.243 vir Koedoes
- Buckmaster
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Nov 10, 2015 10:08 am
.243 vir Koedoes
Praat die ander dag met n kennis,... hy het net n .243 en skiet als van varke tot elande met die kaliber. Dit het n redelike gesprek ontlok rondom die kampvuur.
Wat my pla is dat die betrokke plaas eienaar dit toe laat. Hy het toe n eland geskiet,... op die blad met katastrofiese gevolge!!
Hoekom doen mense dit?
Wat my pla is dat die betrokke plaas eienaar dit toe laat. Hy het toe n eland geskiet,... op die blad met katastrofiese gevolge!!
Hoekom doen mense dit?
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3073
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: .243 vir Koedoes
Groot Ego
Klein peester
Klein peester
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: .243 vir Koedoes
Daar is al baie bespreek oor die onderwerp hier op die Forum. Doen net bietjie n search, daar is baie informasie.
Groete
Groete
"Failure is NOT an Option"
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .243 vir Koedoes
Aai tog, so n plaas eienaar dam
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: .243 vir Koedoes
Onkunde ou maat, onkunde. Daar sal altyd manne wees wat dink jy kan alles met muiskalibers doen - hulle het net die "onder idiale omstandighede" misgelees.
Ons as kundige jagters moet net waak daarteen dat ons nie by so iets betrek word nie en ons moet ook ons juniors mooi leer deur ons eie voorbeeld.
Ons as kundige jagters moet net waak daarteen dat ons nie by so iets betrek word nie en ons moet ook ons juniors mooi leer deur ons eie voorbeeld.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: .243 vir Koedoes
Hy het vir homself baie werk gemaak.Capt. Oblivious wrote:Aai tog, so n plaas eienaar dam
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13531
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .243 vir Koedoes
Buckmaster so wil jy n koedoe of n Eland skiet?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Buckmaster
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Nov 10, 2015 10:08 am
Re: .243 vir Koedoes
Eland!!.... Gelukkig het ek n .30-06!
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: .243 vir Koedoes
Ek was al by so iets betrokke... My pa se vriend af die kaap kom skiet elke jaar n eland by ons... Ek was elke keer by as hy skiet... Laas jaar kom hy met n 243... Dit is sy nou sy enigste geweer want sy seuns het die ander nou. Hy weier om my 30-06 te gebruik of my pa se 308. Ek sit keel op maar nee hy gaan net kopskote skiet. Na drie dae wat Ek die Boerdery afskeep om hom te help eland soek en Ek backup met my nul-kwes kry ons toe n lekker koei en hy skiet haar in die nek n baie mooi skoot. Ek is toe klaar met my werk en ry die volgende dag, na n bulveiling toe in die vrystaat. My pa bel my toe Ek amper 800 km ver is en se die oom het nog n eland gaan soek op sy eie vir die kerk. Hy Skiet toe en die jong bul val. Toe hy oor die bultjie kom waar die bul geval het is die bok weg... Ek (de moer in) reel my buurman en amper al my werkers om te help soek. Niks. Ek het die bul n week later in die rivier gekry! Op geblaas en vrot... Skoot was net onder een van die horings in...
Seker meer skootplasing as die kalibre se skuld, maar as die kalibre ten minste reg was kon n blad skoot gewerk het en was die kopskoot nie die enigste opsie nie...
Seker meer skootplasing as die kalibre se skuld, maar as die kalibre ten minste reg was kon n blad skoot gewerk het en was die kopskoot nie die enigste opsie nie...
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: .243 vir Koedoes
Noodloos om te se, die oom kom nie die jaar nie, Ek dink hy kry skaam of iets... My pa het Ek nou darem ooreed dat ons nou klaar is met die jagtery...
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 612
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: .243 vir Koedoes
'n Vriend van my se ma het al die jare gejag met haar 243 - van rooibokke tot koedoes - alles net kop skote
Nooit die tannie geken nie maar soos ek verstaan was sy nogal n knap skut. Blykbaar self die wild afgeslag en bewerk.
Nooit die tannie geken nie maar soos ek verstaan was sy nogal n knap skut. Blykbaar self die wild afgeslag en bewerk.
-
wildman2016
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Tue May 24, 2016 10:27 am
Re: .243 vir Koedoes
Dit is moelik want mense dink hulle kan skiet maar hulle kan nie. n mense moet jou kop gebruik dis al. Op die reg te plek (skootplaasing) en afstand kan enage iets dood geskiet word. Maar n mens moet nie probeer om n groot ding met .22 te skiet op n 100m al skiet jy so goed dat jy dit in die oog kan sit. (net n voorbeeld)
-
Riebeeker
- Hero Member

- Posts: 603
- Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am
Re: .243 vir Koedoes
Menslike natuur is 'n bogger. Ek kan nou 'n poll opsit waar ek vra hoe jy jouself ag as byvoorbeeld "motor bestuurder" teenoor die res van die forum lede met die keuses:
1. Ver onder die gemiddelde vaardigheid
2. Onder die gemiddelde vaardigheid
3. Gemiddelde vaardigheid
4. Bo-gemiddelde vaardigheid
5. Top vaardigheid
Die uitslag sal dui dat ons almal onsself as bo-gemiddeld tot top ag - wat mos nou nie waar is nie. Dieselfde menslike natuur neem die .243 om 'n Koedoe te gaan skiet.

Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: .243 vir Koedoes
Self so ruk terug op n jag trip waar n man wat saam ons daar was uit die bakkie uit geklim het agter n bwb aan met n 243. Die boer het hom darem gekeer en n 9.3 in sy hand gesit.
Dis ook nie 100% in my opinie nie, want daai ou het nog nooit iets groter as sy eie 243 geskiet nie...
Seker maar gelukkig dat hy daai dag nie n bwb gekry hey nie.
Moet saam stem met "onkunde" as seker die hoof rede vir sulke dinge. Baie ouens dink n geweer is mos n geweer.

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: .243 vir Koedoes
Dit raak regtig 'n probleem op jagplase. Die kerels het almal 6mm en 6.5m gewere met TACTICAL alles op. En soos alreeds genoem seevier logika nie, maar wel die ego-probleem.
Dit lei (en ly) dikwels tot die woorde: "So dink jy ek kan nie skiet nie of wat, huh? Ek het laasweek 'n 1 duim groep op 2km geskiet." Of so iets.
Ek wonder of die oplossing nie maar in die geld-ding le nie. As die kerel dan met sy 22-250 op elande wil skiet, geld die volgende reel: Die minimum kaliber is .30 kal met 180gr. As jy dan met jou 6mm Watookal wil skiet en jy kwes, betaal jy dubbel. Put your money where your mouth is.

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: .243 vir Koedoes
Daar is mense wat hul 6mm's goed kan skiet. daar is mense wat goeie groeperings met hul 6mm's of .22's kan skiet. Ek het egter verskeie kere al gesien hoe manne pragtige klein groeprings skiet by 'n Jaggeweerskiet se inskiet net om bitter swak tellings te skiet toe dit saak maak. Daar is 'n groot verskil tussen groepering-skiet en jag.
Mooi loop
Mooi loop
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: .243 vir Koedoes
Die stres van soveel geld op die skoot sal sommiges onbedaarlik laat bewe308Win wrote:As jy dan met jou 6mm Watookal wil skiet en jy kwes, betaal jy dubbel. Put your money where your mouth is.
-
honda2
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Re: .243 vir Koedoes
Ek dink die geld deel sal indedaad die manne wat klein wil skiet se getalle afbring - maar ek dink dit is die boer se plig om te keer dat te klein kalibers gebruik word. Dit is tog sy grond en sy wild - en meeste boere waar ek nog gejag het is redelik ernstig oor n minimum grote kaliber. Jagters staan tou vir goeie jagspasie - daai eland sal geskiet word - dalk net nie die naweek nie....
Hein M. wrote:Die stres van soveel geld op die skoot sal sommiges onbedaarlik laat bewe308Win wrote:As jy dan met jou 6mm Watookal wil skiet en jy kwes, betaal jy dubbel. Put your money where your mouth is.
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: .243 vir Koedoes
Ek het januarie hier geskryf, baie gekant teen die ligter kalibers...
Die tweede laaste week in Mei het Ek self 4 blouwildebees Bulle met my 243 alles kopskote geskiet.
Dit is my broer se bokke en hy het te veel... Sy vereistes was, Ek moet moet n silencer skiet (net my 243 het een). Ek moet bulle skiet en dit moet kopskote wees aan gesien hy meer per kilo kry as dit kopskote is. En Ek mag nie van die bakkie af skiet nie.
So dit kan gedoen word, maar en dit is sommer n groot maar.
Soos genoem, Ek hoef nie te betaal nie, dus minder stress en bewe.
Die wild is bitter mak gewees, kon ry en diere uitsoek en dan n bekruip beplan...
Die verste skoot was meskien 120yards...
Om weer te besin of die oom Elande kan kom Skiet by my met sy 243 sal my antwoord nogsteeds nee wees... Daar is net te veel wat verkeerd kan gan, en hulle staan nie naby of lank stil nie.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .243 vir Koedoes
Daar is 'n groot ooreenkoms met jag en visvang. Gaan vang jy met ligte gery en jy haak 'n grote dan gaan jy lank moet vat om daardie vis in te bring sodat die lyn of stok nie breek nie. Netso in die jagveld word die gebruik van te ligte skietgoed gevolg deur 'n lang opvolg en geen waarborg dat jy die prooi suksesvol gaan kry nie. Kies dus die regte "gerei" wat al bewys het dit werk op daardie grootte dier en sorg vir die korrekte aanwending daarvan. Ken jou beperkings en vermoë van jou toersusting!!!!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: .243 vir Koedoes
Waar die gemiddelde jagter tekort skiet.tripodmvr wrote:Daar is 'n groot ooreenkoms met jag en visvang. Gaan vang jy met ligte gery en jy haak 'n grote dan gaan jy lank moet vat om daardie vis in te bring sodat die lyn of stok nie breek nie. Netso in die jagveld word die gebruik van te ligte skietgoed gevolg deur 'n lang opvolg en geen waarborg dat jy die prooi suksesvol gaan kry nie. Kies dus die regte "gerei" wat al bewys het dit werk op daardie grootte dier en sorg vir die korrekte aanwending daarvan. Ken jou beperkings en vermoë van jou toersusting!!!!!!!!!!
'n Finale opmerking:
Net omdat ek dosyne beeste met die 22LR as jongeling vir slagdoelendes onder beheerde omstandigdhede geskiet het, maak nie die 22LR die ideale buffelgeweer nie.
Net omdat 'n mens 'n eland in 'n draadstrik of met 'n slagyster kan vang, maak nie dat dit die norm kan raak nie.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: .243 vir Koedoes
Ek is trots om te sê dat ek die koedoe op my profiel foto met my John Deere .243 geskiet het.
Die toestande was ideaal en as ek op 115m die brein gemis het, sou ek dit met enige kaliber gemis het.
Dit was binne my en my geweer se vermoëns.
...en nee Apie, my gereedskap is nie uitermate lank nie, maar my ego is nie veel groter nie. Sulke neerhalende aanmerkings dra nou nie eintlik by tot enige konstruktiewe debatvoering nie.
John Deere groete.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: .243 vir Koedoes
Die Gemsbok in my profiel foto is ook met my 243 geskiet. Was ook n naby skoot.. Soos dit nou is sal ek nie die selle skoot met my 300WSM waag nie. Sal die hele kop mis skiet!
Groetnis
Groetnis
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .243 vir Koedoes
Soek jy petrol of 'n dop, Armand? 
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br