338 Lapua Magnum bende

Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

338 Lapua Magnum bende

Post by Eugene »

Offroad, ek moet eerlik sê ek het nog nooit enige rakammunisie gekoop behalwe vir 12br en .22 nie. Ek koop maar 250gr Scenars en moly self. Dis makliker as wat ek gedink het.

P.S. As jy dit nog nie gedoen het nie, maak seker dat daai rail van jou is behoorlik vas is. Hy kom nie vas-vas uit die fabriek nie en beide my en DJ sin was maar redelik los gewees n paar skote......
Aim small, miss small
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by VdWalt »

Die thread is soos porn en ek dink dit moet gedelete word.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Arnold »

VdWalt, dit gee ons darem iets om oor te droom/l
User avatar
offroad junkie
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sun Feb 08, 2015 8:27 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by offroad junkie »

Eugene wrote:Offroad, ek moet eerlik sê ek het nog nooit enige rakammunisie gekoop behalwe vir 12br en .22 nie. Ek koop maar 250gr Scenars en moly self. Dis makliker as wat ek gedink het.

P.S. As jy dit nog nie gedoen het nie, maak seker dat daai rail van jou is behoorlik vas is. Hy kom nie vas-vas uit die fabriek nie en beide my en DJ sin was maar redelik los gewees n paar skote......
Eugene, as jy s jy molley self, wat doen jy alles? Kan jy vir my verduidelik asseblief die stappe wat jy volg?

Wat is die voordele daarvan om te molley en wat is die nadele, as daar enige is? Ek vra maar want soos ek gesê het, ek is nog ñ rofie met die 338LM.
User avatar
offroad junkie
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sun Feb 08, 2015 8:27 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by offroad junkie »

Ok, ek het myself sommer gou geantwoord....lol. Vinnige google soek en kry toe hierdie link: http://www.6mmbr.com/normamoly.html
Verskoon my gou, ek gaan nou eers gaan opswot. Lol
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

338 Lapua Magnum bende

Post by Eugene »

Offroad, ek is nie 'n kenner op moly nie, maar gelees op die net en by DJ baie raad gekry. Jy koop 'n moly kit wat op jou gewone tumbler pas of jy gebruik pilhouertjies in jou gewone tumbler media. Ek het nog nooit die laaste manier gevolg nie, so kan jou nie werklik daarmee help nie.
Die tumbler kit werk lekker. Daar is keramiek media en jy gooi jou koeels daarin, saam met omtrent 'n kwart teelepel moly poeier. Sit dit vir 2 ure aan en dan polish jy dit in ander media vir so 5 min.
Moly verlaag die wrywing in jou loop en dit verleng glo die looplewe. Omdat dit die druk laer maak, is die spoed ook laer en kry mense effens beter dopvulling vir dieselfde spoed sonder molycoating. Ek het dit eers onlangs begin probeer en doen dit maar uitsluitlik vir (hopelik) beter looplewe.

Enigste nadeel waarvan ek weet, is dat dit maar 'n morsige en vuil proses is....
Aim small, miss small
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Smitstertjies »

HoggerNaut wrote:TRG42 338 Lapua 27inch 1/10
20MOR Rail
Vortex Razor
Gooi n accubond teen 2650fps
Nog besig om beste lading vir haar te soek (Sys nuut)
http://i535.photobucket.com/albums/ee35 ... kfdquu.jpg
Hoggernaut, ek neem aan dit is die 300gr Accubond wat jy skiet. Het jy al maks TPL gemeet? Is jy ook beperk tot jou magasyn? Wat se TPL laai jy?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Smitstertjies »

offroad junkie wrote:Het iemand al die Norma 300gr pakkies ammo gekoop?
Vandag prys gekry van R1300 vir 20.
Lapua Scenar 300gr was R990 vir 10.
Seyathunya op Facebook adverteer Sellier & Bellot vir R570 vir 10.

50 Norma doppe, nuut vir R1300.

Ek moet nog 'dies' koop om te herlaai maar is nog ñ roof met die 338 LM. Al wat ek weet is die Lapua doppe/ammo is die beste maar met die hoogste prys ook. Wat sal julle aanbeveel as die goedkoopste alternatief wat NIE akkuraatheid sal beinvloed nie?

Sellier & Bellot volgens my is glad nie slegte kwaliteit nie. Ek herlaai dit vir my .308 en .243.
Dis hoekom herlaai net soveel sin maak.

My herlaaide Lapua Scenars kos R19 per rondte (As ek my doppe 10 keer kan herlaai), teenoor R 99 vir gekoopte ammo.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
offroad junkie
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sun Feb 08, 2015 8:27 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by offroad junkie »

Ek sal nog daar kom.... :(

Moet nog 'dies' koop.......en nog doppe, punte en poeier......

Ai, as ek net ñ werk kan kry :(
KC1
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon Feb 01, 2016 10:08 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by KC1 »

Die volgende het ek ondervind met my 338LM

Dis n groot dop met n lekker groot 117gr H2O volume (Lapua doppe 12x herlaai en geen teken van aftree) maar, jy is nog op veilige druk en 1 grein S385 later is jou bolt stram om oop te gaan.

Ek sou aanbeveel as jy lading ontwikkeling doen om dit stadig te vat en 0.5gr inkremente te doen.

Dalk my "tight" loop wat dit veroorsaak, het die een nog nie uitgesort. Was self verbaas daaroor.

My kopie van Quicload is heeltemal deurmekaar met die drukvoorspelling asook n node voorspelling.

Berger en Sierra is koning, gevolg deur Hornady. Scenar's is nie lekker in my roer. Een van daai dinge want omtrent almal se 338LM's skiet dat dit bars daarmee.

250 Tactical Bergers groep om en by 2930fps 88.5gr S385/12. Jump 1mm

250gr Siera Game Kings groep om en by 2930fps 87gr S385/14. Jump 1mm

285 Hornady HPBT Match groep om en by 2700fps 85gr S385/14. Jump 1mm

As die Sierras dieselfde BC gehad het as die Bergers dan was hulle my 1ste keuse, agv die skaarsheid van Bergers is Sierras nou my 1ste keuse.

Die rooi kol verf ek altyd so 2 na 21/2"

Die gee mens n idee van die akuraatheid van die lading en koeel kombinasie as mens iets reg doen. Dit kan seker beter gaan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Wouter Roets »

KC

Ek vermaan nou mense met 338 Lapua's vir n baie lang ruk oor die druk wat hulle hardloop in hulle gewere. Ek was al amper in n vuis geveg betrokke hieroor. Die ou storie is dat die eienaars se maar daar is geen tekens van druk nie en daarom moet dit veilig wees. As ek so na jou snelhede kyk kan jy dalk in dieselfde bootjie sit. dit verklaar ook heel moontlik jou huidige delema. Die ontwerp van die doppe is baie sterk in die web area veral, so die dop hanteer hoe druk uitstekend. Die feit is dat enige komponent een of ander staduim net soveel kan vat alvorens dit ingee. Hierdie tel natuurlik net soveel vir die stelsel. Daar is n baie goeie rede hoekom die vorige Sako TRG,s soveel "failures" hier in die suidpunt van Afrika gehad het.

Daar is niks fout met QL en sy drukvoorspelling met die 338 Lapua nie. Die eenvoudige realiteit is dat S385 te vinnig verbrand vir die kaliber en mense nog steeds gespesialiseerde poeiers se snelhede in die kaliber na steef. Dit is werklik iets wat die meeste eienaars van die kaliber bewus van moet wees, want erens gaan hulle gebyt word.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Capt. Yoda »

n 250gr OTM teen 2930 maak nogals bq gatskoon, dink my QL is ook deurmekaar as ek so na dit kyk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
KC1
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon Feb 01, 2016 10:08 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by KC1 »

Wouter,

Ek het met die druk dilema gesit toe ek aanvanklik begin laai het vir die 338LM.

Ek het toe Somchem geskakel en gevra op watter druk hulle die 87gr Max S385 vir n 250gr projektiel bereken het en die antwoord was 61 000 psi.

Ek het die data van Somchem gevat en in QL invevoer, wat my toe n druk van om en by 68 000psi gegee het. Dalk het ek iets daar verkeerd gedoen, maar ek glo ek het dit nogal deeglik gedoen.

Dopvolume was die standaard wat QL gee ek dink dis 112grH2O kan nie meer onthou.

Daar was n verskil van om en by 6000psi gewees wat QL die druk hoer bereken het.

Al hoe ek by Somchem se drukwaardes en snelheid kon uitkom by die max van 87 gr was om die weihting factor van die dop aan te pas tot .41 en met die start preasure te speel tot op 6200psi en dan die BR faktor aan te pas

Die Bergers het n baie kort bearing surface al rede hoekom ek dink ek kon tot 88.5 gegaan het met lot 12 wat gelyk in brandspoed is aan die standaard lot van Somchem.

Die Sierras het my verbaas. Lot 14 het n faktor -1.7 en alreeds op 87 gee dit n snelheid van 2930fps. Weet nie, langer bearing surface as die bergers maar met n lot baie stadiger gee dit dieselfde snelheid. Dalk is die deursnee kleiner as die Bergers?

Met die Sierras is ek op max lading van Somchem dus 61 000psi?

Die 250gr Scenars het my weer laat kopkrap en met die oog lyk dit of die bearing surface dieselfde is as die Sierras maar ek moes die lading opstoot tot 88.5 gr S385 lot 14 om net 2900fps te haal. Ek het besluit ek gaan nie verder met Scenars.


My gevolgtrekking is dus ek kyk maar met n baie skeptiese oog na die drukvlakke wat QL nou gee na ek die dinge aangepas het soos ek verduidelik het.

87gr op die Sierras is volgens Somchem 61 000psi en die lot 14 is stadiger as die mean van Somchem so ek behoort onder 61000psi te wees

Die Scenars bly n raaisel.

Dit wil voorkom of snelheid nie altyd n goeie aanduiding van druk kan wees?

Met die 285 Hornadies op 85gr S385 lot14 behoort ek ook veilig te wees.

Somchem se max vir n 275gr is 85gr met hulle gemiddelde lot

Met lot 14 wat -1.7 is glo ek dit is veilig met n 285gr projektiel

Daar is definitief n verskil tussen Somchem en QL se waardes glo ek

Verder verskil Lapua Europa? en Lapua Australie ook nog met die max psi vir die kaliber. 61 000psi teenoor 68 000psi

Dus is daar van Somchem se veilige lading nog n verder veiligheids faktor van 7000psi

Ek promofeer nie die jaag van spoed. Ek moes bloot n berekende veiligheid faktor vir myself bepaal omdat QL, so lyk dit nie die regte drukvlakke voorspel.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Wouter Roets »

KC

Om QL oordentlik te kalibreer het n mens tog al die informasie nodig. Het Somchem al hierdie vir jou voorsien? Ek het baie ondervinding met hulle en net iets soos dopkapasiteit bly n strikvraak by baie van hulle. Die tweede aspek is dat jy bitter mooi moet verstaan wat jy doen alvorens jy aan die Weighting Factor begin stel. Dit bring druk af en tel spoed op. Dit kan net gedoen word indien jy al die nodige informasie tot jou beskikking het en al het jy dit bly dit so bietjie van speel in die donker. Spoed bly ons as herlaaiers se enigste werklike bron van drukbepaling. Maksimum lading se eerlikwaar nie veel nie, maar maksimum spoed alles.

Soos reeds gese is die 338 Lapua doppe nie dieselfde as die 416 Rigby voogdop in ontwerp nie. Die doppe is heelwat verssterk veral in die web area. Daar is wel baie 338 eienaars wat 416 Rigby doppe gebruik en met dit ingedagte is 68 000psi baie hoog. Om dinge te vererger is die ontwerp van die 338 Lapua ook nie die beste met sy baie body taper wat bolttrust veroorsaak nie. Hierdie is ook die rede hoekom die dopkapasiteit so baie wissel in die kaliber. Ek glo QL se vervaardigers het juis die kleinste een gebruik as default om aan die kant van veiligheid te "err".

KC wys my net een handlyding in die wereld waar n soortgelyke poeier soos S385 aanbeveel word vir die 338 Lapua? Jy gaan sukkel om net n poeier te kry wat nagenoeg soos S385 brand wat al getoets is in die kaliber. Die poeier is net eenvoudig te vinnig verbrandend vir die kaliber. Ek vra ook die volgende vraag weer. Sako het nie probleme met die TRG42 in die hele wereld gehad nie, behalwe in SA en Nam. Wat se dit vir jou? Vir my is dit eenvoudig, die manne wat hier die kaliber skiet hardloop eenvoudig net te hoe druk. Die dopsontwerp steek dit eenvoudig net goed weg, maar druk en die gevolge daarvan kan ook net solank geignoreer word. Rather err on the side of safety.

Use it, don't use it.

Groetnis
Wouter
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Smitstertjies »

Wyse raad deur Wouter
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
HoggerNaut
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Fri Jan 02, 2015 11:06 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by HoggerNaut »

Smitstertjies wrote:
HoggerNaut wrote:TRG42 338 Lapua 27inch 1/10
20MOR Rail
Vortex Razor
Gooi n accubond teen 2650fps
Nog besig om beste lading vir haar te soek (Sys nuut)
http://i535.photobucket.com/albums/ee35 ... kfdquu.jpg
Hoggernaut, ek neem aan dit is die 300gr Accubond wat jy skiet. Het jy al maks TPL gemeet? Is jy ook beperk tot jou magasyn? Wat se TPL laai jy?
Ek laai AOL van 94.5 met 300gr scenars dan is ek .65 van lands af.
Dit is ook maks wat in my magasyn pas so werk mooi.
Dis vir my n jag geweer en dus werk ek nou die 300gr accubond uit vir hom.
Hul na dieselfde lengte as die scenars gelaai omdat dit die langste is wat in die magasyn pas.
Hul nognie op langbaan gaan toets maar op chronograaf skied hulle baie dieselfde.
MOLON LABE
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Eugene »

Wat die druk betref, ek laai die 250gr Lapua Scenar teen 'n spoed van 2860 ft/s en met 'n 0.5mm jump en 'n 26" loop. Ek het nog nie baie skote geskiet nie en dus het ek nog nie al die data nie. Volgens die data wat ek wel het en in QL gebruik het, is dat baie naby aan maks druk. Die doppe en slagdoppies wys egter geen druktekens nie. Ek moet byvoeg dat meeste skote geskiet is tydens die onlangse hittegolf wat oor die sentrale gedeeltes van die land was. Dit kan moontlik 'n invloed hê. 'n Mens moet egter dus maar versigtig wees om die druk te probeer bepaal net aan die hand van die tekens op die dop....
Aim small, miss small
User avatar
varkjagter
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Wed Jan 11, 2012 12:24 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by varkjagter »

+ 1 ek gooi ook so nou en dan bietjie groot lood ver .

groete varkjagter
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Aceofspades »

Ek klim ook gou hier in en vra. Weet enige een van julle waar HBN hier by ons bekombaar is? Wat ek al opgelees het werk dit beter as MoS2 en vertoon skoner.
User avatar
offroad junkie
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sun Feb 08, 2015 8:27 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by offroad junkie »

Nou wat is dan nou eintlik die probleem dat daar nie van die Amerikaanse poeier ingevoer word nie? Ons kry tog baie wapens en bybehore van hulle af sowel as ñ magdom vol gelaaide ammo alreeds met van daai poeiers in, teen ñ prys natuurlik. Hoekom kan daar dan nie buskruit ook ingevoer word nie?
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Aceofspades »

Met die kruit effek se wette en goete is ek nie heel op die ball nie. Ek weet dat lugrederye nie kruit wil vervoer nie en dat dit hier in 'n magasyn moet staan tot al die docs en inspeksies klaar is. Die handelaars sal meer lig hierop kan skyn. Selfs met die HBN. HBN is 'n inerte poeier, net soos MoS2 (moly).
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by JPS »

Wees maar geduldig, klink of daar moontlikheid is dat daar van die Oorsese kruite dalk inkom.

Maar hou in gedagte, indien dit wel gebeur gaan dit teen 'n premium wees...
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Smitstertjies »

Ek het toe gister kans gekry om 300gr Nosler Accubonds te gaan toets. Wil graag dit gebruik as n jag lading.

Het 2 mooi ladings gekry op 79.5gr S385 teen 2590 vps en 80.5gr S385 teen 2650 vps.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
offroad junkie
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sun Feb 08, 2015 8:27 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by offroad junkie »

Smitstertjies wrote:Ek het toe gister kans gekry om 300gr Nosler Accubonds te gaan toets. Wil graag dit gebruik as n jag lading.

Het 2 mooi ladings gekry op 79.5gr S385 teen 2590 vps en 80.5gr S385 teen 2650 vps.
Watse vleis skade maak daai Nosler Accubonds? Sal ñ soliede punt soos die Impala punte met daai balistic edge nie beter nie? Ek vra want ek het my eland geskiet met my .308 wat gelaai was met Impala CFN punt. Ek wil so min as moontlik vleis skade hé, dis hoekom ek vra.
rps20150819_000331.jpg
rps20160219_185315.jpg
rps20151203_071821.jpg
Soos julle kan sien, geen vleis skade nie Image
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 338 Lapua Magnum bende

Post by Capt. Yoda »

Jy koop mos nou nie regtig n 338LM om n bok met n impala op 85m te skiet nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply