Dagse Almal
Ek is nou al amper meer as n jaar n roofkyker op die site, maar het eers die laaste ruk ernstig die forum begin volg.
My naam is Rabie Liebenberg, ek is maar soos meeste mense hier n geweer fanatic. Ek herlaai al die laaste 15 jaar en het redelik baie kennis opgedoen maar het hier net so baie geleer. EK spandeer baie tyd op die skietbaan, want ons manne in die stad het nie altyd baie toegang tot op plase nie. Ek hoop van harte dat ek n positiewe bydrae kan maak in die toekoms. EK jag darrem ook so twee tot 3 keer n jaar wat darrem die biltong voorraad vir n lang uitgerekte Rugby seisoen aan die gang hou.
Ek het darrem in die skietwereld al met klompie van die manne op die forum gesels, en seker maar ook die rede hoekom ek hier opgeland het.
Om af te sluit wil ek baie graag die admin van die forum gelukwens en se job well done. Ek is op baie van die Facetube jag groepe, en meeste van hulle ruk handuit so elke dan en wan weens swak gedrag van party lede. Ek kon tot op hede nog glad nie van daai onsmaaklikhede hier raakloop nie. Dit is werklik n prestasie om so groot groep lede te hou by die reels en hier kry hulle dit reg. Die tweede gelukwensing gaan natuurlik aan al die lede wat werklik die beste in almal wil uitbring, en die manier waarop dit op die forum gedoen word is werklik fantasties, so dankie vir al die manne hier, ek dink hierdie gaan n fees wees.
Dankie
Rabie
Dagse Kerels,
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Dagse Kerels,
Welkom, Rabie. Wonder net in watter deel van die wêreld woon jy?
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Dagse Kerels,
Welkom Rabie, klink of ek sommer baie kan leer by die ervare hande. Jy sal dit geniet.
Groete, Willie
- RabieL
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am
Re: Dagse Kerels,
Ai ja jai, en daar het ek nagelaat om te erken dat ek in Gauteng bly. PWV dankie vir die herinner, het dit nie eers raak gesien nie. Om presies te wees, ek bly in Bergbron Roodepoort.
Groete
Rabie
Groete
Rabie
"Only Accurate Rifles Are Interesting"
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Dagse Kerels,
Toemaar, ons sal dit nie teen jou hou nie! (die feit dat jy in Gauteng bly)RabieL wrote:Ai ja jai, en daar het ek nagelaat om te erken dat ek in Gauteng bly. PWV dankie vir die herinner, het dit nie eers raak gesien nie. Om presies te wees, ek bly in Bergbron Roodepoort.
Groete
Rabie
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Dagse Kerels,
Welkom maat.
Dit is lekker hier by ons ou vuurtjie. Soms raak dit ook maar warm hier, maar ons is 'n gawe klomp bymekaar.
Dit is lekker hier by ons ou vuurtjie. Soms raak dit ook maar warm hier, maar ons is 'n gawe klomp bymekaar.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!