Milradian of MOA - POLL!!!

Milradian of MOA?

Milliradian
39
40%
MOA
59
60%
 
Total votes: 98

User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by vriell »

Ludwig wrote:
vriell wrote:Ek dink die langafstand manne sal meer Mills gebruik..."hoe verder hoe minder clicks" om te zero...mag verkeerd wees en is maar my opinie..
Nee wat, langafstand skuts gee nie regtig om oor die aantal clicks nie. Hulle draai volgens die turrets se merke, MOA of MIL. Met my langafstand geweer byvoorbeeld moet ek 27 MOA dial vir 'n 1000m skoot vanaf my zero. Die geweer se scope het 15 MOA per rewolusie op die turrets, so ek draai een volle rewolusie en dan weer tot by die 12 MOA merk. Dit is 108 clicks in totaal. Dit sou regtig nie saak gemaak het of dit nou 90 of 120 clicks was nie, jy tel mos nie elke click nie.
Ludwig,ek is met jou...wat ek eintlik ingedagte gehad het is die "range" in clicks bedoelende bv. jy het 70 Mill's clicks nodig om te "zero" op 'n sekere afstand maar het net 50 MOA clicks tot jou beskikking of sal dit nie so werk nie .
Miskien is my verduideliking nie goed genoeg nie.
Voorbeeld: Ek het 'n Rudolph scope in Mills en benodig 50 clicks om op 'n gegewe afstand te zero en doen die verstelling met nog clicks "spaar"
Dieselfde afstand (met dieselfde scope in MOA ) benodig ek 70 clicks vir 'n gegewe afstand maar nie genoeg clicks oor om te zero nie omdat MOA se inkrimente kleiner is dus minder reik afstand...of werk dit nie so nie ?
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by vriell »

Ludwig wrote:Vriell, ek verstaan wat jy probeer sê, maar onthou dat vervaardigers bou 'n scope met 'n sekere aantal hoveeelheid interne verstelling. Hierdie totale beweging wat die teleskoop oor beskik, alhoewel dit in MOA, MIL, IPHY etc. kan verstel, is dit 'n vaste mate, ongeag die meeteenheid wat gebruik word. Sien dit so: As ek 'n leë koeldrank bottel vat, dan het daardie bottel 'n sekere volume. Ek kan net daardie hoeveelheid vloeistof in die bottel kry en niks meer nie, so of ek nou die vloeistof meet in liter of in gallon, gaan dit nie die werklike hoeveelheid verander nie, al is liter 'n kleiner maateenheid as gallon. Hoop dit maak sin.
Ludwig,Dankie.Het dit ingedagte gehad maar was nie seker nie.Dit maak sin..
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 562
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by Dumbluck »

Gawie(13mm) wrote:Ek verkies die kruishaar in Mill's en die knoppe in MOA.
Kruishaar vir afstand skat en MOA stel fyner soos die manne sê.
Om by te voeg by die stelling.

Ek was nuuskierig oor 'n 3-20x50 PMII maar iets het nie vir my reg gelyk op die part nommers en beskrywings wat ek op die internet kon kry nie. Ek wou 'n MOA scope met P4LF-MOA kruishaar he.

Ek bel toe Schmidt & Bender direk en vra uit.
Lang storie kort, die enigste MOA PMII scope wat kom met 'n P4LF kruishaar met MOA afmerkings is die 5-25x56, hy se hulle het nog nie genoeg belangstelling gehad in 'n MOA kruishaar in die ander modelle nie.

Beteken dit dat dit die norm (tussen die europeers dalk?) is om 'n MILR kruishaar te he al wil jy verstel in MOA?
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by Gawie(13mm) »

Adri, soos reeds gemeld hou die meeste manne met 'n militêre agtergrond by die Milrad sisteem. Dit is dan ook hulle wat die meeste S&B teleskope gebruik.

Ludwig, jammer maat. Ek het bietjie tred verloor met die draad. Jy is reg in al jou observasies, maar ek skiet nou al langer as 4 jaar met my platform soos hy nou is en die wiskunde is al so ingeoefen dat ek draai, sonder om te dink.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by Piet Pille »

My teleskoop het 'n mildot kruis maar met MOA knoppe. Eks te dom om die somme vinnig in my kop te maak, ,maar saam met Strelok is dit maklik. Ek het die turrets nou later gaan merk met 50m inkremente vir die verstellings en draai nou net soontoe sonder clicks tel.

Bygese- ek skiet nie langafstand nie met 500m seker die verste.


Wat sou die rede wees dat bekende (Europese) teleskoopvervaardigers sou kies om die eenhede te meng?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by Gawie(13mm) »

Piet, die mildots is makliker om afstand mee te skat as met die Moa.

'n Standaard ghong by 'n veldskiet is 200 mm of 8 duim in deursnee.

200 mm ghong @ 100 m = 2 Mil
Op 200 m meet daai ghong dus 1 Mil.
Op 250 m meet hy 0.8 Mil.
Op 300 m meet hy 0.67 Mil.
Op 350 m meet hy 0.57 Mil.

Om die afstand te kry werk jy dus in tru-rat.

Jy meet die ghong as 0.5 Mil. Deel nou die ghong se deursnee deur die Mil's.
Dws: 200 / 0.5 = 400 m.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by Piet Pille »

Gawie(13mm) wrote:Piet, die mildots is makliker om afstand mee te skat as met die Moa.

'n Standaard ghong by 'n veldskiet is 200 mm of 8 duim in deursnee.

200 mm ghong @ 100 m = 2 Mil
Op 200 m meet daai ghong dus 1 Mil.
Op 250 m meet hy 0.8 Mil.
Op 300 m meet hy 0.67 Mil.
Op 350 m meet hy 0.57 Mil.

Om die afstand te kry werk jy dus in tru-rat.

Jy meet die ghong as 0.5 Mil. Deel nou die ghong se deursnee deur die Mil's.
Dws: 200 / 0.5 = 400 m.
Dankie Gawie.
Daai deel verstaan ek 100% en gebruik hom ook so.
My vraag waarom dit saam met 'n MOA turret/verstelling?
User avatar
Banzo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Sun Jun 28, 2015 7:15 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by Banzo »

Ek het 'n mildot scope met MOA verstelling, hy was op special en het nie regtig omgegee vir mildot nie. Ek is wel bly ek het hom gevat.

Die begin van die draad het my laat wonder hoekom jy twee eenhede so sal meng en of my keuse maar te haastig gemaak was? Daar is baie goeie argumente alle kante toe gemaak.

Dit daar gelaat, ek het iets interessant opgetel deur bietjie met Strelok te speel.

My scope is 'gemil' op 12x vergroting. Indien ek die vergroting op 16x stel, dan is daar 2.5 MOA tussen elke dot, oftewel 10 clicks. Dis 'n kroek metode om die twee eenhede bymekaar te bring. Die probleem kom in as jy moet range en instel/verstel kort na mekaar.
30-06 Musgrave Mod 90
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Milradian of MOA - POLL!!!

Post by Diesel Dog »

Van ek kan onthou was ek spesiaal gewees , ek was in n spesiale klass in n spesiale skool,toe ek begin skiet het ek gou agtergekom dat n mill mill teleskoop n spesiale teleskoop is.Jy het net tien vingers nodig om hom te gebruik.

Mill MillHash FFP aliepad.
DD
Post Reply