.416Ruger ideale koeelgewig

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

.416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

More manne.
Ek het gister my .416Ruger Alaskan se glase gekry, toe begin ek maar net weer jeuk oor die roer.
Johan Kriek is besig om vir my koeëls te ontwerp, toe het ek weer begin dink aan die ideale gewig vir hulle.
Ek voel dat enigiets tussen 350gr en 380gr monolietiese koeëls voldoende sou wees.

Nou hier is waar my vraag in kom.
Die hoogste nodespoed met die volgende koeelgewigte is haalbaar:
300gr - 2640fps

340gr - 2460fps

350gr - 2430fps (S335)
2425fps (S355)

370gr - 2400fps (S355)

380gr - 2400fps (S355)

400gr - 2220fps (S355)
2265fps (S365)

Ek kry die idee dat die kaliber op sy effektiefste werk hier by 370gr-380gr. As mens kyk hoe na aan mekaar die nodespoed is, maak dit sin.
Tussen 300 en 340gr is daar 'n groot sprong in nodespoed.
340 - 380gr is binne 60fps van mekaar.
400gr is weer baie stadiger.

Is ek reg met wat ek aanneem, of sou julle steeds die traditionele 400gr roete volg?
Ek dink 370gr monos sal sommer lekker werk. Veral as Kriek 'n solid en expanding koeel kan maak wat binne 20mm van mekaar skiet op 50m. Die vorm sal soortgelyk aan 'n Dzombo solid wees.
Die Aimpoint scope is elkgeval half nutteloos anderkant 120m, so enigiets in n kleiduif-grootte groep op 100m sal voldoende wees vir my.

Groete
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by LoopSoosStroop »

Weet nie wat nodespoed jou in die sak gaan bring met hierdie tipe geweer nie? Hy gaan seker baie uit die vuis uit en van stokke af geskiet word, afstande meestal onder 80 m?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Smitstertjies »

Wat gaan jou aanwending van die roer wees? Meestal grootwild, of algemene bosveld?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Supacow »

Ek sal vir die 400gr vote
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Smitstertjies »

Supacow wrote:Ek sal vir die 400gr vote
Ek weet nie. 2200 vps vir n mono is effens stadig, veral op jou eerste skoot as jy n expanding mono skiet. Monos hou van spoed om te expand. As hy die teiken teen se maar 2000vps tref gaan expansion marginaal wees.

Ek hou van die 370gr idee. Daai ekstra 200vps kan dalk net maak dat die buffel nie in die bos agterbly nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

LoopSoosStroop wrote:Weet nie wat nodespoed jou in die sak gaan bring met hierdie tipe geweer nie? Hy gaan seker baie uit die vuis uit en van stokke af geskiet word, afstande meestal onder 80 m?
Hy moet darm steeds skiet waar ek korrel, so ek ek soek steeds die akkuraatste lading moontlik om op te maak vir 1x vergroting glase.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

Smitstertjies wrote:Wat gaan jou aanwending van die roer wees? Meestal grootwild, of algemene bosveld?
Albei.
Dit sal my EDC roer wees as ek jag.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Smitstertjies »

Geno, ek sal eerder dan bietjie ligter gaan en meer spoed wen. Ek het eenkeer gesien toe ek n BWB met 400gr Barnes teen 2400vps geskiet het, die skoot was so 120 meter. Voor by die kuiltjie in en agter in die boud gekry. Daar was amper niks expansion nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Supacow »

So konvensionele lood is tops met die groot goed teen lae spoed?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by LoopSoosStroop »

Geno wrote: Hy moet darm steeds skiet waar ek korrel, so ek ek soek steeds die akkuraatste lading moontlik om op te maak vir 1x vergroting glase.
Seker niks daarmee fout nie. Hoe groot is jou reticle? Baie red dots of x1 vergroting maak elkgeval meer as 1 MOA (selfs 2 of 3 MOA) toe.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Smitstertjies »

Supacow wrote:So konvensionele lood is tops met die groot goed teen lae spoed?
Dis reg. Gewone loodkern koeels penetreer beter teen lae spoed, expand en breek nie op nie.

Monos penetreer ook baie goed teen lae spoed, maar expand nie. Die wond kanaal is dus kleiner. Teen hoe spoed expand monos beter, en breek steeds nie op nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

LoopSoosStroop wrote:
Geno wrote: Hy moet darm steeds skiet waar ek korrel, so ek ek soek steeds die akkuraatste lading moontlik om op te maak vir 1x vergroting glase.
Seker niks daarmee fout nie. Hoe groot is jou reticle? Baie red dots of x1 vergroting maak elkgeval meer as 1 MOA (selfs 2 of 3 MOA) toe.
Dis 'n 2MOA dot.
As dit 'n 3MOA lading is, en die skoot breek op die rand van die dot, is ek reeds potensieel 2.5MOA van teiken af. Daarom dat ek nie wil settle vir 'n lading wat groter as 1MOA skiet nie. Ladingontwikkeling sal met 'n groot scope gedoen word.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by DWB »

Big & Heavy, just like me :D :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by DWB »

Ek en Geno, het so bietjie gepraat op WhatsApp, en ek persoonlik dink die Peregrine VRG3 se metode van ontplooiing maak baie sin teen die laer impak snelhede.

As ek kyk hoeveel mense hulle recover, veral in die Wild & Jag, dan is hulle nie geneig om deur te skiet nie, so die vorm van die mushroom moet baie bydra tot 'n goeie trampoline effek.

Vir vinnige skote kan 'n ding wat nie deurskiet nie, soms 'n goeie ding wees.

En daai Aimpoint maak mooi! Ek is versot op myne!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Frederik »

Ek sal vote vir 380gr een koeel vir alles een lading gaan nie sukkel met ander ladings nie en jy skiet duiker tot olifant.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by kopskoot »

wat van 200grein Impala's. Hulle maak baie skade en jy kan jou skouer ook spaar! :confused:
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13576
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Capt. Yoda »

kopskoot wrote:wat van 200grein Impala's. Hulle maak baie skade en jy kan jou skouer ook spaar! :confused:
Hy sal dan nie by Wouter mag kom met daai roer nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by kopskoot »

Capt. Oblivious wrote:
kopskoot wrote:wat van 200grein Impala's. Hulle maak baie skade en jy kan jou skouer ook spaar! :confused:
Hy sal dan nie by Wouter mag kom met daai roer nie
Wouter is baie onredelik en hy wil nie saam met die tye aanbeweeg nie! ::)
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Louis Kriel »

Geno jy moet praat as jy doppe soek. Ek het nog so 40 375 Ruger Basic Brass wat geen headstamp op het nie.

Hulle lyk so.

http://media.midwayusa.com/productimages/880x660/Primary/363/363624.jpg
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

Hallo Louis.
Praat maar prys dan kyk ons, dankie!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13576
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Capt. Yoda »

Jy kan mos 416 doppe of is dit nou 404 doppe maak uit 223 doppe ook? Ek weer DrBeer weet iest da van
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by tripodmvr »

Penetrasie is bykans nooit 'n probleem by monos nie. Vir stabilisasie en reguitlyn penetrasie moet die mono nie te lank word nie. Kyk dus na 'n mono wat 'n normale loodkern se lengte ewenaar en gee die omklink koeël 'n groot holpunt sodat hy moet oopmaak (baie eenvoudiger as om die pennetjie metode van Peregrine te gebruik). Die stomp meplat van die solid sal in elk geval goed werk. BC is hier nie iets om na te streef as jy maks 100m gaan skiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Louis Kriel »

Geno wrote:Hallo Louis.
Praat maar prys dan kyk ons, dankie!
Hulle le net in my kas Geno. R100 plus posgeld.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Geno »

Louis Kriel wrote:
Geno wrote:Hallo Louis.
Praat maar prys dan kyk ons, dankie!
Hulle le net in my kas Geno. R100 plus posgeld.
Dankie, ek vat hulle!
Ek reel met jou!
Goed, beter, 6millimeter!
Bass
Full Member
Full Member
Posts: 114
Joined: Sun Apr 15, 2012 11:25 am

Re: .416Ruger ideale koeelgewig

Post by Bass »

Hallo Eugene.
Ek worry nie veel oor nodes op die kalibers nie.
Ek skiet 400gr Hornady Interlocks as my "goedkoop" skiet en vir varke. Ek wil he hy moet opbreuk want party van die plase wat die varke op geskiet word is maar klein en wil nie met die harde punte in die nag duiwel op hardloop skote nie. Hulle loop 2200'/s.
My groter bok soort koeel is die 350gr Barnes TTSX teen 2380'/s.
Ek het ook die Alaskan en het al so 600 skote met hom geskiet,die scope is n 2.5-10x42 Nikon M en die geweer skiet 3-5 skoot groepe op 100m wat mekaar sny,hulle is akkuraat.
Hy dop n bwb op 200m om sonder moeite en ek geniet die geweertjie baie.
O ja en met die 350gr TTSX is die omklink van daai koeel 100%,ek het al 3 van die punte uit bwbeeste herwin en hulle het gewerk soos geadverteer en die spoed is net onder 2000'/s op daai afstande.
Geniet hom!!
Post Reply