Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te werk.

Post Reply
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te werk.

Post by Lamtjop »

Manne ek het o MOA rail opgesit en na die geweer op 200m gezero is, het ek net 12 klieks oor om nog op te stel. Daar is 114 klieks in total beskikbaar dus 57 na bo en na onder, ek moes 45 op stel. n 20 MOA rail sou seker baie beter gewees het maar ek draai nie turrets nie, ek zero op 200m en los hom daar. Nou my vraag, gaan die feit dat ek so ver van die scope se middel is enige nadelige uitwerking he op scope se performance, bedoelende die vermoe om sy zero te behou. Ek luister by die radio, dankie.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Heinz Petersen »

Nee, glad nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Geno »

Iets klink nie heeltemal reg nie.
Ek het ook 'n 0MOA rail op my Dasher en was presies in lyn horisontaal en slegs 0.75MOA vertikaal vanaf die middel om my March teleskoop op 210m te zero.


Gee bietjie meer info. Is dit 'n geboude geweer of fabrieksgeweer? Specs?
Watse scope is dit wat so min verstelling het?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Heinz Petersen »

Net n vraag. Is jou scope ringe dieselfde hoogte.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Jaco v Zyl »

Maak seker dis n 0 moa.en indien nie loop hy "afdrande"
Ek het nou n 20 moa rail laat boor, toe het hul om verkeerd om geboor, dus was dit n -20 mao.
Baie min verstelling gehad boontoe.
Groete
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Lamtjop »

Gewone Rem 700 geweer met 0 MOA Warne rail(die rail is reg-om), Farrell ringe, zeiss classic scope. Die boekie se hy't 120 klieks maar ek het hom getel en daar is net 114 klieks van links na regs en op en af. het toe die scope gestel dat hy in die middel is. Ek moes 20 regs stel en 45 op vir 200m zero. Toevallig met warne se 2 stuk basise moes ek 21 klieks na regs stel so hys dalk so bietjie skeef geboor.
PS hoe kry ek die spellcheck af die ding verstaan nie Afrikaans nie.
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Riebeeker »

Daar is nie so iets soos n gewone Remington 700 nie, net great Remington 700's :laugh:
Ek is van mening dat dit wel n verskil maak as jy heel onder/bo/links/regs is op die interne verstellings. Ek het gevind dat die vergrotingverstelknop swaarder draai en dat wanneer jy turrets draai vir elevasie/windage jy nie heeltemal reguit op en af of links en regs beweeg nie.
Het ook n 0MOA Warne rail op die 223 en met die Meopta scope is hy basies presies in die middel van die interne verstelling. Het eers n 20MOA NF rail opgesit maar kort toe 4 duim om op 100 te zero.
Iets is fout met die rail of ringe.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Piet Breedt »

Watse kaliber is die geweer?
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Is dit nadelig vir n scope om teen max "elevation" te we

Post by Lamtjop »

243, varmint
Post Reply