nie 'n kans staan nie, tog is hier nie 'n enkele makker op die site wat kan s? dat hy nog nooit misgeskiet het nie...self Gerhard en die ander bow/crossbow manne moet erken dat daar al baie misgeskiet is...so die dier/e het tog 'n kans...daarom verbeter ons die tools gedurig, sterker ammo, beter scopes, ligter en vinniger pyle, beter roep apparaat ens ens...

Onthou, die man met die klipmes het ook sy kos by die watergat, uit 'n hide bespring..(oneties??)

Ek dink dat die wild daar buite 'n baie groter kans het om die jagter vry te spring...(sels bakkie jag in die bosveld, het ek al gesien dat manne 3 dae rondry en nie eers 'n skoot inkry nie...daar was baie wild te sien maar te uitgeslape)

'n Dier by die water is reg om te hol, dis sy instinkte, so as die boog jagter net te hard oogknip, is die dier weg, waar die man wat 200 meter windaf l?, en hy kan bietjie skiet, se bok gaan val....watter dier in die 2 gevalle het die groter kans op oorlewing gehad?, watter een was nou meer eties?

Ek stem volkome saam dat die dr@l met sy cooler box in die hide nie daar hoord nie,  en ek dink dis die tipe man wat 'n girl gaan probeer dronk maak voor hy ..........(nee, ekskuus, eks nou te persoonlik en trek die stelling terug)

Ons stuur ons diere na die Taxidermis toe om 'n momento te mag h? van 'n dier (wat ons in ons harte weet 'n groter kans gehad het om ons uit te oorl?), wat ons wel uitgeoorl? het....nog nooit het iemand 'n slag os en vleisbees by die slagpale laat opstop nie, daars geen jagter/prooi motivering nie.

Etiek is in elke nugter man se hart,,,hy's daarmee gebore en sal dit be-oefen uit 'n hide met sy boog,.... oor 150m in die bos ....en vanaf sy skietstoel 350m van sy prooi af...

Hoe s? die manne...."net my 5cent"

Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Gerrit Visser »

Cobus jou 5c dra water, mooi man.


Gert
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by Monrique (SJ) »

@ Cobus

Maat ek moet volkome saam stem mat wat jy gese het in jou 'post'.  Elke ou doen die ding soos hy wil en goed dink en wat vir hom eties is!  Elke plaas het maar sy reels en as die jagter wat daar wil gaan jag, nie hou van die manier van hoe dinge daar gedoen word, dan hoef hy mos nie daar te gaan jag nie.

Groetnis
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 534
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by PRIVATE RYAN »

Eties 100% fair chase dalk nie.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jag (en veral BOOGJAG) by n watergat - hoe eties is dit?

Post by James Wilson »

Etiese jag, het ek al baie gesien verskil van jagter tot jagter. ons sien dit nou weer hier in die gesprek. ek ken nie een van julle nie, maar ek sal binne redelike perke glo, dat etiese jag en jou weergawe daarvan vir my aanvaarbaar sal wees. ek kan sien dat elkeen wat hier skryf passievol is oor etiese jag. miskien verskil julle hier en daar oor die detail maar niemand sal in die jagveld aanstoot neem nie. ek wil glo dat ons manne hier, n tipe ingebore aanvoelling het vir die  skepping waarin ons die voorreg het om te jag. ek dink die klein klem verskille waarin ons glo, maak elkeen van ons n etiese jagter in sy eie reg.

ek het ookal baie oor die ding gesit en dink, ek kan gladnie n duiker of steenbok skiet nie, ek voel net te aardig om so n klein dingetjie te skiet. baie boerre in my omgewing waarsku jou ook as jy daar kom, om nie eers te kyk na n steenbok nie. so het ek maar groot geword, my pa was ook teen steenbok skiet. ek het baie lank gedink dit is teen die wet om n steenbok te skiet. tog sien ek gereeld fotos in tydskrifte met manne wat trots langs sy steenbok afgeneem is. self sal ek dit nooit doen nie, maar ek sal op n Jagplaas nie n man konfronteer as steenbok op die pryslys is nie.  

party plekke moet n man darrem sy se, se. en dit is by die geblikte leeu skiet. ek weet die geblikte leeu produk bring baie geld in SA in en ek weet dit bou die getalle van leeus, en ek sal my mond hou as iemand dit wil doen. MAAR, ek sal nooit geblikte leeu skiet, jag noem nie. want jag is dit nie.

hierdie is n goeie topic, ek hoop julle manne geniet hom verder.
Last edited by James Wilson on Mon Mar 28, 2011 5:36 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply