Basisse en ringe vir Winchester 375

Post Reply
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Basisse en ringe vir Winchester 375

Post by Nico de Jager »

Jis manne, ek wil n Schmidt &Bender 6x42 op bogenoemde geweer monteer. Ek het Thor 8mm basisse en Lynx low ringe gekoop. Die agterste basis steek egter oor die opening waar jy jou patrone moet laai. Dit lyk net nie reg nie. Die grootste probleem is egter dat ek nie die geweer gezero kry ni. Die geweer skiet nog altyd laag nadat scope maksimum hoog gestel is. Ek het n ander paar ringe (meduim) ook probeer. Selfde ding. Ringe omgeruil. Geen verskil. Gee raad asb.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Basisse en ringe vir Winchester 375

Post by tripodmvr »

1. Die ringe se hoogtes blyk identies te wees en daarom geen verbetering met die omruil nie
2. Die geweer se voorste deel van die aksie is hoër as agter en daarom kan jy nie laer gestel kry nie.
3. Jou oplossing is om die hoogteverskil so te kry dat die agterste ringe hoër is as die voorste ringe. Jy sal of pasmaak ringe moet kry of in die geweerwinkels moet soek vir die regte hoogteverskil.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ters Hickman
Full Member
Full Member
Posts: 242
Joined: Wed Sep 18, 2013 3:38 pm

Re: Basisse en ringe vir Winchester 375

Post by Ters Hickman »

Is dit die Safari express model? Ek het 'n stel leupold basisse en ringe vir die Winchester Safari Express in 375 wat mooi gewerk het. Ek het verander na quick release setup.

PM my maar as jy belang stel dan maak ons 'n plan. Dis ook lae ringe.
Post Reply