Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Is daar dalk iemand wat hulle eie "Turret Stickers" soos hierdie op foto of soortgelyk al gemaak het en dalk kans sien om te deel. Wil weet hoe om dit presies uit te werk. Sien die ouens oorsee praat van jy moet die deursnit van jou teleskoop stelknop (turret) meet en dan maal met die syfer en deel met daardie syfer en optel en aftrek......
Soek net eintlik 'n dood eenvoudige verduideliking in my taal
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek het vir my luggeweer skiet die volgende gedoen om turret en sidewheel lables te maak. Ek het 'n Brother lable printer wat kan Koppel aan 'n rekenaar. Dan het ek die mates van die knoppe en wielle geneem en uitgewerk om lengtes van lable te kry. Dit het ek dan op CAD sit en uitteken op skaal en dan van CAD af weer in 1:1 skaal na Brother masjien geprint.
Jy kan ook 'n stuk maskeerband om die turret draai en dan jou afstand meker daarop aanbring asook merk die punt waar die ente van band mekaar oorvleul. Trek dan versigtig af en plag op plat oppervlak. Gebruik dan 'n liniaal om merke te meet en dra dit na jou CAD program oor.
Jy kan ook gewone A4 drukbare plakker velle gebruik en in jou gewone laser drukker druk, uitknip en plak plak dan net selotape bo-oor om verder te beskerm.
Onthou net tesame met omgewingskondisies verander jou geweer se ballistise eienskappe en mag so custom turret dalk nie heeltyd akkuraat wees nie.