Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
- Buckmaster
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Nov 10, 2015 10:08 am

Twee vriende en ek het die naweek naby Modimolle/ Nylstroom gaan jag. Ons het die afgelope jag seisoen nie gaan jag nie as gevolg van werk en het besluit om in die dood snikke van die jaar gou weg te glip en te gaan lood gooi.
Vrydag oggend 4:20 kry ons mekaar by die Petroport op die N1 en deur gery na die plaas toe. Die plaas is 25km oos van die Kranskop tol plaza. Lekker naby vir ons.
Daar aangekom teen 06:00 en kamp toe gery waar ons gou ons kos en kit afgegooi het en skietbaan toe gegaan het. Ons gewere was spot on en ons is veld toe. Ek skiet met die .30-06 en my vriend met sy .375 H&H. Ons was op soek na n BWB en n paar vlakvarke. Die plaas het BWB, Rooihartbeeste, Zebra's en n Zonkie (Kruis tussen n zebra en n donkie), rooibokke, waterbokke, blesbokke en die deurloop varke.
Die plaas is net 300HA groot,... maar die jagtery was baie moeilik gewees. Die plaas is baie ruig,... so ruig dat op party plekke kan mens net 5 tree voor jou sien, en jy moet onder sekel bos en swartkaak bome en takke kruip om die bokke te bekruip. Met bekruip bedoel ek op jou knee kruip. Ons taktiek was om met die bakkie te ry totdat ons spore kry of die bokke gewaar, en vandaar is ons verder te voet. Met sommige stalks kon ons basies net die bokke se bene sien en dan moes ons wag dat hulle weg beweeg en dan back track ons ons eie spore, ry weer bakkie, tel hulle spore op en dan weer verder te voet. Dit het gelyk of n moerige luiperk ons bygekom het so was ons bene en arms gekrap!
Vrydag oggend do teen 10:00 het ons redelik vordering gemaak en naby n trop BWB gekom en hulle baie versigtig en stadig begin bekruip. Dit was BAIE warm en n warm wind het direk in ons gesigte gewaai. Die wind was met tye so sterk dat die bome se takke hard teen mekaar geklap het. Die BWB het onder n paar bome gaan le en het baie rustig gelyk nadat ons hulle vroer die dag versteur het.... hulle weet iemand jag hulle. My vriend het op 80m n kopskoot geskiet, maar mis geskiet. Hy moes vir die kop skiet aangesien die BWB naby aan mekaar gele het en daar sou heel moontlik n kwesbok gewees het met die .375 H&H se koel wat heeltemal deur die bok so penetreer.
Met die skoot het die trop opgespring, 50m links gehardloop en toe weer links gedraai en by ons verby gehardloop. Hulle het duidelik nie n idee gehad waar die skoot vandaan gekom het nie. Reg voor my, so 40 meter weg steek die trop toe vas en staan vir my ek kyk. n Mooi jongerigge bulletjie staan vir my en kyk en ek het basies n tonnel van 20cm x 20cm waarin net sy kop pas, ek kan nie sy blad of bors sien nie so dig is dit. Die BWB lig sy kop op en blaas heel moerig vir my. My geweer vind instinktief sy plek in my skouer,.... dit raak stil om my en ek is so gefokus ek konsentreer net op een ding... die BWB het my daai kyk gee asof ek hom geld skuld!!
In n oogwink vind my kruishaar die middel van die voorkop tussen sy oe en die skoot klap. Ek kon deur my scope sien hoe die BWB net daar in mekaar sak. Ek het nie die skoot gehoor of enige recoil gevoel nie. Die trop trek daar weg met n oordonderende geklap van hoewe en takke wat kraak. Dis nou stil in die bos. Ek stap na die BWB toe,... hy is stil. Dis n baie spesiale oomblik wat mens deel met jou bok! Die sirkel van die lewe is voltooi en hy gaan goed gebruik word.
Deur die loop van Saterdag het ons n hele paar onsuksesvolle stalks op rooibokke gehad. Ons het weer bekruip, gekruip en die takke krap ons dat ons oe traan. Saterdag middag net voor sononder het ek n rooibok ram geskiet op 60m.
Hoe lekker was dit nie om bos TV te sit en kyk terwyl die jakkalse koor oefen nie! Daar was DSTV maar het dit glad nie gebruik nie. Paryse en tarentale het ons vroeg oggende wakker gemaak met hul kenmerkende roep geluide, hoe bevoorreg is ons nie in Suid-Afrika om sulke dinge te kan beleef nie?
Ons gids was GREAT!! Hy het regtig baie moeite gedoen sodat ons die bokke kon kry en sy grappies en staaltjies het ons lekker laat lag. Wat n aangename mens!!

- Deon R
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Apr 05, 2012 8:38 am
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Baie geluk! Jy het hom nou so lekker vertel voel of ek saam julle daar was.
- Buckmaster
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Nov 10, 2015 10:08 am
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Dankie Deon R!
-
SNIPER
- Full Member

- Posts: 240
- Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Hi Buckmaster
Waar het julle manne so lekker gejag ek bly hier op Nylstroom.
Groete
Pierre de Beer
UltimateVarminting&Silencers
provarminthunter@gmail.com
0724127062

- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Dankie vir die deel van die storie. Lekker vertel!
Ek hoop jy weet as jy sulke mooi stories vertel voor jy 10 "posts" gemaak het,daar van jou verwag word om ten minste elk 25 "posts" 'n storie te skryf?
Groetnis
Douw
Ek hoop jy weet as jy sulke mooi stories vertel voor jy 10 "posts" gemaak het,daar van jou verwag word om ten minste elk 25 "posts" 'n storie te skryf?
Groetnis
Douw
- Buckmaster
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Nov 10, 2015 10:08 am
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Hi SNIPER/ Pierre, die plaas se naam is Bushveld Game Farm tussen Nylstroon en Settlers/ Holme Park.
Jy kan vir Ryan Kruger bel op 082 468 7324. Web: http://bushveldgamefarm.co.za/
Ek sien jy doen varminting,... ek is op soek na n bosvark of twee. Waar daar naby jou kan mens n varkie of twee gaan piets?
Groete!
Jy kan vir Ryan Kruger bel op 082 468 7324. Web: http://bushveldgamefarm.co.za/
Ek sien jy doen varminting,... ek is op soek na n bosvark of twee. Waar daar naby jou kan mens n varkie of twee gaan piets?
Groete!
- Buckmaster
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Nov 10, 2015 10:08 am
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Dankie Douw! Ek probeer gereeld on gou weg te glip en iets te gaan skiet.
Gaan kyk na die link,.... ons manne het in 2012 gaan jag en hierdie is n lekker lees storie: http://www.bowhuntingforum.co.za/viewto ... is#p140277
Lekker Jag!

- DilbertZA
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Hi Buckmaster, dit was lekker om saam te kon jag.
Kan ek maar n deel hier bysit oor die vlakvark?

308, 243, 7mm RM
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Laat waai kwagga!!! Ons lees lekker.DilbertZA wrote:Hi Buckmaster, dit was lekker om saam te kon jag.![]()
Kan ek maar n deel hier bysit oor die vlakvark?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Buckmaster
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Tue Nov 10, 2015 10:08 am
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Hi DilbertZA !!
Nou toe nou,... laat loop met jou vark storie! Eh het jou vark tande by my. Moet dit by jou uitkry.
Cheers
Nou toe nou,... laat loop met jou vark storie! Eh het jou vark tande by my. Moet dit by jou uitkry.
Cheers
- DilbertZA
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Thu Sep 11, 2014 6:35 pm
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Hier is die storie. Ek gaan haal bietjie die bobbejaan agter die bult, want die geweer het ook n storie.
Ek het verlede jaar besluit om n geweer aan te skaf vir vlaktejag wat swaarder klippe as my 243 kan gooi. Na baie rondkyk na 270s, het Pieter by Zimbi in Oktober vir my n Sako Bavarian aangegee. Die geweer het dadelik gevoel asof dit spesiaal vir my gemaak is - kolf, greep, sneller was als net reg. (so goed dat ek nog presies sulke kolwe vir my ander gewere wil laat maak). Die Sako was meer as wat ek wou spandeer, maar hy was net so reg. Die kaliber was n 7mm Rem Mag, wat nie tradisioneel bekend is in SA nie, omdat mense lank reeds 7mm skiet hier, anders as in Amerika. Baie oplees daaroor en kyk na balistiese tabelle het my oortuig, en n paar maande later is hy in my kluis met n Leopold teleskoop op.
Ek probeer om 2 keer per maand baan toe te gaan, en ek kon rustig eksperimenteer met die 7mmRM. Die geweer stamp effens meer as n 270 en n 308, nie ongemaklik baie nie, maar dalk meer in die liga van n 9.3mm. Ek het hom eers ingestel op 100m om te kyk wat maak hy, en daarna vir 200m, tot ek regtig baie in my noppies was met die geweer. Ek het seker so 80 skote in totaal deur hom gestoot op verskillende afstande deur die jaar.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/2015-12-05%2021.01.13_zps3mtgw6fq.jpg
Ek pos ook n A5 teiken wat op 200m geskiet is, dooie rus op een van daai Safari&Outdour tri-pods. Voor ek houe vat, sê ek sommer nou al dat ek nie 5 deur een gat kan skiet nie. Die eerste skoot was na die diamant links onder (skoon loop), toe 3 na die middel, waarna ek die teleskoop effens verstel het, toe een skoot regs onder. Vir my doeleindes was hy reg vir jag van Gemsbokke. Ek skiet 150gr Remington Core-Lokt fabrieksammo, wat uit die loop gaan teen 3200 fps volgens hulle. Soos ingestel skiet die roer dan n duim en n half hoog op 100m, en 6 en n half laag op 300m.
http://i1371.photobucket.com/albums/ag294/dilbertZA/Mobile%20Uploads/2015-12-05%2020.10.21_zpsztewp8p6.jpg
Laat Donderdagmiddag lui my foon onverwags met n uitnodiging om saam te gaan jag. Die geselskap laat waai 04h00 Vrydagoggend van die Petroport noord van Pretoria. Natuurlik was ek in, maar my verlof was reeds als uitgekuier vir die jaar, met die gevolg dat ek eers Vrydag na werk kon ry. n Verdere probleem van die impromptu uitstappie planne was dat my gewere nie in top toestand was vir die bosveld nie: my 243 nie wil groepeer met ander ammo as Sako nie (Sako ammo was onbekombaar in 2015) en ek het net die vorige naweek 165gr ammo vir my 308 gekoop het, na ek al die 180gr uitgeskiet het. Ek was nie weer by die baan om te sien wat die 308 maak met die 165s nie, daarom moes die 7mmRM saamry. Ek sou gou moes kyk wat hy maak op bos afstande, en ek was ook bekommerd oor vleis mors met n hoë impakspoed.
Dit was al sterk skemer toe ek op die plaas se skietplek n skoot op hulle teiken aftrek op so 50m min of meer. Die impakpunt was baie naby aan waar ek gemik het, net n knertsie laag, en daarmee was ek en die Sako reg vir veld toe gaan die volgende dag, met die hoop dat my 7mmRM sy eerste bok sou kry.
(Deel 2 volg later )

- Rudiejacobs
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Baie geluk!
Ek gaan volgende week bietjie daar kuier.
Plaas asb n foto van daai vark, ek gaan reeds om een te skiet.

30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi
The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.

ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Modimolle/ Nylstroom Jag die afgelope naweek.
Baie mooi vertel en mooi gejag. Altyd iets besonder om n Willie te voet in n ryg bos te jag satisfaksie na die aksie is net die beste so!