Hoenders wat eiers vreet.
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Hoenders wat eiers vreet.
Ek wil weet of iemand vir my raad het.
Het n klompie werfhoenders en hou van regte plaaseiers, maar die bl@ks@ms staan sommer en wag dat maatjie n eier le. Vreet hom dan op dat nie eers n dop oorbly nie, daar is nie ander ongediertes nie.
Ek wil nie hoor ek moet hulle slag nie, my vrou kry die fits, hulle het dan almal "name"
Ek weet plaashoender smaak vorentoe, maar dis nie n opsie nie.

30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Tekort aan Kalsium. Hy eet daai doppe om dit in te kry. Aanvulling in daaai rigting gaan dit regkry.
Groete, Willie
-
Gabriel Lewis
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Thu Sep 03, 2015 5:26 am
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Geen idee nie Kubus.
Ek het so 3 maande gelede vir my twee henne en n haantjie aangeskaf en my probleem is dat hulle glad nie eiers le nie.
Enige raad vir dit?
Ek het so 3 maande gelede vir my twee henne en n haantjie aangeskaf en my probleem is dat hulle glad nie eiers le nie.
Enige raad vir dit?
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Kubus hou al die lee eier doppe en as hul droog is druk dit net fyn en gooi in hul kos. Groete
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Ek weet jy wil dit nie hoor nie maar ek het grootgeword met slag so vinnig soos moontlik die een wat eiers vreet want hy leer die anner dat later eet almal eiers. Gewoonlik begin een met 'n eier wat gebreek het en kom dan agter dit is lekker.
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Henne vreet hulle eiers om die volgende redes:
•As henne onder stres is, wat nie ‘n algemene probleem is nie, vreet hulle hul eiers.
•As henne nie genoeg kalsium in hulle dieet het nie. As ‘n mens mielies en sonneblomsaad by die gebalanseerde kos voeg, word die verhoudings van veral vitamienies en minerale in die voer versteur. In so ’n geval moet skulpgruis by die dieet gevoeg word. Die gruis moet in ‘n aparte houer geplaas word en altyd vir die henne beskikbaar wees.
•Kollekteer eiers gereels aangesien die eet van eiers uiteindelik ‘n gewoonte kan raak. Enige eiers wat henne begin het om te eet, moet onmiddellik verwyder word.
Geskryf deur: dr. Mick Versfeld, Pluimveekosultant (mickversfeld@mweb.co.za)
30 Augustus 2011

- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Knip die skuldige se snawel stomp af, as sy eiers steeds kan stukkend pik slag haar. Haal eiers vroeër uit. As jy nie vinnig werk maak daarvan nie gaan almal leer eiers vreet.
Johnnie
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
fyn skulp gruis wat mens op die strand optel werk ook baie goed vir kalsium tekort. meng dit saam met voer. Eiers wat maklik breek is n goeie teken van kalsium tekort, so as jou eier doppe mooi hard en stewig is dan is dit n ander probleem..
- Dawid S
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Sat Nov 21, 2015 4:44 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Knip net die boonste snawel. Soos jy skaap kloutjies knip. So 2- 3 mm in. As jy te diep knip sal dit begin bloei.
- Blesbok
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hoenders wat eiers vreet.
Ek onthou my oupa hulle het skulp gruis gevat en die doppe van eiers wat hulle gebruik het fyn gemaak en saam met die skulp gruis by hulle kos gemeng.
Maak 'n verskil