SKIET OOR WATER

Post Reply
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

SKIET OOR WATER

Post by JACQUES BOTHA »

Die manne wat weet  moet asb nou bietjie gesels.
Watse invloed het die skiet oor water,
Kom ons se jy skiet na n 300 meter teiken op n A4 bladsy met teiken in die middel jou geweer gezero op 300 meter op die skietbaan????????????????????????????????????
Jy le plat op die grond en skiet net net oor die na n sprinbok op 200 meter en jou teleskoop geweer is presie sop 200 meter gezero...?????????????
ok no die tweede sinareo.
Jy doen dieselfde oefening om 8 uur in die oggend en om 3 uur die middag skiet jy op dieselfde plek????????
Die mannw wat weet byvoorbeeld se jy skiet laer in die Soutpan op Soutpan as op die skietbaan  ek het dit nog nie self beproef nie, was nog min daar,
maar gaan dit nof deeglik beproef... ek hoor wat hulle se en glo hulle maar gaan self ook toets met verskillende kalibers...
As ek na saterdag se skiet moet se  het ek of die afstand onderskat of die water doen iets aan die lug wat minder of meer weerstand bied maar ek kan nie defnitief
se nie,
Laat weet asb wat dink en WAT WEET JULLE?
Groete
JAcques Botha   
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: SKIET OOR WATER

Post by Monrique (SJ) »

JB

Ek het al slegs gehoor, dat wanneer jy oor water skiet sal die koeel die teiken laer slaan.  Weet nie of dit waar is nie en het dit nog nooit beproef of self oor gekom nie, nog nooit nodig gehad om oor water te skiet nie!  ;D

Groetnis
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: SKIET OOR WATER

Post by JACQUES BOTHA »

Sj
Ek het Saterdag n klomp manne sien laagskiet oor die vleiland,pan,water, ek het nog nie finale afstande gekry nie, maar of die sktting was uit of iets het gebeur in vlug.....vermoed ek???
Groetnis
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: SKIET OOR WATER

Post by Biker »

Hulle se dat die lug net bo die water digter is van vog en ook koeler dus meer weerstand vandaar die laer skiet
Groete Biker
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: SKIET OOR WATER

Post by Monrique (SJ) »

Biker

Dit kan sin maak, en neig om saam jou te stem oor die 1!!

Groetnis
SJ
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: SKIET OOR WATER

Post by 243Songdaug »

Naand Jacques.

Hierdie einste vraag het my die laaste tyd baie dae op die baan eet deurbring.

Kan jou dit s?:  as jy 8h in die oggend en weer 15h in die middag na dieselfde teiken met dieselfde wapen skiet sal jy beslis nie op dieselfde plek skiet/tref nie.

Ons baan l? in 'n noord-suid regting en ons skiet suid.  Uit ondervinding het ek opgetel dat as ek in die oggend skiet tref my skote regs(die son sit dan op jou linker skouer), as ek weer in die middag skiet tref my skote links - met die son wat nou op my regterskouer sit.

Wat ek ook opgetel het dat as jy rondom elke uur 'n skoot na 'n teiken skiet is die groepering wat ek kry geneig om 'n patroon te vorm - die skote begin regs en hoog, soos die dag aanloop skuif die skote nader na die middel - hulle vertikale hoogte neem ook geleidelik af, maw hulle tref al hoe laer, met die laagste skote skote reg oor die middag.  Sodra dit namiddag raak skuif die skote weer links en neem die hoogte bo die waterlyn weer toe.(Groepering geskiet van sonop tot sononder)  Ek het ook opgetel dat dit reg oor die middag die moeilikste is om konstand goeie groeperings te skiet - die mirrage is iets verskrikliks!!!

Daar is nog een ding wat my koppie deurmekaar maak - sekere tye van die jaar(Mrt/Apr en weer Aug/Sept) tref ek nie laterig in die namiddae weg van die son nie, maar liewer na die son se kant toe!  Dit moet iets te doen h? met die invalshoek van die son se strale, maar ek werk nog aan my teorie.

Laagskiet oor water - ek dink Biker het dit redelik raak gestel.

Piet Breedt - moet ons dalk help hier - hy skiet heelwat meer as ek.  Piet, help dan bietjie, asb.

Groete.
Jaco
Last edited by Guest on Sun Mar 20, 2011 10:57 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: SKIET OOR WATER

Post by JACQUES BOTHA »

JACO
Ek het tydens die skiet met Piet gepraat en ook met Barries n piloot van beroep, Het na hulle geluister ook, sodra ek afstande het sal ek ook meer vertel of ons verkeer dgeskat het en of die waterblad, tafel,vleiland. Maar nat was dit nat . Die een baan was deur die eienaar van die plaas op 200meter geskat en ek skat nogal redelik en het geskat op 220, 230 en geskiet op 250 meter setting,EN hulle het net daar in die rondte gesit waar ek gemik het,Piet het ook op 230 geskat.Nou ons kloof seker hare , maar ek geniet elkeen se bydrae en dit maak tog saak ons gaan seker elkeen eenkeer iewers oor water skiet
mooi skiet
Jacques 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: SKIET OOR WATER

Post by 243Songdaug »

Jacques.

Laat weet gerus.  Hoe meer ek skiet hoe interesanter raak dinge. 

Jy gaan nie dalk op 7 Mei op Kuruman die SAJSV se Noordkaap ope skiet nie?

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: SKIET OOR WATER

Post by Piet Breedt »

Biker se stelling is gedeeltelik reg, maar ook verkeerd. Kom ek verduidelik. Vogtige lug is minder dig as dro? lug, anders as wat mens sou dink. Vog in sy vaste vorm nl: water is digter as dro? lug, maar in sy waterdamp vorm, is hy ligter. Koue lug is weer meer dig as warm lug, daarom dat ek s? dat Biker gedeeltelik reg is.

Daar is 3 goed wat die vlug van die koe?l beinvloed. Hulle is:


1.Temperatuur
2. Barometriese druk
3. Humiditeit

Die som van die 3 is "Air Density". Air density gaan bepaal watse weerstand die koe?l teen vlug gaan ondervind.

Air density as n geheel word bepaal deur die 3 faktore hier bo, maar nie in gelyke waardes. Dit veroorsaak dat die air density faktor nie na gekyk kan word om te bepaal wat jou koe?l in vlug op n bepaalde tydstip gaan maak nie. Die rede hiervoor is dat nie een van die 3 hierbo die air density faktor eweveel beinvloed, en n kombinasie van enige 2 uit die 3 dit totaal verander, alhoewel n meter dit sal aandui as presies dieselfde hoeveelhuid as bv: n kombinasie van n volgende 2.

Kom ek verduidelik:

As ons afsonderlik na elkeen kyk, sal dit so werk. (maar in praktyk kan mens nie geisoleerd daarna kyk, aangesien die ander 2 faktore altyd teenwoordig is)

1. Temperatuur: Warm lug is minder dig as koue lug. As ons net na die twee kyk, kan ons die aanname maak dat die koe?l minder weerstand teen vlug sal h? op n gegewe dag, en dan hoog behoort te skiet. Koue dag, la?r.

2. Barometriese druk: Ho?druk bied meer weerstand teen vlug as la? druk, dit is hoekom n rugby bal baie v?rder trek hier op die ho?veld waar die lugdruk minder is, as by die kus.

3. Humiditeit: Ho? humiditeit bied minder weerstand teen vlug as dro? lug (lug minder dig), dus behoort jy hoog te skiet in vogtige toestande, as daar geen inmenging van die ander 2 faktore sou wees.

Ons het nou klaar ges? dat die som van drie faktore "Lugdigtheid" of "Air Density" bepaal.

Neem nou enige van die 3 faktore en gebruik hulle in verskillende senarios en kyk wat gebeur.

Bv: Koue dag (lae temp) vroeg oggend (Ho? humiditeit) met dou op gras gepaard gaande met ho? barometriese druk. Dit gee vir ons die volgende:

Koue lug- meer weerstand
Ho? humiditeit - minder weerstand
Ho? druk - meer weerstand

Volgende senario: Warm dag (middag) Dro? toestande met n druk wat val (gewoonlik soos met n tipiese Ho?veld donderstorm toestand aan die broei)


Warm lug - minder weerstand
Dro? lug - minder weerstand
Laedruk - minder weerstand

Dit is slegs 2 senarios uit n hele klomp wat kan gebeur met die kombinasie van die 3 faktore hierbo.

Lees gerus hier

http://www.usatoday.com/weather/wdensity.htm


Uit meer as 3 jaar se aantekeninge en navorsing in verband hiermee het ek tot die slotsom gekom dat daar geen vaste partoon is wat vir jou enige noemenswaardige aanduiding van wat gaan gebeur met die vlug van jou koe?l (koe?lbaan) is deur te kyk na die som van die 3 faktore,nl: Air Density is nie.

Dit het my byna gek gedryf, aangesien ek net as ek dink ek agter die kap van die byl gekom het, ek verkeerd bewys was op die baan. Toe lees ek dat die 3 faktore, en in kombinasie van mekaar verskillende vlakke van insette die somtotaal nl: "Air density " vorm, en dus daar nie n definitiewe waarneembare waarde toegevoeg kan word aan die uitslag daarvan.

Ek het n Kestrel 4500 meter wat vir my baie akurate lesings gee, en op die meter is daar ook n ding genoem "Density Altitude" Ek het nie geweet wat dit beteken, en het dit toe gaan "Google", en die lig het vir my aangegaan. Density altitude is die som waarna ek gesoek het, en dit is ook die faktor wat die vlugingeneurs gebruik om te bepaal watse vrag hulle kan laai in n vliegtuig om nog veilig op te kan styg in bepaalde weersomstandighede op n gegewe aanloopbaan. Ek het ook op verskeie "sniper" websites gesien hulle gebruik dit, en vandaar kon ek toe n duidelikke patroon sien onstaan as ek slegs na daardie syfer "Density Altitude" kyk.

http://www.riflebarrels.com/articles/50 ... ensity.htm

http://www.youtube.com/watch?v=Oc3PP4EK ... r_embedded

http://demigodllc.com/articles/windmete ... -shooting/

Jacques, die afstand na die Springbok teiken waarna jy verwys was blykbaar 255m soos deur Antoon bevestig na die tyd, en nie 230m soos ons geskat het nie. As jy mooi kan onthou, was dit baie warm, en daar het heelwat re?n geval in die omgewing, en dit was nog redelik bewolk met tye wat op ho? humiditeit dui, gepaardgaande met n lae druk. Dit re?n nooit tydens n ho?druk nie. Ons mag nie meer wind meters gebruik op die baan, so ek kon nie bevestig wat die werklikke Density Altitude lesing was, maar aangesien ek n redelikke kennis het van wat gebeur in soortgelyke toestande, was my skatting van wat gaan gebeur reg, en het ek op al die papier bane my hoogtes reg gehad.

Dit is n kennis veld wat ek nog deeglik wil na vors aangesien ek nou al baie gesien het hoe baie dit ons kan beinvloed, veral as jy op vreemde plekke weg van die huis af skiet. By die see het dit die minste invloed, en hier op die ho?veld, die meeste.

Dus as jy na bo genoemde kyk, sal jy sien dat dit nie noodwendig dieselfde gaan wees, elke keer as jy oor water skiet. Ek hoop nie ek het julle nou v?rder aan die raai nie.
Last edited by Piet Breedt on Mon Mar 21, 2011 11:44 am, edited 1 time in total.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: SKIET OOR WATER

Post by 243Songdaug »

Middag Piet.

Dankie vir jou insette.  Ek was darem al self erg gefrustreerd - net wanneer ek nou begin dink ek verstaan die storie, dan skiet ek myself weer 'n slag in die skande!

Sal my vrou moet oortuig dat ek 'n Kestrel vir kersfees moet kry!

Groete.
Jaco
Last edited by Guest on Mon Mar 21, 2011 8:46 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
Biltongjagter

Re: SKIET OOR WATER

Post by Biltongjagter »

Dags? Piet,

Hier kan jy meer lees oor hoe 'lugdigtheid hoogte'/(Density Altitude) bereken kan word.

Die belangrikste twee faktore vir ouens in die skietw?reld is temperatuur en lugdruk - hetsy veroorsaak deur hoogte bo seespie?l of barometriese druk verskille op dieselfde hoogte bo seespie?l - agv weersomstandighede.
Changes in pressure and temperature have the greatest effect on density altitude, and changes in humidity have the least effect.
Net soos hierdie lugdigtheid vir loodse vertel hoe maklik/moeilik hulle vliegtuig 'airborne' sal kan raak onder sekere omstandighede, so moet dit skuts ook vertel hoe goed die heersende lugdigtheid die koe?l in vlug sal kan dra.
Vandaar dan die hoog/laag skiet onder sekere omstandighede soos bv. oor water, ens.

Ingewikkelde onderwerp vir manne soos Piet en die wat skyfskiet.

Sterkte en groete,
Koos.
Post Reply